courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
16 Januarie 2019
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 501
16 Januarie 2019
Hierdie Graad 1-leerders van Porterville is baie opgewonde om die nuwe skooljaar te kon begin. Die groep en Woensdag, saam met die res van die Graad 1's van die omgewing, ingeval by hul skool om die begin van hul skoolloopbaan met ywer aan te pak.
•BAAI BAAI SLIPPERSBAAI
Plaaslike film op silwerdoek •Madi Pieterse “Die hoenders het nog `n hok, maar ek weet nie of ek nog `n huis het nie.” Hierdie woorde van Albertus in die plaaslik-vervaardigde rolprent Baai Baai Slippersbaai Die Movie, ruk aan die hart. En die realiteit van mense wat gedwing was om hulle geboorteplek agter te laat en te trek na nuwe plekke, word meer van `n werklikheid, `n openbaring van die groot stryd en hartseer wat daarmee gepaard gegaan het. Elton Lesch is welbekend aan die Weskus. Kunstenaar, spreker, motiveerder, leier. Wanneer hy idees kry, droom hy nie net daarvan nie, hy maak dit gebeur, ten spyte van. Met sy droom om `n rolprent te vervaardig, was dit dieselfde. Met min toerusting tot sy beskikking, het hy steeds die groot taak aangepak en `n klompie
plaaslike mense bymekaar gekry om, sonder enige vergoeding, Baai Baai Slippersbaai Die Movie `n werklikheid te maak. En hom uitstekend van sy taak gekwyt. Die akteurs se talent het verstom. Hollywood sou wat wou gee om hierdie plaaslike, onontginde talent op die silwerdoek te kry. Hulle vermoëns om die stryd, die pyn, die skok en realiteit van wat gebeur het weer te gee, bly lank in die hart luier. Baai Baai Slippersbaai Die Movie sal tydens bioskoop-aande by die teater in Stasieweg, Vredenburg (ou AW Boards-gebou) vertoon word. Die eerste vertoning is op 15 Februarie en kaartjies kos R50 per persoon. Vooraf-bespreking is noodsaaklik – 076 859 2167. Moet dit beslis nie misloop nie.
Matrieks presteer
Drie 2018-matrikulante uit die Weskus en Bergrivier val onder die Top Tien-presteerders van die Weskus Onderwysstreek. Hierdie besondere prestasies is behaal deur Zanne Pedro van Hoërskool Vredenburg met `n gemiddeld van 91,42% (3de); Jacorien Els van Hoërskool Velddrif met `n gemiddeld van 88,71% (5de) en Dewald van Deventer van Hoërskool Piketberg met `n gemiddeld van 88,43% (6de). Die toppresteerder van die streek is Gizelle Kitzhoff van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg met `n gemiddeld van 92,90%. In die streek het van die skole effens swakker gevaar as die vorige jaar. Hoërskool Vredenburg het egter met 2% verbeter. Volgens die Onderwysdepartement is die kwaliteit van die slag beduidend beter as in vorige jare en word gemeet aan die aantal “bachelors passes”. Die hoërskole aan die Weskus en in Bergrivier se slaagsyfers is as volg: Diazville – 81,18%; Hopefield – 97,7%; Louwville – 57,4%; Piketberg – 100%; Porterville – 100%; Steynville – 72,5%; Velddrif – 93,9%; Vredenburg – 98,1%; Weston – 73,3%. Die nasionale slaagsyfer vanjaar was 78,2%.
NUUS • NEWS