503 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

30 Januarie 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 503

30 Januarie 2019

Raadslid: Die nuwe raadslid van die Bergrivier Munisipaliteit, Adam van Wyk, is verlede week op 'n raadsvergadering ingehuldig. Links is hy saam met munisipale bestuurder Hanlie Linde en regs saam met Chris Hunsinger (kiesbeampte).

•MINISTER GEE SLEUTELS AAN BRANDWEER

R10 mil vir waens

Die sleutels van splinternuwe brandweerwaens is onlangs aan verskeie munisipaliteite in die Wes-Kaap deur Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning oorhandig. Die provinsiale regering het altesaam tien nuwe en volledig toegeruste brandweerwaens van R10 miljoen aan munisipaliteite op die platteland reg oor die Wes-Kaap gegee, waarvan die Bergrivier Munisipaliteit deel uitmaak. “Die projek verteenwoordig ‘n beduidende en betekenisvolle bemagtiging van die plaaslike brandweer se vermoeëns om ‘n diens binne die landelike areas te lewer. Die Wes-Kaap is nou ook die enigste provinsie waar elke munisipaliteit oor ‘n moderne en toegeruste brandweerwa beskik wat daartoe instaat is om brandweerdienste uit te voer,” sê Bredell. Graham Paulse, die uitvoerende hoof van die departement vir die provinsiale departement van plaaslike regering, sê die brandweerwaens vorm deel van ‘n driejaar-projek wat uiteindelik R37 miljoen gaan belê in die verbetering en opgradering van landelike brandweerdienste se

kapasiteit in die provinsie. “Dié voertuie is spesiaal ontwerp en volledig toegerus en kom met volledige onderhouds-

planne. Ons voorsien ook verder volledige opleiding aan die brandweerdienste op elke dorp wat die trokke en die toerusting betref,” sê Paulse.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.