courant
tel 022 487 3221
Uitgawe 216
die
swartland en weskus
3 April 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Passiespel op Darling:
Vier gemeentes van Darling het vanjaar weer die ou tradisie van 'n gesamentlike Passiespel teruggebring, toe Marie Hammann (drama-onderwyser van Darling) as regisseur opgetree en die gemeentelede van die NG Kerk, Lewende Woord, Presbiteriaanse Kerk en VGK saamgewerk en saamgeoefen het. Toe 'n veldbrand die 'venue' in die omgewing van die Vlei die vorige week afbrand, was dit byna neusie verby! Maar die gemeenskap het saamgestaan, saagsels van Moorreesburg af aangery en honderde mense kon hulle Vrydagaand weer verdiep in die eeue-oue waarheid van die Paasgebeure.
•‘EK bly ’n Riebeek-Kasteler’
Max word professor ‘’Ek bly ‘n Riebeek-Kasteler vir die res van my lewe,’’ sê die gevierde joernalis Max du Preez ná sy aanstelling as buitengewone professor in media-studies aan die Noordwes-Universiteit. Hy is glad nie van plan om die Swartland vir Potchefstroom te verruil nie. Die aanstelling, soortgelyk aan wat sommige universiteite ‘n besoekende professor noem, word deur Du Preez soos volg beskryf: ‘’Dis ‘n eretitel. ‘‘Ek moet raad gee en klas gee en soort van tyd daar gaan deurbring. Dis ‘n ou gebruik om van iemand se dienste gebruik te maak sonder dat hy op jou personeel is ...’’ Op die vraag hoe hy oor die aanstelling voel, het Du Preez (foto hiernaas), een van Suid-Afrika se mees gesaghebbende politieke kommentators, gesê: ‘’Ag, dis lekker om ‘n bietjie erkenning te kry na ‘n lang lewe in die joernalistiek, maar dis ook nou nie asof ek tot ‘n lord geslaan word nie. ‘’Dis goed vir my om ‘n bydrae te lewer, want ek is lankal uit die joernalistiek uit. Nou kan ek ‘n
bietjie ervaring gaan teruggee aan jong, aspirantjoernaliste. Ek vind daar is ‘n gebrek aan geheue by ons jong mense en ek voel sterk oor joerna listieke etiek wat deesdae ‘n bietjie verwaarloos word,’’ het Du Preez aan die courant gesê. Met gebrek aan geheue bedoel Du Preez (62): ‘’Ek dink ons koerante het baie junior geword, deels omdat dit goedkoop is en joernaliste nie baie goed opgelei is nie. ‘’Soos ek die koerante lees, lyk dit of van die jong mense nie onthou wat het 10 en 15 en 20 jaar gelede gebeur nie. En daarsonder kan jy nie ‘n behoorlike ontleding doen van wat in die land gebeur nie. Alles het ‘n agtergrond, ‘n aanloop. ‘’Veral as ons die politieke en ekonomiese si tuasie in die land wil ontleed, moet ons dit gaan terughaal by die wortels van ons probleem en die wortels van ons oplossings.
‘’Daar is ‘n nuwe oppervlakkigheid waarvan ek nie baie hou nie. Dit is deels koerante se probleem om aan te pas by die internet-era. Hoe kompeteer jy met Twitter en Facebook?’’ Die oplossing sluit in dat die nuus verduidelik en gekontekstualiseer moet word, agtergrond gegee word en nie die gemengde strategie wat tans by sommige gevolg word, of om scoops te probeer of om gister se nuus te herhaal nie. ‘’Ek sal graag wil help om ‘n beter strategie te ontwikkel.’’ Du Preez voel dit is te maklik vir mense om gerugte en skinderstories in druk te laat verskyn. ‘’In my meer as 30 jaar in die joernalistiek hoef ek nooit ‘n regstelling of ‘n apologie aan te teken nie. Daar’s nie meer daardie ou dissipline van deeglikheid nie. Ons het nou weer met die Oscar Pistorius-storie gesien hoe mense gerugte as feite versprei het. Die media verloor geweldige waardigheid so onder gewone mense. ‘’Ons moet terugkeer na die ou waarde dat as jy nie seker is nie, wag jy tot jy seker is, of jy plaas ‘n gerug met groot omsigtigheid.’’
/