511 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

NUUS • NEWS

27 Maart 2019

64.2%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 511

27 Maart 2019

•EGPAAR VIER 71STE HUWELIKSHERDENKING

Briewe uit Egipte vir Kittie van Koos Kittie (91) en Koos (95) von Niewoldt van Darling, het verlede week hul 71ste huweliksherdenking gevier en die vlam brand steeds ná al die jare helder hoewel die gehoor en sig nie meer aldag so goed saamwerk nie. Die inwoners van Huis Groeneweide, ‘n tehuis vir bejaardes op Darling, se verhaal dateer terug na die veertigerjare met die Tweede Wêreld Oorlog wat woed in die agtergrond. Koos het op die ouderdom van 17 by die weermag aangesluit en is kort daarna na die opleidingskamp in Ottery in die Kaap gestuur. Dit is hier waar hy die liefde van sy lewe, Kittie vir die eerste keer gewaar het. Sy het reg oorkant dié kamp gebly en gereeld gesien hoe die jong soldate by die kamp uitbreek om die stad te gaan rooi verf. Hoewel Koos en Kittie mekaar gereeld gesien het, het hulle nog nooit ‘n enkele woord met mekaar gepraat nie, tot ‘n brief vanuit Egipte by haar voordeur arriveer. Koos is na Egipte gestuur waar hy tydens die oorlog briewe aan Kittie begin skryf het. In een van hierdie briewe het hy haar uitgevra. Koos vertel vanuit die sitkamer by Huis Groeneweide waartydens hy nog besig was om een van hierdie briewe aan haar te skryf, toe ‘n erge wind die tent waarin hulle gebly het, opgelig het. Die brief is saam met die tent geskep en weggevoer met die hoop dat dit wel by haar sou uitkom, skerts hy. Kittie word deur Koos beskryf as hardekwas. Sy wou nie dadelik instem om met hom uit te gaan nie. Hy het gereeld vir sy drie dogters vertel hoe hy hul ma moes mak maak, vertel Martha Hanekom, die oudste van die drie dogters wat ook op Darling bly. Koos en Kittie spog ook met drie kleinkinders. Met sy terugkeer huis toe ná die oorlog het hulle mekaar gereeld begin sien, of soos Koos dit beskryf, so een keer in twee weke. Hy was op Langebaan gestasioneer waar hy vir die departement van publieke werke gewerk het, terwyl Kittie in die Kaap gebly het. Hulle het amptelik die knoop op 20 Maart 1948 in die Wynberg NG Kerk deurgehaak en staan steeds sterk ná 71 gloriejare saam. Die Von Niewoldts en hul kinders het vir die grootste deel van hul lewe in die Kaap gebly waar Koos later by die Suid-Afrikaanse Polisie-

Kittie en Koos von Niewoldt van Darling het hul 71ste huweliksherdenking gevier. diens aangesluit het. Kittie was op haar beurt ‘n kraamsuster by die Vincent Palloti Hospitaal. Met Koos se aftrede in sy 60’s, is hulle Van Rhynsdorp toe. Hulle Goue Bruilof is ook op Darling saam met hul kinders gevier wat in 2008 plaasgevind het. Dit is ook in dieselfde jaar wat die Von Niewoldts hulle op Darling kom vestig het. Koos en Kittie is drie jaar daarná na Huis Groeneweide toe. Koos is vandag nog ‘n aktiewe man. Sy hande het nog nooit vir enigiets verkeerd gestaan nie. Hy het gebrei, geborduur en het tot die onderdele van ‘n motor geken. Kittie het altyd vir haar dogters gesê dat hulle nie ‘n man soos hul pa moet soek nie, want hulle gaan hom nie kry nie. Hy het vir elke uitdaging onder die son kans gesien. Koos het tot 2014 nog Darling se strate

plat gery met sy bergfiets voor sy sig begin agteruitgaan het. Hy stap nog byna daagliks vir oefening en bring elke keer blomme vir Kittie terug wat hy teen die pad pluk. Kittie was op haar beurt ‘n ywerige tuinier. Hoewel die ouderdom die oorhand begin kry het, het haar liefde vir blomme en plante nog nie vergaan nie. Die geheim tot die lang huwelik van 71 jaar volgens die egpaar , uithou en aanhou, asook ‘n terggees tussen mekaar wat tot vandag steeds sigbaar is. Volgens hul dogter is daar ook baie gelag met ‘n goeie sin vir humor tussen hulle wat aansteeklik is. 71 jaar van ‘n getroude lewe saam is voorwaar ‘n prestasie wat Koos en Kittie lag-lag bemeester.

SOMERUITVERKOPING TOT

50%

AF ! OP UITGESOEKTE MANS & DAMES SOMER MODES. *Uitgesoekte voorraad. Voorraad beperk.

! s r e f f e r t Winter CR7 hemde vanaf

Voortrekkerstraat - 022 487 2356

R599

Mans & Dames Regatta baadjies - NUWE VOORRAAD!

Flannel Hemde vanaf

R99


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
511 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu