508 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

NUUS • NEWS

dié

6 Maart 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 508

6 Maart 2019

•ONTWIKKELINGSPROJEK VAN STAPEL GESTUUR

Landbou gee die Bergrivier hupstoot

G

A

N EW M E

‘n Landbouontwikkelingsprojek gee ‘n reuse-hupstoot vir die Bergrivier omgewing en landelike gebiede. Mense regoor die land kan nou baatvind by Suid-Afrika se eerste geïntegreerde, internetgebaseerde landbou-akademie wat die afgelope Vrydagoggend op die plaas Houdconstant by Porterville bekend gestel is. Die Bergrivier-landbouontwikkelingsprojek gaan nie net ’n direkte kapitale belegging van honderde miljoene rande in die Wes-Kaapse platteland teweegbring nie, maar ook deur die nuutgestigde Virtuele Agri-akademie talle mense met landbouverwante vaardighede toerus. Die projek is die resultaat van drie jaar se agter-die-skerms werk ná Creating Hope Africa en die Bergrivier-munisipaliteit ’n samewerkingsooreenkoms gesluit het om sosio-ekonomiese ontwikkeling in die munisipale gebied te bevorder. Dit het tot verskeie interaksies en werksessies tussen verskillende belanghebbendes gelei. Alletta van Sittert, bestuurder van strategiese dienste by die munisipaliteit, het die inisiatief saam met dr. Hilke Maartens, voorsitter van Creating Hope Africa, gedryf en die harde werk van die afgelope drie jaar was duidelik sigbaar met emosionele oomblikke gedurende die bekendstelling daarvan. Die projek het gou geesgenote gelok, soos Dean Jankielsohn, die eienaar van Boland Superspar op Piketberg, wat onderneem het om die produkte aan te koop van kleinboere wat by by die program betrokke is. Dit is ’n groot hupstoot vir die eerste fase van die projek wat nou in agt dorpe (Porterville, Velddrif, Piketberg, Redelinghuys, Aurora, Eendekuil, Wittewater en Goedverwacht) afskop. Ander sleutelvennote sluit in Crebus, Intensive Farming Solutions, die Noordwes-universiteit se Eenheid vir Oop Afstand Leer (EOAL), die RADEC-konsortium en die African Farmer’s Association (Afasa). Die projek word aangebied as deel van die nuwe “Ek leef die verandering”-

Die nuutgestigde Virtuele Agri Akademie is die afgelope Vrydag op die plaas, Houdconstant op Poterville bekendgestel. Van links staan Ivor Price van We Live the Change, Fan Olivier, eienaar van die ankerplaas, Aletta van Sittert van die Bergrivier Munisipaliteit, die uitvoerende burgemeester, Ray van Rooy, Sandile Gwala, Dr. Hilke Maartens van Creating Hope Africa en Ferdie Mocke, uitvoerende hoof van Crebus. -veldtog wat Suid-Afrikaners aanmoedig om ten spyte van die politieke en ekonomiese druk steeds ’n dag-tot-dag-verandering in plaaslike gemeenskappe teweeg te bring. Fan Olivier, eienaar van Houdconstant wat ’n ankerplaas van die projek en agri-akademie is, beskryf die inisiatief as ’n noodsaaklikheid vir die lewensvatbaarheid van die platteland. Houdconstant dien as basis vir die projekbestuurspan en bied ook ’n praktiese onderrigplek aan studente. Die akademie word bedryf op ’n interaktiewe tegnologieplatform, wat studente in elke deel van die land toegang gee tot topgehalte kursusse, waaronder voedselverwerking, diereen plantproduksie, spyseniering en landboubemarking. Prof. Tommy du Plessis, ’n lid van die projekspan en direkteur van die Noordwes-universiteit se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur, sê: “Die virtuele model gaan meer jong

mense toegang tot verdere studies gee in hulle eie omgewing teen hulle eie pas. Die akademie is nie ’n baksteengebou nie, maar inligting kan van jou rekenaar, tablet of slimfoon verkry word. Dis ook ’n baie goedkoper manier van opleiding. Ons fokus op praktiese opleiding in plaas van streng teoretiese opleiding.” Met die jongste tegnologieë, die kundigheid van plaaslike fasiliteerders en landboumentors asook praktiese plaaservaring is die Virtuele Agri-akademie die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Die model maak voorsiening vir mense met uiteenlopende geletterdheidsvlakke – van ongeletterdes tot dié met nagraadse kwalifikasies. As deel van die landbouontwikkelingsprojek word ’n nuwe voedselverwerkingsaanleg ook vir die nabye toekoms beplan. Planne vir die aanleg, wat stellig reeds later vanjaar op Piketberg gebou sal word, word eersdaags bekend gemaak.

Play the DAILY LOTTO every day for just R3 from 10 March 2019 Choose 5 numbers from 1- 36 for your chance to WIN

#PhandaPushaPlay


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.