c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
3 April 2019
61.7%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 512
•ELEKTRISITEIT, DIENSTE, BELASTING STYG
3 April 2019
69.3% vir armes
Die tweede hersiening van die Swartland Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan van vyf jaar (2017-2022), asook die konsep meerjarige kapitaal en bedryfsbegroting van 2019/2020 tot 2012/2022 is verlede week gedurende ‘n gewone raadsvergadering deur die uitvoerende burgemeester, rdh Tijmen van Essen aan die raad vir goedkeuring voorgelê. Die Swartland Munisipaliteit is vanjaar steeds daartoe verbind in hul poging om die munisipale rekeninge van inwoners bekostigbaar te hou om sódoende finansiële volhoubaarheid te verseker. Die voorlopige gemiddelde verhoging op huishoudings vir 2019/2020, kom neer op sowat 10%. Die verhoging van belastingtariewe op residentiële eiendom is 6% (0.006123 na 0.006490), terwyl die verhoging op sake eiendom 8% (0.007944 na 0.008580) beloop. Die verhoging van belastingtariewe op landbou, beloop 6% (0.001531 na 0.001622), terwyl daar ‘n 6% verhoging vir ander geografiese areas wag. Elektrisiteitstariewe word voorlopige verhoog met 15.56%, hoewel die syfer steeds deur NERSA oorweeg moet word. Vullisverwyderingtariewe styg voorlopig met 6.60% (R123.38 na R131.52), terwyl ‘n verhoging van 7.51% (R217.97 na R234.35) voorlopig vir riool voorlê. ‘n Tariefverhoging van 8% word vir water beplan wat ‘n verlaging van 25% insluit. Wat die basiese watertariewe betref, is ‘n verhoging van 8% geldig waar sowat 15kl tot 20kl per huishouding gebruik word. ‘n Duurder watertarief sal vir huishoudings geld wat meer as 20kl water gebruik. Die nuwe basiese watertarief krimp van R86.50 na R64.87 (-25%). Die verbruik van 0 – 4kl water groei van R4.66/kl na R5.03/kl (+ 8.%). Die verbruik van water van tussen (5 tot 10kl) styg op sy beurt van R8.00/kl na 8.64/ kl (+ 8%) en die gebruik van 11 tot 15kl) styg van R14.60/kl na R15.77/kl (+ 8%). Die verhoging in die watertarrief vir die aankoop van water by die Weskus Distriksmunisipaliteit, verhoog met 5.6% (R6.12 na 6.46/kl. Wat die begroting betref, sê Van Essen dit is belangrik vir ’n munisipaliteit om die surplus fondse verantwoordelik te bestuur om sodoende volhoubare toekomsontwikkeling te verseker. Die totale meerjarige konsep kapitaalbegroting is R434 254 847. Van Essen is baie trots om te kan sê dat 69.30% van die totale kapitaal begroting aan die “Pro Poor” sal gaan. Die totale konsep kapitaalbegroting vir
Kerktoring se haan kry geselskap
Die NG Moedergemeente op Malmesbury kry 'n splinternuwe laag verf, maar om dit te laat geskied, moet 'n baie brawe verwer sy trapplek behoorlik ken. Dié man word van die grond net as 'n swart spikkel gesien, maar as daar van nader gekyk word, is dit duidelik dat hy beslis nie aan hoogtevrees ly nie. 2019/2020 is R144 107 572 met ’n bedrag van R53 315 363 wat belê is deur die raad se eie fondse in een jaar. Die konsep bedryfsuitgawes groei op sy beurt vir 2019/2020 van R693 672 miljoen tot R747 413 miljoen wat neer kom op ’n groei van 7.7% insluitend die uitgawes van bedryfstoelaes. Die konsep bedryfsinkomste vir die finansiële boekjaar van 2019/2020 is R829 366 279 miljoen met ’n surplus van R81 952 555 miljoen. Die konsep kapitaal –en bedryfsuitgawes vir 2019/2010 is R823 miljoen, terwyl die kapitaal –en bedryfstoelaes se uitgawes van proviniale en nasionale vlak vir 2019/2020 R160 miljoen is.
Die konsep kapitaal begroting vir 2020/2021 is R166 miljoen, terwyl die konsep kapitaal begroting vir 2021/2022 ’n bedrag van R123 miljoen insluit. Die totale konsep salaris begroting sal groei van R215 217 miljoen tot R225 026 miljoen wat voorsiening maak vir die vasgestelde verhoging van 6.5% vir 2019/2020 op nasionale vlak. Van Essen voeg by dat hy bly is om te kan sê dat die donasies aan Huis van Heerde, die kinderhuis op Moorreesburg styg van R25 000 na R71 000, terwyl die donasies aan die sewe onderskeie ouetehuis in die Swartland van R680 000 na R846 969 styg.
NUUS • NEWS