courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier
dié
20 Maart 2019
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Uitgawe 510
Bou saam met goeie nuus
Diabetes stuit Daleen nie Bl 2
Vroue brei vir nuwe rekord Bl 2
20 Maart 2019
Sakekamer vereer lede Bl 4
•MINISTER OPENS DOORS TO HOSPITAL
Better infrastructure and service delivery
On Monday the Western Cape Health Minister, Dr Nomafrench Mbombo, officially opened the newly upgraded, state of the art Vredenburg Hospital in the Saldanha Bay Municipal area. This facility is one of several in the West Coast District that received upgrades over the past two years, including Louwville, Langebaan, Velddrif, Porterville and Clanwilliam. This newly upgraded hospital gives effect to the Healthcare 2030 aim of providing highquality health facilities at district hospital level. The upgrades to Vredenburg Hospital forms part of a revitalisation process to improve the infrastructure and service delivery in this community. Vredenburg Hospital was identified with having a need for additional services because of the growing population in the broader community. All the additions were done in phases, and is
now concluded at a cost of over R 172 000 000. “It is important for us as a government to ensure that the healthcare package offered in our facility suits the need of our communities, and therefore we constantly have to expand our services. The upgrade of the Vredenburg Hospital is in direct response to the community`s needs and that is why we pride ourselves in what we offer our patients. We continuously strive to offer the best services to all our clients in the best possible facilities,” said Minister Mbombo. Upgrades at the hospital include: Facilities for patients – theatre unit, paediatrics unit, rehabilitation unit, psychiatric unit. Administrative or servicing functions – administration unit, procurement unit, admissions unit, laboratory.
Hospital services – kitchen, workshop, refuse, mortuary, electrical & mechanical plant rooms. “Yes we are under enormous pressure in terms of our finances. We dealt with a drought and water crisis, our aging infrastructure, unfunded mandates and statutory requirements, to name a few. “But we are here today because we listened to the people of the West Coast. We are giving you an upgraded hospital, with better services and a state of the art facility, which you can be proud of. This is the community`s asset. I hope the people of Vredenburg and the West Coast takes pride in it and treasure this asset. “To our staff, thank you for all your hard work and I hope that you will continue to serve the community with passion and dedication,” said Minister Mbombo.
NUUS • NEWS
2
20 Maart 2019
NUUS • NEWS
Diabetes stuit Daleen nie Die geraas van eetgerei en `n gewerskaf in die kombuis is die agtergrondgeluide terwyl `n geselsie met Daleen Igbokwe aangeknoop word. Daleen is `n evangelis wat hoofsaaklik in Afrika-lande met kinders werk. Haar lewe het egter onlangs `n drastiese draai gemaak nadat haar linkerbeen net onder die knie afgesit moes word. Daleen is `n diabeet, `n siekte wat al jare gelede by haar gediagnoseer is. Maar soos ons almal, gesels sy, het sy die diagnose geïgnoreer en geëet wat sy wil en was nie skaam om dikwels sjokolade by haar dieët in te sluit nie. Die gevolg van haar onverskilligheid was dat die bloedsirkulasie na die voet toe al moeiliker geraak het en uiteindelik het gangreen ontwikkel. Die been moes afgesit word en terwyl sy in die hospitaal was, het `n drukseer ontwikkel. Dit was so groot soos `n mens se vuis en die wond het sekondêre infeksie opgedoen. Nadat sy ontslaan is, het Daleen `n tuiste gevind by Olive Manor House op Saldanha, waar sy genadiglik onder die bekwame en helende hande van suster Monica Baatjes geëindig het. Suster Monica en haar man Nigel is die eienaars en bestuurders van hierdie halfweg-gesondheidshuis waar hoofsaaklik na dementia- en alzheimerpasiënte omgesien word. Dit is hier by Olive Manor House waar die wonderwerke vir Daleen dag na dag plaasvind. Suster Monica het oop kaarte met Daleen gespeel en volgens haar jarelange ondervinding met hierdie grootte bedsere sou dit ten minste `n jaar neem om te herstel. Maar Daleen se geloof in God het onwrikbaar gebly. Sy weet dat honderde mense vir die genesing van die bedseer en die stompie se volkome genesing bid en sy het in geloof daaraan vasgeklou dat God elke gebed hoor. Die spoed waarmee sy herstel, is merkwaardig. Suster Monica sien met haar eie oë hoe die bedseer daagliks kleiner word en binne `n paar weke het die wond aan die stompie ook `n droë kors gevorm. Daleen is deur `n moeilike tyd, gee sy toe. In die hospitaal, na die amputasie, en later ook by Olive Manor House, het sy besef dat haar lewe voortaan heeltemal anders sou wees. Terwyl sy haar gedagtegang in nuwe rigtings vir haarself
moes leer stuur, het sy ook die tyd gebruik om in gebed deur te bring en veral pasiënte saam met haar in die saal aan die Here opgedra. By Olive Manor House is sy redelik afgesonder en spandeer haar tyd hoofsaaklik aan haar internetbediening op facebook, waar sy sowat 4000 volgelinge het. Haar kop staan terug bediening toe en aan geleenthede is daar geen tekort nie. Sy het uitnodigings ontvang van Kenia, Uganda, Tanzanië, Indië en Pakistan. Kenia bied in Desember `n vroue-konferensie aan en sy is genooi om dit by te woon, maar sy wil aan die Here gehoorsaam bly en wag op Sy Planne vir haar. Die einde van die maand vertrek sy na Pretoria, na haar kinders toe, waar sy hoop om ook `n prostese te kry. Daleen het `n aantal lesse geleer uit haar ervaring, waarvan die grootste is dat mens na jouself en jou gesondheid moet omsien. En dat, as jy nie aan die Here vashou elke oomblik van elke dag nie, daar nie vir jou hoop is nie.
Vroue brei vir rekord `n Klompie baie opgewonde dames van die Weskus het ingeskakel by `n landswye breiprojek om twee wêreldrekords te probeer verbeter wat in die Guinness Wêreldrekords aangeteken sal word. Die een rekord is vir die grootste gebreide kombers ooit en die ander vir die meeste komberse wat op een slag aan liefdadigheid geskenk word. Ivis Adendorf vertel: “Ons brei Suid-Afrika se landsvlag! 72 600 stroke van 300mm wyd en 900mm lank. Die grootte van elke kombers is 1200mm x 1800mm. Twaalf bolle wol maak een kombers van agt stroke (een strook gebruik 1,5 bolle wol). “Aan die einde van die projek gaan al die stroke aan mekaar vasgewerk word om een groot kombers – die grootte van vier rugbyvelde – te vorm. Hoërskoolleerlinge van die Vaaldriehoek gaan op 6 & 7 Junie die komberse met tentnaalde aanmekaar werk vir die eerste Guinness Wêreldrekord-poging op 8 Junie. Die tweede rekordpoging is Sondag, 9 Junie, wanneer daar gepoog gaan word om die meeste komberse op een slag uit te deel.” Die maande se beplanning en breiwerk kom dan bymekaar by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg. Die komberse sal uitgestal word tydens `n feestelike geleentheid met kosstalletjies, musiekkunstenaars en talle aktiwiteite vir kinders en volwassenes. Die gedagte vir die liefdadigheidsprojek is gebore in Vanderbijlpark en word bestuur deur Jaco Verwey, ondervoorsitter van die Golden Triangle Sakekamer in die Vaaldriehoek. Hy het met die gedagte gekom vir die groot projek.
Jaco het vertel dat die hoofdoel van die projek is om te wys dat, alhoewel die Vaaldriehoek gesien word as `n afgeleë plekkie met die vuilste rivier in die land en `n swak munisipaliteit, daar ook iets goed uit kan kom en daar teruggeploeg kan word in die gemeenskap, maak nie saak wat die omstandighede rondom jou is nie. Breiwerk aan die kombers het reeds landswyd in Oktober 2018 begin en die eindproduk sal `n kombers van 19 602 m² wees wat uit 9 075 komberse van 1,2m x 1,8m bestaan en soos die Suid-Afrikaanse vlag sal lyk wanneer dit aanmekaar gewerk is. Meer as 2 000 mense landwyd is reeds deel van die projek en daar word gebrei dat dit gons. Altesaam 14,5 ton wol word gebruik om die kombers te maak en slegs die wol kos die organiseerders R1,4 miljoen. Skenkings van R1 miljoen vir die wol is reeds ingesamel, wat hoofsaaklik uit die Vaaldriehoek kom. Nog breiers kan betrokke raak. Wol word afgelewer en `n patroon word verskaf. Al wat die breier nodig het is nommer 4- of 5- breinaalde. Mense kan ook geldskenkings maak wat aangewend sal word vir aankope en vervoer van wol en komberse, asook die organisering van die onthullingsgeleentheid. Enige navrae om plaaslik betrokke te raak kan gerig word aan Ivis Adendorf op 071 779 8300. Sy en van haar vriendinne het reeds Saterdag begin brei en kom weer bymekaar by Nikella koffiewinkel by die Ipic-Sentrum Donderdagoggend, 21 Maart van 09h00 tot 11h00. Dit is `n lekker saambrei-kuier en die wat wil, kan ook ontbyt nuttig.
NUUS • NEWS
3
20 Maart 2019
•VYF NEEM HUL INTREK BY HUIS AAN DIE WESKUS
Uile kies Langebaan as hul tuiste
•Madi Pieterse Onbewus van die groot aftrek wat hulle geniet, is vyf uile (gevlekte ooruil) van Langebaan besig om wêreldroem te verwerf. Die uile – Pappa Kwaaitjie, Mamma Klaradyn, boeties Kevin en Bob en sussie Bettie – het hulle tuisgemaak op Alta en Francois Vrey se werf. En dit blyk nou hulle permanente tuiste te wees. Eintlik was dit Kwaaitjie en Klaradyn wat eerste die werf as hul nuwe huis gekies het. Die boeties en sussie is kort daarná daar uitgebroei. Die Vrey-egpaar het sowat `n jaar gelede die eerste keer van die uilpaar bewus geraak terwyl hulle in die tuin gewerk het. Alta het die twee in een van die bome op die erf opgemerk. En van daardie dag af was die uile deel van hulle lewe. Vir `n lang tyd het Alta en Francois gedink dat Klaradyn die mannetjie was. Sy het ook net een oog en was vir lank Eenoog, maar na die ontdekking dat sy eintlik die wyfie is, het `n vriendin vir Alta gesê dat die naam Eenoog nie mooi is nie en sy het Klaradyn geword. Kwaaitjie was altyd Kwaaitjie. Alta vertel hy is die norste uil wat sy nog ooit gesien het, hy kyk jou uitdrukkingloos aan en hy is net kwaai. Sy is selfs op `n dag só hard met die vlerk teen die kop geklap dat sy teen die skuifdeur vasgesteier het. Maar Alta het besef dit is net omdat hy Klaradyn en die kuikens wou beskerm. Terwyl die Vreys een aand op hulle balkon sit, het hulle opgemerk dat die uilpaar een van die blombakke inspekteer. Hulle het rondom dit geloop en hier en daar in die grond gekrap en besef dat daar nes geskrop word. Buurman se hulp is inderhaas ingeroep om `n uilhuis te bou en die pasgemaakte uilhuis is mooi netjies op die blombak staangemaak. Al die moeite was verniet. Klaradyn het haar eie planne gehad en sy het eenvoudig die ander blombak op die balkon beset en haar eerste eier daarin gelê. Nee wat, besluit Alta, sy gaan die eier uilhuis toe skuif wanneer Klaradyn boom toe vlieg. Met
`n lang lepel waarop die eier baie versigtig gebalanseer word vind operasie eierskuif toe plaas. Ook pure verniet. Teen laat aand het Klaradyn nog nie teruggekom nes toe nie. Later skuif Alta en Francois toe maar die eier terug blombak toe. En nog later, toe Alta met die flits gaan kyk, is Klaradyn terug op die nes met nog twee eiers wat gevolg het. Dit was in die middel van die winter, maar deur reën en koue, sonskyn of wind, sit Klaradyn op die eiers. Hulle word gereeld gedraai en haar vere en vlerke beskerm hulle teen wind en weer. Kwaaitjie dra kos aan. Hy blyk `n baie goeie versorger te wees.
Alta se kleinkind benoem die drie kuikens, wat 35 dae later hulle verskyning begin maak. Sy reken baba-uiltjies is verskriklike lelike goetertjies. Dit beteken darem nie dat sy minder lief is vir die drie nie. Kwaaitjie moet nou baie harder werk om sy groot gesin te versorg en hy dra net kos aan. Alta besluit om ook bydraes te maak en tussen haar hoenderlewertjies en –nekkies en Kwaaitjie se muise en duifkuikens, floreer die uilgesin en die kuikens word groot. Maar nie sonder voorval nie. Bob en Bettie het, nog voor hulle kon vlieg, uit die nes en van die balkon af geval en kon natuurlik nie self terugkom nes toe nie. Alta het hulle gaan optel en weer teruggesit in die nes. Hierna het hulle die balkon beveilig. Alta het ook vir Kwaaitjie help wagstaan. Veral die kraaie het sonder ophou probeer om die kleintjies uit die nes te steel, maar Kwaaitjie se wakende oog en klappende vlerke en Alta met die besemstok het die kuikenrowers weggehou en Kevin, Bob en Bettie het pragtige, volwasse Gevlekte Kaapse Ooruile geword. Klaradyn, Bob en Kevin kom vra steeds kos teen skemer, maar Alta wil hulle nie té gewoond maak nie en sy gee nie elke aand vir hulle nie. Wanneer hulle agterkom dat daar die aand niks gegee gaan word nie, dan raak hulle so een-een weg om te gaan jag. Bettie het haar eie koers ingeslaan. Alta reken sy het reeds rooihakskeentjies en soek maat. Die laaste week of twee, is Klaradyn nie meer so geneë om haar ruimte met die jongelinge te deel nie. Hulle kry kort-kort `n hou met die vlerk en Kwaaitjie is al meer in die omgewing, so asof hy en Klaradyn gereed begin maak om weer nes
te skrop. Dalk is daar eersdaags `n nuwe broeisel uilkuikens wat hulle storie met die wêreld kan deel. Alta verstom haar oor die belangstelling van regoor die wêreld wat die uile ontlok. Sy het die storie van die uile op die Langebaan nuus op die internet gedeel en het kommentaar van plekke soos Quatar, Addis Ababa, Tanzanië en Kanada ontvang waar mense wil weet waar hierdie uile is. Later het sy hulle storie op I Love Owls gedeel en almal wil net weet van die uil-gesin hier op Langebaan. Sy gee nie om om hulle storie met die wêreld te deel nie, want dis `n mooi storie, `n goedvoelstorie, dié storie van Kwaaitjie, Klaradyn, Kevin, Bob en Bettie, die uile van Langebaan.
4
20 Maart 2019
NUUS • NEWS
Velddrif se Sakekamer vereer lede vir puik diens
Porridge:
Superspar Boland donated baby porridge to the Piketberg Mobile Clinic Service, that operate on a fi e week cycle in the Bergrivier rural sub-district, that includes 335 farms. The porridge will be distributed by the clinic, bringing relief where needed. Above: Mandi Young-De Vries and Philip Jankielsohn. Front: Joceline Booys, Frederika Baron, Marlene Visagie, Marietjie Jacobs and Liesel Potgieter.
Blackhawk welcomed
Fire fighting capability in the Western Cape got a boost recently when Working on Fire’s aerial support fleet was bolstered by the arrival of a Blackhawk fire fighting helicopter. “This is an incredible and very welcome addition to the existing aerial capacity we have in the province. "The Blackhawk was deployed to the Franschhoek fires upon its arrival in our province and it made an immediate impact,” says Anton Bredell, the minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning in the Western Cape.
Bredell states that the Blackhawk helicopter, which is owned and operated by Leading Edge Aviation, carries a water bucket (also known as a Bambi bucket) with a 3000 litre capacity. “The Huey helicopters have a 1000l capacity. In addition, the Blackhawk is simply a faster helicopter with better all-weather capability. The helicopter will be in the Western Cape till the end of the current fire season and will be based in Stellenbosch.” The Franschhoek fires were contained thanks to the incredible efforts by all the partners and fire fighters active in the region.
Die twee sprekers tydens die funksie, Ray van Rooyen, burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, links en die voorsitter van die Drakenstein Sakekamer, Dirk Breytenbach, regs sal met Velddrif Sakekamer se erelid en beskermheer, Monté van der Westhuizen. Velddrif Sakekamer het Donderdagaand, 14 Maart, tydens `n gesellige geleentheid toekennings oorhandig aan besigheidsmense wat die afgelope jaar besonder presteer het in hulle onderskeie besighede. Die funksie is aangebied by Die Boma by Port Owen Seiljagklub en gassprekers tydens die geleentheid was die burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, Ray van Rooyen en Dirk Breytenbach, voorsitter van die Drakenstein Sakekamer. Tydens die geleentheid is Monté van der Westhuizen, jarelange lid van die Velddrif Sakekamer, aangewys as ere-lid en sal voortaan as beskermheer vir die orgaisasie optree. Besighede het as volg presteer: Kleinhandelsektor: OK Foods Central High Trading 259CC Bergrivier Motors Spesiale Meriete-sertifikaat: Anne’s Trading (Gelykop telling) Spesiale Meriete-sertifikaat: Nossab Fisheries (Gelykop telling) Dienstesektor: H-IT Computers Efficient Wealth Chas Everitt - Jomarie Louw Spesiale Meriete-sertifikaat: MONCOR Elektries (Gelykop telling) Mediese Sektor: Dr Vermeulen Dr. Raubenheimer Sanra Conry Toerismesektor: Charlie’s Brewhouse Riviera Hotel Russells on the Port
Vervaardigingsektor: Stretchtents International La Likhala’s Steelworks West Coast Solar Publieke Skakelbeampte: Carel Pretorius & Ian Evert - Central High Trading 259CC - (Gesamentlike eerste plek) Corné van Wyk - Port Owen Yacht Club Danica Bleeker - Russells on the Port Rybaan-Assistent: Betsie Fransa - Bergrivier Motors Munisipaal: Eugene Baumeester SAPD: A/O Shaun van Zyl Landbou Sektor: Overberg Agri Velddrif Kuifkopvisvanger Klein Tafelberg Korporatiewe Sektor: Eigevis Group of Companies Velddrif Salt Company Blue Ocean Mussels Opkomende Besighede: Weskus Industriële Park Op die Hoek Winkel Marius Mostert Dienssentrum Gemeenskapsbetrokkenheid: Bettie van der Merwe FDSA Russell Foster Velddrif Animal Care (Gesamentlike derde plek) Jenna Wenn van Velddrif Animal Care (Gesamentlike derde plek) Matthew Zimmermann van Velddrif Animal Care (Gesamentlike derde plek) Ewald van Wyk (Gesamentlike derde plek)
NUUS • NEWS
20 Maart 2019
Winkelshoek se Petroport die beste in die land
5
Van links staan Gaseefah Martin wat die toekenning namens die personeel ontvang het, FC Conradie (mede-eienaar) en Tjaart O’Conelle, die trotse bestuurder van Petroport Piketberg. Onder en links: Die personeel van Bonjour, die geriefswinkel van die vulstasie, asook die rybaan is saam trots op hul toekenning.
Petroport Piketberg en personeel het gedurende die afgelope Desember op nasionale vlak presteer nádat hulle groot gewen het by die onlangse Total Elite Toekkeningsgeleentheid. Petroport Piketberg spog met ‘n eerste plek in die Brandstof-afdeling en ‘n tweede plek in die Bonjour Geriefswinkel-afdeling, terwyl dié Piketbergse vulstasie as die algehele nasionale wenners vanuit alle Total vulstasies gekroon is. Met hierdie prestasie is die personeel ook ‘n verdere R100 000 ryker. Winkelshoek se Petroport Piketberg het ook saam met die groot opwinding, hul tweede bestaansjaar gevier wat in Desember plaasgevind het. Sedert hul opening in Desember 2016 wat met verdere uitbreidings en veranderings op die terrein gepaard gegaan het, gaan die besigheid van krag tot krag met groot beplanning wat op die horison wink. Verskeie opwindende projekte word vanjaar aangepak. Die projekte sluit ook talle kompetisies in waar kliënte lekker kan wen.
Die uitbreidingsplanne hou boonop ook verdere werkskeppingsgeleenthede in. Die afgelope twee jaar is daar hard gewerk, baie geleer en boonop gegroei. Nie net op besigheidsvlak nie, maar ook in hul verhouding met kliënte en die plaaslike gemeenskap. Winkelshoek is oortuig daarvan dat geen besigheid suksesvol kan wees sonder die volgehoue ondersteuning en waardevolle insette van die gemeenskap nie . Café Bonjour se nuwe spyskaart slaan sedert Desember verlede jaar asems weg. Café Bonjour spog met ‘n spyskaart wat ‘n gesonde leefstyl bevorder. Kom geniet ‘n yskoue vrugte FREEZO terwyl die somer nog hier is of ‘n kraakvars broccoli slaai. Die vars pastei-afdeling sal ook almal se mond aan die water kry wat ‘n groot verskeidenheid insluit soos wildspastei, beesvleispastei en hoenderpastei om net ‘n paar te noem. Daar is ‘n feesmaal van produkte vir elke individu se unieke smaak.
Die Winkelshoek Padstal wat reeds bekend is vir hul watertand roosterkoeke, spog nou met ‘n pizza-afdeling wat die heerlikste pizzas binne slegs 60 sekondes gereed het, asook vars kaas teen slegs 80/kg. Wat is nou lekkerder as om aan ‘n stukkie biltong of droëwors op die pad te peusel. Besoek Winkelshoek Padstal vandag nog waar die lekkerste biltong en droëwors gevind sal word. Wanneer jou vierpotige vriend saam reis, is Winkelshoek net die plek om te stop met hul nuwe hondehoekie waar honde water kan drink en hul bene kan rek. Daar is ook nie vergeet van die kleinspan nie. Kinders kan nou die hasies kom vryf en wortels voer by die nuwe kinderhoekie, terwyl mamma of pappa inkopies doen. Dit is ook die ideale plek om te kom piekniek hou saam met die hele gesin. By Winkelshoek en Petroport Piketberg, gaan dit nie net oor die opvul van brandstof nie. Win-
kelshoek en Petroport Piketberg is ‘n bestemming op sy eie waar daar na elke behoeftes van hul kliënt omgesien én voorsien word. Winkelshoek streef na die beste diens vir elke kliënt en om alle besoekers welkom en gemaklik te laat voel. Vriendelike gesigte deur elke personeellid van nagenoeg 120, is gewaarborg. Indien jy na inligting rakende bestemmings in die omgewing verlang, hoef jy nie verder te soek as Winkelshoek nie. Piketberg Toerisme is ook nou sedert die begin van die jaar op die terrein gevestig en met nagenoeg 20 busse vol toeriste wat byna daagliks daar stop, is dit beslis ‘n ideale bestemming vir die kantoor. Die personeel is net so vriendelik en gereed om aan besoekers se navrae te voldoen. Winkelshoek en Petroport Piketberg bedank die plaaslike gemeenskap, maar ook omliggende gebiede en hul gemeenskappe wat beskou word as deel van die span. “Niks sou moontlik wees sonder die getroue bystand van almal nie.”
6
20 Maart 2019
Relay staan vir niks terug
NUUS • NEWS
Sportdag: Hoërskool Vredenburg verlede week weer ‘n suksesvolle Nashua Sportdag aangebied waartydens sportsoorte soos hokkie, skaak, sokker, rugby en netbal aangebied is. Die skool se verskillende spanne het gemengde welslae behaal, maar die o/19A netbalspan het besonder goed presteer en al hulle wedstryde van die dag gewen. Die span se oorwinnings was ‘n perfekte afskeidsgeskenk vir hulle afrigter, juffrou Abrahams. Alle deelnemende skole asook die borg is bedank vir hulle ondersteuning. Die wind het gewaai. En dit was koud. Maar nie eers slegte weer het die mense met `n hart vir kanker gekeer om Saterdag en Sondag die Vredenburg Relay For Life, gehou by die Vredenburg Sportgronde, te ondersteun nie. Dik aangetrek, met groot glimlagte op die gesig en baie entoesiasme het honderde mense deelgeneem en dagbesoekers verwelkom, terwyl die nag se stap voorgelê het. Daar was mense van jonk na oud – party nog in hul stootwaentjies en ander wat met rolstoele oor die weg kom – maar saamstap en ondersteun dié het elkeen wat daar was. Elke persoon se betrokkenheid by hierdie geleentheid het `n bydrae gelewer en hoop gebied. Daar was musiek, en `n blaasorkes, en `n tentedorp het op die veld verrys waar stappers kon gaan rus en stalletjies met verversings en snuisterye was oral te sien. By die Cansa mobiele kliniek, met tannie Kathy aan die die stuur van sake, asook `n aantal vrywilligers, is kankersiftingstoetse gedoen. Daar was 63 spanne met `n gemiddeld van vyftien deelnemers per span, 650 dagbesoekers asook 150 kanker-oorlewendes en 70 versorgers
(caregivers) wat die VIP-funksie bygewoon het (Kobus Matthews was een van die kunstenaars by dié funksie). Kunstenaars wat die aand op die buitelugverhoog opgetree het was Rooies, Due West, Bianca Willemse en die Keys To Heaven Musiekskool. Spanne het deelgeneem aan die boeresport en die ‘Human Health game’ wat ook die aand aangebied is. Die span wat die aand as die kankerslim-span aangewys is, is This Is Us (St Monica`s Youth) nadat hulle die ‘Human Health game’ gewen het. Die Siyadaisies (Siyabonga) was die span met die beste gees, terwyl Saldanhabaai Munisipaliteit se span aangewys is as bes-aangetrekte span. Die baniertrofee asook die meeste fondse ingesamel deur `n individuele span is Busy Beezz, terwyl die ‘Most Funds Corporate’ gegaan het aan St Andrews Primêre Skool. Tot op datum is `n bedrag van R201 000 ingesamel. Die reën wat Sondagoggend uitgesak het, het die Relayers kans gegee om die geleentheid op gepaste wyse af te sluit voordat die aarde ook geseën is.
Rugby: Hoërskool Velddrif se o/16 rugbyspan en Hoërskool Weston se o/16B rugby-
span het verlede Saterdag kragte gemeet tydens Hoërskool Vredenburg se Nashua sportdag. Dit was `n taai wedstryd en baie mooi rugby is gespeel. Alhoewel Weston met 10-5 gewen het, het Velddrif se span op Weston se doellyn geboer en meeste balbesit gehad. Foto: Estelle Haward
Saldanha Bay celebrates Global Recycling Day Saldanha Bay Municipality marked Global Recycling Day on Monday, 18 March with a one hour Open Day for visitors to the Materials Recovery Facility at the Vredenburg Landfill Site on the R45. Global Recycling Day was created in 2018 to recognize the importance recycling plays worldwide in preserving resources and helping to conserve our environment. March also marks the end of the first threeyear municipal programme delivering the doorto-door recycling collection service to residents. Starting in Langebaan in 2016, the service was extended in the second year to Hopefield, Vredenburg, Paternoster and Jacobsbaai, with St Helena Bay and Saldanha Bay coming on stream in October of last year. The service will continue in the next three-year financial period. The participation rate in the Saldanha Bay
Municipal area is currently 34%. One out of every three households recycle. This is well above the average of South Africa. However, many more residents and households are encouraged to join in. “We`ve made it easy for everyone who wants to recycle. Free recycling bags are available from all Saldanha Bay Municipal offices. “Gather your dry household recyclables (paper, plastic, glass and tins) in the bag and put it out on the pavement on the same day as refuse removal. It will then be swopped for a fresh bag. You`ll be on your way to make recycling a weekly routine in no time,” said David Wright, Senior Manager, Solid Waste and Bulk Water Supply. For more information about the recycling service, click on the recycling logo at the bottom of Saldanha Bay Municipality`s homepage at www. sbm.gov.za.
NUUS • NEWS
7
20 Maart 2019
Dagboek • Diary • Dagboek • Diary • Dagboek •
Geleenthede Saterdag 23 Maart: Langebaan Country Estate Weskus Marathon – (022) 772 2112. Dinsdag 26 Maart: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir April Helmut's Pensioner jet. Donderdag 27 Maart: Vredenburg Tuinbouklub. Die Tuinbouklub besoek Scotts Kwekery om 09h30. Plae en ander tuinprobleme word bespreek. Alle lede en nie-lede is welkom. Navrae Elsabé Kruger 082 416 6305. Donderdag 28 Maart: Weskus Sakekamer-funksie, Juffroushoogte Gasteplaas, Vredenburg, 07h30 vir 08h00. Navrae info@weskussakekamer.co.za. Saterdag 30 Maart: NG Kerk Hopefield basaar. Ontbyt 07h30-10h30; stalletjies open om 09h00 tot so middeldag. Vleistafels, poedings, braaivleis, gebak, plantjies, ‘crafts’, kindertafel. Almal is welkom - Engela 076 696 3570. 5km pretloop saam met NG Kerk Hopefield Basaar – inskrywings om 07h30 en wegspring om 08h00 vanaf kerk se parkeerterrein. R10 volwassenes, R5 kinders o/12. Loop of hardloop saam in jou mees kleurvolle klere en kleure. Pryse “Best Dressed” asook gelukkige trekkings. Navrae Sumarie Dettmer 071 537 3308. Rooibosteefees, Clanwilliam – Sanet (027) 482 1007 / admin@rooibosinfohub.com Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 31 Maart: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Saterdag 6 April: Velddrif Netbalklub jaarlikse Gholfdag, 4-bal beterbal. Enige navrae kan gerig word aan Ige Theron op 078 893 0747. Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h00-12h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@gmail.com to book your spot. Art workshop @ Pumpkin House Langebaan. Contact Hanli Theron 082 853 8187 / arts2gether@gmail. com Piquetfees, Piketberg. Navrae Piketberg Toerisme (022) 913 2063 / tourism@piketberg.com / www.piketbergtourism.co.za Paasfees Blommemark, Goedverwacht – 083 872 7149 / 073 957 9549 / www.travelbergrivier.co.za Sondag 7 April: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Saterdag 13 April: Badisa Aan Oewer Dienssentrum Velddrif basaar. Navrae (022) 783 0048.
Sondag 14 April: NG Kerk Hopefield bied aan PASSIESPEL: die Lyding en Kruisiging van Jesus, geskryf deur Willa Kapp. Almal welkom, 19h00. Navrae 083 443 4742. Saterdag 27 April: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sunday 28 April: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Dinsdag 30 April: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Mei Plastic. Sondag 5 Mei: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Thursday-Sunday 23-26 May: Presidence Trophy Air Race, Saldanha Airfield – 082 460 4970. Saturday-Sunday 25-26 May: Darling Brew Extreme – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www. darlingbrew.co.za. Saterdag 25 Mei: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Saterdag 25 Mei: Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Dinsdag 28 Mei: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Junie Panning or motion blur. Saterdag 1 Junie: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h00-12h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@gmail.com to book your spot. Sunday-Tuesday 2-4 June: Vans Surf Pro Classic, Lambert`s Bay – (022) 921 3292 / 079 529 7137. Sondag 2 Junie: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Dinsdag 25 Junie: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Julie Macro. Vrydag-Saterdag 28-29 Junie: Snoek- en Patatfees, Goedverwacht – 078 316 3988. Saterdag 29 Junie: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833
Camino gaan van krag tot krag
Twee vennote van Hondeklipbaai, Elize Kruger en Ina Vosloo, van die pragtige Namakwalandse kusdorp Hondeklipbaai, se breinkind gaan van krag tot krag. Die twee vennote is ywerige stappers en het in 2017 aan die Tankwa Camino deelgeneem. Ná die staptog, terug in hulle tuisdorp, het hulle gou besef dat hulle unieke omgewing `n soortgelyke en selfs meer verrykende stap-ervaring kan bied. Baie maande se beplanning, kilometers se rondry en die insette van `n “recce” het gevolg voordat die eerste Namaqua Camino in Mei 2018 aangebied is. Die blommetyd Namaqua Camino in September was gou vol bespreek en 25 stappers het die staptog aangepak. Alhoewel dit nie ‘n vreeslike goeie blommejaar was nie, het die stappers nogtans verwonderd gestaan oor die unieke natuurskoon en ongerepte kuslyn in die Groen-Spoeg gedeelte van die Namakwa Nasionale Park. Vir baie van hulle was dit ‘n eerste besoek aan Namakwaland en dus was die ‘omstandighede’ (lees - min of geen verkeer, rustige stilte, veilige omgewing en voetpaadjies deur die veld, vriendelike en gulhartige mense, toilette en waterkanne wat bedags en oornag langs die pad opgeslaan en neergesit word en more-oggend steeds daar is) dikwels heeltemal buite hulle verwysingsraamwerk. Die terugvoer van die twee groepe stappers was baie positief! Die Namaqua Camino is werklik ‘n uitsonderlike en enig in sy soort stap-ervaring! Die roete, waaraan steeds geskaaf en verbeter word, is ongeveer 260 kilometer lank en word oor tien dae gestap. Drinkwater en opslaantoilette word daagliks elke vyf kilometer langs die gemerkte roete neergesit en word gou
‘n welkome baken waarna stappers uitsien. Die staptog begin en eindig in Hondeklipbaai. Oornagkampe is op privaat plase en in die kusgedeelte van die Namakwa Nasionale Park. Net een van die vele hoogtepunte op die roete is dag agt se stap tussen Varswater en Boulderbaai. Die paadjie kronkel heeldag kuslangs met onder meer ‘n vyf kilometer lange wandeling oor ‘n ongerepte, spierwit strand. Elke dag se omgewing en omstandighede is anders. Vanaf die plat Sandveld tot in die Namakwalandse Klipkoppe en dan weer eens af tot by die kus, verander die natuurskoon en toestande daagliks. Die roete is uitdagend, dog doenbaar en dit word aanbeveel dat stappers goed moet voorberei en sorg dat hulle stapfiks is. Dit is ‘n bystandsroete wat beteken dat deelnemers slegs met ‘n dagsak stap. Bagasie word tussen oornagkampe vervoer. Die Namaqua Camino-span verskaf daagliks ‘n tweegang maaltyd, vrugte, koffie, tee, versnaperings en beskuit. Stappers bring net hul eie drink- en peuselgoed. Die Namaqua Camino het baie gou baie gewild geraak. Datums vir Augustus en September is reeds vol bespreek en daar is slegs elf plekke beskikbaar vir 2-11 Mei se tog. Die koste vir 2019 se staptogte beloop R9 750 per persoon. Datums vir 2020 is reeds vasgestel: 13-22 Augustus; 3-12 September; 24 September - 3 Oktober. Die koste vir 2020 beloop R10 750 per persoon. Enige navrae kan gerig word aan Elize Kruger op +27 083 6745045 of besoek die webwerf www.namaquacamino.co.za.
700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 30 Junie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Saterdag 6 Julie: Badisa Aan Oewer Dienssentrum, Velddrif het `n pannekoekstalletjie by die Bergrivier Winterkarnaval as fondsinsamelingsprojek vir die dienssentrum. Darling Winter Beerfest – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www.darlingbrew.co.za Sondag 7 Julie: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Saterdag 27 Julie: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 28 Julie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Dinsdag 30 Julie: Badisa Aan Oewer Dienssentrum Velddrif hou konsert. Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Augustus From Above. Saterdag 3 Augustus: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Sondag 4 Augustus: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Saterdag 24 Augustus: Piket Uitdaag, Piketberg – Annelle Vercuiel 073 031 4922. Sondag 25 Augustus: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Dinsdag 27 Augustus: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir September Exploding Things. Saterdag 31 Augustus: Hopefield MTB Ride Your Best Ride. Inksrywings vanaf 1 Junie. Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting.
Sondag 1 September: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Vrydag-Sondag 6-8 September: Darling Voorkamerfest – www.voorkamerfest-darling.co.za. Saterdag 7 September: Piket-Bo-Berg Cycle Challenge & Trail Run – Delanie Jooste 074 117 5743. Saterdag 14 September: Kardoesie N7, Piketberg Track/Cycle Challenge – Hanri Theron 076 508 3523. Vrydag-Sondag 20-22 September: Darling Veldblommeskou – info@darlingflowers.co.za. Goedverwacht Erfenisfees – 083 872 7149 / 073 957 3549 / www.travelbergrivier.co.za. Dinsdag 24 September: Saldanha Erfenisfees – 083 697 4897. Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Oktober Low Light. Saterdag 28 September: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 29 September: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Saterdag 5 Oktober: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Sondag 6 Oktober: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Friday 18 October: The U MTB Stage Race, Piket-B-Berg – Delanie Jooste 074 117 5743. Vrydag-Sondag 18-20 Oktober: Peter Tosh-fees, St Helenabaai – 062 182 6716. Vrydag-Saterdag 25-26 Oktober: Madeliefie Makietie, Strandfontein – Cindy Schade 071 151 6526 / cindy@namaqua-eng.co.za. Vrydag-Maandag 25-28 Oktober: Harley Davidson Biker`s Rally, Lambert`s Bay – Hannes Coetzee 079 148 1315. Saterdag 26 Oktober: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Piketberg, Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 27 Oktober: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451
8
courant
dié
20 Maart 2019
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
20 Maart 2019
Atletiek: Vier atlete van Hoërskool Hopefield het die afgelope naweek uitstekende
prestasies behaal tydens die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms wat by Dal Josafat in die Paarl aangebied is. Van links staan Denmar Jacobs – goud seuns o/17 110m hekkies; Anja Prins – goud dogters o/17 hamergooi; Ella van Vuuren – brons dogters o/15 5km stap; en Stephanie van Zyl – brons dogters o/19 10km stap.
Vredenburg sit segetog voort
Die vyfde rondte van die Suid-Boland Mans- en Dames Tennisliga het die verlede naweek plaasgevind. Vredenburg Tennisklub het sy segetog voortgesit en gewen in al die afdelings waaraan deelgeneem is. Die A-span het hulle sterkste teenstander, Kuilsrivier, oortuigend met 12-0 gewen en ook twee bonuspunte verdien vir `n verdere voorsprong na 14-0. Die span het reeds 63 punte op die punteleer en is steeds die voorloper. Slegs twee rondtes bly oor en hierdie span is sterk oppad om die 2de liga te wen. Hulle sal dan aanstaande jaar in die Groot Uitdaag-Kompetisie deelneem. Die B-span het ook nie op hom laat wag nie en in `n tuiswedstryd teen Durbanville gemaklik met 11-2 gewen. Vredenburg B is nou reeds meer as 10 punte voor hulle naaste teenstanders op die punteleer en is beslis die gunstelinge om die 6de liga te wen. Die damesspan het punte gekry nadat Kuilsrivier onttrek het. Hulle lê self in `n gunstige posisie op die punteleer en is tans slegs 2 punte agter die voorloper Durbanville. Mansliga Vredenburg A(12) teen Kuilsrivier(0) Marquin Strauss teen Issa Karrero 6-1, 6-4;
Warrick Dreyer teen James Dunn 6-1, 6-1; Glen Fitchet teen Japie Klaasen 6-2, 6-0; Martin Niemand teen Leonard Lekay 6-3, 6-1; Strauss/Fitchet teen Karrero/Dunn 6-2, 6-1; Dreyer/Niemand teen Klaasen/Lekay 6-2, 6-1.
Vredenburg B(11) teen Durbanville(2) Jack Friedman teen Duard Liebl 6-3, 6-1; Thomas Baynes teen Chris Loubsher 6-2, 6-2; Jerome Johnson/Nico Loubser teen Nelius van Eeden/WP Doman 3-6, 6-4, 9-11; Friedman/ Baynes teen Van Eeden/Doman 6-0, 6-4; Jerome Johnson/Nico Loubser teen Liebl Loubsher 6-2, 6-3. Damesliga: Vredenburg(10) - Kuilsrivier(0).
Ysterperde brul op Velddrif
•Helgard Truter Op `n gewone Woensdag het die personeel van PoolBurgers & Dogs op Velddrif bedrywig rondgehardloop om alles in orde te kry vir die MAC`s Biker Jol. Teen Donderdagaand het sowat vyfhonderd bikers arriveer om hul naweek te begin. Die Jol het die 28ste Februarie begin en geduur tot 3 Maart. Donderdag was maar `n stadige dag – die manne en vroue was moeg bestuur en uitgeput na vreeslike lang rite. Vrydagaand het die MAC`s saamgetrek om stories te deel, lekker te kuier en die koring van
die kaf te skei. Saterdag was dit plaaslike klubs se beurt vir kuier en verken. Gewoonlik wens personeellede so `n naweek om, want dis lang ure en swaar werk om die groot groep te bedien, maar nie hierdie keer nie. Dit was `n ongelooflike belewenis. Wat dit nog beter gemaak het is die MAC`s wat almal besig was met dienslewering aan oud en jonk in die omgewing deur die loop van die naweek. Tussendeur is lekker gekuier, geëet en gedans op die maat van musiek verskaf deur `n plaaslike DJ. `n Groot dankie is gerig aan elke persoon se bydrae om van die naweek `n groot sukses te maak.
Mini-krieket:
Porterville Primêr het die afgelope naweek deelgeneem aan die provinsiale mini-krieketfees in Paarl. Hier staan die O/7, O/8 en O/9-spanne met hulle afrigters en mini-krieket steek koördineerder.