513 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

10 April 2019

61.3%

Bou saam met goeie nuus

Christiaan verdedig SA-titel

Bl 8

Uitgawe 513

Nuwe toekoms vir maatskaplike kantoor

Bl 3

10 April 2019

Motorfietse brul vir fondse

Bl 3

Lamtyd in die Swartland Dit is lamtyd vir die meeste boere in die Swartland en volgens kenners lyk dit na ‘n goeie seisoen sover. Daar is net een lamtyd vir die boere deure die jaar wat gewoonlik vanaf Maart tot net voor Julie plaasvind. Koringprodusente in die streek verkies dat lamtyd gewoonlik voor of ná saaityd geskied. Hoewel die wieding maar nog min is, blyk die koeler weerstoestande wat vanjaar vroeër op die Swartland toegesak het, gunstig te wees vir produsente wat se ooie reeds in Maart begin lam het, sê Riaan Myburgh van OVK. Volgens hom kan Maart nog baie warm raak wat gewoonlik weer lei tot baie vrektes onder die lammers.

•HONDE-EENHEID GEMIK OP BEKAMPING

Miljoene vir misdaad Miljoene rande is deur die Swartland Munisipaliteit bewillig vir ‘n plaaslike honde-eenheid om misdaad op streeksvlak hok te slaan. Die uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, rdh Tijmen van Essen het gedurende sy voorlegging van die konsep begroting by ‘n onlangse gewone raadsvergadering, genoem dat ‘n honde-eenheid eersdaags in die Swartland gevestig gaan word. Die plaaslike munisipaliteit het R4 miljoen vanaf die provinsiale regering se die departement van gemeenskapsveiligheid ontvang om ‘n

honde-eenheid in die Swartland daar te stel, sê Philip Humphreys, direkteur van beskermingsdienste van die munisipaliteit. Die motivering en doel van dié honde-eenheid is om die plaaslike polisie te help om die misdaad in die streek aan te spreek en te bekamp, voeg hy by. Altesaam ses beamptes sal by die eenheid in diens geneem word Die eenheid sal ook uit ses snuffelhonde bestaan wat onder meer daarin opgelei is om dwelms uit te wys.

Hierdie honde-eenheid gaan veral fokus op die N7- en R27-roetes mik op die bekamping van dwelmhandel in dié omgewing, vertel Humphreys verder. Die eenheid gaan verder deel uit maak van die wetstoepassingsafdeling onder leiding van die hoof van plaaslike wetstoepassing, Neville Matthys. Indien alles volgens plan verloop, die regte mense aangestel word en die nodige opleiding ontvang is, sal die honde-eenheid na verwagting op 1 Julie in werking gestel word, sluit hy af.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.