die courant 4 Julie 2012 180

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 180

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

4 Julie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Nuwe kliniek nou oop Sentrums in Hillstraat en Wesbank se swanesang

ONDER: Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), in gesprek met Hester Kitshoff, wat Maandag splinternuut by die kliniek begin werk het as ‘n kliniese verpleegkundige praktisyn.

Toe die gemeenskapsdagsentrum Maandag op Malmesbury sy deure geopen het, wou die rolspelers in die mediese omgewing hulself vergewis van die situasie daar. In die rehabilitasie-kamer is, van links die onderburgemeester, Maude Goliath, dr. Jeanne-Mari King (huisarts), Corinne Bester (direkteur: Weskus mediese dienste), Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), dr Danie Schoeman (adjunk-direkteur van ondersteunende dienste), Cynthia Engelbrecht (assistent-direkteur: gemeenskapsdienste) en agter Lourens Kloppers (adjunk-direkteur: aptekerswese) by die ingebruikneming. Die splinternuwe Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum in Jakarandastraat op Malmesbury, op die grens tussen Wesbank en Illingulethu, het Maandag sy deure vir pasiënte geopen. Dié moderne gebou nooi die besoeker binne met hope natuurlike lig en die gevoel van ruimte. Met ‘n hoë plafon en ruim pasiënt-vriendelike wagkamers, ‘n waterpunt vir die pasiënte en sekuriteitswagte, beloof dié nuwe ‘kliniek’ om wagtyd vir pasiënte aangenaam te maak. Die argitek wat die gebou ontwerp het, Juliet Eidelman, het haar ontwerp juis daarop ingestel om met die maksimum hoeveelheid natuurlike lig en ruimte die gemoed van die pasiënt te ondersteun. Die gebou bied vyf aparte sub-wagareas vir die verskillende dienste, hoewel die tandartsafdeling eers later sy deure sal open. Die gesonde baba-kliniek en die wagkamer vir siek babas is apart van die ander wagkamers, om die aansteek van siektes te beperk. In die rehabilitasie-afdeling sal die fisio-, arbeids- en spraakterapeut op afwisselende dae

beskikbaar wees, met ‘n dieetkundige ook aan diens. Dié afdeling is die enigste wat nie ‘n teëlvloer het nie omdat dié vloer se elastiese aard waarde tot die rehabilitasie-proses toevoeg. Die personeel is veral opgewonde oor die bobath-plinth-bed, wat veral waardevol sal wees vir pasiënte wat herstel van beroerte.

“Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk” Alle pasiënte-sorg en die apteek is op die grondvloer, terwyl die personeel-afdeling op die eerste vlak gehuisves word. Volgens dr. Danie Schoeman het die ingebruiknemingsproses Maandag min groeipyne gelewer, hoewel daar ‘n bottelnek by die rekordafdeling ontstaan het. “Dit is egter probleme wat met die tyd sal uitsorteer,’ het hy gesê. Die gesondheidsvoorligter by die Dagsorg-

sentrum, CF Petersen, wat die eerste wag-area beman, gee voorligting en opvoedkundige lesings terwyl pasiënte wag vir hul onderskeie dienste. Sy is opgewonde om deel te wees van dié nuwe opset. “Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk ná al die jare in die Wesbank-kliniek! Dis vir my lekker om deel te wees van hierdie opset en ek is trots op wat ons nou vir ons mense kan bied.” Die klinieke in Hillstraat en Wesbank en die Oklahoma-kliniek het nou hul deure finaal gesluit. Die area in die Swartland-hospitaal wat voorheen vir die kliniek gebruik is, sal voortaan vir spesialisklinieke aangewend word. “Dié nuwe eenstopdiens bied ‘n aangename infrastruktuur waar opgeleide susters die pasiënte eers evalueer en na die dokter verwys as dit nodig is. Hoewel ons nou groeipyne ervaar in terme van lêers, sal dit binnekort uitgesorteer word,” sê Hannalie van der Westhuizen, die primêre gesondheidsorgbestuurder. Die sentrum staan onder die stuur van Helmien Swart. Navrae aan die sentrum kan by tel. 022-486 8000 gerig word.

Tydbom bly TIK bl 2 Voet in die hoek met Elantra bl 6 Ouers se geluk inspireer hulle bl 3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.