508 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

6 Maart 2019

68%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 508

6 Maart 2019

•NUWE LEIER VIR METODISTE KERK

Mosiane passievol oor lewenspad •Charlotte Lesch Eerw. Rebekka Mosiane is nie net die nuwe predikant van die Metodiste Kerk op Malmesbury, Darling én Illingelethu nie. Sy is ‘n formidabele vrou wat deur die passie vir haar roeping gedryf word, doelgerig is en lief is vir haar medemens. Mosiane, ‘n Winhoeker in murg en been, het vinnig tuis gevoel in haar nuwe omgewing nádat sy op 20 Desember verlede jaar in die Swartland aangekom het. Haar eerste diens het die komende Sondag op Darling gevolg waar sy voor ‘n Afrikaanse gehoor gestaan het. Die volgende Sondag het sy vir hoofsaaklik ‘n Engelse gemeente op Malmesbury gepreek, net om die daaropvolgende Sondag in isiXhosa in Illingelethu haar diens te lewer. Die feit dat haar gehoor van die een Sondag na die ander verskil, beskou Mosiane as ‘n groot voorreg met verrykende gevolge. Sy hou van mense en wil daagliks iets leer by ander, hetsy dit hul behoeftes, hul kultuur of geskiedenis is. Mosiane wat Tshwana is, is ook Afrikaans en Engels magtig. Sy kan verder ‘n bykomende vier tale praat, hoewel sy steeds daaraan werk om die ander tale vlot uit te spreek. Haar missie is om aan die einde van die jaar goeie isiXhosa te kan praat, want sy wil nie net na haar gemeentelede luister nie, maar vir hulle hoor. Sy werk nog aan die stembande, diafragma en lugvorming om die taal onder die knie te kry, lag sy. Tale is nie vreemd vir haar nie. Haar blootstelling tot die verskillende tale en kulture in Johannesburg, het ook baie gehelp om verskeie tale wys te raak. Ná haar matriekjaar en langafstand studies deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT), het sy Namibië in 1983 verlaat om haarself as ‘n mediese tegnoloog in Johannesburg te gaan kwalifiseer waar sy in bloedoortappingstegnologie spesialiseer het. Sy het dáár by twee verskillende bloedoortappingsdienste gewerk. Sy gril niks vir bloed nie, maar sê dit was soms hartseer om te kan sien hoe mense se lewens geneem word deur bloed te vergiet. Sy het ook daarna ‘n nasionale diploma in mediese tegnologie by haar kwalifikasies gevoeg waar sy bevorder is tot ‘n kwaliteitskontrolleerder in die veld. Dié bevordering het Mosiane baie laat reis. Sy is in 2001 terug Windhoek toe waar sy die tegnoloog in bevel oor die laboratorium-gedeelte

was. Dit is 10 jaar daarná toe sy danksy haar reise oor die kontinent haar roeping tot die ministerie beantwoord het. Sy het haar werk bedank en is sak en pak na die Seth Mokitimi Methodist Seminary -kweekskool in Pietermaritzburg. Die besluit om van beroep te verander, was nie een wat oornag geneem is nie. “Dit het al ‘n geruime tyd aangekom soos ek in die kerk gewerk het, vertel sy.” Dit is met ‘n besoek aan Nairobi wat sy uiteindelik haar roeping erken het. Sy was vir drie jaar in die kweekskool. Sy is kort daarna na haar eerste gemeente op Uitenhage genooi. Na twee jaar, word sy deur die Metodiste Kerk op Windhoek aangestel. Dit was lekker om by die huis, naby haar familie en by haar seun te wees. Toe word sy uitgenooi na Malmesury. Sy is nog nie vir een oomblik spyt nie en is dol op die dorp, sy mense en die weer. “Mense sê dis warm. Hulle ken nie hitte nie,” skerts sy. Die dorp is nie onbekend vir haar nie. Hulle het gedurig op Malmesbury brandstof ingegooi soos sy haar seun Universiteit Stellenbosch toe gebring het of weer kom haal het. Sy het onlangs die Wesbank Sportgronde vir die eerste keer gesien en noem dat sy en haar familie ‘n groot sportagtergrond het. Sy is vandag nog lief vir sport en draf graag, waar deur sy al reeds baie straatname leer ken het en te verken. Sy deel in die kerk se groot missie, wat “shaping tomorrow, today” is. Sy is besig om aandag te gee aan die dinge wat voorkom dat daar vorentoe beweeg kan word, vertel sy. “Hoekom sien ons nie die goeie wat die verlede beplan het deur die mens nie,” gaan sy voort. “Dit gaan oor selfinspeksie. Hoekom lewe ons nog in die verlede.” Mosiane is nog besig om haar gemeentes te leer ken, die verskillende kulture, hul

behoeftes, gawes, geskiedenis en nog meer. Sy wil al die aspekte wat die gemeenskap vorm, gebruik tot voordeel vir die toekoms waar daar groei onder elkeen kan plaasvind. Volgens Mosiane pla dit haar nie om byna elke twee jaar haar wortels te moet uittrek en moontlik na ‘n ander gemeente op ‘n ander dorp te trek nie. “Ek verstaan my kerk en ken my kerk. Jy word geplaas om mense aan te help met iets. Jy weet jy het nie genoeg tyd nie, daarom sal jy werk tot ‘n sekere doel,” verduidelik sy. Volgens haar is daar nie tyd om te mors nie. Die twee jaar in die ander gemeentes was genoeg om in haar doelwitte te slaag. “Dit hou jou op jou tone, dat jy oplettend bly en maak dat jy moet luister. Die kerk is soos ‘n onderneming, dis net ‘n ander tipe van ‘n onderneming.” Sy sê die geheim lê by die implimenteringsplan wat in werking gestel moet word. Mosiane sien baie uit na wat die jaar inhou en is opgewonde oor wat hulle saam as gemeente gaan bereik.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.