514 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

17 April 2019

59.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 514

17 April 2019

•MILJOENE VIR SWARTLANDSE SANRAL-PROJEK

Nuwe, veiliger N7

Die opgradering van die N7-snelweg van ‘n enkelrybaan na ‘n dubbelrybaan vorder fluks en is op skedule. Konstruksie het reeds gedurende 2010 met groot opwinding vir plaaslike inwoners in die omgewing én verbruikers van dié snelweg afgeskop. Die konstruksie aan die N7-snelweg is in verskeie fases opgedeel, vanaf die reeds voltooide Melkbos-wisselaar tot by die Hopefield-aansluiting. Die eerste fase, naamlik van die Melkbos-wisselaar na Atlantis-Suid (Philadelphia) is reeds voltooi as ‘n dubbelbaan deurpad. Die tweede fase vanaf Atlantis-Suid (Philadelphia) na Kalbaskraal het gedurende Januarie 2016 afgeskop, terwyl die voltooiing van dié fase na raming teen Oktober vanjaar tot ‘n einde sal kom. Die derde fase vanaf Kalbaskraal tot by die Hopefieldaansluiting is weens die kompleksiteit daarvan

ontbondel en in verskillende sub-projekte (elk met ‘n individuele kontrak) opgedeel. Beplanning aan die totale projek van miljarde rande het reeds sowat 12 jaar gelede plaasgevind. Omgewingsimpakstudies het ook baie tyd in beslag geneem as gevolg van die feit dat grond met die opgradering vanaf ‘n enkelrybaan na ‘n dubbelrybaan deur SANRAL onteiein is. Daar is sowat 60 verskillende spesies van plante alleen veilig verwyder en in ‘n kwekery geplaas vóór konstruksie aan die paaie begin het. Die veiligheid van voetgangers het van die begin af aandag geniet en is vandag steeds vir SANRAL prioriteit. Nóg projekte lê vir volgende jaar voor met die ontwikkeling van verdere veiliger roetes vir plaaslike voetgangers. Die projek wat groot ontwikkelinge op die horison vir die Swartland inhou en Malmesbury in

een van Kaapstad se voorstede sal verander, het ook werkskepping vir duisende plaaslike inwoners beteken. “Kontrakteurontwikkeling is ook ‘n sleutel prioriteit vir SANRAL, wat ooreenstem met hul verbintenis tot Suid-Afrika se ekonomie deur vaardighede oor te dra en kennis te deel, sê Randall Cable, die Wes-Kaapse streeksbestuurder vir SANRAL . SANRAL se projekte is ontwerp om nie net oplossings rondom vervoer daar te stel nie, maar ook ter selfde tyd lewens binne die plaaslike gemeenskappe waar projekte uitgevoer word, te raak. Net so, het die Projek Sakelbeampte by die Tierfontein-kruising, Michelle Phillips, seker gemaak dat meer as 150 plaaslike inwoners sal voordeel trek uit die werksgeleentheid op hul voorstoep wat moontlik vir hulle ander deure in die toekoms sal oopmaak.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
514 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu