510 dié courant Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Bergrivier

dié

20 Maart 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 510

20 Maart 2019

Groen vingers:

Joram Simbarashe van Moutonsvallei is die wenner in vanjaar se Piket-bo-berg Groentekompetisie. Simbarashe het prysgeld en pryse van meer as R1500 gewen. Die kompetisie word jaarliks deur die Piket-bo-berg Inwonersvereniging gereel en hulle borg ook die prysgeld. Kaap Agri Piketberg het ‘n verskeidenheid pryse aan die wenners oorhandig.

•PRODUSENTE KYK NA WATERKWALITEIT

Monsters getoets ‘n Watermonsterneming en inligtingsessie kom eersdaags na die Bergrivier omgewing en alle belangstellendes is welkom. Die geleentheid, aangebied deur Merieux NutriScience vind op 5 April by De Berge Plaas by Piket-Bo-Berg plaas. ‘n Algemene demonstrasie by De Berge Plaas, waar ‘n wateraanleg (De Berge Water) geleë is, sal gedurende die inligtingsessie plaasvind. Daar word gefokus op produseerders van onder meer die wyndruiwe, tafeldruiwe of enige vrugtebedryf, veral die uitvoer bedryf. Watermonsterneming deur alle voedselproduseerders en produseerders van gedistilleerde produkte wat hul water gereeld moet toets, word ook vereis. Boere, wat grootliks vrugteboere (druiwe, appels, pere, perskes, pruime, sitrus ens) insluit en aan Global GAP, BRC, Fairtrade, Vita of enige ander standaarde voldoen en aan die assossiasies behoort, is geregtig om hulle water waarmee

besproei word en wat deur hul werkers gedrink word, te toets. Die vereistes verskil van standaarde. Soms word watermonsternemings en die toetsing van water een keer per jaar vereis of selfs kwartaaliks. Die doel van dié watermonsterterneming en inligtingsessie, is om die vereistes daar te stel, te verduidelik en te demonstreer. Die bottel of houer met die water in wat na die betrokke laboratorium gestuur word, moet byvoorbeeld ten alle tye steriël wees. Die persoon wat die monster hanteer, mag ook nie raak aan die binnekant van die bottel nie. Hul hande moet ook ten alle tye skoon gewas wees. Die vereistes word nie altyd deur die boere gevolg of verstaan nie, wat veroorsaak dat daar getwyfel word aan die resultate. Watermonsterneming binne die industrie is baie belangrik, vertel Juanine Langeveldt van Merieux NutriScience. Boere besproei hul

vrugteboorde met water wat aangeplant is vir menslike gebruik. Indien enige mikro organismes binne die besproeiingswater is en die water dus besmet is, kan die verbruiker siek word, verduidelik Langeveldt. Water word ook vir chemiese elemente getoets (pH,yster, metale, chloor, magnesium ens). Wanneer die chemiese elemente te hoog is, sal dit ook ‘n negatiewe uitwerking op die verbruiker hê, asook op die smaak van die water wat gedrink word. Die Suid Afrikaanse Nasionale Gebottelde Water Vereniging stel sekere vereistes en standaarde om seker te maak dat drinkwater onskadelik is vir die verbruiker se maag en ingewande. Mikrobiologiese en chemiese analieses kan dus op water gedoen word wat vir die kliënt ‘n aanduiding sal gee wat die water bevat en of die water aan die nodige spesifikasies voldoen of nie.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.