courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié dié
• Bergrivier 1Swartland Wellington
• Free • Gratis •Wes-Kaap Free se #1 • Gratis
Bou saam met goeie nuus
6 Maart 2019
NUUS • NEWS
12 September 2018
NUUS • NEWS
Uitgawe 508
Uitgawe 486 saam met goeie nuus •PROJEK BouVIR BOELIE-BEWUSMAKING •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM
Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection
Tel: 021 870 1898
20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za
6 Maart 2019
Stoeiers span Moderne vrou se saam met Sunfield rol in samelewing Wes-Kaap se #1
G
A
N EW M E
Sunfield Home en Champions Pro Wrestling (CPW) het die afgelope week kragte saamgespan om ‘n Zeeman anti-boelie inisiatief onder die plaaslike •Jaomi gemeenskap te loods. Hierdie met die Die Drakenstein Sakekamer het,projek, in samewergewigtige titelCybershield, van “The Revival/Die Herlewing”, king met CS Sanlam en Golden het opCommunications, Donderdag 28 Februarie afgeskop en Thread ‘n spesiale inligtingop Saterdag 2 Maart met ‘n groot vertoning op sessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar Boland-stadion die voordele enafgesluit. gevare van sosiale media en In ‘n opbouonder tot Menseregtedag, sowel die kuberruim die loep geneem is. as die Internasionale Dag vir Down BewustHierdie insiggewende sessieSindroom het op Dinsdag wat beidebyopdie 21 Boschenmeer Maart val, het Sunfield die 4heid, September Landgoed ondersteuning van ‘n paar kragreuse ingespan plaasgevind. omTalle jongmense opsigte en van boeliegedrag plaaslike ten besigheidssakevroue het te geleentheid bemagtig. Volgens Garine de Wet, van die bygewoon en groot baathoof gevind bemarking by Sunfield, is boeliegedrag tans ‘n by die interessante praatjies. groot probleem wat in skole, sowel van as ander dele Anine van der Westhuizen Golden van die samelewing, hoogty‘n vier.spesialis op die Thread Communications, “Hierdie fokus daarop om aanvan die gebied van inisiatief die suksesvolle aanwending jeug enmedia mensein ander te gee om sosiale die alternatiewe besigheidswêreld, hetop die‘n positiewe hul frustrasies dames oor en diegesonde voordelemanier van dievan gebruik van die ontslae te raak. vandag seingelig. samelewing vind ons kuberruim in dieInwerkplek datVolgens meer enAnine meer kan kinders hulself aan beide kante sosiale media platforms van suksesvol die boelie-spektrum bevind waar baie van baie in die sakewêreld en tot voorhullevan niebesighede net geboelie word nie, maar ook ander deel benut word. kinders boelie. Dit isplatfoms dikwels assoos gevolg van per“Sosiale media facebook, soonlike, familieen samelewingsvraagstukke wat instagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel effektiewe kommunikasie onder mense moeilik om jou besigheid te adverteer en netwerke maak,” het sy gesê. met ander besighede en moontlike kliënte te “Die gevolge is nadelig, waar ons meer en meer bewerkstellig. artikels op sosiale lees van3,8 jeug wat slagof"Instagram het media byvoorbeeld miljoen verfers is van80% dwelmmisbruik, bendegeweld en ander bruikers, van verbruikers volg besighede misdade selfs kinders pleeg as op hierdieenplatform en wat 30%selfmoord van verbruikers gevolgprodukte van boelies. Om hierdie vraagstukgesien aan te koop wat hulle op instagram spreek om te preek, is ‘n moeilike kwessie. het,” hetsonder sy gesê. Met hierdie probeer ons ook om ‘nasruimte vir Anine hetprojek hierdie platform ‘n plek betrokkenheid oop kommunikasie waar besighedetehulskep, kreatiwiteit kan uitbeeld,in te bewerkstellig en konstruktiewe ‘ngemeenskappe besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan aktiwiteite soos sport alternatief daarsubtiele te stel,” skep, treffende foto’saskan plaas en het sy voortgegaan. handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, The Revival / Die Herlewing: Anti-boelie-uitvoorgehou. reikprojek, fokusisop skole nog in die Wes-Kaap waar Volgens haar Twitter ‘n goeie platform professionele stoeiers van kan CPWword. Wrestling na wat deur sakevroue gebruik verskeie skolemiljoen gaan omgebruikers, oor boelies83% te gesels, die “Met 7,7 van die gevolgesedaarvan te bespreek, ook om lig te wêreld leiers wat op hierdiemaar platform in aksie op rofstoei as ‘n prettige interaktiewe iswerp en 76% van verbruikers wat en handelsmerke sportnawat kinders kandiens leer oor selfverdediging en hier vriendelike aanbeveel, is dit ‘n hoe om instrument van hul frustrasies opbesigheid,” ‘n gesonde het manier kragtige in enige sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy
12 September 2018
Die stoeiers en personeel van Sunfield het saamgespan teen boelies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Cybershield en Helétweer Borchardt van Sanvind om ons samelewing op ‘n prettige en ontslae te raak. Die veldtogJan-Hendrik fokus egter Stander nie net van lam. op stoei nie, maar poog ook om die jeug ander opwindende wyse saam te snoer,” het Garine verduidelik. sportsoorte soos karate, “mixed martial arts”, gemaak het, gegee. gesê. Diehet inisiatief hetvoorop Donderdag Februarie "kick boxing", judo en selfs dieCS kreatiewe kunste Hy ook die en nadele28van gratis Jan-Hendrik Stander van Cybershield hette afgeskop toe Freddie Harmse, ‘n CPW-Wêreld kyk om moontlike frustrasies en enige gevoel Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. Anine sedeur praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Charleneis Elliot, vandie ongemak in die belangrikste fasette van hul Swaargewigkampioen, “Wanneer jy gratissaam Wi-Fimet gebruik, jou oor kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. “Miss Anti-bullying”, by plaaslike praatjies lewens te werk. en data nie beskerm nie. skole Kuberkrakers Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting gedoen het.enHulle het onderskep, ‘n onderhoud op Paarl “Sunfield sosiale Home,media, ‘n tuiste vir verstandelik e-posse baksake virusse op die internet, e-posse, rekenaars, kan FM ooraflaai die onderhoud byen skole soos gestremde volwassenes, hetdie kragte en toeganggevoer tot jou en data stelsels selfone, tablette, sowel as feit saamgespan dat mense toestel Wagenmakers NGK Primêr, die Wellington Vaarmetnet CPW Wrestling, hulleinook passievol is verkry,” het hy verduidelik. nie in kantore nie,omdat maar ook koffiewinkels en het Noorder-Paarl Sekondêr opgetree. oorrestaurante die onderwerp aangesien baie vanvoordele, hul inwo- digheidskool Jan-Hendrik ook die terme “phising” en en besigheid doen talle Op Vrydag 1 Maarten hetwenke hul die voortners dikwels slagoffers van boelies is as gevolg van “spoofing” verduidelik virprojek die voorkomaar ook talle gevare in. gesit daarvan toe hullegegee. by Groenberg Primêr, Windmeul hulHy gestremdhede. Uiteindelik ons daarvan ming het ook na die gevare droom van kuberdiefstal Alfons Primêr en Paulus Joubert Sekondêr. omkuberkrakers boelies te stop en alternatiewe maniere te Primêr, Besighede se digitale voetspoor en die en verwys. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien Playrondom the DAILY LOTTO every hierdie kwessie is day for just R3 from 10 March 2019 nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke Choose 5 numbers from 1- 36 for your chance to WIN dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. gevind en kon rondom Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend #PhandaPushaPlay verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
2
Wellington is afskopplek vir Min Shaw se boek Lizz, Min en Shaun in gesprek tydens die bekendstellingsgeleentheid.
Die legendariese sangeres, Min Shaw, se nuwe boek is op Saterdag 2 Februarie vir die heel eerste keer bekendgestel. Wellingtonners het die geleentheid gehad om hierdie belangrike geleentheid gade te slaan toe die ikoniese Min die Bôrdienghuis-teater as die wegspringplek van haar boekbekendstellingstoer gekies het. Waarom het sy besluit om haar boek, “Sprokie van ‘n Liefling”, vir die eerste keer in Wellington bekend te stel? “Omdat ek nog nooit in Wellington was nie!” was haar eenvoudige antwoord. Dit blyk dat sy met die eerste oogopslag dol is oor Wellington en sommer al in Kerkstraat uit die motor wou klim om “na dié mooi plek te kyk”. “Ons moes haar net keer, anders sou ons laat wees,” lag Lizz Meiring, wat saam met Min toer en as gespreksleier tydens die bekendstellings optree. Alhoewel Min se boek onlangs eers die lig gesien het, is dit reeds nommer 6 op die Top 10 boekverkope-lys in die land. Die skrywer van die biografiese boek, Shaun Andrew Mynhardt, reis ook saam met Min om die boek bekend te stel. Volgens hom het hy Min op 13-jarige ouderdom in die kerk by Radio Tygerberg ontmoet. “Sy het daar opgetree en het vir my gesê: ‘Toon ‘n bietjie liefde’. Dit was die begin van ons vriendskap, wat uiteindelik daartoe gelei het dat ek nou haar lewensverhaal neergepen het.
NUUS • NEWS
6 Maart 2019
Tydens die bekendstelling het Lizz Min oor talle interessanthede op haar lewensreis uitgevra. Sy het Min ook uitgevra oor wat sy dink die geheime bestanddeel van haar “ster-kwaliteit” is. “Ek dink ek het van die begin af ‘n passie gehad vir wat ek doen. As ‘n mens ‘n passie het en die regte keuses maak oor wat jy met jou talent wil doen, sal daar iewers langs die pad sukses wees,” het Min gesê. Op ‘n vraag oor hoe sy dit hanteer het om met groot, dikwels “moeilike” name in die vermaaklikheidsbedryf saam te werk, was Min se antwoord eenvoudig. “There’s no business like show business. Ek is lief vir mense, met hul geite en al. "Ek het, ten spyte van mense se nukke, grille en snaakse versoeke en gewoontes maar altyd nog my eie ding op my eie manier gedoen,” het sy gesê. Alhoewel sy as Wilhelmina Jacob Viviers gebore is, het sy die “Min” in Wilhelmina saam met haar getroude van uit haar eerste huwelik met Arthur Shaw, as verhoognaam gekies. Sy het ook vlugtig en op ligte trant oor haar vier huwelike gesels. Uiteindelik het die 85-jarige Min die gehoor met haar sang vermaak. Met oorgawe het sy die note van haar vergange treffers in die Bôrdienghuis laat weerklink. Haar “Sprokie vir ‘n Liefling” leef voort.
•300 YSTERPERDE BRUL
Motorfietsryers ry saam vir HAM
Bestuurslede van die Knights of St. Christophers-motorfietsklub.
•Jaomi Zeeman Bykans 300 motorfietsryers van regoor die Wes-Kaap het op Sondag 3 Maart saamgestaan om geld vir Huis Andrew Murray (HAM) in te samel. Honderde brullende motorfietse het Sondagoggend die aankoms van hierdie groep by die terrein van HAM aangekondig. Die fondsinsameling het die vorm van ‘n ontbytuitstappie aangeneem. Motorfietsklubs van regoor die provinsie het hul lede aangemoedig om kaartjies vir ‘n ontbyt by HAM te koop. Sommige klubs het ook skenkings ten bate van hierdie inisiatief gemaak. Die hele groep het gelyk as ‘n groep in die Kaap by die Bellville Velodrome weggespring en in ‘n konvooi na Wellington gery. “Dit was regtig ‘n baie goed georganiseerde storie. Ons het vooraf by ons groepe of klubs al die inligting gekry en almal is aangemoedig om deel te neem. Daar was oral verkeersbeamptes langs die roete wat die verkeer gereguleer en veiligheid verseker het. Dit is wonderlik om deel van hierdie inisiatief te wees,” het een van die motorfietsryers gesê. Die Knights of St. Christophers motorfietsgroep het aan die stuur van die inisiatief gestaan. Volgens Karen Pietersen, bemarkingsbestuurder van HAM, is dit die vierde keer dat hierdie groep dié projek loods. “Elke jaar is dit groter en groter. Dit het aanvanklik met ‘n handjievol motorfietsryers begin en dit groei elke keer. Ons kry ook baie meer ondersteuning uit die publiek vir hierdie inisiatief. Mense skenk die brood, eiers, vleis en spek vir die ontbyt en vrywilligers bied hul hulp aan met die voorbereiding en opskep van die ete. Dit is wonderlik dat dié mense ons so ondersteun,” het sy gesê. Die personeel van HAM het die ontbyt voor-
berei en saam met die inwoners en vrywilligers aan die motorfietsryers bedien. Die kaartjiegeld, tesame met skenkings en fondse wat met verskeie gelukkige trekkings op die dag ingesamel is, vorm deel van die motorfietsryers se skenking aan HAM. Die ryers het die kinders ook met geskenke en ‘n spesiale roomyswaentjie wat hulle laat kom het, bederf. Verteenwoordigers van die Knights of St. Christophers-groep het die geleentheid geopen. “Dit is vir ons ‘n voorreg om by hierdie inisiatief betrokke te wees en ons is dankbaar vir elke motorfietsryer wat hieraan deelneem om ook ‘n bydrae vir HAM en ‘n verskil in kinders se lewens te maak. Ons motorfietsryers is soos ‘n groep broers en susters wat saam wonderlike dinge aanpak,” het hulle gesê. Die voorsitter van HAM se beheerraad, Danie Theart, het die motorfietsryers vir hul inisiatief bedank. “Deur die ondersteuning van mense soos julle kan ons vir die kinders fasiliteite skep waar hulle potensiaal ontwikkel kan word en hulle geborge voel. Ek het hoendervleis gekry toe al die brullende motorfietse vanoggend hier inry,” het hy gesê. HAM se bemarkingsbestuurder, Karen Petersen, het tydens die ontbyt meer inligting aan die ryers oor dié instansie se bedrywighede en funksie gegee. Sy het die belangrikheid van bydraes deur die publiek, soos dié van die motorfietsryers, beklemtoon vir die volhoubaarheid van die goeie werk wat by HAM gedoen word. Die motorfietsryers, personeel en inwoners van HAM het heerlik saamgekuier en só die bande wat hulle oor die afgelope vier jaar gesmee het, versterk.
NUUS • NEWS
6 Maart 2019
3
Hugenote draf Tygerberg kaf
Kundiges praat oor verlies by Breytenbach-galery ‘n Gesprek oor verlies het op Saterdagoggend 2 Februarie in die Breytenbach-galery plaasgevind. Hierdie gesprek sluit aan by die uitstalling, Alleensaam, wat tans by die Breytenbach-galery te sien is. Die kustenaar, Jana Muller, het haar man, die ortopediese chirurg Hilgard Muller, in 2017 aan selfdood afgestaan en haar kunswerke, sowel as haar oorlede man se fotografie vorm deel van die uitstalling. Die gesprek is deur Marita de Wet en ds. Danie du Toit gelei. Marita is ‘n Jungiaanse analis en ‘n geregistreerde sielkundige wat intensiewe nagraadse onderrig in diepte-psigoterapie en Jungiaanse teorie gekry het. Sy het ook ‘n spesiale belangstelling in die helingsproses van traumatiese lewensgebeure soos verlies. Ds. Danie du Toit is ‘n voormalige leraar van die NG Gemeente in Waterkloof en het self ‘n seun aan die dood afgestaan. Danie het oor die belangrikheid van vriende en familie wat mense tydens verlies of tydperke van rou bystaan, gepraat. “Dit is soms net nodig om daar te wees sonder om raad te gee of te gesels. Daar is partykeer net iemand nodig wat by jou bly en die stilte met jou deel. Die pyn duur soms ‘n leeftyd. Wanneer
jy met iemand wat rou te doen het, beweeg jy op heilige grond en moet jy versigtig beweeg. Dit trauma van verlies verander die kern van wie iemand is. Dit is nie iets waardeur of waaroor jy kan beweeg nie; dit bly ‘n deel van jou en jy leer net om sterker te word om dit te dra,” het hy gesê. Volgens Marita lewe mense gelyktydig in die spirituele, sowel as in die reële werklikheid. “Daar is ‘n eksterne wêreld en ‘n binnewêreld. Die wetenskap het egter veroorsaak dat ons enigiets wat ‘n ander manier van ‘weet’ suggereer, afskiet. Ons oordeel sodoende die dinge wat van binne kom sonder om ons logiese verstand toe te laat om ons binnewêreld te omarm. "Met pyn en verlies probeer ons ‘n front voorhou omdat daar druk op ons is om te lyk of ons 'cope'. Ons moet eerder pyn respekteer en ons buite- en binnewêrelde sinkroniseer om déúr dit te beweeg, eerder as om te probeer om daaroor te kom,” het sy gesê. Die gehoor kon agterna vrae aan die sprekers stel, wat tot verdere interessante gesprekke gelei het. Almal kon ter afsluiting gesellig rondom plaaslike wyne en tussen Jana en Hilgard se kunswerke verkeer.
Hugenote Hoërskool het op Vrydag 1 Maart gasheer gespeel vir hul jaarlikse sportdag teen Tygerberg Hoërskool. Die Tygerberg “Tiere” het kort na die einde van die skooldag vir hierdie kragmeting opgedaag waar hul leerders die Blackies op die rugby- en hokkievelde, sowel as op die netbalbane, die stryd sou aansê. Hugenote het behoorlik die septer geswaai deur in bykans al die wedstryde as wenners uit die stryd te tree. Op die hokkieveld het Hugenote se o/16A dogters met ‘n sege van 4-0 geseëvier, terwyl die o/19A-dogterspan ‘n allemintige telling van 11-0 teen Tygerberg aangeteken het. Die o/19A-seuns het met ‘n telling van 9-0 met die Tiere afgereken. Op die netbalbane was Hugenote net so suksesvol. Hul o/14, o/15, o/16 en o/17A-spanne het Tygerberg almal met behoorlike tellings
geklop. Dit is net die o/18A-netbalspan wat tydens ‘n naelskraapwedstryd die knie voor Tygerberg moes buig. Hugenote se rugbyspanne het Tygerberg behoorlik in die stof laat byt toe die o/14A, o/15A, o/16A en o/19B-spanne almal die Tiere gewen het. Die o/19A-rugbywedstryd het vir groot opwinding gesorg toe Hugenote aanvanklik 12-0 agter was, maar die wedstryd met ‘n telling van 28-17 beklink het. “Hierdie eerste wedstryde tydens ons eerste sportdag van die seisoen is ‘n goeie aanduiding van die vlak van ons spanne se vaardighede waarmee ons die seisoen afskop. "Die hele winter-sportseisoen lê nog voor en hierdie is die wegspringpunt vanwaar ons nou verder gaan bou,” het een van Hugenote se afrigters laat hoor.
4
6 Maart 2019
NUUS • NEWS
Geanker in 'n Herman Lategan stel sy allegaartjie boek in Wellington bekend
Wanneer ‘n mens op een dag met ‘n swaargewig-Wêreldkampioen-stoeier, ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika finalis, ‘n Jungiaanse spesialis, Lizz Meiring, ‘n entoesiastiese jong natuurbewaarder, ‘n voorkomskonsultant, ‘n dominee én Min Shaw bladskud, besef jy dat die lewe beslis nie monotoon is nie. Jy besef ook dat Wellington ‘n baie interessante dorp is wat nie net sy eie kleurvolle karakters huisves nie, maar ook talle ander interessante persoonlikhede na ons vallei lok. Die Engelse uitdrukking, “variety is the spice of life”, is sowaar in die kol. Die Afrikaanse “allegaartjie” verwys na ‘n versameling van baie uiteenlopende soorte goed, ‘n mengelmoes en bontspan. Ek wat is dan nou lekkerder of meer voedsaam as ‘n “mixed grill”? Hoe saai sou die lewe nie wees as alle smake eenvormig was, alle persoonlikhede ewe sterk gegeur was of as alle dinge se aantrekkingskrag vir alle mense ewe sterk sou wees? In sekere kringe is daar ‘n groot beweging ten gunste van die idee om jouself met gelyksoortige mense te omring. Tog het die meeste mense gelukkig al die wonder van verskeidenheid en die towerkrag van die bydraes van uiteenlopende karakters ontdek. ‘n Mens hoef niks prys te gee wanneer jy met andersdenkendes of alternatiewe werkswyses gekonfronteer word nie. Daar is niks om te verdedig wanneer jy jou geur saam met ‘n paar ander speserye en bestanddele in die “mixed grill” vrystel nie. Wanneer al die uiteenlopende bestanddele van ‘n allegaartjie saam begin prut, kan dit die heilsaamste, heerlikste gereg word. In Wellington is ons as’t ware geanker in die verskillende geure waaruit ons gemeenskap bestaan. Terwyl die opening van dieAndrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit die afgelope week die waarde van gewyde stilte en ‘n serene atmosfeer gedemonstreer het, het honderde skoolkinders, sowel as die inwoners van Sunfield Home, saam met rofstoeiers van opgewondenheid gejil. Hierdie stoeiers het ‘n anti-boelie inisiatief in die gemeenskap van stapel gestuur. Terwyl ‘n Jungiaanse kenner en ‘n dominee oor verlies in die Breytenbach Galery gefilosofeer het, het die 85-jarige Min Shaw grappies oor haar vier huwelike in die Bôrdienghuis gemaak en haar ou treffers met oorgawe gesing. Terwyl lede van die publiek en leerders van St. Albans Primêr sakke vol vieslike rommel langs die Spruitrivier verwyder het, het deftig-geklede dames by fyngedekte tafels in Hugenote Laerskool se saal vir ‘n damestee aangesit. Terwyl Hugenote Hoërskool se leerders met sweterige lywe en verbete vasberadenheid met Tygerberg Hoërskool op die sportveld meegeding het, het vrywilligers vetkoeke, lekkernye, handgemaakte produkte en gebraaide hoender by Silwerkruin se basaar verkoop. En terwyl plaaslike gemeentelede Sondagoggend met ontsag in ons dorp se kerke gesit het, het honderde getatoeëerde motorfietsryers in swart leeruitrustings ons dorp binne-gebrul om fondse vir Huis Andrew Murray in te samel. As dit nie vir ‘n interessante verskeidenheid karakters, belangstellings en inisiatiewe was nie, sou nie een van hierdie opbouende dinge moontlik wees nie. Ons dorp is voorwaar geanker in ‘n wonderlike allegaartjie. Mag elkeen se week met ‘n mengelmoes ervarings, ‘n variasie van karakters en ‘n allegaartjie van nuwe gewaarwordinge gekleur wees.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
•Jaomi Zeeman Herman Lategan is ‘n bekende joernalis en rubriekskrywer. Sy nuwe boek, “Opstokers, Fopdossers en tweegatjakkalse”, is op Donderdag 28 Februarie by die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater tydens ‘n byeenkoms van die Breytenbach Boekklub bekendgestel. In Lategan se eie woorde was hy al ‘n “lanterfanter, wynkelner, katelknaap, poskantoorwerker, radio-akteur, later ‘n vryskut-joernalis vir onder ander andere die Vrye Weekblad, Weekly Mail, die Guardian en Sunday Times”. Hy was ook ‘n joernalis vir House & Leisure en Style Magazine en het by e-tv en ‘n paar radiostasies gewerk. “Bedompige kantore, nuttelose stories en vervelige vergaderings het my egter onder gekry. Met my middelvinger in die lug is ek weer vort op die rug van ‘n wilde perd om te gaan vryskut,” sê hy. Van sy skryfsels is al verskeie publikasies opgeneem. Hy is internasionaal gepubliseer in Vogue Entertaining & Travel, Village Voice, Time Out en verskeie ander. Hy skryf al sedert 2012 die rubriek, Woorde wat Wip, in die Rapport. Hy het onlangs die boek “Binnekring van Spookasems” uitgegee, waarop “Opstokers, Fopdossers en tweegatjakkalse” gevolg het. Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach-sentrum, het Lategan aan die gaste bekendgestel. Hy het die reaksies van mense na aanleiding van ‘n onderhoud wat op Litnet met Herman gevoer is, as inleiding voorgehou. Volgens hierdie reaksies is mense gaande oor Lategan se eerlike, op-die-man-af manier van skryf, asook die wyse waarop hy vergete Afrikaanse uitdrukkings laat herleef. Sy nuutste boek is ‘n versameling van sy gepubliseerde en ongepubliseerde rubrieke vir die Rapport. “Die boek bevat grotendeels stories oor
Propvol Maart-kalender by Sentrum Wellingtonners kan uitsien na ‘n maand vol aktiwiteite en interessante vermaak by die Breytenbach-sentrum tydens Maart. Boekbekendstellings, kuns, werkswinkels, wynproe en musiekvertonings is alles deel van die Sentrum se kleurvolle program hierdie maand. Die aktiwiteite skop af met Zirk van den Berg se boekbekendstelling op Donderdag 7 Maart in die Bôrdienghuis Teater. Hierdie skrywer sal oor sy jongste boek, “Ek wens, ek wens”, sowel as van sy ander boeke gesels. Die gesprek en bekendstelling met dr. Amanda Swart begin om 18:30 vir 19:00. Besprekings kan by 084 501 0355 gedoen word. In die Breytenbach Galery sal die kunstenaar Jana Muller se uitstalling, Alleensaam, nog tot 7 Maart te sien wees, waarna ontwikkelingswerkswinkels daar sal plaasvind. Die tweede van tien teken- en bewegingswerkswinkels word op 11 Maart in die Galery onder leiding van die kunste-
mense wat aanhou beweeg en geraas maak,” het Herman gesê. Volgens hom het ‘n hele aantal skrywers, en veral vroue-skrywers, ‘n groot rol in sy ontwikkeling gespeel. Bekende digters soos Sheila Cousins en Ina Rossouw was moederfigure en vriende wat hom anders na Afrikaans laat kyk het. ‘n Ander groot invloed in sy lewe was Babs Laker, onder wie hy drama studeer het. “Hierdie mense se invloed het my basies ‘n onbetaalde universiteitsopleiding gegee. Hoe langer hul dood is, hoe meer voel ek die invloed van wat ek by hulle geleer het in my lewe,” het hy erken. Alhoewel hy op ‘n stadium “kwaad was vir Afrikaans”, het ‘n inbeller op RSG se gebruik van die woord “wisseldans” iets in hom laat ontwaak en hom die kleurrykheid van die taal laat ondersoek. “Ek het iets oor dié mooi woord op facebook geskryf. Die regte persoon het die raakgelees en my gekontak om te hoor of ek ‘n rubriek oor Afrikaanse uitdrukkings of woorde vir die Rapport wou skryf,” het hy oor die ontstaan van sy gewilde rubriek vertel. Lategan het voorlesings uit sy boek gedoen en die agtergrond rondom die ontstaan daarvan aan die gehoor verduidelik. Sy eerlike, onversuikerde styl het groot aanklank by almal gevind. Die gehoor kon ook vrae aan hom stel, waarop sy kleurryke reaksie vir talle ligte oomblikke gesorg het. “Ek dink ons moet die ou idiome en uitdrukkings in ons taal weer ‘n bietjie afstof en begin gebruik. Dit is asof ons deesdae so oppervlakkig en kleurloos praat en skryf. Die taal moet dalk ook meer inklusief wees en alle variëteite daarvan omarm. Ons moet ons taal weer leer geniet,” het hy afgesluit. Talle bewonderaars het na afloop van die geleentheid tou gestaan om hul eksemplare van sy nuwe boek te laat teken. naar Henk Serfontein, die kunstenaar, danser en choreograaf Hannah Loewenthal en die kliniese sielkundige Willie Erasmus aangebied. Elke sessie duur twee ure elk en vind elke tweede Maandag van die maand vanaf 15:00 tot 17:00 plaas. Dit word aangebied vir ’n groep jong kinders in samewerking met Anne-Ghrett Erasmus, die kurator van die Breytenbach-galery. In die werkswinkel word daar ‘n ondersteunende ruimte vir die deelnemers geskep waarin die ekspressiewe en helende moontlikhede van kuns, soos tekenkuns, en dans in die vorm van intuitiewe beweging as proses ontgin word. Wynliefhebbers kan na ‘n heerlike proe-geleentheid van plaaslike Wellington Wyne op 27 Maart uitsien. Hierdie is deel van ‘n nuwe “Wine Wednesday”-inisiatief waar ‘n proe-geleentheid van plaaslike wyne elke laaste Woensdag van ‘n maand by die Sentrum aangebied word. Die maand word op ‘n hoë noot afgesluit wanneer die gewilde Mike McNully & The Harmonix weer op 30 Maart terug is op die Bôrdienghuis se buiteverhoog. Na hul suksesvolle Tribute to Abba wat oral, ook in Wellington, baie gewild was, bring Mike & The Harmonix hierdie keer hulde aan die Beatles. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kan bespreek word by teater@breytenbachsentrum. co.za of 021 873 2786.
NUUS • NEWS
Andrew Murray se Sentrum vir Spiritualiteit geopen
5
6 Maart 2019
Yesteryear’s low prices, Today’s great savings! LIMITED TO 5 PER CUSTOMER
R399
KILLER DEAL
R199 SAVE R90
SAVE R150
KILLER DEALS 150L ROUGH TOTE
solutions for all your
STORAGE
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit, wat in die gebou van Huis Samuel ingerig is, is die afgelope week amptelik geopen. Sedert die bekendstelling van die projek in Mei verlede jaar is daar behoorlik aan die werk gespring om hierdie droom te bewaarheid. Hierdie week is al die betrokke rolspelers se harde werk beloon toe die Sentrum sy deure uiteindelik kon oopgooi om met sy werksaamhede te begin. Die visie van die Sentrum is om “die missionale spiritualiteit te ontwikkel en bevorder wat voortbou op die lewe en werk van Andrew Murray vanuit die gereformeerde identiteit van die NG Kerk”. Vir hierdie doel is die gebou van Huis Samuel, sowel as die omliggende area, in ‘n spesiale sentrum waar gelowiges verskeie spirituele ervarings en rituele kan beleef en navorsing kan doen, omskep. Die inwyding en amptelike opening van die Sentrum is met ‘n vol program, wat oor drie dae gestrek het, gevier. Dit het op Sondag 24 Februarie met ‘n spesiale kerkdiens by die Moedergemeente, en later by die Kapel op die Sentrum se terrein, afgeskop waar Elna Mouton as die Sentrum se eerste Kapelmeester ingelyf is. Die verrigtinge is op Maandag 25 Februarie met ‘n reeks besprekings deur gerekende sprekers en fasiliteerders voortgesit. Die besprekings het rondom die tema, “Wat is die evangelie en hoe kommunikeer ons dit?”, gedraai. Onderwerpe soos ‘n missionale benadering tot evangelisasie, liturgie, dissipelskap, die missionale kultuur in samekomste, die waarde van geestelike rigtinggewing, sowel as eredienste en vroeë kinderontwikkeling is tydens die gesprekke onder die loep geneem. Theunis Botha het na afloop van die gesprekke ‘n spesiale wydingsdiens in die nuwe kapel op die Sentrum se terrein waargeneem, waarna die Sentrum amptelik tydens ‘n spoggerige geleentheid amptelik geopen is. Gaste is op die klanke van die Zamar-musiekgroep vermaak en kon vir ‘n heerlike ete in die Jubileum Zaal, wat deel van die Sentrum se geboue-kompleks is, aansit. Elna Mouton, Frederick Marais, Marié Britz en Willie van der Merwe het almal as sprekers tydens die openingsgeleentheid opgetree. ‘n Spesiale video, wat die storie van die Sentrum uitbeeld, is ook tydens die geleentheid vertoon. Die gepreksreeks rondom die Sentrum se opening is op Dinsdag 26 Februarie voortgesit. Die tema waarop daar tydens hierdie gesprekke gefokus is, was die invloed van Andrew Murray en die Murrays in Afrika. Temas soos Calvyn en Murray se siening oor ons eenheid in Christus, die invloed van Murray in Zambië, Murray as ‘n entrepreneur en die Murrays se bydrae tot evangelisasie en onderwys is bespreek. Nelis Janse van Rensburg het die vieringe in die Kapel afgesluit.
MAXI 3 & 6 DRAWER MOBILE STORAGE UNITS
R299
needs, big or small, we've got it all!
SAVE R100
LIMITED TO 5 PER CUSTOMER
KILLER DEAL
KILLER DEAL
R289
R109
SAVE R130
SAVE R70
WIDE 3 DRAWER STORAGE UNIT (BLACK & WHITE)
R99
MOP WITH CONNECTOR
200g
R20 R40 LIKE US ON
BROOM FLAGGED BRISTLE
R20
110L ROUGH TOTE
(ASSTD COLOURS)
SAVE R40
50L LIFT DUSTBIN (ALSO AVAILABLE IN BLACK)
18L RECT. BUCKET WITH WHEELS
400g
R39 5L PINE SANITISER
VALID UNTIL 24 MARCH '19 OR WHILE STOCKS LAST Errors & omissions excluded. We reserve the right to limit quantities. VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA
R45
5L POWERWIPE
R39
5L DISHWASH STD
ambo s
STORAGE
&
HOME
R49 SAVE R35
HEAD OFFICE: 021 911 5555 WESTERN CAPE: SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW. MAMBOSPLASTICS.CO.ZA
ONLY AVAILABLE AT OUR BELLVILLE, SANDOWN AND BLOEMFONTEIN STORES
6
6 Maart 2019
NUUS • NEWS
Suiwelkompetisie lok honderde inskrywings HAM:
Pauw Gedenk Primêr het op Maandag 25 Februarie 2019 toiletware aan Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) oorhandig. Hierdie inisiatief vorm deel van die skool se projek om by gemeenskapsaktiwiteite betrokke te raak deur insamelings te hou. HAM se personeel, beheerraad en kinders was baie dankbaar oor die skenking wat hul ontvang het. Op die foto is Pauw Gedenk se Graad 3-leerders en hul onderwyseres saam met die skoolhoof, Julius Williams, en Karen Petersen van HAM.
Silwerkruin hou basaar
Silwerkruin het op Vrydag 1 Maart hul jaarlikse basaar gehou. Hul hele parkeerarea is in ‘n kuierarea omskep waar Wellingtonners saam met die inwoners in die feestelikhede kon deel. Lewendige musiek het die voete laat jeuk terwyl oud en jonk gesellig rondom tafels kon sit en kuier. Talle stalletjies het vir interessante winskopies gesorg. Handgemaakte produkte, bykomstighede, vars produkte, smullekker drink- en eetgoed het saam met die interessante vondste op die wit olifanttafel vir iets in almal se smaak gesorg. Vir die jongspan was daar ‘n spesiale kindertafel, gesigverf, ‘n springkasteel en lekkernye.
Besoekers kon ook aan heerlike borde gebraaide hoender en bygeregte weglê. Kosstalletjies met interessante disse soos snoek-“spring rolls” en gewilde treffers soos vetkoek het talle smulpape gelok. Verskeie gelukkige trekkings het vir groot opwinding gesorg. “Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om hierdie belangrike gebeurtenis op Silwerkruin se kalender moontlik te maak,” het Melanie Crozier, bemarker van Silwerkruin gesê. Oud en jonk het tot laataand saamgekuier tydens hierdie feestelike okkasie.
Die Suid-Afrikaanse Suiwelkompetisie, die grootste van sy soort in Afrika, het hierdie jaar ‘n rekordgetal inskrywings gelok. Altesaam 76 vervaardigers van regoor die land het ‘n totaal van 882 suiwelprodukte in meer as 100 verskillende klasse vir hierdie kompetisie ingeskryf. Inskrywings uit die Drakenstein-area vorm deel van hierdie suiwelprodusente wat meeding om erkenning vir die beste suiwelprodukte in die land. Die pryswenners sal eersdaags aangekondig word. “Dié groot getal inskrywings is goeie nuus vir die suiwelbedryf wat deur ‘n trae ekonomie en voortslepende droogte gekniehalter word,” sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, die organiseerder van die kampioenskappe sedert 1834. “Dit is bemoedigend dat daar weer etlike eerste-keer-inskrywings is en dat vervaardigers ook nuwe produkte in ander klasse inskryf, wat dui op ‘n groei in produkontwikkeling,” voeg Ehlers by. Volgens hom is die kampioenskappe se uitsluitlike doel om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Die kompetisie het die maatstaf geword waarvolgens groot én klein vervaardigers hulself teen mekaar meet,” sê Ehlers. “’n Span van 75 beoordelaars wys ‘n SA Kampioen in elke klas aan. Slegs enkele produkte van besonderse hoë gehalte ontvang die Qualité-merk, wat as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika erken word. Die Produk van die Jaar word deur ‘n paneel van vyf kundiges bepaal,” sê hy.
Beverley Schäfer, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, sê die kampioenskappe is ‘n geleentheid vir agri-verwerkers om nasionaal mee te ding op ‘n baie hoë vlak van gehalte en vernuwing. “Deur uitnemendheid te bevorder, stimuleer die toekennings groter vraag en nuwe produkontwikkeling wat help om hierdie sektor van ons ekonomie te laat groei, “sê Schäfer. Volgens Schäfer is die agri-verwerkingsektor ‘n belangrike fokus vir die Wes-Kaap. “Agri-verwerking het uitstekende groei- en uitvoerpotensiaal, wat die ekonomie kan laat groei en nuwe werk skep.” sê sy. Die kampioenskappe maak voorsiening vir kontinuïteit deur jonger beoordelaars in te sluit, waaronder vorige deelnemers aan die Boergondië-kaasmakersuitruilprogram, ‘n bilaterale ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse Regering en die Streeksregering van Boergondië, wat deur Agri-Expo gekoördineer is. Hierdie oudstudente beklee vandag senior posisies in die bedryf en ploeg só hul kundigheid terug. Een van hierdie beoordelaars, Vernon Manuel, is juis ‘n boorling van die Drakenstein. Die 2019 SA Suiwelkampioenskappe word moontlik gemaak deur vennootskappe met Lake Foods, Santam Landbou, die Melkprodusente-organisasie (MPO) en The Dairy Mail. Die wenners word by die Qualité-toekenningsdinee op 29 Maart 2019 by GrandWest in Kaapstad aangekondig. Belangstellendes kan www.cheesesa.co.za en www.agriexpo.co.za besoek, of Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo. co.za kontak.
NUUS • NEWS
6 Maart 2019
Gemeenskap takel Spruitrivier Doemsies hou Damestee
Talle gemeenskapsorganisasies en individue het op Saterdagoggend 2 Maart saamgespan om die Spruitrivier wat deur Wellington loop, skoon te maak. Hierdie inisiatief is deur die Wellington Aksie Groep/Stopmisdaad (WAG), lede van die publiek, Vestguard Security (die tweeling), Wyk 2, St. Albans Primêr se Omgewingsklub en Alicia van Diemel van Drakenstein se Water Departement van stapel gestuur. Gewapen met swartsakke, handskoene en baie positiewe energie, het die groep vroeg Saterdagoggend by die Spruitrivierbrug in Generaal Hertzoglaan, langs Hugenote Laerskool, bymekaargekom. Hulle het net een doel voor oë gehad, naamlik om al die vullis en gemors wat die afgelope tyd die oewers van hierdie rivier ontsier het, te verwyder. Die groep het die rivier vanaf Generaal Hertzoglaan tot by die munisipale swembad in Pentzstraat getakel en alle rommel verwyder. Volgens Stephan Landsberg van WAG/Stopmisdaad is hulle dankbaar vir almal se bydraes wat van die inisiatief ‘n sukses gemaak het. “Ons is dankbaar vir Heinrich Tarra Appollis
en sy Omgewingsklub van St. Albans, lede van die publiek, Wyk 2, WAG/Stopmisdaad, Vestguard Security en Alicia Van Diemel van DM wat gehelp het om ‘n groot gedeelte van Spruitrivier skoon te maak,” het hy gesê. Altesaam twee bakkievragte vullis is uit die rivier gehaal. Op hierdie wyse is die oewers van die Spruitrivier van ‘n allemintige 50 swartsakke vol rommel verlos. “Hentas Kotze, raadslid van Wyk 2, het vir ons die swartsakke, handskoene, sowel as die drinkgoed en lekkergoed vir die kinders gereël en ons is baie dankbaar daarvoor. Alison en Michelle Turner het weer vir die kinders heerlike roomys georganiseer - iets wat hulle vreeslik geniet het. Marlene Weyers het weer water geskenk. Dit is mense soos hierdie wat sulke inisiatiewe in positiewe gemeenskapsbetrokkenheid laat verander,” het Stephan bygevoeg. Met hierdie inisiatief het die rolspelers nie net ‘n skoonmaakaksie geloods nie, maar ook ‘n bewusmaking onder die publiek en kinders ten opsigte van die gevolge van rommelstrooiing op ons riviere en ekosisteme gekweek.
7
Marciel Hopkins, Retha Rix en Juanri du Toit het as sprekers opgetree. Hugenote Laerskool se Doemsie Kampus het ‘n heerlike Damestee op Saterdag 2 Maart gehou. Dié spoggerige geleentheid het in Hugenote Laerskool se skoolsaal plaasgevind en tientalle dames het hulle vir die geleentheid uitgetof. Die saal is in ‘n lushof omskep deur gasvroue wat hul tafels keurig versier het. ‘n Program propvol interessante sprekers en aktiwiteite het vir ‘n oggend vol bederf en heerlike saamkuier gesorg. Die bekende plaaslike kospersoonlikheid, Retha Rix, het op haar unieke, humoristiese manier met die dames oor kos en lekker resepte
gesels. Nog ‘n spreker, Marciel Hopkins, se boodskap oor hoe vroue hul eie lywe moet liefhê en aanvaar, het die dames geïnspireer. Marciel is ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika-finalis en is ook ‘n “voller-figuur model”. Juanri du Toit, ‘n beeldkonsultant en grimeerkunstenaar, het ook as spreker by die geleentheid opgetree en die dames meer oor die fynere kunsies van klerekasbeplanning en grimering geleer. Die interessante praatjies is met talle gelukkige trekkings afgewissel, terwyl een van die Doemsies se onderwyseresse met haar sang vir vermaak gesorg het.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
8
courant
NUUS • NEWS
dié
6 Maart 2019
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Tweekamp:
Die volgende leerders van Hugenote Hoërskool is opgeneem in die Bolandspan wat op 30 Maart aan die SA Kampioenskap in Port Elizabeth gaan deelneem. Agter: Rossouw van Zyl, Otto Frielingsdorf, Martin Minnaar, Maryke Koen, Christiaan Naudé Voor: Liza Koegelenberg, Jeanni Botha, Francois Retief, Dalene Koegelenberg.
6 Maart 2019
Atlete:
Hugenote Hoërskool se atlete het pragtig presteer by die Boland Kampioenskap. Die volgende leerders is opgeneem in die Boland Atletiekspan wat op 8 en 9 Maart by Dal Josaphat gaan deelneem aan die Weskaap Kampioenskap: Agter: Adam Niklaus, Abrie Louw, Pieter van Schalkwyk, Jay-Cee Hoogbaard. Voor: Stuart Bruintjies, Hanlie Visser, Cari Groenewald en Sumari Bester (Afwesig op foto: Giepie Louw)
Tennis:
Hugenote Hoërskool se seunsen dogterspan het deelgeneem aan die bekende Tjaart Voster Tennistoernooi in Cradock. Die toernooi word aangebied deur Marlow Landbouskool. John Coetzee en Jana Malan het skitterend gespeel en hulle deel vanjaar die Tjaart Voster-beker vir Sportmanskap.
Ivan Pekeur re-elected as Boland Rugby Union president Roei: Bartho Visser, ‘n graad 12 leerder
van Hugenote Hoërskool, het vanaf 14-16 Februarie 2019 deelgeneem aan die wêreldbekende Dusi Kano-marathon. Hy eindig in die K1-afdeling 83ste met ‘n tyd van 10uur en 30 minute vir die 3 dae.
Ivan Pekeur was re-elected as the president of the Boland Rugby Union on Thursday 28 February 2019. The presidential and executive elections took place during the union’s Annual General Meeting (AGM), which was held at the Boland Stadium in Wellington. Pekeur, who was opposed by Bertram Vraagom of Saldanha Bay Rugby Club, will serve another 4-year term as the president of
Boland Rugby. Bennie van Rooi was elected as vice-president. Boland Rugby Union Executive Committee: PRESIDENT: Ivan Pekeur VICE-PRESIDENT: Bennie van Rooy
ADDITIONAL MEMBERS: Klaas Cloete (additional member who received the most votes) John Adams Melvin Davids Stephen Jones Pat Marran Brian Siebritz