505 dié courant Wellington

Page 1

courant courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié dié

13 Februarie 2019

• Free • Gratis

Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington

Uitgawe 505 12 September 2018

13 Februarie 2019

•PASSIEVOL OOR INHEEMSE PLANTEGROEI

Giselle en fynbos: Unieke kombinasie •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM Moderne vrou se rol in samelewing • Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•Jaomi Zeeman Dit sal moeilik wees om iemand met meer passie, energie en kennis oor die gebruike en eienskappe van ons inheemse fynbos en renosterveld te vind as Giselle Courtney. Dié Wellingtonner se entoesiasme oor fynbos is aansteeklik en sy is ‘n wandelende ensiklopedie wat die menige gebruike van hierdie plaaslike plante betref. Giselle, haar man Mark en hul twee kinders het in 2012 eiendom buite Wellington gekoop en in 2014 permanent hierheen verhuis. Volgens haar wou hulle na 20 jaar in Johannesburg ‘n leefstyl-verandering maak. Giselle se verbintenis met en belangstelling in •Jaomi Zeeman fynbos strek egter veel verderhet, as die 5 jaar wat Die Drakenstein Sakekamer in samewersy nou tussen die Kaapse fynbos Sy het king met CS Cybershield, Sanlamwoon. en Golden in haar Communications, jonger dae as toergids gewerk en toeriste Thread ‘n spesiale inligtingoral invir dieplaaslike Wes-Kaapsakevroue tot aan die Suidkus aan die sessie aangebied waar wonderlike van fynbos bekendgestel. die voordelediversiteit en gevare van sosiale media en Later het sy asonder fasiliteerder divesiteitsopleidie kuberruim die loepingeneem is. ding die diversiteit van fynbos as metafoor vir Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag klasse gebruik. 4haar September by die Boschenmeer Landgoed “Ek sou nooit kon raai dat my pad met fynplaasgevind. bos my plaaslike sou lei totbesigheidsdit wat ek en nousakevroue doen nie,” sê Talle het Giselle. die geleentheid bygewoon en groot baat gevind Haar verbintenispraatjies. met fynbos het inderdaad ‘n by die interessante lewe van sy gekry. Giselle bied weekAnine vaneieder Westhuizen vantans Golden liks ‘n “Fynbos Belewenis” ‘n by die Kaapseop Erfenis Thread Communications, spesialis die Trust invan die die Kompanjie Tuineaanwending vir toeriste van aan. gebied suksesvolle Hierdiemedia inisiatief het besigheidswêreld, uiteindelik tot ‘n reeks fynsosiale in die het die bos-produkte sy ontwikkel gelei.van die dames oor die wat voordele van diehet, gebruik Tydens in diedie“Fynbos Belewenis” kuberruim werkplek ingelig. stel sy toeriste aan die geure, en verskillende Volgens Anine kan diversiteit sosiale media platforms gebruike van fynbos Fynbosgegeurde baie suksesvol in die bekend. sakewêreld en tot voorwater, medisinale gebruike deel vandie besighede benut word.van fynbos, proe-belewenisse met fynbos-gegeurde -soute “Sosiale media platfoms soos olie, facebook, en -brandewyn, -jenewer -vodkahulpmiddel vorm alles instagram en linkedin is ‘n en kragtige deeljou vanbesigheid hierdie werkswinkels. om te adverteer en netwerke het besighede die moontlikhede van fynbos, met“Ek ander en moontlike kliëntehier te aan die suidpunt van die kontinent en met soveel bewerkstellig. diversiteit, en besef dat hierdie "Instagramraakgesien het byvoorbeeld 3,8 miljoen verinheemse80% plante heeltemal min in die bruikers, vaneintlik verbruikers volgtebesighede kollig is. Myplatform denkproses hierdie kwessie op hierdie en rondom 30% van verbruikers het rondom identiteit, herkoms en belewenisse koop produkte wat hulle op instagram gesien vormhet aangeneem,” het,” sy gesê. sê sy. Haar en gesinplatform se lewe ook tussen winAnine hethaar hierdie as die ‘n plek gerde,besighede fynbos enhul renosterveld buite waar kreatiwiteit kan Wellington uitbeeld, Giselle met die van fynbos kan laat ‘nhetbesigheidsblad kangebruike skep, hutsmerke eksperimenteer. Sy hetkan die gebruik daarvan om skep, treffende foto’s plaas en subtiele sout, olie, asyn en drank mee geur, sowel as handelsmerksigbaarheid kan te bewerkstellig, om dit as ‘n tee te gebruik, ondersoek en met voorgehou. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy

Uitgawe 486

12 September 2018

vallei, sowel as fynbos-konsentrate en -strope ongelooflike produkte vorendag gekom. “Die proe-belewenisse wat ek by die Kom- wat deur ‘n plaaslike vervaardiger in die voorpanjie Tuine aanbied, het tot die ontwikkeling malige Bain’s-kombuis gemaak word, vorm alles van die produkte aanleiding gegee. Die fokus is deel van Giselle se aanbieding aan buitelandse meer op ‘n kalmerende, strelende ervaring as op toeriste. Haar gegeurde soute en tee is boonop die produkte. Om kreatief in die tweede helfte by die plaaslike Pacha Mama beskikbaar. Vir Giselle was daar nie baie struikelblokke van jou lewe te werk is regtig bevredigend en lei op haar reis met fynbos nie. Sy beskou dit eertot die wonderlikste ontdekkings,” sê sy. Die aanvraag van toeriste na die produkte der as proses waarmee sy besef het dat alles ‘n wat sy tydens haar proe-sessies by die Kaapse bepaalde tyd het. “Kreatiwiteit enFrancis die natuur het deurvan my proErfenisvan Trust het haar die Communications, Anine deraanbied, Westhuizen vangenoop Goldenom Thread Nieuwoudt die sesCybershield met fynbos gesinchroniseer,” sê sy.van Sanreeks aan dieSakekamer, publiek beskikbaar te stel.Stander Haar van Drakenstein Jan-Hendrik en Helét Borchardt Haar droom is om aan te hou om vreugde aan reeks fynbos-produkte sluit nou ‘n verskeidenlam. mense verskaf deur middel van ons inheemse heid gegeurde soute, verskillende soorte tee, gemaak te het, gegee. gesê. sowel as geskenkkaartjies fynbosfoto’shet en fynbos. Hy het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander vanmet CS Cybershield “Dit my werk om oop enbespreek. bewus te bly van skinkbordlappe viriskliënte en besighede Anine se praatjiein. opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi dieisskoonhet ook ander produkte by betekenisvolle “Wanneer jytoevallighede gratis Wi-Fiwanneer gebruik, jou oor Giselle die kubersekuriteit en plaaslike inligtingsekuriteit. heid van die natuur haarself ontbloot,” sê sy. haar proe-ervaring ingesluit. Olyfolie uit ons eie Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.

NUUS • NEWS

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

Dwergiebos lê die grondslag vir talle jongelinge •Jaomi Zeeman Die Dwergiebos Pre-primêre skool was vir ‘n paar dekades lank ‘n opvoedkundige baken in ons dorp waar die basis vir talle plaaslike klein kindertjies se lewens gelê is. Vir 40 jaar lank was hierdie kleuterskool die heenkome vir die dorp se blinkoog-jongspan. Dwergiebos het as die Wellington Kleuterskool in 1977 begin. In hierdie jaar is die registrasie vir die skool amptelik deur die Departement van Onderwys goedgekeur. In daardie stadium is die skool in die Voortrekkergebou gehuisves. Die skool het aanvanklik as ‘n speelgroepie begin wat onder die Departement van Welsyn gesorteer het. Met die skool se registrasie by die Departement van Onderwys, is hulle verplig om onderwyseresse wat in vroeëkindontwikkeling opgelei is, in diens te neem. Indien dit die geval was, sou die onderwyseresse Departementele salarisse ontvang. Volgens dr. Anel Pepler, stigter van die skool, het die eertydse beheerraad onder leiding van wyle dr. Edwin Brooks en Johan Conradie, vinnig die nood vir ‘n groter gebou raakgesien. “’n Eie perseel en gebou is in die vooruitsig gestel. Onder die bekwame leiding van wyle mnr. Schreve en sy vrou, Altina, is ‘n Ontwikkelingskomitee gestig om uitbreiding te ondersoek

en te administreer. "Hulle het die munisipaliteit genader en daar is uiteindelik toestemming gegee dat ‘n geskikte perseel aangewys sal word. Daar was verskeie plekke wat geskik was, maar die perseel aan die bopunt van Bergstraat is geïdentifiseer, juis oor die rustige omgewing, maklike bereikbaarheid vir ouers, die min verkeer, die feit dat dit naby plase was en ook oor die hoë bome wat ‘n natuurlike speelplek vir klein kinders kon wees,” onthou sy. Die munisipaliteit het op twee voorwaardes toestemming vir die nuwe gebou gegee, naamlik dat die beheerraad geen eis teen die munisipaliteit vir die lek uit die damme aan die bokant van die skool sou bring nie en dat ‘n permanente komitee die bouery sal beheer. “Die ontwikkelingskomitee met Ryno Badenhorst en Danie Theart het hier die leisels geneem. ‘n Gebou met genoeg speelapparate het die gelde wat gespaar was, ver oorskry en Wellington-Oos Gemeente het tot hulp gekom deur die lening by die bank te borg. Voorbereiding het begin en toekomstige ouers soos Hennie Basson en Bernett en Deon Joubert het trekkers en stootskrapers gestuur om die gronde reg te kry,” vertel dr. Pepler. “Mnr. Quinot het die bouprojek aangeneem,

mnr. Siderfin die elektrisiteit en Anna Cilliers en Elsabe du Plessis het die tuin behartig. Speelapparate is deur ouers aangery - meer as wat ek kan onthou,” sê dr. Pepler. “Ek onthou die eerste Pretstap met kleuters en ouers waar ouers tot R10 per kilometer geborg het. Hulle het gedink dat die kinders nie verder as 1km sou kon stap nie en moes omtrent opdok toe man en muis hul 10km lag-lag kafdraf. "Fietsry, hoenderbraai, speletjies, verkopings, poppekasvertonings, danse en vele meer projekte is gehou om fondse in te samel. Wie sou ooit die Dwergiebosfees vergeet toe die dorp op horings geneem is met uitstallings in die winkelvensters, plakkate en vlotte in die strate,” vertel dr. Pepler. Volgens haar het talle plaaslike instansies soos die Rapportryers, die Lions, al drie die NG-gemeentes, die VLV, die Boerevereniging, die ACVV en die munisipaliteit saamgewerk om die nuwe kleuterskool gestalte te laat kry. “’n Hoogtepunt was natuurlik die kies van ‘n naam vir die nuwe skool. ‘n Kompetisie is uitgeskryf waar die Beheerraad ongeveer 100 name moes sorteer, sodat net 10 oorgebly het waaruit ek ‘n naam moes kies. Ann Joubert het gesê dat sy soos ‘n ‘dwergie’ onder die reuse-bome wat ons uit die hand van die Here ontvang het, voel,” vertel dr. Pepler oor die keuse van die spesiale

naam vir die skool. “Hul vreugdes was ook my vreugdes. Die atmosfeer was altyd vrolik en entoesiasties. Beplanning was positief en toekomsgerig en daar is saam uitgesien na ‘n nuwe baba, huis, motor, klere, vakansies en, les bes, grootskool. Daar was ook moeilike dae soos wanneer ons ‘n geliefde moes groet, ernstige siektes of wanneer leeragterstande by ‘n kleintjie geïdentifiseer is. Die genade van ons Hemelse Vader was met ons en ons kinders is bewaar van noodlottige ongelukke,” onthou dr. Pepler. “Vandag is dit vir my soos gister waar ons as een groot gesin saamgewerk het. Soos wyle P.H. Nortje, Winnie Rust en Lisbé Smuts dit uitgedruk het: ‘Alles vir onse lieve Wellington’,” sê dr. Pepler. Dwergiebos is in 2018 deur Hugenote Laerskool oorgeneem en die skool se naam het intussen na die Doemsie Kampus verander. Dwergiebos sal egter vir altyd in die harte van talle oud-Wellingtonners en voormalige ouers en leerders voortleef. “Dwergiebos is nie net ‘n gebou en mooi herinneringe wat êrens in my verlede lê nie. Dwergiebos is iets binne-in my is en my hele lewe lank by my sal bly,” skryf een van die oud-leerders met die skool se verjaardag in 1991.

Alice van der Merwe van Hugenote Hoërskool het tydens haar skool se Swem-interskole teen Hoërskool Swartland op Malmesbury die 50m rugslag vir meisies 17 tot 18 gewen in 'n tyd van 35.79 sekondes. Sy het ook vroeër 'n rekord in die 50m vlinderslag opgestel. Foto: Johan Viljoen


NUUS • NEWS

3

13 Februarie 2019

•NUWE TOEVOEGING TOT ANDREW MURRAY-GROEP

Sentrum vir Spiritualiteit open binnekort Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit, wat in die gebou van Huis Samuel ingerig word, is so te sê voltooi. Sedert die bekendstelling van die projek in Mei verlede jaar is daar behoorlik aan die werk gespring om hierdie droom te bewaarheid. Hierdie sentrum sal van 24 tot 26 Februarie amptelik sy deure open. Die visie van die sentrum is om “die missionale spiritualiteit te ontwikkel en bevorder wat voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray vanuit die gereformeerde identiteit van die NG Kerk”. Vir hierdie doel is die gebou van Huis Samuel, sowel as die omliggende area, in ‘n spesiale sentrum waar gelowiges verskeie spirituele ervarings en rituele kan beleef en navorsing kan doen, omskep. Die inwyding en amptelike opening van die Sentrum behels ‘n vol program met ‘n spesiale kerkdiens, insette van talle sprekers, die inwyding van die eerste kapelmeester, besprekingsessies en ‘n spesiale openingsgeleentheid. Na die inlywing van Elna Mouton by die Kapel op die Sentrum se terrein op Sondag 24 Februarie, sal die verrigtinge op Maandag 25 Februarie met ‘n reeks besprekings deur gerekende sprekers en fasiliteerders voortgesit word. Maandagaand sal die amptelike openingsgeleentheid plaasvind en op Dinsdag 26 Februarie sal die reeks besprekings voortduur. Talle interessante stories het met die restourasie van die geboue en terrein van die sentrum ontvou. Die herberg, Samuel, by die sentrum is byna 150 jaar oud. Volgens foto’s was daar van die begin af ʼn horlosie in die toring bokant die ingang. Vir dekades al werk die horlosie nie meer nie. Frans de Jonge het opgeklim om die horlosie te inspekteer en op talle interessanthede afgekom. Daar word hard aan die herstelwerk van die horlosie gewerk. Daar is ʼn kabel wat deur die dak ʼn verbinding maak met die klok aan die bo-punt van die toring. Vanweë ʼn lekkasie het die kabel vasgeroes en het ʼn klein gietyster komponent in die horlosie gebreek en alles tot stilstand gebring. Daar het ook oor die jare van die pleisterwerk bros geraak en in die ratwerk beland.

Daar moes dus kleiner herstelwerk gedoen word, die kabel moes geolie word, die ratte skoongemaak en geolie word en die lekplek moes reggemaak word. Die horlosie kan dan weer opgewen word en weer sy werk doen om al om die uur die klok te lui. Volgens dr. Frederick Marais wat by die restourasieproses betrokke is, is dit liefdeswerk wat tyd neem en vir sagte hande vra wat met ʼn kwas al die stof sorgvuldig kan wegvee. “Elke rat moet geolie word. Dit neem tyd en vra geduld, maar dink net hoe mooi sal dit wees as die klok, presies op tyd vir die eerste keer in dekades weer lui,” sê hy. “Die proses herinner aan wat ons visie vir die sentrum is. Dikwels is daar in ons lewe ‘n meganisme wat vasroes, ratte wat nie versorg word nie en tot stilstand knars. Dan vra dit tyd om alles oop te maak, skoon te maak, aanmekaar te sit, te olie, en dan weer op te wen om weer ritme te vind wat dalk vir dekades weggeraak het in ons lewens,” gaan hy voort. Clairvaux, ‘n gebou wat in 1883 as woonplek vir dr. Andrew Murray gebou is en waar hy tot sy dood in 1917 gebly het, sal ook deel van die sentrum wees. Die ou stalle van Andrew Murray is weer vir die doel van die Spiritualiteitsentrum

in ’n kapel omskep. In die proses is die houtsolder verwyder. Die planke en balke is bewaar en Peet Bester, een van die bestuursraadslede, het ’n nagmaalstafel daarvan gemaak. Die eenvoud van die ontwerp is doelbewus gekies om ons te herinner aan die oorspronklike gebruik van die gebou. Huis Samuel en die Jubileum Zaal is deel van die geboue-kompleks van die vroeëre Sending Instituut wat in 1877 deur dr Andrew Murray en die NG Kerk Wellington begin is as deel van sy visie dat die NG Kerk Wellington ʼn missionale gemeente sal wees. Aanvanklik is geboue gehuur en Huis Samuel is eers in 1883 betrek. Die Jubileum Zaal is in 1905 gebou as lesingsaal. Die werksaamhede is aanvanklik deur die plaaslike gemeente befonds, maar in 1903 is dit aan die NG Kerk In SA oorgedra. Hierdie Instituut het voortgegaan met die opleiding van sendelinge en sendingpersoneel tot in 1962 toe die NG Kerk in SA besluit het om die opleiding na die Kweekskool op Stellenbosch te verskuif. ‘n Totaal van 567 sendelinge is deur die Instituut opgelei en talle oudstudente was betrokke by kerkplanting in verskeie dele van Afrika. ‘n Groot deel van die oudstudente het ook jare lank diens gedoen in die voormalige NG

Sendingkerk. Na die sluiting van die Sendinginstituut is die geboue aan Hugenote Kollege oorgedra wat Huis Samuel tans gebruik as koshuis en die Jubileum Zaal vir akademiese en ander Kollege aktiwiteite. Al hierdie geboue, sowel as die erfenis van dit wat hulle vergestalt, sal in die nuwe Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit herleef.


4

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

Sout van die SA Voedingsprojek verlig aarde mense plaaslike nood

Natriumchloried is eintlik ‘n onderskatte skat. Doodgewone kombuissout is ‘n algemene bestanddeel in byna elke kombuiskas en gereg of dis regoor die aardbol. Hierdie gewone wit, eenvoudige bestanddeel is deel van die armstes tot die superrykes se diëte. Dit is egter ook deel van elke mens wat lewe. Sout is in ons bloed, in ons sweet en in ons trane. Volgens wetenskaplike studies dra ‘n persoon wat 50kg weeg sowat 40 teelepels sout in sy liggaam rond. Sout vorm ook deel van ons taalskat. As jy jou sout nie werd is nie, dan weet mense jy is laf. Gesoute mense ken weer die koring van die kaf. As jy regtig al gelewe het, was daar dalk menigmaal sout in jou wonde en as jy al gepekel was, sal jy kans sien vir nog ‘n rondte. Party mense het al ‘n paar sakke sout saam opgeëet en as jy al jou sout verdien het, ken jy van werk. As almal dinge maar met ‘n knippie sout wou neem, sou ons dalk meer vir en saam met mekaar kon lag. Daar is natuurlik ook mense wat die titel, “sout van die aarde”, werd is. Dit is die opregtes, die wat-jy-sien-is-wat-jy-kry-soort, dié wat stewig geanker is, wat kan val en opstaan en kan lag en huil saam met dié wat bly is of seerkry. Wellington wemel van sout-van-die-aarde-mense. Giselle Courtney se liefde en passie vir fynbos het nie net ons omgewing se inheemse plantegroei in die internasionale kollig geplaas nie, maar ook tot ‘n reeks produkte, waaronder gegeurde soute, gelei. Mense van regoor die wêreld kan nou die unieke geure van ons vallei saam met die sout van ons aarde geniet. Met die SA Voedingskema werk Ada Joubert en haar span onverpoosd om die nood onder die weerloses in ons gemeenskap te verlig. “Sout van die aarde” is eintlik ‘n eufemisme vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen. Bergrivier Hoërskool het hulself die afgelope 70 jaar as ‘n gesoute onderwysinstelling op ons dorp gevestig. Om hierdie mylpaal te vier, het hulle gewys dat hul hul sout werd is en ‘n groot atletiekbyeenkoms vir plaaslike skole aangebied. Die kernwaardes wat die voormalige Dwergiebos die afgelope paar dekades as grondslag vir talle jong kinders in Wellington gelê het, het hierdie instelling se erfenis as ‘n ewige baken in ons dorp gevestig - voorwaar ‘n opvoedkundige hoeksteen wat sy sout werd was. Tydens die sportdag van Bosman Adama se plaaswerkers op die Bovlei Velde het deelnemers wat al saam ‘n paar sakke sout op die plase geëet het, mekaar op ‘n gesonde wyse die stryd aangesê. Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit wat binnekort amptelik open, wil ‘n plek bied waar mense wat sout-van-die-aarde-werk wil doen, hulself kan versterk en bemagtig. Die 73-jarige Ragel van Wyk is ‘n gesoute gemeenskapslid en het onlangs ook bewys dat sy haar sout op die sportveld werd is. En tydens die Musiekpret Aand wat Hugenote Hoërskool onlangs aangebied het, moes ‘n mens maar al die mannewales en kwinkslae met ‘n knippie sout neem. Nelson Mandela het gesê: “Laat daar werk, brood, water en sout vir almal wees.” Met “sout” het hy seker na die harte van Wellington se mense verwys. Mag elkeen hierdie week hul sout werd wees, nie te laf voorkom nie, dinge met ‘n knippie sout neem en iewers die sout van die aarde in jou are voel.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Die Wellingtonner Ada Joubert is iemand wat die gemeenskap se belange op die hart dra. Hierdie energieke, omgee-vrou beywer haar daarvoor om na die weerloses in ons omgewing om te sien en nood te verlig waar sy kan. Dit is om hierdie rede dat sy reeds in 2008 ‘n nie-winsgewende organisasie vir hierdie doel gestig het. Ada, wat oorspronklik van Gauteng kom, het 14 jaar gelede na die Wes-Kaap verhuis. Sy het lank in die begrafnisbedryf gewerk. Haar passie vir mense in nood het haar egter nog altyd gevolg en daarom het sy besluit om ‘n organisasie vir hierdie doel te stig. “Ek het in 2008 my organisasie begin. Tussenin het ek vir 5 jaar ook as koshuismoeder by ‘n skool vir semi-leergestremde leerders gewerk. Uiteindelik het ek besluit om voltyds my tyd en energie aan my organisasie te wy,” vertel Ada. Sy het haar organisasie aanvanklik as SA Sorg geregistreer, maar later uitgevind dat daar ‘n motorhandelaar met dieselfde naam is. Die organisasie se naam is toe na die SA Voedingsprojek verander. Volgens Ada was sy nog altyd lief vir kinders en het sy nog altyd ‘n spesiale plek vir weerloses in haar hart gehad. “As kind wou ek eintlik ‘n dokter word en in pediatrie spesialiseer omdat ek soveel vir kinders omgee. Die lewe loop egter soms ander draaie met ‘n mens, maar laat jou nog steeds toe om jou passie op ‘n ander plek uit te leef. Dit is ook waarom ek vir ‘n paar jaar as koshuismoeder by die spesiale skool gewerk het,” sê sy. Nou wy Ada al haar energie en tyd aan die versorging van en hulpverlening aan mense in ons omgewing. Sy en haar span verskaf pap aan plaaslike skole soos Newton Primêr, die Ligstraal Skool, sowel as Soetendal Primêr. Hulle maak ook groente, vrugte, vleis, klere, skoene en huisraad bymekaar om aan hulpbehoewendes te versprei. Boonop verskaf hulle ook weeklikse kospakkies aan talle gesinne. “Buiten die weeklikse kospakkies, kos wat ons in plakkerskampe uitdeel en pap wat ons aan skole verskaf, het ons ook elke kwartaal projekte waar ons ekstra benodigdhede aan mense uitdeel. In die eerste kwartaal gee ons skoolklere en skryfbehoeftes aan kinders wat dit nodig het. Die tweede en derde kwartaal fokus ons op winterbenodigdhede soos reënbaadjies, skoene en komberse en in die vierde kwartaal reël ons spesiale skenkings en geleenthede rondom Kers-

fees,” verduidelik Ada. Die grense waarbinne hulle werk strek oor die hele Drakenstein. “Ons werk in Wellington, die Paarl en selfs so ver as Simondium. Daar is oral soveel nood,” sê Ada. Hoe bepaal hulle waar die grootste behoeftes is en hoe prioritiseer hulle hul skenkings? “Ons eerste uitgangspunt is dat ons plaaslike nood wil verlig. Ons ken die nood. Daar is soveel gate om toe te stop, maar ons fokus op die mees basiese behoeftes van mense soos kos, klere en komberse wanneer ons hulp verleen,” verduidelik Ada. Soos dit maar die geval met alle nie-winsgewende organisasies is, is die SA Voedingsprojek van skenkings afhanklik. Die insameling van produkte en kos wat hul diens moontlik maak, vorm ‘n groot deel van hul werk. “Ons het ‘n paar besighede en individue wat ons borg en gereeld skenkings maak. Verder is ons van die publiek afhanklik. Ons neem letterlik soms die telefoonboek en begin mense bel vir skenkings. Ons is ‘n geregistreerde NGO met ‘n Artikel 18A sertifisering, so mense kan hul donasies of skenkings van belasting aftrek. Ons raak soms benoud oor waar ons hulp vandaan gaan kom, maar dit hou ons nederig en op ons knieë. Daar is altyd uitkoms,” sê Ada. Hul grootste uitdaging bly om voortdurend hulp uit die gemeenskap vir hul projekte te kry. “Mense het soms baie vooroordele. ‘n Honger, hulpbehoewende mens of kind kies nie waar hy bly of wat sy velkleur is nie. Daar kan nie voorwaardes wees wanneer jy bereid is om te gee nie,” sê Ada. Om ongeveer 1 400 skoolkinders van pap en bykans 100 mense van kospakkies te voorsien, kos toewyding en harde werk. Ada en haar span doen dit egter met passie en positiewe energie. “Ek kan nie sonder my span funksioneer nie. Ek is so dankbaar vir Leatitia, Waylite en Nadine wat my elke dag bystaan,” sê sy dankbaar. Die SA Voedingsprojek se grootste behoeftes bly donasies, produkte en kos. Ada droom daarvan om Wellington in ‘n beter plek te verander. “Ons wil meer mense mobiliseer om te help en Wellington omkeer in ‘n paradys - een ete op ‘n slag,” sê Ada vol hoop. Belangstellendes wat meer oor die SA Voedingsprojek wil uitvind of hulle wil ondersteun, kan Ada by 083 289 1802 kontak.


NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

Pretbelaaide sportdag op Bovlei se velde aangebied Talle plaaslike plaaswerkers en hul gesinne het op Saterdag 9 Februarie ‘n sportdag wat deur Bosman Adama se Gesondheidswerkers georganiseer is, bygewoon. Die dag het uit talle sportitems bestaan en oud en jonk het met entoesiasme deelgeneem. Die Sportdag het met atletiekitems vir skoolleerders afgeskop. Die jongklomp het ywerig oor die veld genael, waarna dit die volwassenes se beurt was om met mekaar in die hardloopitems mee te ding. Volgens Rebecca Appollis, hoof van Bosman Adama se Gesondheidsdienste, vorm hierdie inisiatief deel hul bewusmakingsprojek rondom gesondheid. “Oefening en deelname aan sport en konstruktiewe aktiwiteit is voordelig vir almal se gesondheid en dra by tot ‘n gesonder lewenswyse. Met hierdie Sportdag wil ons die genot en voordele van sportdeelname aan ons werkers wys en hulle aanmoedig om by sportaktiwiteite betrokke te raak. Die gesonde sosiale verkeer en spangees wat met hierdie dag gepaard gaan, is nog ‘n voordeel wat ‘n mens nie moet onderskat nie,” het sy verduidelik. Die plaaswerkers en hul gesinne se deelname

het nie by die atletiekitems gestop nie. ‘n Rieldanskompetisie, “Passing the ball”, stokaflos, eier-in-die-lepel-wedlope, sowel as ‘n groepdanskompetisie het deel van die dag se program gevorm. Die werkers het in verskillende spanne aan al die items deelgeneem. Die Groen-, Geel-, Wit- en Rooispanne het met mekaar vir pryse in al die afdelings meegeding. Die verskillende spanne en groepe het selfs spesiale uitrustings vir hul dans- en rielitems aangehad en die ondersteuners en toeskouers se kleredrag het duidelik aangedui watter span hul ondersteun. “Daar is in elke afdeling en item pryse vir die wenspan. Die algehele wenner van die dag ontvang ook ‘n prys,” het Klaas Morkel, wat by die organisasie van die Sportdag betrokke was, gesê. Selfs die versengende hitte kon nie die deelnemers en ondersteuners se geesdrif demp nie en almal het entoesiasties tot die laaste item met oorgawe deelgeneem of hul spanne ondersteun. “Ons beplan nog sulke inisiatiewe en geleenthede deur die loop van die jaar. Die mense se entoesiasme en die voordele wat hieruit geput word, is iets wat ons deurlopend in stand wil hou,” het Rebecca gesê.

Propvol ekspo dié naweek op Môreson gehou

Dit is weer tyd vir die Wes-Kaap se jaarlikse groot Buitelug-kuier, die kykNET Buite-ekspo wat op Môreson in die Swartland plaasvind. Die groot kuier is van 15 tot 17 Februarie. Dié ekspo word buite Malmesbury gehou en elke jaar bring die organiseerders, Trio Events, nuwe uitstallings en vermaak vir ekspogangers. Vanjaar is geen uitsondering nie en met die gewildheid van die ekspo was uitstallingruimtes en kampeerplekke reeds bykans 'n maand voor die afskop uitverkoop. Die vol program vir die naweek sluit weer 'n lang lys gunstelinge en nuwe hoogtepunte in. Ook is daar 'n groot klomp senior vennote wat met hul borgskappe bydra tot ekspogangers se buitelug-ervaring. Trio Events bied die ekspo aan met kykNET as hoofborg. Daarmee saam is daar dié courant,

5

Die Burger, TygerBurger, Maroela Media, Bok Radio, Weg Ry & Sleep, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, Hankook Tyres en die Wes-Kaapse Regering. Daar is 'n Agrimark-skattejag met groot pryse vir die wenspanne asook die geleentheid vir besoekers om Suzuki SA se nuwe Jimny eerstehands te ervaar op 'n spesiale 4x4-rybaan. Dan is daar vir die eerste keer kameelritte en ook weer André de Villiers van Safari 4x4 Roetes wat gratis Amarok 4x4-hindernisritte aanbied asook helikopterritte. Die snuffel-en kunsmark is ook elke jaar baie gewild veral onder vrouebeoekers en vanjaar beloof om geen uitsondering te wees nie Vir die kinders is daar weer die gewilde pretpark en die Sondagoggend is daar 'n vertoning

van Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar. Die Hankook-kunstenaars wat vir die vermaak sal sorg in die kykNET Arena, is Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Fatman en Caroline Grace van The Voice, en Demi Lee Moore wenner van die Die Kontrak. Die Sondag is daar 'n spesiale program met ‘Chereè en Vriende sing Country’ waar Chereè sal optree saam met Denis East, Tommy Dell en Peter Mohr. En naas die buiteluguitstallings en meer kosstalletjies as voorheen, is daar ook die splinternuwe Môreson Plaaskombuis met van die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. Daar is ook ‘n Castle Light kroeg en biertuin en die baie gewilde “slush”-tuin om almal se dors te les. Kaartjies vir die naweek is reeds by computicket beskikbaar. Die naweekpakkette beloop

R130 vir volwassenes en R40 vir kinders (4 tot 18 jaar). Die pryse vir Vrydag (12:00-21:00) is R40 vir volwassenes, R20 vir pensioentrekkers en R20 vir kinders. Saterdag (09:00-21:00) se toegangsgeld beloop R80 vir volwassenes, R40 vir pensioentrekkers en R30 vir kinders. Die toegangsgeld vir Sondag (09:00-15:00) is R40 vir volwassenes, R20 vir pensioentrekkers en R20 vir kinders. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of media navrae. Rig enige uitstallersnavrae aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915. Besoek gerus ook die webwerf by www. ekspo.co.za vir meer besonderhede.


6

13 Februarie 2019

Wellingtonners opgewonde oor ‘n af-aandjie Talle Wellingtonse paartjies is baie opgewonde oor ‘n plaaslike inisiatief wat Donderdagaande op die dorp as ‘n “af-aandjie” verklaar het. Met hierdie inisiatief sal dorpenaars vanaf Donderdag 14 Februarie nie meer oor aandete bekommerd hoef te wees nie, maar eerder ‘n af-aandjie elders kan geniet. Die bekendstelling van hierdie inisiatief het op Donderdag 7 Februarie by Wellington Wyne se Bovlei Proelokaal plaasgevind. Talle dorpenaars het die geleentheid met entoesiasme bygewoon. Die inisiatief behels ‘n sakpas-aand vir twee, waar lekker musiek, kwaliteit geselskap en heerlike kos die botoon voer. Volgens Xania van der Merwe, wat deel is van die span wat hierdie idee dryf, is daar ‘n groot behoefte aan so iets in Wellington. “Wellington is ‘n baie kindervriendelike dorp, maar soms het mense nodig om hul kinders vir

‘n klein rukkie by die huis te los vir ‘n date night. Hierdie inisiatief bied ‘n vinnige, bekostigbare aandjie uit,” verduidelik sy. Die konsep behels ‘n heerlike, eenvoudige ete terwyl daar nie oor huis- of kinderdinge gepraat word nie. “Berading kan mense met hul verhoudings help, maar soms kan ‘n burger en tjips en ‘n glasie wyn ook die ding doen,” sê Xania. Die spyskaart en plekmatjies vir hierdie inisiatief is spesiaal ontwerp om ‘n gesprek aan die gang te sit. Paartjies moet vir mekaar ‘n dis bestel, terwyl die plekmatjies interessante geselskap-idees en ysbrekers voorstel. “Hierdie is nou ‘n baie oulike, nodige idee. Ons het binne ‘n uur meer gelag en gesels as wat ons die afgelope week gedoen het,” het een van die paartjies wat die geleentheid bygewoon het, laat hoor.

NUUS • NEWS

Nuwe Klopse-kampioene aangewys Die finale rondte van die plaaslike Klopse kompetisie het Saterdag 2 Februarie op Pelikaan Park plaasgevind. Talle Klopse-groepe het mekaar die stryd aangesê nadat hulle reeds in twee voorafgaande rondtes met mekaar meegeding het. Die punt van die eerste twee rondtes het, saam met die punte wat hulle Saterdag verdien het, getel om die uiteindelike wenners aan te wys. Pelikaan Park was volgepak met ondersteuners, familielede en belangstellendes wat die verskeie groepe tydens hul laaste kompetisie-deelname van die jaar ondersteun het. Die groepe se optredes het vir groot vermaak gesorg. Altesaam 12 groepe, met ‘n gesamentlike ledetal van bykans 2000 lede, het op die derde dag van die Wellington Minstrels Coon Carnaval aangetree om hul staal te wys. Die Saberua Entertainers, Disas, Hot Shot Panthers, Super Stars, Hillcrest Starlights, Uitsig, Young Stars, Broadway Serinades, Atlantic Stars, Patonians, WFL United en Caledonians het almal om die jaarlikse trofees meegeding.

Hulle het in die afdelings vir die Senior Solo, Senior Gekombineerde lied, Senior Trommajoor en die Senior Moppie gekompeteer. Super Stars is as die nuwe algehele kampioen gekroon. Verlede jaar se wenners, die Hot Shot Panthers, het in die tiende plek geëindig. Super Stars en die Atlantic Stars het beide elk met twee eerste plekke in die onderskeie afdelings weggestap. Vanjaar het die kleiner groepe ook uitgestyg en verras deur ‘n paar eerste plekke in van die afdelings te behaal. Dit was veral Broadway Serinades, Hillcrest, Young Stars, Star Lights en die Disas Coon Carnaval wat op verrassende wyse met eerste plekke weggestap het. Die Super Stars het vier eerste plekke behaal, maar in elke item een van die top-plekke verower. Die Caledonian Roses het in die groepsang skoonskip gemaak. Almal wat die geleentheid bygewoon het, was in ekstase oor die goeie musiek, deursettingsvermoë, vermaaklikheid en ysere dissipline wat die optredes gekenmerk het.


NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

Atletiek: Die jaarlikse tradisionele atletiekbyeenkoms tussen plaaslike skole het op Dinsdag 5 Februarie by die Dal Josaphat Stadion plaasgevind.

7

Bergrivier Hoërskool het, as deel van die viering van hul 70ste bestaansjaar, as gasheer vir die geleentheid opgetree. Vyf plaaslike skole, naamlik Bergrivier, Weltevrede Sekondêr, Wellington Hoërskool, Desmond Tutu Sekondêr en Ihlumelo Sekondêr het tydens die byeenkoms kragte gemeet. Wellington Hoërskool het as wenner uit die stryd getree, terwyl Bergrivier tweede geëindig het. Bergrivier het ook die medley, wat uit ‘n 800m, 400m, 200m en 200m bestaan, gewen. Daar het altesaam meer as 500 atlete aan die byeenkoms deelgeneem.

Rolbal:

'n Rolbal-toergroep vanaf Jersey-eiland het Wellington die week van 1-5 Februarie 2019 besoek. Die toergroep het tuis gegaan op Diemersfontein Landgoed buite Wellington. In die tyd wat hulle hier gekuier het het hulle onder andere drie keer by Wellington Rolbalklub rolbal gespeel. Die besoek is Maandagaand afgesluit met 'n geselligheid en die uitruil van geskenke. Op die foto oorhandig Brian Bisson van die toergroep geskenke aan Pieter Myburg van Wellington Rolbal. Die Linton Park Wyne-rolbaltoernooi vir nie-rolbalspelers begin vanaand en sal ses weke elke Woensdagaand plaasvind.


8

courant

Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection

Tel: 021 870 1898

20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za

dié

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

13 Februarie 2019

Ragel blink uit by Golden Games

Sports met sportaand Hugenote Hoërskool het op Saterdag 9 Februarie ‘n fondsinsameling ten bate van hul netbal gehou. Hul netbalspanne gaan binnekort na verskeie toernooie in die land toer en met die hulp van die fondse wat hulle met Saterdag se geleentheid geïn het, wil hul die onkostes hiervan help delg. Dit is die derde jaar dat die skool ‘n “Musiekpret Aand” vir hierdie doel aanbied. Talle ouers, ondersteuners en dorpenaars het by die Wellington-Noord se kerksaal bymekaargekom om mekaar die stryd met hul musiekkennis aan te sê. Die formaat van die geleentheid behels tafels wat met mekaar ten opsigte van musiekgebaseerde vrae meeding. Elke tafel het ‘n knoppie

waarmee hulle op die vrae moet reageer. Bekende plaaslike treffers, musiek uit verskillende eras, kenwysies van televisiereekse en flieks, sowel as name van sangers en musiekgroepe was onder die afdelings waarin die verskillende tafels se kennis getoets is. Die feit dat boetes vir knoppies wat te vinnig gedruk is of spanne wat nie bly genoeg oor ‘n korrekte antwoord was nie uitgereik is, het vir baie pret gesorg. Die verteenwoordigers van tafels wat op Robbie Wessels se “Mpe Di Hoenor” moes dans, sowel as voorstellings uit flieks en televisiereekse moes uitbeeld, het vir groot sports gesorg. “Dit is die meeste wat ek in ‘n lang tyd gelag het. Ons gaan definitief volgende jaar weer hierdie geleentheid bywoon,” het een van die entoesiastiese deelnemers laat hoor.

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Ragel van Wyk is iemand wat ‘n mens nie op haar baadjie moet takseer nie. Alhoewel sy “op papier” 73 jaar oud is, is sy vol energie, betrokke in die gemeenskap en ‘n raakvatter wat ook haar staal op die sportveld kan wys. Sy het aan die einde van verlede jaar die Kaapse Wynlande by die Golden Games in Bloemfontein op die sportveld gaan verteenwoordig en met ‘n medalje huis toe gekom. Ragel is ‘n gebore Wellingtonner en baie lief vir die dorp en omgewing. Haar liefde vir haar mense en haar dorp maak ook dat sy oral in die gemeenskap betrokke is. “Ek kom daar uit Rooshoek uit en het by die destydse Beatrix Skool, wat nou Groenberg Primêr is, skoolgegaan,” vertel sy. Ragel is vroeg uit die skool en het jonk op die plase begin werk. Sy is later getroud en het 9 kinders. Sy het byna haar hele lewe lank op plase gewerk. “Ek en my man het vir ‘n rukkie buite Stellenbosch gebly, maar in die 70’s het ons weer teruggekom Wellington toe en by die Bosmans op die plaas gaan werk,” vertel sy. Na haar man se dood in 1985 het Ragel dorp toe getrek en begin om skoonmaakwerk in mense se huise te doen. Ten spyte van moeilike tye het Ragel se veggees gemaak dat sy nooit gaan lê het nie. “Daar was maar harde tye wat ek in slegte omstandighede moes woon, maar van my werkgewers het my gehelp en ek kon my kop bo die water hou,” vertel sy. Ragel is ook al vir 5 jaar lank lid van die Bovlei Bejaarde Klub en die laaste twee jaar is sy die voorsitter van hierdie vereniging. Dit is juis as gevolg van haar betrokkenheid by dié klub dat sy haar talente op die sportveld ontdek het. Klublede van Bejaarde Klubs regoor die Wes-Kaap neem jaarliks aan streek-sportbyeenkomste wat deur die plaaslike regering georganiseer word, deel. Deelnemers wat by hierdie byeenkomste presteer, dring na die provinsiale byeenkomste en uiteindelik na die Nasionale Senior Citizens Golden Games-byeenkoms deur. Ragel het verlede jaar uitstekende prestasies in die “rugbybal-gooi”-item behaal. Sy is vir die span van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gekies en het saam met ander ouer sportlui aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein

gaan deelneem. Ragel het in die afdeling vir 70 jaar-plussers gekompeteer. Vir haar was dit ‘n onvergeetlike ondervinding. “Ek was al voorheen op gemeenskapstoere, maar ek het nog nooit in my lewe in ‘n hotel geslaap nie. Die Cape Winelands het vir alles betaal en ons het met ‘n bus Bloemfontein toe gery, waar ons vir 5 dae in die baie deftige President’s Hotel gebly het. Hulle het so mooi na ons gekyk. Ons het selfs ‘n male nurse gehad wat ons met ons skete en pyne kon help wanneer ons deelgeneem het,” vertel sy

met blink oë. Volgens Ragel is al die ouer mense wat aan die Golden Games Byeenkoms deelgeneem het op die hande gedra. “Ek het soos ‘n queen gevoel. Die mense was dierbaar en vriendelik en het ons gehelp net waar hulle kon. Daardie sportveld se gras was so sag soos ‘n kombers. En dit het nie saak gemaak of jy lang toonnaels of skurwe hakskene het nie - jy kon elke aand in ‘n spierwitte hotelbed slaap. Daai bed was so groot, jy kon selfs dwars lê,” lag sy. As deel van hul toer na Bloemfontein, het hulle ook die Provinsiale Parlement in die stad besoek en ‘n deftige funksie daar bygewoon. Uiteindelik kon Ragel met ‘n medalje vir haar deelname aan die Golden Games terugkeer huis toe. Buiten haar sporttalent, is sy ‘n aktiewe gemeenskapslid wat nie net voorsitter van die Bovlei Bejaarde Klub is nie, maar ook ‘n bestuurslid van die Drakenstein Bejaarde Forum, sowel as ‘n verteenwoordiger by die Kaapse Wynlande se Bejaarde Forum is. Volgens Klaas Morkel wat by die Bovlei Bejaarde Klub betrokke is, is Ragel ‘n voorvatter waarmee daar rekening gehou moet word. “Die mense het respek vir haar en die ongelooflike werk wat sy doen. Sy is die gom wat alles en almal bymekaar hou. Sy is vir almal baie spesiaal en sy werk hand aan hand met die mense rondom haar. Sy gee leiding en stel ‘n goeie voorbeeld. Sy is ‘n oop persoon - what you see, is what you get,” sê hy. Ragel, wat ook al kanker oorwin het, sien uit na haar deelname aan die streeksbyeenkoms vir ouer persone hierdie jaar. “Ek gaan hard oefen en probeer om weer die provinsiale span te haal. Die nasionale byeenkoms is hierdie jaar in Port Elizabeth. Sal dit nou nie lekker wees om daarheen te gaan nie,” sê sy.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.