512 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Bergrivier

dié

3 April 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Uitgawe 512

Bou saam met goeie nuus

So staan sake Wen kaartjies in rugby na Lollos Bl 2

Bl 6

3 April 2019

Dapper dominee stap Bl 5

•OOREENKOMS MET HEIST-OP-DEN-BERG

Leerders na België

Danksy die internasionale ooreenkoms tussen Bergrivier Munisipaliteit en Heist-op-den-Berg Munisipaliteit in België, het tien leerders vanuit die plaaslike munisipaliteit op 26 Maart na die buiteland vertrek. Die ooreenkoms is in 2014 bekragtig en is gebaseer op die drie pilare naamlik afvalbestuur, jeuguitruiling en publieke deelname. Volgens die jeuguitruilingsprogram het Bergrivier Munisipaliteit tien leerders uit die munisipale gebied in 2018 geïdentifiseer om na België te reis juis vir jeuguitruiling en blootstelling aan ander kulture. Die proses was oop vir alle leerders tussen Graad 11 en Graad 12. Die leerders is almal onderskeidelik vanuit Hoërskool Porterville, Steynville Sekondêr, Ho-

ërskool Piketberg en Hoërskool Velddrif gekies. Elke leerder moes ‘n video indien waar hulle ‘n voorlegging gedoen het van die verskil wat hulle in hul gemeenskap sou wil bring. Die beste twee inskrywings per hoërskool is gekies om Bergrivier te verteenwoordig, asook die twee heel beste inskrywings uit die res van al die inskrywings. Enkele temas is vir die program geïdentifiseer waarvan die belangrikste temas die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte is om mekaar se lewensomstandighede te leer ken. Een van die temas is ook om uit te vind hoe die jeug betrokke kan raak in sake van die samelewing waar hulle ’n verskil kan maak. Die leerders wat Bergrivier Munisipaliteit verteenwoordig, is Con-Li Dalmarié Halvorsen,

Ravell Frans, Rohan Knoetzen, Marshall Gouws, Romeo Rethabile Mateta, Annwillay Reneva Jansen, Rayvern-Lee Kayster, Danielle Lynette Monk, Ziani Muller en Paula Valentina Rose Fester. Twee leerkragte, een raadslid en een personeellid vergesel die groep leerders. Bergrivier Munisipaliteit is van mening dat die jeuguitruilingsprogram ’n platform skep waar idees bespreek en ervarings gedeel word om die uitdagings wat ons in ons omgewing ervaar, aan te spreek deur die beste oplossings saam te vind. Die leerders het op Dinsdag 26 Maart na België gereis en kom op 12 April vanjaar weer terug. Gedurende 2018 het Heist-op-den-Berg 10 leerders na Bergrivier gebring en dit was ’n groot sukses, luidens die persverklaring van die munisipaliteit.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.