506 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

20 Februarie 2019

69.7%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 506

20 Februarie 2019

kykNET Buite-ekspo lok duisende

Die jaarlikse kykNet Buite-ekspo Wes-Kaap het die afgelope naweek weer duisende mense na die Môreson-terrein buite Malemesbury gelok. Motors het oor middagete nog ingestroom en ekstra parkeerareas moes vir besoekers oopgemaak word. Die amptelike besoekertalle was met druktyd nog nie bekend nie. Sien fotobeeld op bl. 4 en 5. Foto: Johan Viljoen

•PETROLJOGGIE STAP EKSTRA MYL MET DIENS

Bongani nou ‘n internet-sensasie Engen se bekende reklame handelsmerk wat die belofte, “Met ons is jy nommer een,” inhou, het vandeesweek ‘n nuwe betekenis aangeneem nádat een van hul petroljoggies by die vulstasie op Malmesbury, beroemde status met sy goeie kliëntediens verwerf het. Brian de Beer het verlede week besluit om sy goeie ervaring by die vulstasie met dié petroljoggie op sosiale media te deel, nádat hy skitterende diens van Bongani Dyanti (regs) ontvang het. Die eienaar van Engen Malmesbury, Gey Kriek en Engen se operasionele bestuurder (streeksverkope) in die Wes-Kaap, John Bailey het besluit om erkenning aan Bongani vir sy uitstekende diens te gee deur hom te beloon met ‘n geskenkbewys. Die prys is die afgelope Vrydag aan hom oorhandig. Dié gewilde Facebook-inskrywing deur De Beer is sedertdien deur duisende gebruikers gedeel. Die inskrywing het ook aanleiding gegee tot ander kliënte se inskrywings wat ook al goeie diens van Bongani ontvang het en bevoorreg was om sy sjarme en uitstekende oog vir detail

in die verlede te ervaar. Mabandla Kelengeshe se inskrywing lui dat Bongani ‘n lewende voorbeeld is van uitstekende diens asook dat plaaslike en internasionale toeriste en gaste altyd uitsien na herinneringe wat vir ‘n leeftyd bly. “Hou so aan jong man…Dankie Brian vir die deel van so ‘n positiewe en hartroerende ervaring.” “Wow ek is mal oor dit, dis die gees wat ons nodig het vir ons land om te floreer, baie geluk aan beide van julle. Hou aan met die goeie werk,” sê Zitho Tshabiso op sy beurt. David Taylor het ook onder meer ‘n inskrywing op Facebook gemaak oor sy goeie ervaringe by vulstasies in die verlede. “Ek het jare gelede dieselfde soort ervaring gedurende ‘n toer ervaar, behalwe in die groot stede. Dit geld vir beide kante. Jy wys respek vir die werk wat hulle doen en hulle sal vir jou goeie diens gee. "Moet nie net sê hulle moet die tenk vol maak met watter brandstof jy ook al gebruik en dit daar los nie. Jou houding gee jou die diens wat jy wil hê.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.