502 dié courant Wellington

Page 1

courant courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié dié

23 Januarie 2019

• Free • Gratis

Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington

Uitgawe 502 12 September 2018

•DEUNTJIES KAN VER GEHOOR WORD

23 Januarie 2019

Nostalgie herleef met roomyskar

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•Jaomi Zeeman Dorpenaars sal hul misgis as hulle dink dat die Richard Clayderman-wysies wat Saterdae deur Wellington se strate weergalm van ‘n funksie of geleentheid op Boland Stadion of by CPUT se velde kom. Hierdie nostalgiese musiek kom uit iets wat talle mense in hul kindertyd laas gesien het - ‘n roomyskar. •Jaomi Die Zeeman grasgroen kombi Die Sakekamer het, in samewermetDrakenstein sy kenmerkende king met CS Cybershield, deuntjies het sedert die Sanlam en Golden Thread begin Communications, van die somer ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike aangebied waar deur Wellington sesakevroue strate die voordele en gevare begin ry. Mense wasvan sosiale media en die kuberruim onder die verras en beïndruk metloep geneem is. insiggewende diéHierdie terugflits uit hul kin-sessie het op Dinsdag 4dertyd September by dieweer Boschenmeer Landgoed wat sowaar plaasgevind. ‘n verskyning gemaak Talle plaaslike was besigheidshet. Sommiges selfs en sakevroue het die geleentheidenbygewoon bekommerd het hul en groot baat gevind by die interessante praatjies. vrese vir ontvoerders van der Westhuizen van Golden enAnine kinderhandelaars op Thread Communications, ‘n spesialis op die sosiale gemeenskapsplatgebied van die suksesvolle aanwending van forms uitgespreek. Die sosiale media die besigheidswêreld, het die roomyskar se invriendelike dames oorheerlike die voordele van die gebruik van die diens en roomys kuberruim in die werkplek het egter vinnig vir groot ingelig. Volgensgesorg. Anine kan sosiale media platforms aanhang baieDie suksesvol in behoort die sakewêreld en tot voorroomyskar deel benut word. aan van Ali besighede Elsaid. Hierdie “Sosiale media platfoms soos facebook, man, wat oorspronklik instagram linkedin ‘n kragtige hulpmiddel van Egipteenkom, kénis sy om jou besigheid te adverteer en netwerke roomys. Hy kan blitsmet ander‘nbesighede en moontlike kliënte te vinnig allemintige bewerkstellig. roomystoring met sjokolade en sprinkels in ‘n "Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen versuikerkeël optower - dit alles terwyl hy vriendelik bruikers, 80% van verbruikers volg besighede geselsies maak en “Für Elise” deur die sy megaop hierdie foon klingel.platform en 30% van verbruikers koopVolgens produkte wat hulle opses instagram gesien Ali verkoop hy al jaar lank roomys het,” sy gesê. uit syhet kombi. Anine hetnahierdie platform “Toe ek Kaapstad gekomook het,as het‘nekplek die waar kreatiwiteit kan uitbeeld, kombibesighede gekoop enhul gedink dat dit miskien ‘n goeie ‘nplan besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan is om ‘n roomyskar-besigheid te begin,” skep, foto’s kan plaas en subtiele verteltreffende hy. handelsmerksigbaarheid kanwoon, bewerkstellig, Alhoewel hy in die Kaap het hy oor voorgehou. naweke in die Paarl begin roomys verkoop. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy

Uitgawe 486

•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

12 September 2018

Waentjie met Moderne vrou se Clayderman-musiek rol in samelewing

“Mense wat in die Paarl gekuier het en my laat voel. Almal ondersteun my en die mense roomyskar gesien het, het gevra of ek nie in Wel- het regtig goeie harte. Dit is lekker om elke lington ook wil kom roomys verkoop nie. Dit het Saterdag in Wellington te kom,” sê Ali tevrede. Te oordeel aan hoe mense uit hul my laatvan besluit naweke ook in Wellington Anine der om Westhuizen vantotGolden Thread Communications, Francis Nieuwoudt vanhuise die stroom en kinders uitBorchardt erwe dop van en aangete ry,” sê Ali. Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Drakenstein Cybershield en oral Helét Sanlam.Sedert die begin van die somer het hy en hardloop kom wanneer hul Ali se roomyskar sy groen kombi ‘n bekende gesig in ons dorp gewaar of hoor aankom, sal hierdie entreprehet, gegee. vinnig weer Saterdae op ‘n gesê. neur nie sommer geword. Ali kom elke Saterdag hier ‘n draai gemaak Hy het voor- enroomys nadeleverkoop van gratis Jan-Hendrik CS Cybershield plekook as die Wellington nie. maak. VolgensStander hom isvan Wellingtonners vanhetsy ander Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Selfs die buurthonde kom sterswaaiend aangegunsteling kliënte. “Wanneer jy gratis gebruik, is jou oor “Die die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. wanneer hulleWi-Fi Richard Clayderman se besigheid in Wellington is goed en die hardloop inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers Volgens hom hou die gebruik van telefone, mense het my sommer gou baie welkom hier deuntjies hoor. die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.

NUUS • NEWS

NUUS • NEWS


2

23 Januarie 2019

NUUS • NEWS

Pretloop ter viering van Bergrivier Hoër se 70 jaar

Tweede ronde met sewe spanne van Klopse beslis

Bergrivier Hoërskool vier hierdie jaar hul 70ste bestaansjaar. Hulle beplan talle geleenthede om hierdie groot mylpaal te herdenk. Die eerste van hierdie feesgeleenthede het reeds die afgelope week plaasgevind toe hulle op Vrydag 18 Januarie ‘n pretloop vir al hul leerders aangebied het. Talle onderwysers en ouers het vroegoggend al saam met honderde opgewonde leerders vol afwagting gereed gestaan om aan hierdie pretloop deel te neem. Die pretloop het ‘n 3,6km-lange roete deur die strate rondom die skool gevolg. “Veiligheid is ons grootste prioriteit en

daarom het ons ‘n roete deur stiller strate waar besige strate nie gekruis hoef te word nie, gekies,” het Anthony Cavernelis, skoolhoof by die skool, verduidelik. Die dogters en seuns het apart vir die pretloop weggespring. Net na 09:00 het Cavernelis die eerste skoot vir die wegspring van die dogters laat klap. Kort daarna het die seuns weggespring. Talle leerders het spesiale uitrustings vir dié feestelike geleentheid aangetrek en die energieke, kleurvolle stroom kinders het met opgewondenheid aan die pretloop deelgeneem. Na afloop van die pretloop is daar spesiale pryse aan verdienstelike deelnemers oorhandig.

•Jaomi Zeeman Die tweede rondte van die plaaslike Klopse-kompetisie wat jaarliks op Boland Stadion plaasvind is op Saterdag 19 Januarie beslis. Dorpenaars kon gedurende die oggend die vrolike uitrustings en feestelike klanke van die deelnemende spanne wat deur die dorp geloop het, waardeer. Die 7 spanne wat op Nuwejaarsdag aan die eerste rondte van hierdie kompetisie deelgeneem het, kon Saterdag hul vernuf tydens die tweede rondte op Boland Stadion te toon stel. Spanne wat aan die kompetisie deelneem is die Young One Entertainers, die Excelsior Entertainers, die Ghosterians, die Dynamic Youth Development, die Pniel Entertainers, die Pelican Sylvanians en die Fabulous Pearlites Entertainers. Hierdie spanne het Saterdag in twee rondtes in verskillende afdelings met mekaar meegeding. Tydens die goed-georganiseerde geleentheid is die spanne in die eerste rondte van die dag vir die beste Junior Trommajoor, die beste Junior Duet die Adult Coon Song beoordeel. Tydens die tweede rondte moes hul hul staal in die afdelings vir die Engelse Senior Combined Chorus, die Groeplied en die Senior Duet wys. Die drie beoordelaars wat tydens die geleentheid opgetree het, was Justin Philander, ‘n sang- en musiekkenner, Victor Titus, ‘n afgetrede skoolhoof, gemeenskapsbetrokkene en kooraf-

rigter en Shaun Hess, ‘n musiekkenner, begeleier, orrelis en koorafrigter. Hierdie beoordelaars het ook tydens die eerste rondte op Nuwejaarsdag diens gedoen. Volgens Justin, Victor en Shaun is hulle baie beïndruk met die hoë gehalte van sang, bewegings en aandag aan detail van die deelnemende spanne. “Ons is regtig verras deur die deelnemers se entoesiasme en vaardigheid. ‘n Mens moet in gedagte hou dat die meeste van hierdie mense geen formele musiekopleiding het nie. Ten spyte hiervan bespeel hulle hul instrumente met groot vaardigheid. Hul sang en musikaliteit is ook uitstekend. Sulke vertonings getuig van toewyding, passie en dissipline - iets wat eie is aan die Klopse-kultuur en ook die rede dat dit na al die jare steeds so lewendig in Wellington se gemeenskap is,” was hul mening. Die beoordelaars het ook uitgesien na die items wat hul Saterdag moes beoordeel. “Ons het ‘n hoë verwagting van wat ons vandag hier gaan sien, beleef en hoor. Ons verwag goeie kwaliteit werk en sien veral uit na die duette,” het hulle gesê. Die finale rondte van die kompetisie op Boland Stadion sal op Saterdag 26 Januarie beslis word. Dorpenaars word uitgenooi om hierdie voortsetting en viering van ‘n feestelike tradisie by te woon.


NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

17de Ekspo beloof meer as ooit pret en opwinding Die organiseerders van die 17de kykNET Buite-Ekspo wat oor drie weke weer op Môreson buite Malmesbury aangebied word, meen vanjaar kan die besoekertalle nog groter wees as voorheen. Marius Opperman van Trio Events sê hy is vol hoop dat met die ekspo se groei in gewildheid en die nuwe toevoegings vanjaar, die geleentheid vanjaar meer as 20 000 besoekers kan ontvang. Die ekspo vind van 15 tot 17 Februarie plaas en Opperman sê daar is verskeie faktore wat bydra tot die gewildheid van die geleentheid. Een daarvan is die prominente senior mediavennote en senior borge. Trio Events bied die ekspo aan met kykNET as hoofborg. Daarmee saam is daar Die Burger, TygerBurger, dié Courant, Maroela Media, Bok Radio, Weg Ry & Sleep, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, Hankook Tyres en die Wes-Kaapse Regering. “Sonder hierdie senior vennote sou die ekspo nie moontlik gewees het nie.” Dié ekspo is hoofsaaklik gemik op buiteleween relevante uitstallings en beloof om weer die heel nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly die hele naweek op hulle uitstalterreine en rig hulleself sé in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die betrokke produkte gebruik word en werk. Tesame met die uitstallings is daar oudergewoonte ook heerlike pretaktiwiteite vir die hele gesin. Dit sluit in André de Villiers van Safari 4x4 Roetes wat weer gratis Amarok 4x4-hindernisritte aanbied, Suzuki Jimny 4x4-ervaringsritte, veld motorfiets- en vierwielfiets-vertonings asook helikopterritte. Opperman sê ekspogangers moet ook seker maak om nie die kosmaakkompetisie van Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET se sepiesterre van Suidooster en Arendsvlei mis te loop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en sal as gas-beoordeelaar optree. Daar sal vanjaar ook vir die heel eerste keer kameelritte by die kykNET Buite-Ekspo wees. Die Saterdag sal daar ‘n GT Camper Sportpark wees waar die eerste Superrugbywedstryd tussen die Bulls en die Stormers aanskou kan word

op ‘n groot skerm met ‘n besprekingspaneel wat vooraf oor die wedstryd sal gesels. Die naweek se program sluit ook verskeie ander baie interessante kompetisies en aktiwiteite op terrein in. Ook is daar weer vanjaar ‘n Dames- en Kunsmark vir die eerste keer die splinternuwe Môreson Plaaskombuis met van die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is vanjaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ‘n Castle Light kroeg en biertuin en die baie gewilde “slush”-tuin om almal se dors te les. Al is die kykNET Buite-Ekspo nie ‘n musiekfees nie, kan ekspogangers uitsien na top-vermaak met ‘n paar uitstekende kunstenaars. Daar is Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Fatman en Caroline Grace van The Voice, en Demi Lee Moore wenner van die Die Kontrak, asook ‘n baie spesiale Sondagprogram met ‘Chereè en Vriende sing Country’ wat saam met Chereè sal insluit Denis East, Tommy Dell en Peter Mohr. Hierdie kunstenaars sal die vermaak voorsien in die kykNET-hoofarena waar besoekers kan kuier en afkoel nadat hulle die uitstallings besoek het. Daar is ook weer meer as genoeg vir die kinders om te doen by die pretpark, terwyl pa en ma die verskeidenheid uitstallings besoek. Maak ook seker om nie Sondag se vertoning van ‘Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar’ mis te loop nie. Naweekkampering raak nou vinnig vol en kan nog bespreek word deur ‘n e-pos te stuur aan moresonmalmesbury@gmail.com. Of bespreek vooraf opgerigte en toegeruste tentkampering by admin@you2camp.com. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of media navrae. Rig enige uitstallersnavrae aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915. Besoek gerus ook die webwerf by www. ekspo.co.za vir meer besonderhede.

Tweekamp: Wilmien van Zyl van La-

erskool Hugenote rek haar treë by Saterdag se Boland Tweekamp-ligabyeenkoms in die Paarl.

3


4

NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

Laat die Wellington Lions se sport(s) begin lootjie-wenners aangewys

Die somervakansie is pas verby en tog voel dit vir die meeste van ons soos ‘n verre, vae herinnering. Die realiteit van die nuwe jaar se uitdagings en die knal waarmee 2019 se verpligtinge en aktiwiteite ons begroet het, het ons vinnig uit die euforie van laatslaap-oggende en minder verantwoordelikhede geruk. Koekstruif en tinsel sien ons eers weer oor 11 maande. Nou moet rekeninge betaal word, afsprake moet nagekom word en afsnydatums moet gehoorsaam word. Ná die “terug-skool-toe” stormloop, skud die winkels ook alweer hul vere vir Valentynsdag reg. Mense wat ‘n bietjie oorweldig voel aan die einde van Januarie, moet egter nie alleen of bekommerd voel nie. ‘n Lewensafrigter en Gelukskonsultant, Cliff Arnall, het reeds in 2005 beweer dat hy ‘n formule ontwikkel het wat bewys dat die eerste Maandag van die derde week van Januarie die mees morbiede dag van die jaar is. Volgens Arnall het die meeste mense teen hierdie tyd hul nuwejaarsvoornemens laat sneuwel. Boonop is die meerderheid mense tussen die betaling van twee salarisse, waarvan Desember s’n teen hierdie tyd ver tekort skiet om aan die eise van ‘n nuwe jaar te voldoen. Al hierdie dinge veroorsaak blykbaar ‘n algehele laagtepunt vir mense se motiveringsvlakke op die eerste Maandag van Januarie se derde week - aldus Arnall. Ons hoef egter nie aan die einde van Januarie in sak en as te gaan sit nie. Daar is gelukkig baie dinge wat ‘n mens, selfs in die donkerste tye, kan doen om jou brein ‘n positiewe inspuiting te gee. Navorsing het al herhaaldelik bewys dat oefening onder andere ‘n positiewe invloed op jou geestesgesondheid kan hê. Nog iets wat jou kan laat beter voel, is interaksie met ander mense. Selfs iets so eenvoudig soos ‘n glimlag of ‘n drukkie kan as ‘n teenvoeter vir ‘n misrabele gevoel ingespan word. In Wellington ken mense gelukkig die positiewe towerkrag van sport, interaksie met mense, glimlagte en omgee. Dit is seker daarom dat die derde Maandag van Januarie ongesiens hier verbygegaan het. Bergrivier Hoërskool het hul 70ste bestaansjaar met ‘n feestelike pretloop afgeskop - net die regte doepa vir moontlike Januarie-blues. Plaaslike atlete het ook aan die laerskole se Seksie-byeenkomste deelgeneem en daar was geen teken van teneergedruktheid onder die laerskoolatlete wat die afgelope week by Dal Josaphat meegeding het nie. Ashleigh Parsons, ons eie nasionale fietsty-kampioen, is besig om kliphard te oefen en fondse in te samel sodat sy in Maart na België kan vertrek waar sy gekies is om as deel van ‘n internasionale vroue-fietsryspan mee te ding. Met Sunfield Home se beplande anti-boelie veldtog sal sport as ‘n teenvoeter vir negatiewe gedrag voorgehou word - iets wat regdeur die jaar toegepas kan word. Met die Abba-vertoning wat eersdaags in Wellington gaan plaasvind, sal die “sports” en genot van hierdie tydlose musiek vele mense van enige Januarie-bekommernisse laat vergeet. Die plaaslike Klopse, wat die afgelope week die tweede rondte van hul kompetisie op Boland Stadion beslis het, is ‘n bewys dat ‘n mens met opbouende aktiwiteite nie net jou erfenis kan herdenk en in stand hou nie, maar ook ‘n positiewe invloed op jou gemeenskap kan hê. Die grasgroen roomyskar wat elke naweek deur Wellington se strate sing, is boonop ‘n teenvoeter vir enige blou Maandag, of dit nou die derde een in Januarie is of nie. Mag elkeen hierdie week ‘n bietjie sport en baie sports as hulpmiddels hê om die swaarkry van Januarie met lekkerkry klaar te kry.

Die plaaslike Lions Klub het aan die einde van verlede jaar kaartjies ten bate van hul fondse uitgeloot. Deelnemers aan hierdie inisiatief het die kans gestaan om ‘n luukse bootreis na die Portugese Eilande te wen. Talle Wellingtonners het hul gewig agter hierdie fondsinsamelingsinisiatief gegooi en lootjies gekoop met die hoop om die groot prys te wen. Teen R300 per lootjie was ‘n groot prys soos hierdie nie te versmaai nie. Op Nuwejaarsdag is die gelukkige wenners deur ouditeure in Wellington getrek. Drs. Jannie en Tessie van Wyk se name is tussen al die ander hoopvolles se name getrek en hulle sal eersdaags op die bootreis vertrek.

Die wenners is amptelik tydens die Lions se eerste vergadering van die jaar op Dinsdag 15 Januarie bekendgemaak. Die prys is ook tydens hierdie geleentheid aan die wenners oorhandig. Volgens Tim Steenberg, president van die plaaslike Lions, vorm hierdie fondsinsamelingsprojek deel van hul fondsinsameling om hul gemeenskapsprojekte te finansier. Met die ongeveer R29 000 wat hulle met hierdie inisiatief ingesamel het, sal hulle in 2019 weer ‘n groot positiewe bydrae tot die gemeenskap van Wellington kan lewer. “Ons was nog nooit voorheen op ‘n bootreis nie en is baie opgewonde oor hierdie prys,” het Jannie en Tessie tevrede gesê.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Museumkompetisie:

Sy was vir 9 jaar aan die stuur van die ACVV Dienssentrum waar sy vir die senior burgers allerhande uitstappies, interessante besprekings en vele meer gereël het. Deesdae sal jy haar by die ACVV winkel raakloop. Wie is sy? Stuur jou antwoord na shandre@wellingtonmuseum.co. za of na welmus@telkomsa.net of jy kan Wellington Museum skakel met jou antwoord na 0218734710 of jy kan die museum besoek en jou antwoord persoonlik daar ingee. Die antwoord van die vorige foto was Joan du Toit.

• Kerke • Churches • Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens - Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens op Sondagoggende

om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar

Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.


NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

Drankvervaardiger stel nuwe Plaaslike atlete ding by maatskappy bekend Seksie-byeenkoms mee Distell, Afrika se vernaamste wyn en spiritualieë vervaardiger en bemarker wat ook ‘n been op Wellington het, het ‘n nuwe onafhanklike maatskappy, Libertas Vineyards and Estates bekendgestel. Met hierdie inisiatief is hulle besig om te kapitaliseer op hul wortels in premium- en fynproewerwyne. Libertas Vineyards and Estates se bestuurende-direkteur, Kay Nash, het gesê dit was ‘n “betekenisvolle skuif” van Distell se vorige benadering waar premiumwyne bestuur is as ‘n eenheid binne dié wêreldwye maatskappy se multi-kategorieportfolio. “Ons het die reis van premiumisasie begin op alle vlakke van die besigheid - van die fynproewerwynvaardighede, tot handelsmerke en handelsmerkervarings, portfoliostrukture en die maniere van werk, nuwe medewerking en wêreldwye roetes na die mark. Ons glo ons dade tel meer as woorde. Dus, vir nou is dit moue oprol en harde werk wat voorlê,” sê Nash. Nash glo die skuif uit Distell, en die stig van ‘n onafhanklike raad van direkteure bestaande uit industrieleiers, sal die ware fokus op die kategorie van die premium- en fynproewerwyne plaas, terwyl dit ook ‘n voordeel van die omvang wat Distell in kritieke dele van die waardeketting bring, sal ontvang. Die portefeulje sluit in Alto, Nederburg, Durbanville Hills, Plaisir de Merle, Pongrácz, Fleur du Cap en Allesverloren, asook die unieke erfenisbates van Chateau Libertas, Zonnebloem en die Tabernacle. Die nuwe onderneming sal ook die ikoniese Oude Libertas-terrein nuwe lewe gee, wat die nuwe tuiste van premiumwyn in Stellenbosch sal wees. Die span van Libertas Vineyards and Estates voorsien die veranderings wat hulle dryf sal die manier hoe die besigheid bedryf word rewolusioneer, en sal meewerk om ‘n impak te hê op ‘n wêreldverhoog vir Suid-Afrikaanse premiumwyne, “Ons maak dapper besluite oor hoe ons werk en kompeteer en Distell, met sy sterk wyn-DNS, is ‘n voorstaander vir die behoefte aan ‘n nuwe benadering. "Daar is erkenning dat die kategorie uitdagend, en inherent kompleks is, en ‘n gespesialiseerde

fokus, verskillende kultuur en ‘n ondernemersbenadering vereis,” meen Nash. Cape Legends, wat in 2004 gestig en vier jaar gelede ontbind het, het ‘n suksevolle fokus na die onderneming gebring – as ‘n bemarking- en verkoopsafdeling van Distell se premiumwyne. Nash sê: “Met Nederburg in ons portefeulje, sowel as eienaarskap van al ons bates, kan ons die fokus terugbring en ‘n ondernemerskultuur bou wat so kritiek is tot die sukses van die kategorie.” Met haar sterk ondernemer- en bemarkingsagtergrond, is Nash aangewys om die verandering te lei. Sy het uitgebreide plaaslike en internasionale ervaring in sake- en bemarkingstrategie, en word erken as ‘n sakegroei- en veranderingsverteenwoordiger. Sy is ‘n passievolle voorstander vir die behoefte om die bedryf te premiumiseer, en dit te bereik deur ware medewerking. “Op die korttermyn is die eerste prioriteit om die groot portefeulje krities te hersien,” het sy gesê. “Ons het 8 handelsmerke en 40 sub-sub-handelsmerke in 88 wêreldmarke, dwarsoor 22 druifvariëteite, en wat 384 SKU’s oorbrug. Die koste van die kompleksiteit is aansienlik en belemmer ons vermoë om te fokus en wenaanbiedinge te steun.” Nash het gesê as deel van die reis het hulle begin om die sekondêre produksie van vier terreine na ‘n enkele een te konsolideer om ‘n meer effektiewe aanbodketting te verseker. “Ons verstaan ook die kritieke belang van ons plase en vennote om pragtige wyne te maak, en ons wil aktief deelneem om oplossings te ontwikkel en in die verbetering van vaardighede van ons bedryf, sodat ons ‘n volhoubaar suksesvolle premiumwynbedryf kan bou.” Opwindende planne word op verskeie vlakke gemaak en dit sluit ‘n herdefiniëring van die Nederburg Veiling, waar Wellington se wyne ook jaarliks pronk, as ‘n belangrike platform vir skaars en fynproewerwyne in Suid-Afrika, in. Dit speel ‘n belangrike rol om die top-Suid-Afrikaanse wyne plaaslik en wêreldwyd te vertoon. “Die krities belangrike en uitdagende mandaat is om medewerking en invloedryke verhoudings plaaslik te dryf om wêreldwye sukses vir Suid-Afrikaanse premiumwyne te behaal,” het Nash afgesluit.

Die Seksie 2 Atletiekbyeenkoms vir laerskole het op Vrydag 18 Januarie by die Daljosaphat Stadion plaasgevind. Talle plaaslike laerskole se atlete het mekaar tydens hierdie byeenkoms die stryd aangesê. Atlete wat by hierdie byeenkoms presteer het, dring ook deur na streekbyeenkomste wat hulle op die pad tot die Boland Atletiek Kampioenskappe kan plaas. Skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het was Soetendal Primêr, Wellington Primêr, Hugenote Laerskool, Rondeheuwel Primêr, die Wellington Voorbereidingskool, St. Albans Pri-

5

mêr, Windmeul Primêr en die Blouvlei Akademie. Atlete wat net meer as ‘n week tevore vir die eerste keer skool toe gegaan het, sowel as meer gesoute atlete wat al sedert graad 1 aan atletiek deelneem, het aan verskeie items by die byeenkoms deelgeneem. Die goed-georganiseerde byeenkoms het vir talle hoogtepunte gesorg en die toeskouers kon soms kwalik hul entoesiasme bedwing, terwyl die laerskoolleerders dit op die atletiekbaan uitgespook het. Die koel weer het vir gunstige omstandighede gesorg waarin elke atleet hul beste kon lewer.


6

23 Januarie 2019

NUUS • NEWS

Ashleigh op pad na België Sunfield Home loods anti-boelie veldtog

Die Wellingtonner Ashleigh Parsons het verlede jaar haar matriekeksamen suksesvol aan Hugenote Hoërskool afgelê. Hierdie jaar wink daar groot geleenthede op hierdie kranige fietsryer. Sy is gekies om vir 6 maande as deel van Belgiese vroue-fietsryspan, die ILLI Bike Racing Team, in Europa deel te neem. Ashleigh se keuse vir hierdie span kom as geen verrassing as ‘n mens haar vorige prestasies in ag neem nie. Die 19-jarige se fietsry curriculum vitae bevat ‘n ellelange lys van uitsonderlike provinsiale, nasionale, sowel as internasionale prestasies. Sedert sy as 7-jarige op haar fiets begin rondjaag het, was hierdie sportsoort nog altyd iets wat sy gedroom het om vir die res van haar lewe te doen. “Ek het nog altyd daarvan gedroom om van fietsry ‘n beroep te maak. Ek het al regoor Suid-Afrika en die wêreld suksesvol aan fietswedrenne deelgeneem,” sê Ashleigh. Sy is beskeie oor die 24 nasionale fietsry-titels wat sy agter haar naam kan skryf, sowel as die 3 kere wat sy Suid-Afrika reeds as internasionale fietsryer verteenwoordig het. “Ek het hierdie jaar die geleentheid gekry

om vir 6 maande lank vir ‘n Belgiese span te ry. Alhoewel sulke geleenthede fantasties is, gaan dit met talle finansiële uitdagings gepaard,” sê Ashleigh. Volgens haar beloop die kostes verbonde aan hierdie droom-geleentheid derduisende rande. Haar verblyfkoste sal haar R4 800 per maand uit die sak jaag. Daar benewens sal haar kos bykans R4 000 per maand en haar vervoerkoste ongeveer R2 880 per maand beloop. Sy moet boonop ‘n verdere R10 000 vir vliegtuigkaartjie opdok. Aangesien sy reeds op 30 Maart na België vertrek, is Ashleigh kliphard aan die werk om fondse in te samel om hierdie droom-geleentheid ‘n werklikheid te maak. “Ek kontak ook enige persone en besighede wat my kan bystaan om die koste van die 6 maande verblyf in België te help borg. Ek is natuurlik bereid om myself as ‘n bemarkingsgeleentheid vir sulke besighede beskikbaar te stel. Intussen is ek dankbaar vir elke rand wat ek kan insamel om my ‘n stappie nader aan my droom te bring,” sê sy. Belangstellendes kan Ashleigh by 064 900 2795 of ashparsonss@icloud.com kontak.

Sunfield Home buite Wellington, waar ongeveer 110 intellektueel gestremde volwassenes en 10 dagsorg-persone gehuisves word, het besluit om hul fokuspunt, naamlik die vermoë van ‘n persoon, en nie die gestremdheid nie, na die gemeenskap uit te brei. Hulle gaan hierdie jaar ‘n anti-boelie veldtog loods waarmee hulle ‘n positiewe verskil wil maak deur die boelie-kwessie aan te spreek. “Boelies word in enige groep, ras of kultuur, asook onder alle ouderdomme - selfs tussen gestremdes - gevind. "Met hierdie veldtog wil ons iets hieraan doen,” verduidelik Garine de Wet, bemarker by Sunfield. Volgens haar is boelies dikwels persone wat self nie in ‘n goeie situasie is nie en hul frustrasies verkeerdelik op ander persone uithaal. “Die gevolge van boelies kan tot depressie en in erge gevalle selfs tot selfmoord lei,” sê sy. As deel van hul anti-boelie veldtog gaan Sunfield, in samewerking met WWP Wrestling, ‘n

toernooi by hul perseel aan die voet van Bainskloof aanbied. Tydens hierdie geleentheid sal bekende provinsiale rofstoeiers om 15:00 op 2 Maart met mekaar meeding. “Daar sal ook aan almal gewys word hoe om op ‘n positiewe manier van negatiewe energie ontslae te raak deur middel van verskeie sportkodes,” sê Garine. Die veldtog word verder uitgebrei met ‘n anti-boelie skoleveldtog. Met hierdie inisiatief sal sekere van die stoeiers op 27 en 28 Februarie, sowel as op 1 Maart 9 skole in ons omgewing besoek om ‘n uurlange praatjie oor boelie aan te bied. “Ons doen ‘n beroep op die publiek en enigeen wat kan help om die geveg teen boelies te help veg en boelies te bekamp om hul gewig agter hierdie inisiatief in te gooi,” nooi Garine. Vir kaartjies vir die stoeigeveg en meer inligting oor die veldtog kan belangstellendes Garine by garine@sunfieldhome.co.za, 072 447 2576 of 021-873 5038 kontak.

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe word al sedert 1834 deur Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, nou die Agri-Expo, aangebied. Plaaslike suiwelprodusente kan nou vir 2019 se mees gesogte en oudste suiwelgebeurtenis in die land inskryf. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die uitsluitlike doel van die kampioenskappe om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. “Die SA Suiwelkampioenskappe is die enigste kompetisie wat alle suiwelprodukte in Suid-Afrika betrek en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die Qualité-merk word deur die bedryf erken as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika,” sê Ehlers. Agri-Expo is voortdurend in gesprek met

die bedryf om regulasies in samewerking met rolspelers aan te pas. Die wenners in die onderskeie klasse word tydens die Qualité-dinee as SA Kampioene bekroon. Produkte van besonderse hoë kwaliteit ontvang die Qualité-merk van gehalte. Ná die eerste rondte beoordeling deur meer as 70 beoordelaars wys ‘n paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan. Inskrywings vir die 2019-kampioenskappe het op 7 Januarie 2019 op die webwerf www. cheesesa.co.za geopen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Februarie 2019. Die beoordeling vind op 28 Februarie 2019 plaas en die Qualité-dinee op 29 Maart 2019. Belangstellendes kan www.cheesesa.co.za besoek of Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@ agriexpo.co.za vir meer inligting kontak.

Produsente kan nou inskryf vir Suiwelkampioenskappe


NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

7

Abba:

Abba se gewildste liedjies sal binnekort in Wellington weerklink wanneer Mike & The Harmonix met hul populêre “Tribute to Abba” in ons dorp gaan optree. Die vertoning sal op Saterdag 26 Januarie op die buiteverhoog by die Breytenbach-sentrum plaasvind. Dorpenaars sal heerlik onder die bome en sterre kan aansit, terwyl hul luister hoe Mike McCulley, van die destydse McCulleys Workshop, en sy talentvolle groep musikante en sangers al Abba se gewildste liedjies sing. Mense kan uitsien om saam met bekende en geliefde liedjies soos Fernando, Mama Mia, Dancing Queen, Thank you for the music en vele meer te sing en te dans. Belangstellendes kan teater@breytenbachsentrum.co.za of 021-873 2786 vir meer inligting kontak.

Byron boul ‘n barshou:

Die Wellingtonner Byron Fortuin het op Saterdag 12 Januarie ‘n ongekende prestasie op die krieketveld behaal. Hy het as deel van die Wellington Krieketklub se span teen die span van Spes Bona deelgeneem en boulsyfers waarvan enige bouler droom, aangeteken. Byron het ‘n allemintige 9 paaltjies vir 26 lopies in slegs 9 beurte laat kantel. Hierdie stoomroller-boulwerk het boonop ‘n driekuns ingesluit. Die Wellington Krieketklub het die wedstryd teen Spes Bona gemaklik gewen met Gareth Wolmarans wat, saam met Byron se uitmuntende boulwerk, 75 lopies, nie uit nie, aangeteken het.

Hugenoters van 1968 hou ná 50 jaar weer reünie

Voor is Johnson van der Merwe (Durbanville), Ernest Dunn (Kuilsrivier), Johan Cilliers / Sollie (Kuilsrivier, Marcelle Theunissen (Paarl), Peter Abrahamse (Hermon), De Wet Burger / Kuifie (Wellington) en Ezette Gericke, nee Smuts (Pretoria). Agter is Marie Birk nee Jacobs (Paarl), Mareta Stodart nee van der Berg (Malmesbury), Rache Swart nee Vermeulen (Tulbagh), Paul du Toit (Hermanus) en Philip de Villiers (Wellington). Dorpe tussen hakies is waar persone nou woonagtig is.

Alma Maters wat in 1968 by Hugenote Hoërskool in Wellington gematrikuleer het, hou na 50 jaar nog steeds kontak met mekaar en geniet dit om gesellig saam te verkeer. Gedurende September 2018 het die 50jarige matriekreünie, georganiseer deur Cheryl Pienaar (Burger), op Wellington plaasgevind. Nuwe vriendskappe het opgevlam en sedertdien word daar baie moeite gedoen om al die 1968 klasmaats op te spoor. Verskeie van hul woon reeds in die buiteland en is daar ook reeds ‘n paar oorlede, maar die ander is volstoom aan die gang om die saamwees te geniet. Saterdagoggend 19 Januarie het 12 van die klasmaats wat in die omgewing woonagtig is en

wat beskikbaar was, ‘n ontbyt by Cape Garden Centre in Joostenbergvlakte bygewoon. Dit was ‘n belewenis en wonderlike voorreg om hierdie geleentheid by te woon en was almal dit eens dat hierdie informele ontmoetings meer gereeld moet plaasvind. Sedert die September reünie het een van die klasmaats, Rache Swart (Vermeulen) woonagtig in Tulbagh, begin met ‘n Alma Mater WattsApp groep asook met ‘n foto-album van hierdie unieke groep klasmaats. Matrieks van 1968 daag ander matriekklasse uit wat reeds voor 1968 gematrikuleer het en wat nog in kontak is met mekaar. Vir navrae kontak Mareta Stodart 082 574 0696.


8

courant

Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection

Tel: 021 870 1898

20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za

dié

23 Januarie 2019

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

23 Januarie 2019

•DRIEMANSKAP DING SAAM MEE IN VERSKEIE KOMPETISIES

Du Plessis-sibbes almal SA Gimkana-ruiters

•Jaomi Zeeman Die plaaslike Du Plessis broer en susters, Niel, Lize-Maré en Jani, is kranige ruiters wat al drie al vir die Suid-Afrikaanse Gimkanaspan gekies is. Hierdie prestasie weerspieël hul lang verbintenis met hierdie sportsoort, sowel as hul liefde vir perde. Die 19-jarige Lize-Maré is ‘n voormalige leerder van Hugenote Hoërskool en studeer tans deeltyds, terwyl sy ook op hul plaas werk. Jani is ‘n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof en die 21-jarige Niel, ook ‘n oud-leerder van Hugenote Hoërskool, is tans ‘n derdejaarstudent aan die NWU in Potchefstroom. Al drie die Du Plessis’s is van kleins af baie lief vir perde en neem ook al sedert ‘n jong ouderdom aan gimkana deel. Jani het al vanaf graad 3 perdgery en gimkana-kursusse gedoen. Sy het in 2014 op 11-jarige ouderdom kompeterend begin ry. Lize-Maré het ook op 11 kompeterend aan die sport begin deelneem en dieselfde jaar aan haar eerste SA’s deelgeneem. Niel het in 2012 aan sy eerste kompetisie deelgeneem. Sedert hul heel eerste kompeterende deelname in gimkana het Niel, Lize-Maré en Jani in hierdie sportsoort uitgeblink. Die lys van hul prestasies is nimmereindigend en getuig van toewyding, deursettingsvermoë, dissipline en ‘n ongekende passie vir die sport. Niel het al vir die o/14 WP-span, die o/18 WP C, B en A-spanne, waarvan hy ook die kaptein was, sowel as die o/18 Protea seunspan, waarvan hy die kaptein was, in die saal geklim. Hy was boonop al die Victor Ludorum by die SA junior- en seniorkampioenskappe en het Suid-Afrika verlede jaar in Indië verteenwoordig waar sy span as wenners uit die stryd getree en hy ‘n brons medalje en twee goue medaljes verower het. Lize-Maré het van o/14 tot o/18 elke jaar die WP A-span verteenwoordig. Sy is in 2015 as die “Let’s play Sports Star”, sowel as die “Reader’s Choice” aangewys. Sy het ‘n allemintige 6 keer Proteakleure verwerf en was 4 keer kaptein van die Nasionale span. Sy is boonop 4 keer as gimkana se Sportvrou van die Jaar aangewys en haar SA-span het die goue beker na hul deelname in Indië huis toe gebring. Jani, wat haar eerste SA’s in 2015 gery het, het in 2015, 2016 en 2017 o/14A WP-kleure verwerf. Sy het 2 keer die 0/14 “Proteaspan”, waarvan sy een jaar die kaptein was, in die Jeugspele verteenwoordig en sy ontvang 2 agtereenvolgende

jare die trofee vir die Beste o/14 ruiter Wapenhantering/dogters. In 2018 behaal sy die hoogste telling by SA’s en kry die trofee vir “Best man at arms”. Sy verwerf nie alleen haar Proteakleure nie, maar word ook vir die Merietespan gekies wat in Oman aan die Wêreld Jeugspele gaan deelneem. Tydens die SA-Kampioenskappe wat in Desember in Bethlehem plaasgevind het, het Jani en Lize-Maré weer uitstekend presteer. Ten spyte van koue, winderige weersomstandighede het Jani as die ruiter met die hoogste punte geëindig. Beide Jani en Lize-Maré het hul Proteakleure verwerf - Lize-Maré vir die sesde keer. Lize-Marè ,Jani, Brandon en Mejeanne is die Paarl Tentpegging-klub en wen ook vir die vyfde keer die trofee as die algeheel beste span by SA’s se Interprovinsiale kompetisie. Niel, Lize-Maré en Jani is beslis oor waarom hulle so baie van gimkana hou. “Dit is ‘n adrenalien-sport en ek het ‘n groot passie vir perde. My pa het ook die sport gedoen, so dit is vir my ekstra spesiaal,” sê Lize-Maré. “Ek hou van perdry in die algemeen, maar toe my suster en broer kompeterend begin deelneem, het dit my ook aangespoor om dit te doen,” laat Jani hoor. “Ek hou van die sport, want enigeen, maak nie saak groot of klein, kan iets in die sport bereik en in die sport is almal, veral die juniors, soos een groot familie. Elke SA's voel soos 'n familie-reünie en is eintlik een groot kuier,” voeg Niel by. Volgens al drie die Du Plessis’s beteken hul prestasies vir hulle baie. “Dit beteken vir my die wêreld. My pa is my afrigter, so ek kan hom trots maak en dit is ‘n voorreg om vir my land te kan ry as Protea-ruiter as ons teen Internasionale spanne deelneem,” sê Lize-Maré. “Dit wat ek behaal het, is vir my 'n groot eer en laat my net weereens besef hoe bevoorreg ek is en hoe dankbaar ek moet wees vir die geleentheid wat ek gehad het om die sport te kon doen,” is Niel se mening. "Ek het dit vir myself as doelwit gestel om in

2018 Protea-kleure te verwerf. "Die feit dat ek dit wel kon regkry, wys dat harde werk vrugte afwerp,” sê Jani. Die feit dat hul hele gesin by die sport betrokke is, maak dit vir hulle ekstra spesiaal. “Dit laat my net weereens besef dat as 'n familie saamwerk, kan mens enigiets bereik. Ek is baie trots op die prestasies wat ons kon bereik,” sê Niel. “Dis ‘n ongelooflike gevoel om te dink dat al 3 ons kinders nou ons Protea-kleure het, en dat ons saam as gesin aan die sport deelneem. My pa is ons afrigter en ry soms self ook by kompetisies. My ma doen by kompetisies die scorekeeping. So die hele gesin is iewers betrokke by gimkana,” verduidelik Lize-Maré.

Alhoewel Niel nou eers op sy studies gaan konsentreer, beoog hy om nog “hier en daar aan kompetisies deel te neem”. Lize-Maré sal in die toekoms in die senior-afdeling deelneem, maar gaan later vanjaar nog as kaptein van die Junior Proteaspan aan die Jeugspele deelneem. Volgens haar sal sy beslis met die sport aanhou en sy studeer ook in ‘n “perde-rigting”. Wat is hierdie drie energieke, nederige en passievolle ruiters se leuse? “If it’s to be, it’s up to me,” sê Lize-Maré. “Elke dag is klaar vooruit beplan, so dit sal gebeur soos dit moet,” glo Jani. “Winning is not everything, but the drive to win, is,” laat Niel hoor.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.