504 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

6 Februarie 2019

74.3%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 504

6 Februarie 2019

Swem: Altesaam 660 swemmers het vanaf 25 Januarie tot 27 Januarie aan 'n swemgala deelgeneem wat deur die

West Coast Aquatics en Cape Town Metro Aquatics aangebied is. Swartland Swemklub het uitstekend gevaar en 'n sewende plek vanuit 27 swemklubs ingepalm. 38 swemmers van die Swartland Klub het aan die swemgala deelgeneem waartydens hulle moes kwalifiseer. Vanaf 2 tot 3 Januarie, het altesaam 325 swemmers van reg oor die Wes-Kaap aan die Jack Currie-swemkampioenskappe deelgeneem. 13 Swemmers van Swartland Swemklub het gekwalifiseer om aan die kampioenskappe deel te neem waartydens die klub sewende uit 27 klubs gekom het.

•NUWE LEIER VIR MOSLEM-GEMEENSKAP

Dit voel soos huis Imam Maasdorp •Charlotte Lesch Die nuwe Imam van Malmesbury, die nuwe leier van die Moslem-gemeenskap, Mohammed Tashreeq Maasdorp (27) het skaars op Malmesbury aangekom en reeds besef dat hy gaande is oor die dorp en sy mense. Hy het die 1ste Januarie amptelik met sy nuwe leierskapspos begin hoewel hy reeds twee weke vóór dit op Malmesbury aangekom en ingetrek het. Maasdorp is verlede jaar reeds genader vir die pos. Met sy eerste besoek op Malmesbury, het hy vinnig besef dat hy lekker sal bly hier. “Dit het gevoel soos my huis. Ek het baie welkom gevoel en almal het my baie welkom laat voel." Hy beskryf die dorp as baie rustig en heelwat anders as waaraan hy gewoond was. Maasdorp, sy vrou Saudiqah en hul twee kinders kom oorspronklik van die Kaap af. Volgens hom het hulle sommer vinnig hulself hier gevestig waar die inwoners vriendelik en liefdevol is, vertel hy met ‘n glimlag. Dit is die eerste keer wat hy tot ‘n Imam verkies is, of soos Maasdorp dit beskryf, “die een wat voor staan.” Hy verduidelik dat die Imam basies die leiding gee terwyl die mense volg. Die hoofaspek, verduidelik hy, is die geestelike leierskap van die gemeenskap. Daarna sluit dit verder alles in soos onder meer die ondersteuning wanneer dit kom by gesinsprobleme,raad, jeugprogramme, betrok-

kendheid by skole, die lei van die diens asook die vyf daaglikse tye wat daar gebid word. Maasdorp vertel dat hy reeds gedurende Desember 2017 op ‘n betrekking vir die pos gereageer het en sy aansoek gestuur het. Hy is eers nader aan die einde van 2018 genader vir die geleentheid. Hoewel hy in die rigting studeer het wat sowat agt jaar altesaam van Islamitiese studies ingesluit het, beskryf hy die leiersposisie as ‘n groot voorreg en ‘n eer. Hy sien nou daarna uit om sy kennis met almal van jonk tot oud te deel. “Dis ‘n groot eer, veral omdat ek nog so jonk is.”

Sy eerste prioriteit is om met die gemeenskap te werk wat hul geestelikheid betref en hulle by die Moskee in te nooi waar almal as een familie saam kan wees en as ‘n eenheid saam kan werk. Volgens hom het elkeen ‘n gawe, hetsy dit nou ‘n vaardigheid is of denke is wat saamgespan kan word om groter dinge te kan bereik. Hy hoop om ‘n goeie leier te wees en na die behoeftes van die gemeenskap om te sien tot die beste van sy vermoëns. Sy doelwit is om uit te reik na almal, selfs buite Malmesbury. Hy beskou sy doelwitte as bereikbaar omdat dit God se werk. ”As ons Sy werk doen, sal Hy by ons wees.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
504 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu