513 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier

dié

10 April 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 513

10 April 2019

Piquetfees: Die Piquetfees het

vanjaar weer groot ondersteuning geniet en besoekers van heinde en verre het dié fees op Piketberg bygewoon. Daar is saamgekuier, rondgesnuffel tussen die stalletjies, na die vermaak geluister en die rieldansers het die voete van toeskouers behoorlik laat jeuk. Foto's: Lizelle Wentzel

•'SUKSES HANG VAN ELKE SUID-AFRIKANER AF

Gordhan praat oor Weskus-ekonomie

•Madi Pieterse Op uitnodiging van die PPF (Progressive Professional Forum) op Saldanha het Pravin Gordhan, minister van Openbare Ondernemings, Maandag die Weskus besoek en 'n aantal gaste toegespreek in die Skilpadsaal op Vredenburg. In sy toespraak het Gordhan klem gelê op die feit dat die staat en klein ondernemings hande moet vat om suksesvol vorentoe te beweeg, aangesien alle inisiatiewe nie net van die staat se kant af kan kom nie. “Wanneer ons kyk na die afgelope 25 jaar en die groot getalle beleggings hier en elders in die land, gee dit vandag 'n Suid-Afrika waar meer as 85% van die inwoners toegang het tot draagbare water en ook elektrisiteit en behuising, veral vir arm mense. "Suid-Afrika het ook 'n maatskaplike werkpleksisteem wat met afguns deur ontwikkelende en ontwikkelde lande bejeën word, en dit met beperkte hulpbronne uit 'n klein, oop ekonomie.

Belasting-invordering het gegroei van R350 biljoen in 1994 tot bykans R1,4 triljoen tans. Dinge het die afgelope paar jaar nie so goed gegaan nie, maar verbetering sal binnekort bespeur word met die nuwe aanstellings wat gemaak is. “Van Nelson Mandela en sy kollegas het SuidAfrikaners 'n land ge-erf waar swart en wit kan sê dat hulle in vrede kan begin saamleef in 'n verenigde Suid-Afrika. "President Ramaphosa het nuwe hoop gebring, maar sukses hang nie net van een persoon af nie, maar van elke Suid-Afrikaner oor alle grense heen moet saamwerk om sukses en voorspoed te bewerkstellig. “Positiewe vooruitsigte ná die beleggingsberaad einde verlede jaar tussen Suid-Afrika en buitelandse firmas, is besig om in te skop. Verbintenisse ter waarde van tussen R350 en R400 biljoen is tydens die beleggingsberaad ontvang en elkeen se bydrae is nodig om 'n sukses daarvan te maak. 'n Soortgelyke beraad word weer later

vanjaar gehou. Dit is belangrik vir Suid-Afrikaners om hulself af te vra watter soort Suid-Afrika ons wil hê. "Die belangrikste is 'n stabiele demokrasie wat werk en almal insluit, waarin elke Suid-Afrikaner deel het en 'n invloed kan uitoefen op hoe dinge moet gebeur, hetsy op munisipale, provinsiale of nasionale vlak, in 'n korrupsievrye politieke sisteem wat nie net dié bevoordeel wat reeds bevoordeel is nie, maar 'n gebalanseerde voordeel vir elke Suid-Afrikaner, as gelyke spelers en gelyke vennote in die ekonomie. “Om vir jongmense meer geleenthede te gee, het president Ramaphosa in 2017 'n program genaamd YES (Youth Employment Services) ingestel, waar jongmense geleentheid kry om vaardighede en werkservaring op te doen, sodat hulle dit op hulle CV’s kan gebruik. Die program het die potensiaal om groot groei te toon in die volgende paar jaar, sodat duisende jongmense die ondervinding kan toepas. Vervolg op bladsy 3

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.