515 Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier

dié

24 April 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 515

24 April 2019

•NUWE LEIER VIR VREDENBURG HOËRSKOOL

Hoof: Onderwys is Brittz se passie •Madi Pieterse Wanneer Bartho Brittz begin gesels oor onderwys en onderwyser wees, lê sy hart op sy mou. “Mens kan maar sê ek is `n gebore onderwyser. My ouers was albei onderwysers en ek het dus in `n onderwys-omgewing grootgeword, waar ek elke dag die wonder van die beroep kon sien en beleef, waar ek menigmaal saam met my pa of ma was en oud-leerders hulle kom bedank het vir die positiewe invloed wat hulle in hulle jong lewens gehad het. Dit is hier waar ek besef het hoe `n belangrike rol `n onderwyser in `n kind se lewe speel.” Die man wat so passievol gesels oor die onderwys is die nuwe skoolhoof van Vredenburg Hoërskool, Bartho Brittz, wat op 2 Mei die leisels oorneem by Derek von Zeuner, wat vir die afgelope 22 jaar dié groot skip se roer in die hande gehad het. Bartho weet dat hy groot skoene het om vol te staan, maar hy is opgewonde oor die uitdaging wat voor hom lê. Bartho vertel dat hy, sedert hy aansoek gedoen het vir die pos in Oktober verlede jaar, (hy het ook vir ander poste geskiet) baie gebid het en vir die Here gevra het om hom te plaas waar hy regtigwaar `n verskil sal kan maak in kinders se lewens. Bartho was die afgelope 7 jaar die hoof by Curro Privaatskool op Langebaan, maar het beluit dat hy `n nuwe uitdaging nodig het en daarom die besluit om nuwe weivelde te soek. Sy vrou, Elsjé, is die sekretaresse by Curro se laerskool en hulle twee seuns, Leroux en Marno, sal hul skoolloopbaan by Curro voltooi. Leroux is vanjaar in matriek en Marno in graad tien. Bartho het, nadat hy sy skoolloopbaan in Potchefstroom voltooi het, ook die voorreg gehad om uit die huis uit te studeer by Pukke vir `n BsC-graad en ook sy HOD verwerf. Die ewige student, het hy later sy BEd in E-learning gedoen en ook `n meestersgraad hierin verwerf. Hy hoop om nog `n doktorsgraad aan te pak in die onderwysrigting. Vir hom is dit belangrik om voortdurend sy kennis uit te brei om tred te hou met elke dag se nuwe verwikkelinge en ontwikkelinge. Hy het deur die jare wye ervaring opgedoen. Sy eerste pos was by Die Wilgers in Pretoria, waar hy begin het om sy groot liefde vir wiskunde met leerders te deel. Ook op sy kerfstok is skole soos Hoërskool

Bartho Brittz en sy gesin is opgewonde oor die nuwe uitdaging. Garsfontein, Nelspruit Hoërskool en Edu-Kollege, `n privaatskool in Qwa-Qwa. Hy het elke dag van Bethlehem af gery om daar klas te gee. Terwyl hy hier was, het sy skoonsuster Kupido gespeel en het hy sy geliefde Elsjé ontmoet, die vrou met wie hy `n jaar later getroud is en as `n engel beskryf. Vir Bartho is die grootste verskil tussen `n privaatskool en `n staatskool die klasgroottes. Dit verg definitief baie meer van `n leerkrag om kennis oor te dra aan 36 kinders op `n slag dan vir 20 op `n slag en min individuele aandag kan aan leerders gegee word. Daarom kan dit nie eintlik anders nie dat elke onderwyser `n passie vir kinders moet hê, nie net om hulle beste te kan lewer nie, maar ook om die beste in elke leerder te kan uitbring. Bartho is `n streng persoon wat dissipline by die skool betref en sal nie toelaat dat klasse

ontwrig word nie. Uiteindelik is elke leerder daar om onderrig te ontvang en is dit die rede waarom ouers hulle kinders skool toe stuur. Dit is Bartho en die onderwysers se taak om toe te sien dat dit gebeur. Hy sien uit daarna om die personeel te leer ken en `n pad met hulle te stap, sodat hulle saam uiteindelik dieselfde visie kan deel. Alhoewel sport en ander buitemuurse aktiwiteite `n belangrike rol speel in die skool se bedrywighede, word akademie voorop gestel. In dieselfde asem glo Bartho dat buitemuurse aktiwiteite slegs `n verlengstuk is van dit wat elke dag in die klaskamer gebeur en dat positiewe houdings van onderwysers en leerders daar `n positiewe refleksie op die sportveld sal weergee. `n Nuwe era lê voor vir elkeen by Vredenburg Hoërskool, `n era waarin elkeen die beste sal kry waarop hy/sy geregtig is.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.