505 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

13 Februarie 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 505

13 Februarie 2019

•BIED VERSKEIE WERKWINKELS AAN

Bergrivier bemagtig mikro-besighede

Bergrivier Munisipaliteit se Voorsieningskanaalbestuur Departement het op 28 en 29 Januarie 2019 werkswinkels in onderskeidelik Piketberg en Velddrif gehou om opkomende mikro-ondernemings te bemagtig om besigheid met die munisipaliteit te doen. Bo verskyn die plaaslike entrepreneurs tydens die werkswinkel wat in Velddrif gehou is. Bergrivier Munisipaliteit se department van voorsieningskanaalbestuur het onlangs werkswinkels in onderskeidelik Piketberg en Velddrif gehou om opkomende mikro-ondernemings te bemagtig om besigheid met die munisipaliteit te doen. Meer as 40 plaaslike entrepreneurs het die werkswinkels bygewoon. Dit kom na aanleiding van die stigting van SMME Forums in die Bergrivier munisipale gebied deur Bergrivier Munisipaliteit se departement van strategiese dienste. SMME Forums is reeds gestig in Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif. Die doel is om klein besighede te bemagtig en te verseker dat die ekonomie van die Bergrivier munisipale-gebied groei deurdat klein besighede gelyke toegang het tot geleenthede. Die munisipaliteit het vir hierdie doeleindes ’n ooreenkoms met die West Coast Business

Development Centre gesluit om te fokus op die bemagtiging van klein besighede in Bergrivier en te verseker dat hulle voldoen aan alle wetlike vereistes. Nelmarie Bothma, bestuurder van die department van uitgawes en voorsieningskanaalbestuur, sê die hoofdoel van die werkswinkels is om plaaslike besighede te help om nie net besigheid te doen met die munisipaliteit nie, maar ook om ’n beter begrip te hê van die volledige proses. “Ons wil graag hê dat meer plaaslike besighede registreer op die Sentrale Verskaffer Databasis (SVD) wat bedryf word deur Nasionale Tesourie. "Dit it uiters belangrik, aangesien dit die eerste stap is om besigheid te doen met die munisipaliteit”. Die munisipaliteit het die volgende inligting

gedeel met die entrepreneurs: Voorsieningskanaalbestuur (VKB) prosesse (vanaf die kwotasie tot die bestelvorm), Wetlike vereistes waaraan prosesse en aanbiedinge vanaf leweransiers moet voldoen, praktiese demonstrasies was gedoen om klein besighede te bemagtig hoe om Bergrivier webwerf te gebruik ten opsigte van tenders/kwotasies uitnodigings geplaas, hoe om besigheidsinformasie ten opsigte van SVD van Nasionale Tesourie op te dateer, handige wenke hoe om besigheidsgroei te stimuleer en aanbiedinge in te handig en VKB afdeling het ook ’n oop deur beleid waar leweransiers sodanige amptenare kan kom sien om hulle behulpsaam te wees met verskeie aspekte van die siklus. “Tenders is oop vir die publiek en moedig alle plaaslike entrepreneurs aan om pro-aktief te wees en inisiatief te neem om aansoek te doen by die munisipaliteit vir verdere besigheid”.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.