c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
15 Mei 2019
56.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 518
15 Mei 2019
Ploeg dat die stof staan
Die Swartland Veterane Klub het die afgelope Saterdag hul jaarlikse én immer gewilde familieploegdag op Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied. Altesaam 24 ha se grond is deur sowat 27 veteraan trekkers tydens die 14de ploegdag met groot genot omgeploeg, terwyl daar ook ander aktiwiteite soos trekkerritte plaasgevind het. ‘n Suksesvolle ploegdans is ook aangebied ten bate van droogtehulp waarvan die fondse reeds aan Garies se landbouvereniging oorhandig is.
•30 613 VAN 50 015 STEM IN SWARTLAND
Stem: DA seëvier ‘n Totaal van 30 613 stemme is na afloop van die algemene verkiesing in die Swartland getel, met ‘n kiesersopkoms van 61.21%. Altesaam 50 015 kiesers was wel geregistreer om aan vanjaar se nasionale verkiesing te kon deelneem. Daar is ook 230 bedorwe stemme getel. Die verkiesingsuitslae vir die Swartland munisipale area is onlangs deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bekragtig nádat alle stemdistrikte se stemme 100% getel is. Die verkiesingsuitslae op nasionale en provinsiale vlak lyk soos volg: Uit dié streek het die DA in die nasionale verkiesing 59.66% behaal met 18493 stemme (teenoor 65.92% met 20 606 stemme in 2014). Die ANC (2de) het 25.80% behaal met 7 999 stemme (teenoor 27.09% met 8 468 stemme in 2014).
Die VF Plus (3de) het 5.60% behaal met 1 735 stemme. Die EFF (4de) het 2.17% behaal met 672 stemme (teenoor 1.25% met 390 stemme in 2014). Die ACDP (5de) het 2.00% behaal met 621 stemme (teenoor 1.13% met 352 stemme in 2014.) In die 6de plek is GOOD, wat 1.84% behaal het met 571 stemme. In die 7de plek is COPE, wat 0.60% behaal het met 186 stemme (teenoor 0.50% met 156 stemme in 2014. Uit dié streek in die Provinsiale verkiesing het die DA 64.67% behaal met 19 649 stemme (teenoor 67.56% met 20 836 stemme in 2014). Die ANC (2de) het 24.12% behaal met 7 329 stemme (teenoor 26.71% met 8 239 steme in 2014). Die VF Plus (3de) het 2.58% behaal met 785 stemme. In die 4de plek is GOOD, wat 2.19%
behaal het met 665 stemme. Die EFF (5de) het 1.88% behaal met 572 stemme (teenoor 1.13% met 349 stemme in 2014). Die ACDP (6de) het 1.67% behaal met 508 stemme (teenoor 0.99% met 304 stemme in 2014) In die 7de plek is CAPE, wat 0.65% behaal het met 199 stemme. Die DA het die grootste persentasie van 91.54% Provinsiale verkiesingstemme by die Yzerfontein Gemeenskapsaal gekry, terwyl die party se grootste persentasie Nasionale verkiesingstemme van 81.41% vanuit die PPC Rekreasiesentrum op Riebeek-Wes kom. Die grootste persentasie Provinsiale verkiesingstemme vir die ANC, naamlik 86.93%, kom vanuit die Thusong Sentrum in Illingelethu, asook op nasionale vlak met ‘n persentasie van 86.65 Nasionale verkiesingstemme.
NUUS • NEWS