503 dié courant Wellington

Page 1

courant courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié dié

30 Januarie 2019

• Free • Gratis

Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington

Uitgawe 503 12 September 2018

30 Januarie 2019

•NEETHLING BESTUUR GEWILDE ASTRA

Operateur onthou die dae in bioskoop •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM Moderne vrou se rol in samelewing • Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•Jaomi Zeeman Daar is slegs ‘n paar Wellingtonners wat nog die destydse Astra-bioskoop in ons dorp kan onthou. Min mense wat vandag in die dorp woon, kan getuig dat hulle gereelde besoekers aan hierdie sosiale besienswaardigheid uit Wellington se geskiedenis was. Oom Willie Neethling is sekerlik die persoon wat die Astra-bioskoop die beste geken het. Hierdie 89-jarige Wellingtonner was immers vir jare lank die bestuurder en operateur van hierdie sosiale hutspot in ons dorp. Die Astra-bioskoop was destyds ‘n •Jaomi gewildeZeeman uithangplek en bymekaarkomDie Sakekamer het, inwas samewerplekDrakenstein vir oud en jonk. Die bioskoop king met CS Cybershield, Sanlam en in die boonste verdieping van die gebou Golden Thread Communications, ‘n spesialeen inligtingin Kerkstraat wat tans die gimnasium sessie vir plaaslike sakevroue aangebied ‘n Chinese winkel huisves. In die tyd voor waar die voordele en gevare van was sosiale media en televisie, rekenaars en selfone dít die die kuberruim onder die loep geneem plek waar Hollywoodsterre bewonderis. is, Hierdie ikonieseinsiggewende liefdesverhale sessie ontvouhet hetop enDinsdag 4helde September by die Boschenmeer Landgoed die skurke verslaan het. plaasgevind. Oom Willie, vandag ‘n pensioenaris Talle plaaslike sakevroue het wat saam met sybesigheidsvrou van dieenafgelope die en Wellington groot baat gevind 60 geleentheid jaar in ‘n bygewoon woonstel in by die interessante praatjies. woon, onthou al die hoogtepunte en Anine van derwatWesthuizen van Golden interessante dinge in ‘n vorige era in die AstraThread Communications, ‘n spesialis op die‘n -bioskoop afgespeel het. Oom Willie is eintlik gebied vanwatdie suksesvolle aanwending Karookind in die Carnarvon-distrik gebore van is en sosiale media in die besigheidswêreld, op Frazerburg en Sutherland grootgewordhet het.die Hy dames oor die voordeletoe van die gebruik van die‘n het in 1946 Wellington gekom en aanvanklik kuberruim die werkplek rukkie in ‘ninslaghuis gewerk.ingelig. Alhoewel hy van die Volgens Aninehet kan media platforms Karoo af gekom ensosiale skaapvleis geken het, het baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordie werk in die slaghuis hom nie aangestaan nie. deel vanNovember besighede1946 benut Op 24 hetword. hy dus by die Astra“Sosialebegin media -bioskoop werk.platfoms soos facebook, instagram en linkedin ‘n kragtige hulpmiddel “Die gebou waar dieis gim vandag is, het aan ‘n om jou besigheid te adverteer en netwerke meneer Levine behoort. Die bioskoop was op die met ander besighede boonste verdieping. Diten hetmoontlike ‘n onderstekliënte vlak ente‘n bewerkstellig. galery-gedeelte gehad. Daar het elke aand, van "Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen verMaandae tot Saterdae, ‘n film gewys. Op Woensbruikers, 80% van verbruikers volg besighede dae en Saterdae was daar ‘n middagvertoning op hierdie en 30% van verbruikers ook,” onthouplatform hy. koopHierdie produkte wat hulle op instagram man met die glashelder geheue,gesien wat die het,” het datums sy gesê.en dae van gebeure kan herroep, presiese het tot hierdie ookAstra as ‘n plek hetAnine van 1946 29 Julieplatform 1967 by die gewerk. waar besighede kreatiwiteit kanbegin uitbeeld, In 1947 het hy ashul assistent-operateur werk ‘nen besigheidsblad kandieskep, hutsmerke van 1956 af was hy operateur en het hykan die skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele bestuur van die bioskoop behartig. handelsmerksigbaarheid Alhoewel daar slegs fliekskan in diebewerkstellig, teater vertoon voorgehou. is, onthou oom Willie een baie spesiale vertoning Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy

Uitgawe 486

12 September 2018

beskik om dinge glad te laat loop in die operateurskamer. Hy verduidelik dat die groot films van daardie jare 35mm films was wat in rolle gekom het. Een film het uit tot 10 rolle bestaan. Oom Willie het geweet hoe elke soort film se rolle gelas en geruil moes word, hoe om die skyfies vir die advertensies in te voeg, teen watter spoed die film moes loop, hoe die lense en spieëltjies gewerk het, sowel as hoe die klank van die teater gewerk het. “Die aanhanger moes ook die regte spoed wees, anders het jy ‘n spookbeeld gekry,” verduidelik hy. Van al die flieks wat hy deur die jare by die Astra-bioskoop gesien het, bly die Student Prince sy gunsteling, sê oom Willie. Nadat hy in 1967 opgehou het om by die bioskoop te werk, het hy by die destydse Bakke gaan werk. Hier het hy amper 27 jaar lank gewerk voordat hy in 1994 afgetree het. Na sy aftrede kon hy steeds nie stilsit nie en het in 2000 as aflos by die Moedergemeente se kerkkantoor begin werk - iets wat hy sporadies tot op hede doen. Oom wat nie ‘n film was nie. “Daar het ‘n man en vrou van Ierland en Enge- Willie was deur die jare nie net deel van die dorp land hier aangekom wat gevra het of hulle ‘n verto- se sosiale lewe, terwyl hy by die Astra gewerk het nie, hy was ook baie aktief en het rugby en krieket ning in die teater kan doen. "Die dag wat hulle kom vra het, het die man vir Wellington se spanne gespeel. Hy is boonop ‘n gevra of ek ‘n geldnoot by my het. Ek het ‘n noot provinsiale jukskeispeler en ‘n kranige snoeker en veerpyltjiespeler. Hy het onder andere drie jaar uitgehaal terwyl ek ‘n hele ent van hulle lank aan die enkelspelkampioenskappe af gestaan het. Die vrou het, sonder vir snoeker tussen die Commercial dat sy kon sien wat in my hand is, die Hotel, die Railway Hotel en die plaaslike nommer op die noot van agter na voor Polisie deelgeneem en het een jaar as vir my opgesê. Hulle name was David die Wellington-kampioen uit die stryd en Catrina en Catrina kon dinge sien getree. sy het goed geweet. Die aand van die Wat is die geheim van hierdie enervertoning het sy geblinddoek onder gieke 89-jarige wat elke dag telkemale helder ligte voor die grootskerm gesit. die trappe by sy woonstel flink op- en Mense in die gehoor moes goed op afklim? papiertjies skryf en dit in ‘n koevert “Ek klim my lewe lank al trappe. By sit. Sy het presies geweet wat in elke Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis van die die fliek moes ek Nieuwoudt baie trappe klim. By koevert geskryf staan,” onthou hy in Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van SanBakke waar ek gewerk het, was daar ook verwondering. lam. trappe en by al die woonstelle waar ons Oom Willie se tegniese kennis van gemaak het, gegee.het was daar oral trappe. Dan gesê. al gebly elke aspek van die teater is verbysHy het isook diegesondheid voor- en seker nadele vaniets gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het goeie maar wat terend. Anders as vandag, was niks vir kliënte enMy besighede bespreek. Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi in jou gene is ook. broers en susters het almal digitaal nie en alles moes met die hand gedoen “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. word. Hy kan steeds presies beskryf hoe elke film- ouer as 80 of 90 geword. Verder moet jy elke dag data niedoen,” beskerm Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting jou werken met ywer deelnie. hy syKuberkrakers wysheid. rol gelyk het en oor watter vaardighede jy moes die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.

NUUS • NEWS

NUUS • NEWS


2

30 Januarie 2019

VLV skop nuwe jaar af

NUUS • NEWS

Bergrivier Hoërskool hou feesdiens vir 70 jaar

Juanita Loubser, voorsitter van die plaaslike VLV-tak, Liezel Fortuin van I love Sewing, Karen Barnard, sekretaresse van die VLV en portefeulje-leier van die naaldwerkportefeulje, en Wilma Büsse van I love Sewing. Die plaaslike VLV-tak het hul jaarlikse aktiwiteite vir 2019 op Donderdag 24 Januarie op ‘n kreatiewe, inspirerende noot afgeskop. Hierdie eerste byeenkoms van die jaar in die saal van die Noord-gemeente, is deur die naaldwerkportefeulje van die VLV georganiseer. Buiten die gebruiklike marktafel wat onder die vars en handgemaakte produkte gekreun het, het die trekking van ‘n lootjie en spesiale verjaardagwense aan lede die oggend ingekleur. Talle lede het ook knopies vir lang lidmaatskap van die VLV ontvang. Die kreatiewe naalwerktema het nie net in die items op die marktafel, sowel as die prys wat met die lootjie gewen kon word gestalte gekry nie, maar is ook deur die geleentheidspreker in haar praatjie onder die loep geneem. Wilma Büsse van I love Sewing het met die VLV-dames oor haar naaldwerkskool en -besigheid kom praat. Sy het meer oor die ontstaan, sowel as die groei en projekte van hul besigheid vertel. Volgens Wilma is naaldwerkvaardighede besig om onder mense te kwyn omdat dit nie meer in skole aangebied word nie. “Ons wou van die begin af iets doen wat vroue sal bemagtig en hierdie basiese vaardighede sal laat herleef. Daarom het ons by I love Sewing ‘n komponent waar vroue ‘n naaldwerkskool kan

koop en in hul omgewing kan bedryf, sowel as ‘n komponent waar ons plaaslik self vroue en kinders in naaldwerkvaardighede oplei,” het sy verduidelik. Wilma het ook voorbeelde van die produkte wat tydens hul kursusse voltooi word, ten toon gestel. Dit sluit onder andere ‘n volledige skooluniform, sowel as sportklere in. “Op hierdie manier leer studente nie net die belangrikste naaldwerkvaardighede nie, maar word hulle ook bemagtig om, wanneer hulle die kursusse voltooi het, ‘n inkomste met hul vaardighede te genereer,” het sy gesê. Een van die VLV-lede, Elsabe du Plessis, het tydens die byeenkoms ‘n komiese voorlesing oor die ouderdom gedoen om die jaar op ‘n ligte manier te begin. Die voorsitter, Juanita Loubser, het die lede ook uitgenooi om die Februarie-byeenkoms by te woon waar die bekende Burre Burger, wat boere in die droogte-geteisterde gebiede help, as spreker sal optree. Die Februarie-vergadering sal om 09:30 op 21 Februarie in die Wellington Noord-gemeente se saal plaasvind. Die gemeenskap word uitgenooi om na die gasspreker, Burre Burger van Droogtehulp, te kom luister. Belangstellendes kan by VLV-lede RSVP indien hulle die geleentheid wil bywoon. Toegang vir nie-lede is R20.

Bo: Voormalige skoolhoofde saam met die huidige skoolhoof by die Feesdiens. Hulle is v.l.n.r.: L. Jacobs, L. Davids, A. Cavernelis, G. Julies en M. Meyer. Bergrivier Hoërskool vier hierdie jaar ‘n groot mylpaal. Dié instelling is 70 jaar oud en die skool het reeds talle inisiatiewe geloods om hierdie sewe dekades te herdenk. Na hul afskop met ‘n groot pretloop, het Bergrivier op Sondag 20 Januarie ‘n reuse-Feesdiens in die VGK-Kerk gehou. Talle leerders, ouers, oud-leerder, onderwysers, sowel as voormalige onderwysers en skoolhoofde het die geleentheid bygewoon. Tydens die diens is daar hulde gebring aan almal wat ‘n aandeel aan die skool se groei en positiewe invloed in die gemeenskap oor die jare gehad het. Talle sprekers, waaronder die nuwe skoolhoof, Anthony Cavernelis, het van Bergrivier Hoërskool se prestasies en suksesverhale oor die afgelope 70 jaar vertel. Die hoop is ook uitgespreek dat die skool in die toekoms hierop sal voortbou en selfs verbeter. Almal het ook in nederigheid hul dankbaarheid vir die seën en genade wat op die skool rus, te kenne gegee. Met hierdie groot afskop beloof Bergrivier Hoërskool se Feesjaar om een te wees wat nog lank onthou sal word. Talle ander feestelike inisi- Bo: Die nuwe skoolhoof, Anthony Cavernelis, atiewe word vir die res van die jaar beplan. aan die woord.


NUUS • NEWS

3

30 Januarie 2019

Hugenote-tjokkers nael vir die vale Hugenote Laerskool het op Dinsdag 22 Januarie ‘n heerlike ken-mekaar-braai gehou. Hierdie jaarlikse instelling is, soos gebruiklik, met ‘n mini-atletiek vir die skool se graad RR, graad R en graad 1-leerders gekombineer. Talle ouers, oupas en oumas, onderwysers en ondersteuners het opgedaag om dié heerlike atletiek-geleentheid gade te slaan. Die ywerige tjokkers het entoesiasties vir elke naelloop weggespring, terwyl die ondersteuners hulle luid aangemoe-

dig het. Vir baie van die deelnemers was dit hul heel eerste kennismaking met en deelname aan atletiek en hul kon hul opgewondenheid skaars bedwing. Alhoewel dit ‘n informele geleentheid was waar die klem op deelname en genot geval het, is die graad 1-leerders wat die skool by verdere byeenkomste sal verteenwoordig tydens hierdie byeenkoms geïdentifiseer. Na afloop van die atletiek het die ouers en kinders heerlik saam met die res van die skool op die sportvelde gebraai en gekuier.

Wellingtonner nou internasionale mode-fotograaf Die oud-Wellingtonner, Betina du Toit, is deesdae ‘n gerekende internasionale modefotograaf wat permanent in Parys, Frankryk woon. Hierdie boorling van ons dorp neem foto’s vir top-Europese tydskrifte soos Nylon en V Magazine, terwyl sy gereeld saam met groot modehuise soos Chanel en Dior werk.

Volgens Betina was haar kinderjare in Wellington vir haar baie spesiaal. “Ek het my laerskool en hoërskooljare tussen 1991 en 2002 op Hugenote se skoolbanke voltooi. Amper al my herinneringe van kindwees en grootword kom uit die strate en mense en dinge van die dorp. Daarna het ek joernalistiek studeer aan die anderkant van die land, waarna ek by Media24 as joernalis en vervaardiger aangesluit het,” vertel sy. Om as ‘n gerekende internasionale fotograaf in die kompeterende modewêreld naam te maak, sit nie in enigeen se broek nie. Uit die aard van die saak werk ‘n joernalis dikwels met foto’s en kry gereeld met fotografie te doen. Vir Betina was die vele fasette van die media, veral die visuele media, egter nog altyd iets wat haar geïnteresseer het. Haar werk as joernalis was vir haar as’t ware die vonk wat haar laat besluit het om haar grootste passie, naamlik fotografie, te volg. “Dit was ‘n kombinasie van werk binne ‘n klomp fasette in die media-bedryf wat my weer

teruggeroep het na dit waarvan ek geweet het ek die meeste hou: die skep en regie van visuele media. Uiteindelik het ek al my energie daarop begin toespits. ‘n Paar jaar later het ‘n agent in Frankryk my gekontak en vandaar het dinge vinnig gebeur. Sedert einde 2016 woon en werk ek en my man, Wouter, voltyds in Parys,” sê Betina. Volgens Betina was sy van kleins af meegevoer Agter die deur skeppende media. skerms by 'n “Miskien is wat ek Chanel-fotonou doen dieselfde as my sessie. kleintyd-drome. Dinge soos pop-kultuur en my klein Kodak sak-kamera het my altyd meegevoer. Ek onthou in die hoërskool, in die tyd voor daar selfone en persoonlike rekenaars was, kon ek deurnag na musiek-videos op tv kyk, tot my ma se afgryse!” sê sy. Vir Betina, wie se styl al as “gestroop van enige onnodighede” beskryf is, lê daar ‘n towerkrag in fotografie. “Dis ‘n eindelose poging om die vlietende oomblik vas te vang wanneer elke element bymekaarkom. Om gevoel te skep. Dis soos towerkuns. Miskien is dit bietjie verslawend,” erken sy. Daar is baie hoogtepunte in haar fotografie-loopbaan tot dusver. “Dit ongelooflik om gereeld met dinamiese handelsmerke soos Chanel en Dior te werk. Ons het verlede jaar vir ‘n skoonheidsveldtog in die

somer die een dag onder die Eiffeltoring, die ander dag tussen die Louvre en die Seine en die laaste dag by die Palais Royal geskiet. Tussendeur die werk moet mens soms opkyk om dit alles in te neem. Dit was ook ‘n eer om Vanity Fair Frankryk se eerste uitvou-voorblad te shoot en van my werk teen die mure van die ikoniese Hôtel de Ville te sien - dit was ingesluit saam met 5 vroue-fotograwe in Marie Claire Frankryk se uitstalling ‘Aux yeux des femmes’ / ‘In the eyes of women’ vroeër vanjaar,” vertel sy trots.

Vandag voel Betina dat sy haar 18-jarige self sou aanmoedig om haar eie stem met meer waagmoed te vertrou. Alhoewel hierdie begaafde, kreatiewe oud-Wellingtonner nou ‘n internasionaal-bekende Parysenaar is, sal sy Wellington altyd met haar saamdra. “Soos Breyten juis vanuit Parys geskryf het: ‘My hart is in die Boland en niks kan dit ontwyk nie. Dis gebêre in ‘n kissie in wit Wellington’,”erken Betina.

Koos hou konsert vir Valentynsdag Valentynsdag lê om die draai en baie mense krap nog kop oor óf en hoe hulle hierdie dag wil vier. Een van die lekker, maklike opsies is natuurlik om jou geliefde in die motor te laai om die Koos van der Merwe Valentynskonsert by die Breytenbach Sentrum se Bôrdienghuis Teater te gaan kyk. Koos tree op Vrydag 15 Februarie by die Bôrdienghuis op. Die aand beloof om vol pragtige, nostalgiese liefdesmusiek, heerlike wyn en oond-

vars pizzas vir die perfekte Valentynsuitstappie te sorg. Volgens die Breytenbach Sentrum se bestuurder, Francois Lötter, mag Wellingtonners nie hierdie geleentheid misloop nie. “Een aand onder die klank van die wysies van omhelsing doen dinge met jou binnekant. Koos se nuwe vertoning, ‘Ek hou van jou’, met ou warm gunstelinge en splinternuwe musiek van die hart en die vel maak die liefde wakker,” sê hy met ‘n knipoog. Belangstellendes kan die Breytenbach Sentrum by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 vir besprekings kontak.


4

NUUS • NEWS

30 Januarie 2019

Passie is pitkos Wellingtonner se vir prestasie produksie na Artscape

“Meraki” is ‘n Griekse woord wat gebruik word om iets te beskryf wat met siel, kreatiwiteit of liefde gedoen word. Wanneer ‘n persoon iets van hom- of haarself stort in dít wat hy of sy doen, word dit met “meraki” gedoen. Daar is baie mense wat elke oggend opstaan en die sleurtake van hul lewens aanpak. Die meeste mense het al besef dat rooskleurige feëverhale en sprokies gewoonlik net in flieks of boeke bestaan. In die realiteit van die regte lewe moet ons almal maar elke dag ons brood in die sweet van ons aanskyn verdien en word ons pêrels dikwels voor die varke gegooi. So word “meraki” met verloop van tyd ‘n hersenskim. Tog is daar die ewig-passievolles onder ons. Hulle is die mense wat dít waarvoor hulle elke oggend opstaan, met ywer en geesdrif aanpak. Dit is die mense wat saans voor hulle aan die slaap raak met opgewondenheid aan nuwe idees vir dít wat in hul hart brand, dink. Hulle is dié wat geesdriftig daarna uitsien om hul planne en drome gestalte te gee en hulself, hul siel, hul kreatiwiteit en liefde uitstort in dit wat hulle aanpak en doen. Hulle is die “meraki”-mense. En die mirakel van hul passie lei gewoonlik tot sukses, prestasie en inspirasie. In Wellington is daar baie mense en instansies wie se passie die pitkos vir prestasie en positiewe resultate is. Sommige van ons “meraki”-mense doen hul ding op groot skaal en in die kollig-arenas. Ander se positiewe towerkrag word soms onder die radar bedryf. Jeremeo le Cordeur se outentieke toneelstukke en kreatiewe werk het vir lank onder die radar beweeg. Die feit dat hy daagliks sy passie uitleef en getrou aan homself bly, het hom nou ‘n welverdiende plek in die kollig besorg. Sy teaterwerk sal hierdie jaar op die groot verhoë van die Artscape, by die Suidoosterfees, sowel as by die Woordfees te sien wees. Die twee Hillcrest-leerders wat rugbybeurse by een van die voorste skole in Johannesburg losgeslaan het, het deur harde werk, deursettingsvermoë en passie vir hulself ‘n weg na sukses gebaan. Die atlete van plaaslike skole wat die afgelope week aan verskillende byeenkomste deelgeneem het, oefen nie net onverpoosd nie, maar neem ook met ywer en vasberadenheid deel - ‘n seker teken van passie wat tot prestasie lei. Oom Willie Neethling se helder geheue oor die jare wat hy die Astra Bioskoop bedryf het, getuig eweneens van passie en ‘n werk wat hy met groot liefde en presisie gedoen het. Dan is daar ook Wellington se eie internasionale modefotograaf, Betina du Toit, wat vandag met groot sukses haar kindertyd-belangstelling in visuele media op die voorblaaie en plakkate van die voorste modehuise en -tydskrifte laat gestalte kry. Iemand het eenkeer geskryf dat ‘n mens soms net jou ingesteldheid moet verander om van “gewoon” na “passievol” en groter suksesse en prestasies oor te skakel. In plaas van om te dink aan alles wat jy elke dag “moet” doen, kan jy probeer om te dink aan alles wat jy elke dag “kan” doen. Wat jy “kan” doen, word dan later wat jy “wil” doen. Mag elkeen hierdie week, elke dag, doen wat hulle kán. En mag die siel, kreatiwiteit en liefde waarmee dit gedoen word, alles met meraki geur.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Die Wellingtonner Jeremeo le Cordeur is iemand wat met sy talente woeker. Hierdie akteur, draaiboekskrywer, fotograaf en regisseur het aan die einde van 2018 twee eenman-toneelstukke wat hy self geskryf het en waarin hy die hoofrolle vertolk by die bekende Alexander Bar en Teater opgevoer. Buiten hierdie twee eenman-stukke, was Jeremeo verlede jaar ook vir drie maande in die Verenigde Koninkryk waar hy die Artscape Teater en Suid-Afrika by die Brouhaha Uitruilprogram verteenwoordig het. Hy het hierdie program saam met ‘n ander Suid-Afrikaner, Chenal Kock, bygewoon. Dit is juis Jeremeo en Chenal se ondervinding in Liverpool in die Verenigde Koninkryk wat tot die toneelstuk “Mama” gelei het. Hierdie teaterstuk is nou gekies om van 10 tot 13 April by die Arscape se Arena Teater te speel. Volgens Jeremeo is “Mama” ‘n direkte uitvloeisel van sy en Chenal se bedrywighede in Liverpool verlede jaar. “Binne die program het ons verskillende take gekry om uit te voer. Een daarvan was dat ons ‘n teaterproduksie saam met die res van die deelnemers aan die program moes ontwikkel. Elke land is gevra om ‘n 10 tot 15 minuut lange stuk te skep wat hul land verteenwoordig. Chenal is passievol oor fisiese teater en poësie en ek is weer ‘n visuele persoon met ‘n aanvoeling vir regie en vervaardiging. Ons het altwee uit ons verskillende kunsvorme inspirasie getap en vir ‘Mama’ geskep,” vertel hy. Die tema en die naam van die produksie is ‘n uitvloeisel van ‘n karakter wat reeds uit Chenal se poësie ontstaan het. “Dit fokus veral op die Afrikaapse dialek en die temas het uit die karakter se dieper psige ontwikkel. Die karakter, Mama, is ‘n familiêre naam en konsep waarvan ‘n outomatiese verhoogde energie ontspring. Die masker wat Chenal as deel van haar kostuum in die produksie dra, se naam is ook Mama,” vertel Jeremeo. Volgens hom is daar verskeie doelmatige verwysingsraamwerke wat hulle vir Mama gebruik het. “Chenal se ondervinding tydens haar grootwordjare, veral die tyd wat sy as ‘n student ervaar het speel ‘n groot rol in die verwysingsraamwerk. Die karakter is ook deur verskeie flieks en die pop-kultuur beïnvloed. Ons het ook na die strukture wat in konsert-films of dokumentêre films gebruik word, gekyk,” verduidelik Jeremeo. Hy en Chenal is baie opgewonde oor die feit dat hul produksie in die Artscape opgevoer gaan word. “Ons is verheug en dankbaar vir die geleentheid om die werk wat ons geskep het verder te ontwikkel vir Artscape. Ons hoop regtig dat die produksie veral die jeug sal inspireer en bemagtig om trots op hul herkoms te wees. Mama wil teatergangers aanmoedig om nie vir die onbekende bang te wees nie en oopkop te wees in die

verstaan van wie en wat Mama is,” sê Jeremeo. Buiten die vertoning van Mama by die Artscape, sal ‘n ander teaterstuk van Jeremeo, “Jerry, an unconventional Hero”, ook hierdie jaar as deel van die Woordfees en WOW by skole in die Kaapse Wynlande toer. Hierdie produksie, saam met nóg ‘n produksie van hom, “Dude, wa’s my bakkie?”, sal boonop beide in April by die Suidoosterfees in die Artscape Arena te sien wees. Jeremeo beplan ook ‘n produksie, “#ActorsLife”, saam met Estelle Terblanche en regisseur Tamryn Spiers. Hoe vergelyk hierdie besige, kreatiewe lewe met die een waaroor Jeremeo kleintyd gedroom het? “Ek en Chenal het nog altyd ‘n natuurlike passie vir die kunste gehad. As jongmense was een van ons drome om eendag op ‘n professionele platform, soos dié van die Artscape, te kan optree. Ek het nog altyd stories geskryf en my familie en vriende gedwing om in my opvoerings by familiebyeenkomste deel te neem. Hierdie is ‘n droom wat waar geword het. My jonger self sou hierdie as ‘n baie groot stap gesien het,” sê Jeremeo. Beide sy en Chenal se toekomsplanne en doelwitte sluit baie kreatiewe idees en produksies in. Chenal wil graag met Mama na soveel as moontlik feeste en skole toer en voortgaan om oorspronklike werk te skryf. Sy is ook by twee organisasies, Sp(i)eel en The Blaqpearl Foundation, betrokke waar sy deur middel van die uitvoerende kunste ‘n positiewe impak op jongmense se lewens wil maak. Jeremeo is passievol oor die kreatiewe, sowel as die besigheidsaspekte van die uitvoerende kunste industrie. Om hierdie rede wil hy graag sisteme ontwikkel waarmee hy sy produksiemaatskappy, Vulture Productions, kan laat groei. Hy wil sy tande in soveel as moontlik karakters slaan en ook sy fotografie, waar hy foto’s van verskillende produksies neem, uitbou. As Jeremeo en Chenal nou terugkyk, sal hulle hul 18-jarige self aanmoedig om meer in hul individuele uniekheid te belê. “Ek skat ek sou my 18-jarige self aanmoedig om altyd te probeer om die waarste en hoogste weergawe van homself te wees en hard te werk om self geleenthede vir hom te skep. Kinders wat ook droom om eendag in die uitvoerende kunste te werk, moet besef dat dit moeilik is om jouself finansieel te onderhou. Daarom moet hulle veelsydig wees en aan ‘n verskeidenheid geleenthede, binne en buite die uitvoerende kunste industrie, deelneem. Al wat jy regtig kan doen, is om op te daag, teenwoordig te wees in die oomblik en jou beste te doen,” is Jeremeo se raad. Belangstellendes kan besprekings vir Mama in die Artscape by Computicket doen. Skole wat daarin belangstel om “Jerry, an unconventional hero” by hul skool te laat optree, kan wowlees@ sun.ac.za kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.


NUUS • NEWS

5

30 Januarie 2019

Talle prestasies by Hugenote Hoërskool se 'kampe' Hugenote Hoërskool het op 18 en 19 Januarie hul jaarlikse Kampe Atletiekbyeenkoms gehou. Die Rietbokke, Duikers en Koedoe-spanne het volgens tradisie met mekaar meegeding om as die wenspan uit die stryd te tree. Die lowergroen sportvelde en koel weer het vir elke deelnemer die ideale omstandighede gebied om hul beste te gee en die spanne het ‘n kop-aan-kop stryd gevoer. Leerders uit alle grade het aan die wye verskeidenheid items deelgeneem in ‘n poging om punte vir hul span aan te teken. Volgens die skool se direkteur van sport, Alwyn Burger, was die byeenkoms ‘n groot sukses en het die atlete hul baie goed van hul taak gekwyt. “Die dag was ‘n reusesukses met massadeelname van al drie kampe. Die kompetisie tussen die kampeleiers en ondersteuners het goed aangedui dat daar baie trots onder die kinders is vir hulle kampe. "Of jy 100 punte voor was of 150 punte agter, het die gees in elke kamp weer opgevlam as daar 'n atleet van hulle presteer. Ons het 30 atlete geïdentifiseer wat ons as top-atlete sien, maar ons gaan nie die groep beperk nie, omdat daar atlete is wat op die rant is om die span te maak.” het hy gesê. Drie rekords het tydens die byeekoms gespat. Sumari Bester het die 90m dogters

o/14 hekkiesrekord na 17,2 sekondes verbeter, Vin-Heath Andrews het die rekord vir die 100m hekkies seuns o/15 tot 14,7 sekondes verbeter en Paula Zeeman het die 1500m stap rekord tot 9:59 verlaag. Evan Carolissen (100m) en Leanne Whitlo (gewigstoot) is as die beste o/14-atlete aangewys. Die beste atlete in die o/15-afdeling was Vin-Heath Andrews (100mH) en Suné Kühn (gewigstoot), terwyl Vince-Lee Louw (200m) en Elri Kemp (hamergooi) as die beste o/17-atlete bekroon is. Jeanne Fryer (hamergooi) en Jay-Cee Hoogbaard (100mH) het as die beste o/19-atlete uit die stryd getree. Die algehele beste dogtersatleet wat Elri Kemp en die beste seunsatleet was Vin-Heath Andrews. Vin-Heath was ook die beste seuns baanatleet, terwyl Cari Groenewald met die beker vir die beste dogtersbaanatleet weggestap het. Jeanne Fryer en Elri Kemp is as die beste veldatlete aangewys. Die Junior Victrix Ludorum was Sumari Bester en die Junior Victor Ludorum was Pieter van Schalkwyk. Grete Dippenaar is as die Senior Victrix Ludorum en Luhan Louw as die Senior Victor Ludorum aangewys. Die Koedoespan het hierdie jaar koning gekraai deur nie alleen met die Geesbeker weg te stap nie, maar ook as die algehele wenners van die kragmeting aangewys te word.


6

NUUS • NEWS

30 Januarie 2019

Blackie-ondersteuners vol planne en inisiatiewe

Die Blackie Ondersteuners Bond, of BOB, soos hulle bekendstaan, is ‘n groep oud-leerders, ouers en ondersteuners van Hugenote Hoërskool wat vuur en vlam is om op die prestasies, erfenis en tradisies van dié skool voort te bou. Hulle het op Woensdag 23 Januarie ‘n gesellige byeenkoms in die skool se sysaal gehou om hul planne en inisiatiewe te bespreek. Talle belangstellendes, ouers en oud-leerders het die geleentheid bygewoon. Tobie Retief, voorsitter van BOB, het die verwelkoming behartig. Die spreker by die geleentheid was Hennie Warnich, die voorsitter van die South African Schools Alumni Association (SASAA), ook voorsitter van Boys High se ondersteunersbond, sowel as medestigter van Alumnet, ‘n platform vir skole met ondersteunersbonde. Tydens sy praatjie het Hennie die voordele van ‘n sterk ondersteuningsbond by ‘n skool belig. Volgens hom hou so ‘n bond voordele vir die beeld, gees en finansies van ‘n skool in.

“’n Mens moet jouself afvra wat werk en wat werk nie. Volgens statistiek raak tot 80% van skoolgaande kinders se ouers by so ‘n bond betrokke. Slegs 30% van oud-studente is werklik aktief betrokke by sulke bonde. Oud-studente is dus ‘n langtermynbelegging en ouers ‘n korttermynbelegging by so ‘n inisiatief,” het hy verduidelik. Dit is Hennie se mening dat die belangrikste aspek wat met ‘n ondersteunersbond in gedagte gehou moet word, verhoudings is. “Die currency van die toekoms is ongetwyfeld verhoudings. Dit is ook belangrik dat so ‘n bond ‘n sterk en aktiewe verkose komitee het. Hierdie komitee moet ‘n strategie hê van wat hulle wil bereik en dit in projekte opdeel. Kommunikasie en stelsels is nodig om so ‘n bond te bedryf en die hoofdoel behoort altyd te wees dat daar bo alles verhoudings gebou word,” het hy gesê. Die skool se beheerliggaamslid vir die bemarkingsportefeulje, André Gilliland, het tydens

die byeenkoms terugvoering van die skool en beheerliggaam ten opsigte van die funksie van BOB met betrekking tot bemarking gegee. Jan-Hendrik Stander, ‘n BOB-bestuurslid, het oor strategiese beplanning gesels en die bond se verbintenis tot ledegroei, die skool se wenslys,

interskole, sowel as die Doemsa-aand beklemtoon. Almal teenwoordig kon op informele wyse insette lewer, vrae vra, idees uitruil en voorstelle maak. Die byeenkoms is met ‘n heerlike geselligheid afgesluit.

Nuwe baadjie vir kelder Die bestuur van die Blackie Ondersteuners Bond.

‘n Nuwe era het vir die voormalige Riebeek Kelder op Riebeek-Kasteel aangebreek toe dié vooraanstaande maatskappy op die gebied van wyn op 18 Januarie hul nuwe naam en voorkoms aan uitgesoekte gaste bekendstel het, naamlik die Riebeek Valley Wine Co. Die suksesvolle en boonop gesellige geleentheid is saam met die publiek, getroue kliënte, personeel en die industrie gevier waartydens Riebeek Valley Wine Co. se visie vir die toekoms gedeel is. “Vandag voorsien ons die unieke geure van die Swartland op baie spesifieke maniere aan wynmakers van reg oor die wêreld. "Die prentjie verskil drasties van die een van 21 jaar gelede waar die meeste van die wyne bedoel is vir die mark van kommoditeite,” sê André Engelbrecht, uitvoerende hoof van Riebeek Valley Wine Co. "Ons visie is om vir jou die hoogste kwaliteit en hoogs gespesialiseerde produkte en dienste wat by jou spesifieke behoeftes pas, in samewerking met individuele Swartlandse wyndruifproduseerders te same met wynkenners waartydens hul volle potensiaal na vore gebring word. Die Riebeek Wine Valley Co. wat met die agtergrond van die Tweede Wêreld Oorlog in 1941 gestig is, het nog altyd gefokus op wyn van oorsprong. "Hulle het ‘n passie vir die unieke landskap en vir die mense van die Riebeek Vallei. Deur noue samewerking met die gemeenskap, gee hulle die

versekering om uitstaande geure van die Sartland aan verbruikers reg oor die wêreld te bring. “Riebeek Valley Wine Co. is daartoe verbind om die verandering te word wat ons wil sien,” sê Alecia Boshoff, produksiebestuurder en hoof wynmaker by die maatskappy. "Ons wou ‘n nuwe strategie ontwikkel wat fokus op volhoubaarheid deur kollektiewe samewerking.” Riebeek Valley Wine Co. beplan insiggewende beleggings om hul maatskappy as die vooraanstaande Boetiek Wyndienste Maatskappy te word. "Riebeek Valley Wine Co. gaan ‘n uitgebreide reeks produkte en dienste aan die Suid-Afrikaanse en globale wynindustrie voorsien. Met individuele famieleproduseerders reg oor die Swartlandstreek saam met hul span wynkenners, is Riebeek Valley Wine Co. ideaal geposisioneer om groei en volhoubarheid binne die wynindustrie te dryf," voeg sy by. Die nuwe Riebeek Valley Wine Co. is daartoe verbind om die hoogste kwaliteit en hoogs gespesialiseerde produkte en dienste aan kliënte te bring. "Welkom by die Riebeek Vallei familie, bewaarders van die Swartland én kwaliteit." Vir meer inligting of navrae kan Riebeek Valley Wine Co. by 022 448 1213 of per e-pos by info@riebeekwineco.co.za bereik word. Besoek ook hul nuwe webblad by www.riebeekvalleywineco.com.


NUUS • NEWS

30 Januarie 2019

Wenke om jou Valentyn te bederf

Mans en vroue is nou maar eenmaal uiteenlopende wesens. Hierdie verskil word duidelik met die aanbreek van Valentynsdag en die koop van geskenkies. Geykte idees vir Valentynsdag het deesdae die maklike opsie geword en enige persoon, veral mans, in ‘n vaste verhouding wat moeilikheid wil ontduik, kan by die naaste winkel inspring en binne oomblikke ‘n gepaste item van die rak af kry. Ongelukkig bly oorspronklikheid en sentiment dikwels agterweë.Stap jy enkele weke voor Valentynsdag by enige geskenkwinkel in, sien jy die tipiese simbole vir dié dag dadelik raak. Rooi harte en rose op alles – van teddiebeertjies, sjokolade, badseep, ekstra-grootte kaartjies, tot joernale. Dít is die maklike uitweg en gee jy dit vir jou Valentyn, is die kans goed dat hy/sy gaan dink jou idee is ongeïnspireerd en ondeurdenk. Dink vanjaar verby die vanselfsprekende idees en gee jou Valentyn iets besonders. ‘n Smaakvolle idee kan dikwels die knoop deurhaal sonder om ‘n plaas se prys te kos. Slaan haar voete só onder haar uit.1) Klassieke idee: ‘n Teddiebeer. Vars idee: Bederf haar met ‘n koopbewys by ‘n skoonheidsalon, wat ‘n massering, manikuur en gesigsbehandeling insluit. Daar is slegs enkele vroue wat dié gebaar nie sal waardeer nie. Dan, wanneer sy by die huis kom, los vir haar ‘n groot pakkie op die bed, met ‘n rok of uitrusting waarop sy haar oog gehad het.2) Klassieke idee: Rooi rose. Vars idee: Gee haar, in plaas van rooi rose, rose in verskeie kleure. Doenvooraf moeite om uit te vind wat die simboliek agter elke roos is en vertel haar hoekom jy elke roos aan

haar gee.3) Klassieke idee: Ontbyt in die bed. Vars idee: Hou ‘n week lank Valentynsdag. Los elke dag van die week, voor 14 Februarie, ‘n klein geskenkie onder haar kopkussing waarmee jy vir haar sê hoeveel sy vir jou beteken. As dit vir jou te duur is, gebruik spesiale notas in plaas van geskenke. 3) Klassieke idee: Slegs ‘n kaartjie Vars idee: ‘n Loterykaartjie. Maar nie ‘n gewone een nie. Kies al die spesiale datums wat vir julle albei belangrik is – die eerste afspraak, die eerste soen, die datum van jul verlowing, jul troudag… dit sal haar wys dat dié dae vir jou net so belangrik is as vir haar.4) Klassieke idee: ‘n Duur ete Vars idee: Berei vir haar ‘n tuisgemaakte ete voor. En moenie sê jy kan nie! Vra jou ma of suster om vooraf vir jou te wys hoe om ‘n paar lekker disse voor te berei. Dit hoef nie ingewikkeld te wees nie, maar sorg dat die nagereg ‘n treffer is én sjokolade bevat. 5) Klassieke idee: ‘n Fotoraam vir die sitkamer Vars idee: Nuwe gordyne vir die sitkamer! Moet dit liefs nie

self kies nie, maar neem haar eerder op Valentynsdag om vir haarself splinternuwe gordyne en bankoortreksels by Drapes in Mall@Reds te gaan uitkies. ‘n Vrou se huis lê haar na aan die hart en met dié gebaar sal jy haar laat voel dat jy haar verstaan en regtig gedink het aan wat sy graag wil hê. Kontak Drapes by: (012) 656 7121. Slaan sy voete só onder hom uit.1) Klassieke idee: ‘n Nota in sy kar se ruit. Vars idee: Notas met redes hoekom

7 jy vir hom lief is, oral weggesteek – sy broeksakke, hempsakke, kussingsloop, inbox op sy selfoon…2) Klassieke idee: ‘n Love Ballad CD. Vars idee: ‘n PowerPoint aanbieding wat jy self gemaak het, met foto’s van julle twee, mooi herinneringe uit julle verhouding en redes hoekom jy mal is oor hom. 3) Klassieke idee: Naskeermiddel en ‘n skeermes. Vars idee: Gee hom ‘n tuisgemaakte koopbewys vir ‘n afspraak by jóú ‘salon’! Bederf hom met ‘n voetbehandeling, massering, en gee hom ‘n egte, romantiese outydse skeersessie, met ‘n lem en ‘n kwas (as hy jou genoeg daarmee vertrou!). 4) Klassieke idee: ‘n Sagte gorilla speelding Vars idee: Reël vir hom ‘n manlike uitstappie by Pilanesberg. Sluit aan by ‘n begeleide toer waartydens ‘n wilde dier verdoof word om bv. ‘n besering te behandel of vir navorsing. Jy kry dan die geleentheid om dit in die natuur waar te neem en self aan die dier te raak. Hy sal mal wees oor die idee dat jy hom die geleentheid gee om die natuur eerstehands te ervaar. 5) Klassieke idee: ‘n Aksiefliek-kaartjie. Vars idee: Probeer ‘n aksiesportsoort saam met hom! Iets soos rotsklim, hangsweef of valskermspring. As hy iets van die sportsoort af weet en jou kan leer, sal dit hom goed laat voel. Die feit dat jy jou vrese opsy sal skuif in ‘n poging om so iets saam met hom te doen, sal hom aanspoor om sy waardering teenoor jou te toon. 6) Klassieke idee: ‘n Besigheidskaartjiehouer. Vars idee: ‘n Nuwe skildery vir sy kantoor. Neem hom na ‘n kunskafee, vir ‘n lekker liefdesontbyt. Sê daarna aan hom dat jy vir hom nog ‘n verrassing het, en dat hy sy eie skildery vir sy kantoor by dieselfde winkel kan uitkies. Elke keer wat hy daarna kyk, sal hy aan jou dink.Wat ookal jy doen, onthou dat woorde enige mens se hart kan omtower. Gee, saam met jou geskenk, ‘n spesiale kaartjie om hom/haar net weer te herinner aan hoe lief jy vir hom/haar is!


8

courant

Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection

Tel: 021 870 1898

20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za

dié

30 Januarie 2019

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

30 Januarie 2019

Hillcrest-leerders ontvang Honderde atlete by rugbybeurse na JHB Elite- atletiekbyeenkoms Hillcrest Primêr se graad 7-klas van 2018 het twee o/13-rugbyspelers opgelewer wat rugbybeurse van ‘n topskool in Johannesburg ontvang het. Lee-Will Claasen en Dominique Pietersen, wat in 2018 graad 7-leerders aan Hillcrest was, se nuwe tuiste is sedert verlede week die Hoërskool Dr. E.B. Jansen in Johannesburg. Lee-Will en Dominique het op Sondag 20 Januarie per bus na Johannesburg vertrek. Hul families het hul met trotse trane weggesien. Volgens Gilroy Jones, Hillcrest se sportontwikkelingsbeampte, het hy die o/13-afrigter, Ynolan Pietersen, verlede jaar genader om kandidate vir rugbybeurse by ‘n skool in Johannesburg te identifiseer. Pietersen het aanvanklik drie kandidate geïdentifiseer, waarvan Lee-Will en Dominique die beste aan al die kriteria vir die beurse voldoen het. “Die kriteria vir die beurse het behels dat die kandidate uit minderbevoorregte omstandighede kom. Dit beteken dat hulle nie binne hul huidige milieu die kanse sou kry wat die sportbeurs aan hulle bied nie. Die kandidate moes ook akademies sterk wees en oor eienskappe soos hardwerkendheid en deursettingsvermoë beskik,” verduidelik Gilroy. Hy het die kandidate se motivering deurgestuur en hulle het gehoor dat Lee-Will en Dominique se aansoeke suksesvol was. Saam met hierdie twee belowende jong rugbyspelers het Hillcrest oor die afgelope jare reeds soortgelyke beurse vir altesaam 27 kinders beding. Volgens mnr. T.J. de Jongh, Hillcrest se skoolhoof, is hulle baie trots op hierdie leerders.

“Ons skool het reeds bekende rugbyspelers soos Ambrose Papier, Byron Thyse, Diego Appollis en Jurgh Claasen, wat almal op nasionale vlak rugby gespeel het, opgelewer,” sê hy trots. Volgens hom het die geleenthede wat kinders soos Lee-Will en Dominique deur middel van die beurse kry ‘n positiewe invloed op hul lewens en bied dit hulle geleenthede wat hul andersins nie sou kry nie. “Ons is regtig trots en opgewonde oor die baanbrekerswerk wat hierdie kinders met talente doen. Hulle kry die geleentheid om te ontwikkel om op die hoogste vlak mee te ding. Waar die fasiliteite en finansies en ondersteuningsbasis in hul onmiddellike omgewing dit miskien nie sou toelaat nie, maak hierdie beurse nou vir hul groot deure oop. Ons het soveel diamante in ons gemeenskap wat net ‘n bietjie politoer kort,” sê De Jongh. Hy voel dat die prestasie van hierdie leerders ook ‘n invloed op die ander leerders in die skool, sowel as die gemeenskap het. “Die geleenthede wat Lee-Will en Dominique kry, moet maksimaal benut word en sorg dat hul talente tot hul volle reg kom. Hulle baan ook die weg vir ander kinders wat sien dat as jy hard werk en iets insit, kry jy kanse. Eienskappe en waardes soos dissipline, doelgerigtheid, aanpasbaarheid en toewyding - wat alles deel van die sleutel tot sukses is en ook waardes is wat by Hillcrest by kinders ingeskerp word - is ook dinge wat die ander kinders in die skool en in die gemeenskap met Lee-Will en Dominique se prestasie raaksien en nastreef,” is De Jongh se mening.

Krieket: Christo Ritter van die wenspan Bendover voor die paaltjes, met Steyn Basson op diens as paaltjiewagter. Talle spanne het aan die ses-aan-'n-kant-toernooi deelgeneem.

Honderde plaaslike atlete van plaaslike laerskole het op Vrydag 25 Januarie aan die Elite Atletiekbyeenkoms op Dal Josaphat Stadion deelgeneem. Die tartanbaan het gewemel van talentvolle jong baan- en veldatlete wat by die Seksie-byeenkomste deurgedring het om aan die Elite-byeenkoms deel te neem. Atlete wat by hierdie byeenkoms presteer het, kwalifiseer om aan die Sentraal-Boland Atletiekbyeenkoms deel te neem - iets wat hulle nog ‘n treetjie nader aan die Boland Kampioenskappe sal bring. Die skole wat by die Elite Byeenkoms verteenwoordig is, was Newton Primêr, Hillcrest Primêr, Wagenmakersvallei Primêr, Wellington Primêr, St. Albans Primêr, Rondeheuwel Primêr,

Hugo Rust Laerskool, Groenberg Primêr, Windmeul Primêr, Hugenote Laerskool, Soetendal Primêr, Wellington Preparatory School, Bergrivier Primêr, Alfons Primêr, Laerskool VanWyksvlei, Voor-Groenberg Primêr en die Blouvlei Akademie. Atlete wat by die Seksie-byeenkomste presteer het, het dit tydens die Elite-byeenkoms in verskillende items uitgespook. Talle ongelooflike prestasies is behaal en ‘n hele paar rekords het gespat. “Dis lekker om teen ander goeie atlete mee te ding, want dan lewer ek ook my beste en stoot dit my prestasie op. Ek hou duim vas en gaan my bes probeer om na die Sentraal-Boland byeenkoms deur te dring vandag,” het een van die deelnemers laat hoor.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.