courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
23 Januarie 2019
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 502
23 Januarie 2019
Rekords spat by Hopefield se atletiekbyeenkoms
`n Rekord wat 28 jaar lank op die boeke was, het verlede week in die slag gebly by die laerskoolbyeenkoms van Hoërskool Hopefield se atletiek. Mienke Teubes, D11, het in die 70mH haar alles uitgehaal en `n nuwe rekord in hierdie afstand opgestel.
Ander rekordbrekers was Anke Mathysen, hoogspring D10; Keahlah Farmer, 60m D8; Elri van der Westhuizen, spiesgooi D12. Die beste atlete vir die dag was Luca Papier, S10 en Chrizandi Basson, D13. Rekordbrekers tydens die hoërskoolbyeen-
koms was Anja Prins, hamergooi D17; Basson Burger, 400mH; Henko Niewoudt, SG S17; JP Bekker, diskus S17; Denmar Jacobs, 110mH S17 en hoogspring S17. Die beste seuns- en meisieatleet vir die dag was Denmar Jacobs en Anja Prins.
•WEN WYK 5-TUSSENVERKIESING
Van Wyk Bergrivier se nuwe raadslid Adam van Wyk (49), beter bekend as Ampie van Wyk van Redelinghuys is onlangs verkies tot die nuwe raadslid van wyk 5 binne die Bergrivier Munisipaliteit. Van Wyk, ‘n pa van drie het dié oomblik as ongelooflik beskryf en vertel dat hy nie eintlik woorde het nie. Hy is egter vas oortuig daarvan dat hy van die geleentheid gebruik gaan maak om ‘n verskil in die lewens van die inwoners binne die wyk te maak. Van Wyk wat vir die DA staan, het volgens die onafhanklike verkiesingskommissie, 943 stemme gedurende die tussenverkiesing gewerf wat se uitslae verlede Woensdag bekend gemaak is. Die posisie van ‘n raadslid in dié wyk het vakant geword nádat ’n ANC-raadslid, wat voorheen oor die wyk geheers het, geskors is.
Vir hom, is dít die grootste prestasie in sy lewe. Hy is gebore en het groot geword op die plaas, Kromrivier. Hoewel hy nie matriek kon voltooi nie, het dit hom nie teruggehou om sy drome ná te jaag nie. “As iemand anders vir jou vertel dat hy hoop het vir die toekoms, gee dit jou hoop." Sy skoolloopbaan is kortgeknip. Sedertdien het Van Wyk op verskeie plase in die Piketberg omgewing gewoon en gewerk tot sowat twee en ‘n half jaar gelede toe wykskomiteeposte beskikbaar geword het. Hy het talle male in die verlede aanskou hoe geleenthede deur voormalige raadslede van dié wyk se vingers laat glip is om inwoners te help en te bemagtig. Sy inspirasie was die mense se hartseer en
behoeftes in die lewe. “Ek het die Here om hulp gevra dat hy dit my plig sal maak en op my hart sal lê om hierdie mense se hartseer weg te neem, gelukkig te maak en behoeftes en begeertes te bevredig.” Dit is Van Wyk se missie om die probleem rondom dwelms en alkoholmisbruik in die area te takel. Hy gaan ook belê in die jeug wat volgens hom die toekoms is. “Ek wil die onderwysers en die polisie goed leer ken, want hulle is die belangrikste mense wat ‘n verskil kan help maak.” Sy steunpilaar, Shanon Fortuin is net so opgewonde oor dié nuwe uitdaging wat op hul toekom wag. Van Wyk is baie dankbaar teenoor die Here wat sy gebede gehoor het, want nou het hy ‘n geleentheid om ‘n verskil te maak.
NUUS • NEWS