c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
20 Maart 2019
64.2%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 510
20 Maart 2019
•KAT DEUR INWONERS GERED
Vaalkat kruip diep in konstabels se harte •Charlotte Lesch Stefaans (1) het die tipe persoonlikheid wat daartoe geneig is om vinnig in almal se harte te kruip. Hy is vriendelik, speel graag en is boonop fluweelsag wanneer hy teen jou been kom skuur vir ‘n bietjie aandag. Dis Stefaans, die praktykkat wat die Malmesbury Dierehospitaal sy huis noem. Onder personeellede staan hy beter bekend as Vaalkat. Hy slaap gewoonlik in ‘n mandjie in Dr. Anroné Bezuidenhout se spreekkamer, maar moes dié slaapplek vereers verruil vir dié van ‘n hospitaalbed. Vrydagaand, die 22ste Februarie, het sy vriendelike gesig in een van paniek omgeskakel toe hy deur ‘n motor in Hugenotestraat agter die praktyk raakgery is. Plaaslike polisiekonstabels aan diens daardie aand, het die voorval sien gebeur en by die kat gestop. Inwoners van die buurt het op hul beurt Vaalkat se benoude krete gehoor en hom te hulp gesnel. Marlene en haar man Kassie Carstens het vermoed dit is een van die twee praktykkatte by MDH. In hul haas om by hom uit te kom, het hulle nie ‘n foon byderhand gehad nie. Konstabels Alex Floris en Chesley Hendricks bied toe ‘n foon aan om een van die veeartse, Dr. Bezuidenhout te bel. Bezuidenhout, oorspronklik van Klerksdorp, wat sedert September by die maatskappy werk, vertel dat sy net in die bed wou klim toe die oproep deurkom. “Ons jaag toe van die huis af na die praktyk.” Met hul aankoms het blou ligte vir haar en haar man begroet en Kassie wat op die trappe by Vaalkat in die beligting van die polisiemotor sit en wag.” Hulle het uit hul pad uitgegaan om iemand te
Vaalkat lyk in sy noppies met die polisiekonstabels wat sy lewe help red het en is heel tuis in die spreekkamers van die Malmesbury Dierehospitaal. kontak en die arme dier nie net daar te los nie,” vertel Bezuidenhout. “Sonder hulle hulp, sou ons hom die volgende dag dood gekry het. Ons waardeer hulle hulp geweldig baie,” voeg Bezuidenhout by. Vaalkat is gestabiliseer, op ‘n drip geplaas en skok –en pynbehandeling toegedien met die operasie wat die volgende oggend sou volg. Marlene het reeds vroeg die volgende oggend kort voordat narkose toegedien is, die gryskat pasiënt kom besoek . Vaalkat se rugspiere is tydens die voorval beseer. Bezuidenhout het die volgende dag op hom geopereer waartydens sy ‘n groot stuk rou vleis teen die werwelkolom moes verwyder. “Dit was soos maalvleis gewees.” Sy stert is ook nog op die stadium gedeeltelik verlam, hoewel sy vermoed dat dit dalk sal reg kom. Daar was tot almal se verligting geen frakture nie. Dit is nou ‘n paar weke later en Vaalkat staan op sy eie en loop tot waar hy toegelaat word. Hy word nog onder toesig gehou tot hy sterk genoeg is. “Hy is ‘n nuuskierige kat. As ons hom nou los-
laat, sal hy buitentoe gaan.” Hoewel hy graag sy hospitaalbed wil verruil vir die opelug, is hy vir nou baie tevrede met die lekker hospitaalkos wat hy daagliks ontvang. “Hy is baie bederf met sy hoendervleis,” lag sy. Die volgende aand is Bezuidenhout en haar man wéér na die praktyk om ‘n oog te gooi oor ‘n ander siek pasiënt. Hulle het net uit die parkeerterrein terug huis toe begin ry, toe hulle deur die polisie afgetrek word, blou ligte en al. Dit was dieselfde konstabels wat wou hoor hoe gaan dit met Vaalkat. Hy deel sy “huis” met nog ‘n kat, Wimpie wat ook permanent daar woon. Vaalkat word deur Bezuidenhout as ‘n groot gees in die praktyk beskou. Hy dring ook aan op sy aandag, veral nou wanneer hy in die hok moet slaap. “Hy maak sy stem dik.” Vaalkat, met sy groot gees en groot persoonlikheid, het besluit dat dit nog nie tyd is om te gaan nie en die res van sy nege lewens voort te sit onder die wakende oog van MDH se passievolle personeel.
NUUS • NEWS