c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
13 Maart 2019
64.2%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 509
•TWEELING IN KAAPSTAD-FIETSTOER
13 Maart 2019
Chené en Annika laat hul nie stuit •Charlotte Lesch Chené en Annika Venter (19), die tweeling van Yzerfontein het die afgelope Sondag ‘n ander betekenis aan die genetiese siekte, Friedreich’s Ataxia gegee ná hulle die gewildste fietsresies ter wêreld voltooi het. Chené en Annika het die fietswedren, beter bekend as die Cape Town Cycle Tour, van ‘n 109km ver afgelê met behulp van yster waentjies geheg aan fietse en ‘n yster van ‘n span. Hoewel moeg, was die glimlagte breed. Hul eerste woorde aan hul ma was, "volgende jaar doen ons dit weer." En die span staan bankvas agter hulle. Die tweeling sussies is sowat ses jaar gelede amptelik gediagnoseer met die siekte, Friedreich’s Ataxia. Dit is ‘n genetiese en progressiewe siekte wat die senuweestelsel en spiere aantas. Vernoem na die Duitse wetenskaplike wat FA vir die eerste keer beskryf het, veroorsaak FA die verlies van die beheer oor liggaamlike beweging. Die simptome sluit basies swak koördinasie in wat dit moeilik maak om te loop en balans te hou. Die siekte het die Venter-sussies van ‘n baie jong ouderdom begin affekteer. Die eerste simptome is by Chené in Gr.1 waargeneem toe sy haar balans begin verloor het. Hulle het eers nie geweet wat fout is nie. Daar is vir die volgende sewe jaar van die een neuroloog na die ander beweeg om vas te stel wat oorsaak is. Die simptome wat met die siekte gepaard gaan het met ouderdom begin vererger. Die siekte kan ook lei tot skoliose, hartsiekte en diabetes, maar affekteer glad nie die kognitiewe funksie van die liggaam nie. Chené en Annika se brein is vlymskerp. Hulle is egter vir die afgelope byna twee en ‘n half jaar permanent in ‘n rolstoel soos simptome vererger het. Beide sussies kry elk een keer ‘n week fisioterapie en swemlesse, maar is ook baie aktief en is lief vir oefening. Die spoedwalle wat oor Chené en Annika se lewenspad gekom het, is hoog en hoewel nie geneesbaar nie, het hulle besluit om die hobbels met kaal vuiste aan te pak en die lewe ten volle te geniet deur elke uitdaging te trotseer. Retha, hul ma, is ‘n kranige fietsryer wat die tweeling van ‘n baie jong ouderdom aan die sport blootgestel het. Die feit dat hulle nie meer normaal kon fietsry nie, het hulle nie gekeer om aan die gewilde fietstoer met byna 35 000 deelnemers deel te neem nie. Retha het aan die idee van die waentjies geheg aan ‘n fiets gekom en
Die tweeling Chené en Annika in hul waentjies, gereed vir die fietstoer. besef dis wel moontlik vir hulle om die uitdaging aan te pak. Sy het later uitgevind dat Stephen Kriel van Darling vanjaar sy 29ste fietstoer sal ry. Sy spanmaat, Wydeman van der Merwe het al sewe afgelê en verskeie ander fietstoeruitdagings. Sy het hulle genader en gevra of hulle haar dogters sal help om hul wens te verwesenlik en die gespesialiseerde waentjies met Chené en Annika daar in, te begelei. Vir Kriel en Van der Merwe, was dit ‘n geleentheid wat hulle nie van die hand wou wys nie. Hulle het dadelik ingestem. Volgens Kriel was dit tyd vir ‘n uitdaging wat hy met graagte aangepak het. Die waentjies is elk deur ‘n inwoner van Melkbosstrand gemaak. Hulle het sedert Januarie vir die fietstoer begin oefen. Wanneer die tweeling nie by was nie, het hulle met 25kg sakke geoefen. Volgens Chené het sy besluit om aan die fietstoer deel te neem bloot omdat sy lief is vir fietsry. Beide ry al hul hele lewe lank fiets, wat vir die laaste paar jaar ‘n driewiel trapfiets ingesluit het. Retha het die fietstoer al baie keer gery en Chené altyd saam na die ekspo toe geneem wat
in aanloop tot die geleentheid plaasvind. “Die feit dat ek in ‘n rolstoel is, gaan my nie laat opgee nie. You can do anything you set your mind to,” is Chené se leuse in die lewe. Sy is ontsettend dankbaar vir die mense in haar lewe wat vir haar baie beteken en bedank Stephen wat vir haar die geleentheid gegun het om aan die fietstoer te kon deel neem. “Oom is my hero.” Annika spreek op haar beurt weer groot lof toe aan haar ma wat alles moontlik gemaak het. “Dit was ‘n uitdaging vir almal van ons, maar deur jou uitdaging te aanvaar, maak jou sterker.” Sy het aan die fietstoer deelgeneem omdat sy gaande is oor die atmosfeer en die gees van die geleentheid. “Ons is mal daaroor om te oefen en om fiks te bly,” voeg sy by. "Deur oom Stephen en Wydeman te kon ontmoet, het die gebeurtenis net soveel meer pret gemaak, maar ook moontlik. " Kriel het vir Annika begelei, terwyl Chené saam met Van der Merwe gery het. Die hele span fietsryers wat deur die loop van die wedren gehelp stoot en ondersteun het, was altesaam 10 bymekaar. Hulle was aanvanklik huiwerig oor die spasie en die moontlike wind, maar dit was tevergeefs. "Die hele span was ongelooflik."
NUUS • NEWS