509 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

13 Maart 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Uitgawe 509

Bou saam met goeie nuus

13 Maart 2019

•LIEFDE VIR SAN-KULTUUR HAAR DRYFVEER

Staehelin se drome bewaarheid

Die volhoubaarheid van die projek, het vir die stigter van !Khwa tt u, ‘n kulturele en opvoedkundige sentrum vir die San-gemeenskap buite Yzerfontein altyd groot plesier verskaf.

Irene Staehelin (73), die Switserse antropoloog wat in 1998 met ‘n besoek aan Suid-Afrika besluit het om die San-gemeenskap te help, is met ‘n geruste hart deur die personeel by !Khwa ttu en die San gegroet, ná sy haar stryd teen kanker vroeër vanjaar verloor het. Staehelin is vir die eerste keer met haar besoek in 1991 aan Suid-Afrika aan San-rotstekeninge blootgestel. Vrae oor die oorsprong en betekenis van die kunswerke het by haar oor die verlede en die hede van die San-kultuur opgeduik. Sy het met haar eerste besoek oor die 20 jaar gelede aan die plaas waarop die sentrum vandag pronk, gesien hoe die plek ‘n San-erfenis en opvoedkundige ikoon kon word. “Dit was ‘n sterk visie, gekombineer met die gevoel dat indien ek sou wegloop, dit tot die einde van my dae sou berou.” Geïnspireer deur haar visie en leiding deur ander erfenissentrums in Amerika en Kanada het sy binne ‘n jaar die plaas gekoop en die projek van ‘n San Kultuur- en Opvoedkundige Sentrum van stapel gestuur. Sy het later die Ubuntu Stigting in Switserland gestig om die projek te help ondersteun. Vandag word die projek bestuur deur die !Khwa ttu Nie-Winsgewende Organisasie, in samewerking met die Ubuntu Stigting wat verteenwoordig word deur die Working Group for Indigenous Minorities in Southern Africa (WIMSA). Twee dekades sedert haar eerste besoek aan die plaas van 750ha, word nóg ‘n droom van haar en baie ander bewaarheid deur die opening van ‘n wêreld-klas San-erfenissentrum wat einde verlede jaar die lig gesien het. “In September 2016 het die Ubuntu Stigting hulself verbind tot bydraes vir die befondsing van ‘n !Khwa ttu

Lollos en Lettie:

Agrimark op Vredenburg het verlede Vrydag `n opedag aangebied waartydens hulle verskaffers uitstallings van hulle produkte kon hou en demonstrasies aan potensiële kliënte kon lewer. Allerhande interessante produkte is gewys en demonstrasies is met groot belangstelling dopgehou. Kinders wat saam met hulle ouers die opedag bygewoon het, was baie opgewonde dat die bekende Lollos en Lettie ook by Agrimark `n draai gemaak en oud en jonk vermaak het. Erfenissentrum-projek.

"Die ondersteuning het die weg gebaan om drome van baie waar te maak. "Dit was die begin van nóg groter dinge vir !Khwa ttu.” Michael Daiber, algemene bestuurder van !Khwa ttu sê die sentrum is so beplan om self onderhoubaar en volhoubaar te wees. “Dit was nog altyd die uiteindelike doel waarheen ons gestreef het,” vertel hy. Volgens hom was die sentrum nooit ontwerp om op ‘n enkele skenker

staat te maak nie, maar om kreatiewe geldinsamelingsprojekte te identifiseer en inkomste deur betrokke aktiwiteite te genereer. !Khwa ttu ontvang vandag oor die 20 000 besoekers per jaar wat boonop geïnspireer is om die sentrum in sy werk as ‘n suksesvolle nie-winsgewende organisasie te ondersteun deur aktwiwiteit by te woon, maar ook deur kleiner skenkings of bloot deur die MySchool-inisiatief te ondersteun,” voeg hy by. !Khwa ttu is baie meer as net ‘n erfenissentrum wat artefakte en historiese foto’s versamel en bewaar. Staelhelin se werk en se passie vir die projek sal vir nog baie jare voortleef in die mure, die geskiedkundige roetes en die suksesstories van vandag se San-gemeenskap wat danksy die opvoedkundige sentrum ‘n toekoms sien. !Khwa ttu bou die brug tussen die verlede en die hede en daarvoor sal Staehelin altyd onthou word. Foto: Johan Viljoen

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.