515 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

24 April 2019

59.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 515

24 April 2019

•AGRI MALMESBURY ONDER NUWE BESTUUR

Dürr lê tuig neer, De Kock neem beheer

Nuwe voorsitter: Truter de Kock is verlede week aangewys as Agri Malmesbury se nuwe voorsitter. Hy neem oor by John Dürr. By hulle is Jannie Strydom en Louis Wessels. John Dürr van Malmesbury, wat vir die afgelope twee jaar as voorsitter van Agri Malmesbury, die plaaslike landbouvereniging opgetree het, groet met goeie herinneringe. Truter de Kock neem die leisels by hom oor. Dürr wat verlede week sy voorsittersverslag tydens Agri Malmesbury se algemene jaarvergadering by die Laerskool Swartland se sportsentrum gegee het, het almal bedank vir die afgelope twee jaar se samewerking. Hy beskryf die afgelope jaar as ‘n kenmerkende een waartydens die droogte in die gebied uiteindelik gebreek is, met bo-gemiddelde oeste wat die lig gesien het. Die plaaslike droogtehulp vir boere in die drooggeteisterde gebiede, lê hom ook ná aan die hart. Die waterbeperkings wat steeds ingestel was, het wel ‘n wesenlike invloed op die besproeiing –en opbrengs van sekere gewasse gesien wat duidelik weerspieël is in die wyndruifoeste. Hy voeg by dat wyndryfprodusente die afgelope seisoen genoodsaak was om beter pryse vir hul druiwe te beding by kopers wat bereid was om meer te betaal. Die jaarlikse bestudering van ander streke se suksesvolle produksiepraktyke wat by ons toegepas kan word, was dan ook weereens een van die aktiwiteite van dié (wingerd)studiegroep. Dürr sê verder dat graangewasse wat met meer moderne bewerkingsmetodes geproduseer is, het bo-

-gemiddelde oeste opgelewer wat weerspieël is in die goeie kuilvoer en hooi opbrengste wat veral tot groot voordeel van die veebedrywe was. “Ook hier het beide die Koringstudiegroep en die Suiwelstudiegroep leiding geneem om met hul gewasproduksie proefresultate nuwe opbrengsmoontlikhede daar te stel. “Ons skaap - en beesvleisboere het ondanks die uitbreek van bek-en-klouseer wat vleispryse aan die begin van 2019 redelik sterk laat daal het, steeds ‘n baie goeie produksiejaar gehad, goed ondersteun deur baie goeie wolpryse. Die steeds groeiende wetenskaplike- en meer intensiewe produksiestelsels op skaapplase het verder daartoe bygedra tot die winsgewendheid van skaapboerderye.” Die Skaapstudiegroep is daarom volgens Dürr ook baie belangrik wat ‘n groot rol speel en die geleenthede gee om by ander suksesvolle boere te gaan kers opsteek. Dürr het verder ook die Malmesbury Skougenootskap gelukgewens wat ongeag moeilike omstandighede voortgegaan het en ‘n suksesvolle skou vir die plaaslike gemeenskap na vore gebring het. Dürr het die toename in misdaad ook aangeraak en ‘n beroep op lede en nie-lede gedoen om saam te werk en betrokke te raak. “Die aanbring van plaasnommers om die SAPD met misdaadbekamping by te staan word egter nog steeds nie toegepas nie.” Hy sê die Plaaswag onder leiding van Jaco Louw speel ‘n belangrike

rol, nie net vir plaasbeveiliging nie, maar ook met Landelike Beveiliging wat die dorp insluit. Hy het afgesluit deur te noem dat die jonger boere met naskoolse landbou-opleiding aktief betrokke moet raak by georganiseerde landboustrukture. Foute onder die jeug moet toegelaat word sodat leiding toegepas kan word en toe sien dat die foute reggestel word. “Swaarkry is heel dikwels deel van God se leerskool waar Hy, Sy kinders geestelik laat groei. As jy dus swaarkry reg bestuur, bring dit geestelike verdieping. Voorspoed het al baie meer mense laat struikel as swaarkry.” Jannie Strydom, die nuwe hoof uitvoerende bestuurder van Agri Wes-Kaap het ook die geleentheid bygewoon saam met Louis Wessels wat inligting gedeel het oor eiendomsbelasting, grondbesetters –of oortreders en wat om in so ‘n situasie te maak, asook inligting rondom die registrasie van ingevoerde swaar plaasvoertuie, soos stropers. Strydom het onder meer vir lede gesê dat Agri Wes-Kaap gaan herbesin oor die relevansie van die instansie, want hy wil hê lede moet tevrede wees met dit wat hulle bied, asook die werk wat hulle doen. Volgens hom gaan hy ook baie fokus op die jonger boere, die boere van die toekoms. Strydom poog daarin om ‘n vergadering van alle landbouverenigings reg oor die Wes-Kaap by te woon, wat uit 104 bestaan.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
515 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu