courant
dié
Swartland •• Bergrivier Bergrivier 1 Swartland Wellington 1Wellington
• Free ••Free Gratis • Gratis Wes-Kaap se #1 Wes-Kaap se #1
15 Mei 2019 12 September 2018
Bou saam met goeie nuus Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 518 Uitgawe 486
15 Mei 2019 12 September 2018
•NUWE BESEMFOKUS HET BAIE PLANNE VIR SKOOL •SAKEKAMER OP KUBERRUIM
Nuwe skoolhoof Moderne vrou se vir Hillcrest Primêr rol in samelewing
•Jaomi Zeeman •Jaomi Zeeman Hillcrest Primêr het vanaf 1 April ‘n nuwe skoolDie Drakenstein Sakekamer samewerhoof. Julius Williams is die het, maninwat nou die king met Cybershield, Sanlam endie Golden leisels by CS hierdie skool vashou nadag vorige Thread Communications, spesiale inligtinghoof, Terence de Jongh, na‘n43 jaar diens uit die sessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar onderwys getree het. Hy was die laaste agt jaar die en gevare van sosiale media en aanvoordele Hillcrest Primêr verbonde. die kuberruim onderhoof, die loep is.is geen Hillcrest se nuwe Juliusgeneem Williams, Hierdie insiggewende sessie het Dinsdag onbekende gesig in Wellington of inoponderwys4kringe September byisdie Boschenmeer inLandgoed nie. Hy ‘n onderwysman murg en plaasgevind. been en is al die afgelope 30 jaar ‘n opvoeder. en sakevroue het HyTalle wasplaaslike vir negebesigheidsjaar die skoolhoof van Pauw die geleentheid groot baat gevind Gedenk Primêrbygewoon en is baieenopgewonde oor die by die interessante nuwe fase wat vir praatjies. hom by Hillcrest aangebreek Anine van der Westhuizen van Golden het. Thread ‘n spesialis op dien die “Ek isCommunications, verskriklik opgewonde om te kan gebied van die suksesvolle aanwending van in ‘n skoolgemeenskap waar ek woonagtig is. Ek sosiale in groot die besigheidswêreld, hetdiensdie beskoumedia dit as ‘n eer en voorreg om dames voordele die gebruik van die baar teoor kandie wees aan ‘n van skool-en breër gemeenkuberruim die werkplek ingelig. skap wie seinomstandighede en behoeftes jy verVolgens Aninemee kankan sosiale media platforms staan en jouself vereenselwig,” sê hy. baieJulius suksesvol in die sakewêreld besef dat hy groot skoeneen hettot omvoorte vul deel van benut word. en op diebesighede erfenis wat reeds by Hillcrest bestaan, “Sosiale media platfoms soos facebook, moet voortbou. instagram en linkedin is ‘naskragtige hulpmiddel “My wens is dat ons personeel sal voortom te adverteer en netwerke boujou op besigheid ‘n opvoedkundige nalentenskap wat met ander besighede en moontlike kliënte te alreeds daargestel is deur my voorgangers. Ek bewerkstellig. dink onwillekeurig aan pioniers soos menere S. "Instagram hetAdams byvoorbeeld 3,8 tydperk miljoen 1989 verPietersen en J.C. wat in die bruikers, 80% spore van verbruikers volg getrap besighede tot 2009 diep in die onderwys het,” op hierdie platform en 30% van verbruikers sê hy. koopVolgens produkte gesien homwat is ‘nhulle skoolop nieinstagram ‘n organisasie wat het,” hetkan sy gesê. isolasie funksioneer nie. Anine het hierdie platform soos ook as plek “Wanneer al die rolspelers die‘nopvoewaar hul kreatiwiteit kan uitbeeld, ders, besighede ouers, nie-doserende personeel en die ‘nbreër besigheidsblad hutsmerke kan gemeenskap kan handeskep, vat, kan ons die skool skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, voorgehou. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy
Onderwysdepartement oor te skakel na ‘n hoër na ‘n vlak van uitnemendheid neem,” glo hy. As ‘n man wat al vir baie jare in die onderwys rat van dienslewering waar die waardefokus op Transformeer om te Presteer, val. Alles is daarop staan, kén hy al die uitdagings van die beroep. gemik om die ingesteldheid “Ek besef terdeë dat die taak van opvoeders en leerders baie uitdagend is en sal wees te beïnvloed sodat dit sal lei met al sy fassette om van leer tot verbeterde opvoeder- en en onderrig ‘n sukses te maak. leerderprestasie,” verduidelik hy. Kwaliteit leer en onderrig kan slegs Vir Julius is sy personeel tot sy reg kom wanneer opvoeding die ruggraat van sy skool. in ‘n gedissiplineerde atmosfeer Die ondersteuning van die en omgewing geskied. Daarom is gemeenskap en plaaslike dit krities belangrik dat ouers nou ondernemings is ook iets waarop betrokke sal wees by die opvoeding hy graag sal wil staatmaak. van hulle kinders,” sê hy. “Ek stel my vertroue volkome Volgens Julius is hierdie aspek in ‘n gefokusde, geïnspireerde van dissipline een van die grootste en doelgerigte personeel wat uitdagings vir skole. as ‘n eenheid saamwerk ter “Ons het op ‘n daaglikse basis bereiking van ons doelwitte. hiermee te kampe. Ons wil ook ‘n ernstige pleidooi "Oor die meeste wêrelddele rig tot besighede, sakemanne, het skooldissipline ‘n brandpunt geword, maar binne ons verkillende diverse entrepreuneurs en individue om in te koop in kulture en samelewings moet ons beheer neem ons skool en ‘n verskil te kom maak aan ons oor die veranderlikes en nie moed opgee nie. infrastruktuur. Ons kinders moet gedurige Daarom predik ek ‘n oopdeur-beleid waar ouers blootstelling en stimulasie ten opsigte van die welkom is om enige tyd in te loer en sodoende nuutste tegnologiese tendense ervaar en beleef. Dit is huidiglik een van ons grys areas en indien hul ouerbetrokkenheid uit te leef. "Ek en die personeel verbind ons tot die iemand ‘n tegnologiese verskil in ons skool wil lewering van gehalte en kwaliteit onderrig en maak, sal ons dit van harte verwelkom,” sê hy. Die spilpunt waarom sy werk en passie draai, leer,” beloof hy. ‘n Waardegedrewe benadering en bly egter steeds die kinders. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Nieuwoudt van die “Ons kinders isFrancis ons toekoms. Ons moet alle beleidsbeginsels is vir Julius ononderhandelbaar Drakenstein Cybershield en Helét Borchardt vanom San-‘n pogings binne ons vermoëns aanwend in sy werk as Sakekamer, skoolhoof. Jan-Hendrik Stander van lam.“Ons wil graag die mantra van ‘enter to learn kwaliteit post-millenium generasie daar te stel gegee. gesê. waarop het, ons as gemeenskap van Wellington trots and leave to serve’ in ons roeping vergestalt gemaak Hywees,” het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander het kan sê hy. word. Ons is tans besigvan omCSinCybershield die Wes-Kaapse Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Hugenote Hoërskool het van 30 Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers April tot 3 Mei die Annie musiekdie internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op blyspel by hul skool aangebied. selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels Hierdie uitnemende produksie het nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. elke aand voor stampvol sale geJan-Hendrik het ook die terme “phising” en en restaurante besigheid doen talle voordele, speel en almal wat dit bygewoon “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkomaar ook talle gevare in. het, was gaande oor die hoë kwaHy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. liteit toneelspel, pragtige musiek, Besighede se digitale voetspoor en die en kuberkrakers verwys. die ongelooflike dekor, die lewenbelangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. dige orkes en die professionaliteit Die wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien waarmee dit aangebied is. Die genie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is hoor het die vertonings elke aand dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. met ‘n staande ovasie toegejuig en Die dames wat die sessie bygewoon het, het geskerts. sommige mense het dit selfs meer Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom as een keer gaan kyk. verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
NUUS •• NEWS NEWS NUUS
2
15 Mei 2019
•SUIDOOSTERFEES VEREER JONG AKTEUR
NUUS • NEWS
Wellingtonner wen toekenning by fees •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Jeremeo le Cordeur het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie jong akteur, regisseur, draaiboekskrywer en fotograaf is iemand wat met sy talente woeker en, ten spyte van baie uitdagings, dinge láát gebeur. Hy het onlangs die vrugte op sy harde werk gepluk toe hy na afloop van die Suidoosterfees met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) se toekenning vir die Jong Ster Wenner bekroon is. Jeremeo het hierdie toekenning vir sy eenmanstukke, “Jerry, an unconventional hero” en “Dude, waar’s my bakkie” ingepalm. Tydens die toekenningsgeleentheid is daar spesiale melding van “Dude, waar’s my bakkie” gemaak. “Hy beïndruk met sy skerp en kreatiewe konsep, dapperheid en spel. Hy’s ‘n jong teatermaker wat ons opgewonde maak. Hy het die potensiaal om met beide bestaande en jong gehore te praat en boeiende onderwerpe op vernuftige wyse na die teater te bring,” was die beoordelaars se kommentaar op hierdie belowende kunstenaar se werk. Omdat Jeremeo baie moeg was na sy deelname aan die Suidoosterfees, daar nie benoemings vir die pryse was nie en hy boonop glad nie verwag het om ‘n prys te wen nie, het hy nie die prysuitdelingsgeleentheid bygewoon nie. “Ek het nog nie eers daardie trofee in my hande gehou nie,” lag hy. Volgens hom het ‘n hy ‘n harde paar maande van optredes, repetisies en deelname aan die Suidoosterfees agter die rug. Eers het vir twee weke lank met sy twee eenman-toneelstukke by die bekende Alexander Bar en Teater opgetree. Daarna het optredes by die Woordfees gevolg. Vir sy optredes by die Suidoosterfees het hy besluit om ‘n paar verbeterings aan sy rekwisiete en stel van sy toneelstukke aan te bring. Hy het boonop een en ‘n halwe weke voor die Suidoosterfees sy vriendin, Chenal Kock, wat verlede jaar saam met hom as verteenwoordiger van Artscape aan die Brouhaha Uitruilprogram in Liverpool deelgeneem het, met haar produksie “Mamma” gehelp. “Die afgelope tyd was rof. Wanneer ‘n mens nie ‘n budget het om ‘n produksie op die planke
te bring nie, moet jy alles self doen en planne beraam om dit te laat werk. Ek hou daarvan dat die detail moet reg wees en het my set spesiaal vir die Suidoosterfees verbeter,” vertel Jeremeo. Hy glo daaraan dat sy stories en karakters eg moet wees vir ‘n gehoor om dit geloofwaardig te vind. “Alhoewel hierdie toekenning ‘n groot eer is en ek baie dankbaar is daarvoor, doen ek nie wat ek doen vir pryse of toekennings nie. Ek glo dat jy in die eerste plek self moet fun hê en dit geniet wanneer jy op die verhoog is, anders sal die mense nie inkoop in die storie of karakters nie,” is sy mening. Volgens hom is dit miskien juis die egtheid van sy vertonings, gemeng met ‘n bietjie humor, wat die deurslag vir sy toekenning gegee het. “Ek hou daarvan om ‘n bietjie kommentaar onder comedy weg te steek. Daar is baie dinge onder die cover van die comedy in Dude, waar’s my bakkie. Die stuk is entertaining en refreshing, maar daar is ook onderliggende sosiale kommentaar op dinge soos car theft en identity,” sê hy. Ná sy verteenwoordiging van Artscape in Liverpool, sy speelvak by die Alexander Bar, sy deelname aan die Woordfees, sy bydrae tot Chanel se “Mamma” produksie, sy deelname by die Suidoosterfees en sy toekenning beplan Jeremeo allermins om ‘n bietjie te rus. “Ek is binnekort op pad na die Vrystaat Kunstefees met al my shows. Ek is ook ‘n producer en fotograaf en ek behartig die social media content vir baie instansies en produksies. Ek doen byvoorbeeld die social media content vir Emo Adams se ‘Maak my famous’ program wat tans uitgesaai word. Ek het ook die foto’s en videos vir die KKNK en die Woordfees gedoen,” vertel hy. Uitdagings soos petrolgeld, ‘n knap begroting en die feit dat hy die stoele van regisseur, vervaardiger, akteur, beligting- en verhoogbestuur almal self moet volsit, bring Jeremeo nooit van stryk nie. “Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning van my vriende en familie. Ek het nog altyd met die hulp van hierdie mense somehow dinge gemaak werk. Ek moet juis nou weer fundraise
vir die vervoer na die Vrystaat Kunstefees,” sê hy. Daar is reeds ‘n paar idees, waaroor hy nie te veel wil verklap nie, wat in sy kop aan die broei is vir nuwe toneelstukke.
“Ek hou van konsepte wat op egte lewenservarings gebaseer is en my idees vir ‘n nuwe show is een wat my baie na aan die hart lê,” is al wat hy bereid is om te sê.
NUUS • NEWS
•MNR SA-FINALIS
3
15 Mei 2019
Gabler 'dankbaar vir geleentheid'
•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Heinrich Gabler is in die pylvak vir die 2019 Mnr. Suid-Afrika titel. Hy is onlangs as een van die top 20 finaliste vir die kompetisie aangewys. Hierdie prestasie volg op die lang pad wat hy reeds met hierdie kompetisie gestap het. Heinrich het tydens die vorige Mnr. SA-kompetisie in die Top 5 geëindig en het besluit om die lat ‘n bietjie hoër te stel en weer vir die kompetisie in te skryf. Hierdie voormalige inwoner van Huis Andrew Murray en leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool is tans ‘n onderwyser by sy alma mater, Hugenote Laerskool. Tussen sy verpligtinge in die skool en op die sportveld, het hy tyd ingeruim om aan die uitdagings vir die deelnemers aan die Mnr. SA kompetisie deel te neem. Volgens Heinrich deelnemers op grond van hul vertonings tydens hierdie uitdagings uitgeskakel. “Ons het talle uitdagings voltooi wat beoordeel is. Ons moes byvoordeeld ‘Random acts of kindness’, elke dag, vir 30 dae doen. Ons bemarkingsvermoë is ook op die proef gestel deur borge te werf. Die publiek se stemme deur middel van sms’e het ook baie gehelp,” verduidelik hy. Heinrich voel opgewonde oor hoe ver hy in die kompetisie gevorder het. “Ek is dankbaar vir die platform wat die Mnr. SA kompetisie vir my bied en ook baie opgewonde oor die pad vorentoe,” sê hy. Sy fokus is nou om die oorblywende uitdagings wat aan die finaliste gestel word, met oorgawe aan te pak. “My doelwit is om toekomstige uitdagings voluit en tot die beste van my vermoë te voltooi en om soveel as moontlik stemme te werf. Ek wil ‘n goeie rolmodel te wees en natuurlik mik ek daarna om die titel te verower,” lag hy. Die kroningsgeleentheid vir die kompetisie vind op 8 Junie in Kaapstad plaas. Voordat die finaliste hul staal tydens die finaal moet wys, is hul laaste uitdaging om soveel as moontlik kaartjies vir hierdie spoggeleentheid te verkoop. Die publiek kan ook vir hul gunsteling deur middel
van ‘n sms-stelsel stem. “Die publiek se sms-stemme tel uiteindelik 30% van die bepalende telling waarvolgens Mnr. SA aangewys word. Die publiek se ondersteuning is dus van deurslaggewende belang en die sms’e is nou ‘n fokuspunt. Ek was gelukkig om tot dusver ongelooflike ondersteuning van talle mense te kry en daarvoor is ek baie dankbaar. Ek hoop hulle hou daarmee vol!” sê Heinrich. Volgens hom is sy passie, naamlik om ‘n positiewe invloed op ander mense te hê, sowel as die publiek se ondersteuning, sy grootste dryfvere. “Ek is so dankbaar vir almal se ondersteuning en motiveringsboodskappe. My doel is om ‘n positiewe verskil in die daaglikse lewe van ander te maak. Die publiek se ondersteuning gee my moed en dryfkrag om elke dag my beste te gee in die proses,” sê hy. Om vir Heinrich te stem, kan ondersteuners MRSA17 na 40439 sms teen R2 per boodskap.
Wellingtonners hoef nou nie meer ver te ry om interessante handgemaakte items, vars produkte, tuisgebakte brode, plante, geskenke en ander outentieke produkte uit te snuffel of te koop nie. ‘n Eie, plaaslike mark met al hierdie dinge en nog meer sal voortaan elke maand op ons eie agterstoep plaasvind. Die Plaashek Mark het op Saterdag 4 Mei vir die eerste keer op die terrein van die Oude Wellington Landgoed net buite Wellington plaasgevind. Talle mense het na hierdie mark gestroom om hul aan al die interessante stalletjies se produkte te verwonder, vars produkte vir die week te bekom, weg te lê aan die heerlike kos wat hier bedien word, varsgebakte brode, lekkernye of plante te koop en op die pragtige grasperke aan plaaslike jenewer, kruiekonsentrate en wyne te teug. Volgens Susanna Tecklenburg, een van die organiseerders van die Plaashek Mark, val die klem van die mark op natuurlike, plaaslike en handgemaakte produkte. Buiten ‘n kuierarea met tafels en stoele, is die groot grasperke op Oude Wellington die ideale plek om een keer per maand te kom uitspan terwyl jy by die stalletjie van die mark rondsnuffel. Vir die kinders is daar ‘n klimraam, gesigverf, ponieritte, ‘n buitelug-skaakspel en tafeltennistafel. Hulle beplan om later ook boeresport op die grasperke gedurende die somermaande aan te bied. Daar is ook ‘n braai-area waar die heerlikste boereworsrolle gemaak word. “Vir die volwassenes is daar ‘n cocktail en gin bar. Ons het ook die heerlikste koffies, fynbos-
tee, pannekoek en ‘n verskeidenheid heerlike kos,” sê Susanna. Vars groente en vrugte wat tans in seisoen is, biltong, plante, klere, handgemaakte juwele, krale, serpe, hekelwerk en leerhandsakke is van die ander produkte wat die stalletjies se tafels laat kreun. Vir die smulpape is daar ingemaakte produte en konfyte, plaaseiers, allerhande soorte koekies in die mooiste, natuurlike verpakkings, vars brode, soppe en gourmet-toebroodjies. ‘n Stewige spyskaart met ‘n verskeidenheid disse sorg dat niemand wat die mark besoek rondom middagete hoef te wonder wat om te eet nie. Daar is boonop ‘n plaasontbyt vir diegene wat al vroeg by die mark wil kom rondsnuffel en kuier. “Die mark duur van nege-uur tot vieruur. Toegang is gratis en die perseel is rolstoelvriendelik,” sê Susanna. Volgens haar wou sy en Melanie Muller, die oorspronklike persoon wat so ‘n mark geïnisieer het, met hierdie inisiatief ‘n platform skep vir mense om plaaslike produkte ten toon te stel, terwyl hulle ook iets doen wat tot Wellington se gemeenskapslewe sal bydra. Saam het dié twee vroue groot planne vir die Plaashek Mark. “Ons beplan ‘n Lentemark, ‘n Erfenismark en natuurlik ‘n Kersmark later in die jaar. Ons is regtig opgewonde oor die Plaashek Mark en glo dat Wellingtonners sal inkoop in die egtheid van die konsep en die kwaliteit van die produkte wat hier te vinde sal wees,” sê Susanna. Belangstellendes kan Susanna by 082 836 8924 of Melanie by 062 813 1914 vir meer inligting kontak.
Museum se fotokompetisie:
Dit is Astertyd. Die asters word bekyk en beoordeel. Een van die belangrike persone op die foto is die nuwe prinsipaal van Bergrivier Sekondêr. Identifiseer die person en gee sy naam. Stuur jou antwoord aan welmus@telkomsa.net of aan shandre@wellingtonmuseum.co.za. Die antwoord kan ook ingebel word na 0218734710 of by die Wellington Museum ingehandig word. Die vorige foto was dié van Henry Slamet.
Nuwe mark vir dorp
Skaak:
Kyla Smit van die Laerskool Hugo Rust het Saterdag, 27 April aan ‘n skaaktoernooi op Robertson, deelgeneem. Sy het ‘n silwer medalje verower.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.
4
15 Mei 2019
NUUS • NEWS
Optimisme is 'n doepa 103de Krisanteskou lok talle belangstelling
Die musiekblyspel Annie het die afgelope week vir vier aande lank in Hugenote Hoërskool se saal gespeel. Buiten die uitstekende toneelspel, ongelooflike stel en dekor, sowel as die wonderlike musiek en sang, is daar sekere waarhede in dié klassieke, tydlose storie opgesluit waaraan ons onsself maar elke dag kan herinner. Wanneer Annie tussen die arm mense op straat beland, verras sy hulle met haar positiewe lewensuitkyk. “Now that’s something I haven’t heard since 1928: optimism,” sê een van arm straatmense as Annie met ‘n optimistiese aanslag op elkeen van hul probleme kommentaar lewer. Selfs president Roosevelt bestempel die optimistiese Annie as “the kind of person a president should have around.” Die tydlose lirieke van “when I’m stuck with a day that’s cold and lonely, I just stick out my chin and grin and say: the sun will come out tomorrow”, uit die bekende liedjie “Tomorrow”, is sprekend van die optimistiese lewensuitkyk van dié weeskind, ten spyte van slegte omstandighede. In die week wat ons land se mense vir die sesde keer aan ‘n demokratiese verkiesing kan deelneem, is optimisme miskien iets wat die meerderheid landsburgers met versigtigheid en ‘n bietjie agterdog bejeën. Ons het immers al ontnugterende lesse geleer. Tog beskaam die hoop nie. “Miskien kan dinge, as die meerderheid saamwerk in plaas van verdeeldheid aanblaas, tóg op die ou einde ten goede uitdraai,” maak ‘n klein optimistiese stemmetjie in ons koppe ons wys. Ons het tog nog baie om voor dankbaar te wees. Iemand het eenkeer geskryf dat jou geluk in die lewe afhang van of jy die goeie meer vertrou as wat jy die slegte vrees. In Wellington weet mense hoe om optimisme in te span om positiewe gebruike in stand te hou en negatiewe dinge teë te werk. Wellington se bejaardes sit en tob nie oor hul ouderdom en die gepaardgaande skete en kwale nie. Hulle het onlangs aan verskillende items by die Golden Games Byeenkoms gaan deelneem en hul gate uit geniet. By die Safari Halfmarathon se wegspring was daar geen teken van ‘n negatiewe, pessimistiese atmosfeer nie. Daar het ‘n jolige, positiewe gees onder die duisende atlete geheers, die meer as 21km wat hulle te voet moes kafdraf ten spyt. Selfs die Tweede Wêreldoorlog of ‘n uitmergelende droogte kon nie keer dat die Wellington Krisante Vereniging hul jaarlikse skou deur die jare aanbied nie. Dié Skou is die afgelope week vir die 103de keer in ons dorp aangebied - iets wat dit een van die oudste kultuuraktiwiteite in ons omgewing maak. Harde plaaswerk en ‘n eenvoudige leefwyse het nie die plaaswerkers van die Oakdene Plaas buite Wellington gekeer om ‘n toegewyde, gedissiplineerde koor op die been te bring nie. Alhoewel geen lid van die koor enige musiekopleiding het of musiek kan lees nie, het hul optimistiese benadering en liefde vir sang en musiek vir hul ‘n eerste plek by die Suidoosterfees se koorkompetisie besorg. Jeremeo le Cordeur is eweneens iemand wat hom nie deur uitdagings en struikelblokke van stryk laat bring nie. Hy het, met harde werk, baie talent en genoeg optimisme die prys vir die beste nuweling by die Suidoosterfees vir sy toneelstukke ingepalm. Hillcrest Primêr se nuwe skoolhoof, Julius Williams, ontken nie die uitdagings waarmee die onderwys deesdae sukkel nie. Hy is egter optimisties om hierdie uitdagings met mening en met die hulp van sy personeel en gemeenskap te pak sodat die leerders in sy skool die beste kans op kwaliteit-onderrig het. Helen Keller het geskryf dat optimisme die geloof is wat na welslae lei en dat niks sonder hoop en vertroue bereik kan word nie. Mag elkeen hierdie week, soos Annie, hul kenne uitsteek, grinnik en weet dat die son weer sal opkom - al lyk die dag grys en eensaam.
Bo: Al die pryswenners saam met minister Anroux Marais. 7402: Die stadsaal was ‘n lushof van tafels vol krisante en talle belangstellendes het die geleentheid bygewoon.
Links: Martin Abrahams is as die Kampioen Kweker aangewys. Hier ontvang hy sy trofee by die voorsitter van die Wellington Krisante Vereniging, Anthony Cavernelis.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Die 103de Wellington Krisante Skou het op Saterdag 4 Mei in die Stadsaal plaasgevind. Hierdie fleurige geleentheid, wat reeds sedert 1917 ‘n instelling in die dorp is, is deur ‘n rits krisante-kenners, lede van die Wellington Krisante Vereniging, gerekende eregaste, waaronder minister Anroux Marais, en lede van die publiek bygewoon. Die Stadsaal is in ‘n oase omskep met honderde prag-krisante wat uitgestal is. Die kwekers se verskillende variëteite, kleure en groottes van hierdie blomsoort het die tafels laat kreun waar dit in gelid gestaan het om vir die talle toekennings in aanmerking te kom. Tydens die opening van die Skou het Herman Bailey van die Krisante Vereniging daarna verwys dat hierdie geleentheid een van die oudste kultuurgeleenthede deur een van een van die oudste kultuurverenigings in die dorp is. Die amptelike verrigtinge en prysuitdeling is deur ds. Fredericks geopen, waarna die voorsitter van die Krisante Vereniging, Anthony Cavernelis, almal verwelkom het. Prof. Michael Le Cordeur het ‘n oorsig van die Krisante Vereniging se geskiedenis gegee. “Wanneer ons kyk na die Wellington Krisante Vereniging se ontstaan in 1916, moet ons besef dat iets soos die taal Afrikaans toe nog nie eers amptelik bestaan het nie. Die stigters van daardie tyd sou moontlik nie kon dink dat dít wat hulle tot stand gebring het, 103 jaar later steeds gehuldig sal word nie. Selfs tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Vereniging nie ‘n Skou gemis nie. Sedert die ontstaan van die Vereniging het die tye, politiek en klimaat baie verander. Hierdie instelling sou nie oorleef as dit nie van geslag tot geslag oorgelewer is nie. Ons eer die mense wat dit gedoen het,” het hy gesê. Prof. le Cordeur het die eerste geleentheidspreker, minister Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, aan die woord gestel. In haar toespraak het sy na die wonder van die instandhouding van kultuur verwys en ook ‘n vergelyking met die eienskappe van krisante en menslike welslae getref. “Met hierdie geleentheid breek mans eintlik die stereotipering dat slegs vroue in die kunste, kultuur en blomme belangstel, af. Krisante vergestalt grasie, innerlike krag, sowel as sagtheid. Elke blom is boonop uniek. Dit is tekenend van ‘n voorbeeld wat ons as mense ook kan nastreef. Die kweek van die blomme verg tyd, hardwerkendheid en eerlikheid en daar is heel moontlik ‘n geheime boodskap en gesprek wat tussen die plant en die kweker oorgedra word. Ek hoop
julle koester hierdie kultuur en kunsvorm. Geluk aan al die deelnemers en wenners. Mag julle van krag tot krag gaan,” het sy gesê. Die tweede geleentheidspreker was die Wellingtonner dr. Judith Arnolds, ‘n botanikus en navorser by Kirstenbosch. Sy het oor klimaatsverandering en die invloed wat dit op plante het, gepraat. “Klimaatsverandering het met die verandering in temperatuur en reënval oor ‘n lang tydperk te doen. Navorsing dui daarop dat daar globaal ‘n verhoging van 1,5 tot 3°C in temperatuur is. Droogtes, vloede, siklone en ‘n verhoogde kweekhuiseffek is alles simptome van klimaatsverandering en dinge soos bevolkingsgroei, meer woestyngebiede en veranderde boerderymeganismes speel ook ‘n rol. Klimaatsverandering en hitte veroorsaak dat blomkoppe kleiner is en dat blomme later blom. Die feit dat hier vandag soveel pragtige blomme is, is deel van ‘n wetenskap op sy eie,” het sy gesê. Dr. Arnolds het ook na spesiale bemestingsmetodes en ‘n nuutontwikkelde soort film wat oor plante gespan kan word, verwys. Sy het die kwekers geluk gewens met die klomp mooi blomme wat hulle onder moeilike omstandighede kon kweek. Tydens die prysuitdeling vir die wenblomme is die kwekers vir hul harde werk beloon. Henry Poole, Christiaan Small, Anthony Cavernelis, Japie Willemse, Aubrey Minnaar en prof. Michael le Cordeur is die manne wat met die wenbekers in die verskillende afdelings weggestap het. Anthony Cavernelis het twee wenbekers, in die afdelings vir Beste Intermediate B en Beste Donker Blom, ingepalm. Prof. Michael le Cordeur het die afdelings vir Beste Intermediate A, Beste Alfred Simpson en die Beste Spesiale Seksie gewen. Hy was ook die eerste wenner van die Freddie Cyster Beker vir die Kampioen Spider Blom. Hierdie beker is deur die Cyster-familie ter nagedagtenis aan hul pa aan die kompetisie geskenk. Prof. le Cordeur het boonop ook die skild vir die kweker met die algehele meeste punte ingepalm. Martin Abrahams is as die Kampioen Kweker van die Skou aangewys. Buiten die krisante, was daar ook ‘n handvlyt-afdeling by die skou waar blommerangskikkings en handwerk ten toon gestel is. Karel Dampies, wat altesaam 15 toekennings in hierdie afdeling losgeslaan het, het met die toekenning vir die beste blommerangskikking en huisvlyt weggeloop het.
NUUS • NEWS
18de Kaasfees weer 'n reuse sukses
Die 18de Suid-Afrikaanse Kaasfees van 26 tot 28 April 2019 was ‘n reusesukses volgens die organiseerders, uitstallers én besoekers. Almal is dit eens: Dit was die beste fees nóg. Dit is immers nie elke dag dat die Suiwelproduk van die Jaar én die Gin van die Jaar saam by een fees kuier nie! Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, sê die SA Kaasfees is gevestig as Suid-Afrika se gewildste buitelug-koservaring. Dié viering van kaas en verwante produkte word sedert 2002 deur Agri-Expo aangebied en word die afgelope nege jaar op Sandringham gehou. “Vanjaar se fees was ‘n ideale samekoms van innoverende produkte, goeie organisering en gesellige samesyn,” sê Ehlers. ‘n Hoogtepunt was volgens hom die hoë standaard van produkte – waarvan die SA Suiwelproduk van die Jaar én die Gin van die Jaar vir 2019 getuig. Belnori Boutique Cheesery se 50/50-bok-en-koeimelkkaas St Francis of Ashisi en Deep South Distillery se Cape Dry Gin was tydens twee Tasting Room-sessies te proe. “Dié gin het op Dinsdag 30 April 2019 ‘n goue medalje gewen by die London Spirits Competition én is boonop uit meer as 300 inskrywings aangewys as die Gin van die Jaar vir 2019,” sê hy. Ehlers sê die fees, met ‘n kapasiteit van 10 000 mense per dag, was die vroegste ooit uitverkoop vir die Saterdag. “Agri-Expo is saam met die uitstallers ingenome oor die geweldige koopkrag by vanjaar se fees. Ons skryf dit toe aan die gehalte en bekostigbaarheid van die produkte.” Die groot verskeidenheid uitstallers is volgens Ehlers ‘n belangrike rede vir die groeiende sukses van die fees. “Ons het vanjaar ‘n rekord aantal van meer as 170 uitstallers gehad. Boonop was sowat ‘n derde van hulle nuwe deelnemers.” Kommersiële en boetiekkaasmakerye van regoor die land en ook van die buiteland bring jaarliks meer as 20 ton kaas na die SA Kaasfees. Een van die pluspunte vir feesgangers vanjaar was groter deelname van internasionale kase uit veral Italië en Nederland waarmee plaaslike produkte vergelyk kon word. ‘n Splinternuwe toevoeging tot die Cheese Emporium was ‘n piazza met alles Italiaans – met Italiaanse kase, olywe, Provolone, Prosciutto di Parma, pasta, pesto én Italiaanse gasvryheid in oorvloed. Ehlers sê uitstallings van boetiekkaasmakerye van heinde en verre is uniek aan die SA Kaasfees. “‘n Aantal klein kaasmakers is weer genooi om hul unieke handgemaakte produkte bekend te stel as deel van ons #Support #SmallCheeseMakers-projek in vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL) en Absa.” Een van dié deelnemers was ‘Ciao Ciao’, ‘n splinternuwe kaasmakery wat slegs tien dae voor die fees geopen het. Volgens die mede-eienaar Maurizio Odiema het hul buffelmozzarella en fior di latté baie goed verkoop. “Ons het reeds belangstelling van ‘n bekende
15 Mei 2019
kleinhandelaar gekry asook hulp met die aansoek om ‘n uitvoerpermit,” sê Odiema. Nóg ‘n nuwigheid was die toegewyde Craft Canopy-uitstalarea met ‘n groot verskeidenheid wyn, bier, vonkelwyn en vir die eerste keer boetiekgin. Die Tasting Room was ‘n groot gunsteling onder besoekers. Bekende sjefs soos Pete Goffe-Wood, The Food Fox Ilse van der Merwe, Lapo Magni en The Kate Tin Katelyn Allegra het daagliks ses pas-en-proedemonstrasies aangebied. Besoekers kon kaas saam met wyne soos SA se top Chenin Blanc en Sauvignon Blanc, bier en selfs sjokolade geniet, en ook leer wat Prosecco anders as Champagne maak. Besoekers kon vanjaar weer as deel van die Cape Made Taste the Alternatives-projek, danksy ‘n vennootskap met die WKDL, innoverende skeppings van sowat 50 uitstallers se nis- en alternatiewe produkte uittoets en koop. Interessante nuwighede sluit in perlemoenpastei, kombucha-asyn, plaashoenderbiltong, gepekelde alikreukel, rooibosvodka en insekroomys gemaak van EntoMilk™! Meer as 30 resepte wat kaas, brood en alternatiewe produkte kombineer, is spesiaal ontwikkel vir kookdemonstrasies wat daagliks in die Cape Made Kitchen aangebied is. Besoekers wat dié sessies bygewoon het, het elkeen ‘n eksklusiewe resepteboek as geskenk ontvang. Die SA Kaasfees is reeds verskeie keer bekroon as die ‘Beste Verbruikersuitstalling in Afrika’ (groter as 12 000m²) deur AAXO (Association for African Exhibition Organisers), asook as die Kaapse Wynland se ‘Fees van die Jaar’ in 2018. Ehlers sê dit is vir Agri-Expo ‘n voorreg om deur die die uitstal- sowel as die toerismebedryf vereer te word. “Ons is vanjaar ook oorval met talle positiewe terugvoer van besoekers, uitstallers en vennote oor nuwe feeservarings wat geskep is, die uitleg van die terrein en die gesellige samesyn in die verskillende areas,” sê hy. Eerstekeer-feesganger Theo Kleinhans van die Helderberg het baie feesgangers se ervaring opgesom met sy kommentaar: “Dis een van die mees georganiseerde feeste wat ons nog bygewoon het. Van die aankoms tot die parkering en sekuriteit was uitstekend. Die stalletjies was netjies en daar was genoeg sitplek.” Die organiseerders het die beste uitstallings in ses kategorieë bekroon – waaronder ‘n nuwe uitstaller, Diesel & Dust Craft Beer. Die wenners was Ladismith Kaas (Kommersiële kaas); Kasselshoop Cheese (Boetiekkaas); Diesel & Dust Craft Beer (Alkoholiese produkte); Las Paletas Artisan Lollies (Verwante produkte); Busy Bee Apiaries (Alternatiewe Produkte); Piroschka’s Flammkuchen (“Gourmet Lane”); en Wes- en Suid-Kaap Angus Klub (Melkfabriek/Dierelaning). Ehlers het al vanjaar se uitstallers geloof vir hulle innoverende produkte, fees-afslagaanbiedinge en persoonlike interaksie met besoekers.
Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection
Tel: 021 870 1898
20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za
Hugenote pak Worcester Gimnasium
Hugenote Hoërskool het op Saterdag 4 Mei gasheer gespeel vir ‘n sportdag teen Worcester Gimnasium. Leerders van die onderskeie skole het op die rugby- en hokkievelde, sowel as op die netbalbane met mekaar meegeding. Die spanne het mekaar goed opgedreun en die dag het vir goeie sportmanskap, optimistiese ondersteuning en naelbytwedstryde gesorg. Die sportdag is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe die skole se o/19 A-rugbyspanne vir die hoofwedstryd op die veld uitgedraf het. Met Worcester Gimansium wat teen halftyd met 18-17 voor was, het Hugenote alles tydens die tweede helfte in die stryd gewerp. Hul uitstekende spel en vasberadenheid het hul uiteindelik met ‘n eindtelling van 32-18 oor Worcester Gimnasium laat seëvier.
5
6
NUUS • NEWS
15 Mei 2019
Oakdene Plaaskoor is wenners by Suidoosterfees
•Jaomi Zeeman Wanneer die plaaswerkers op die Oakdene plaas buite Wellington in die koejawelboorde of tussen die wingerde doenig is, doen hulle dit met ‘n lied in die hart. Hierdie werkers se plaaskoor het onlangs hul sangtalent tydens die Suidoosterfees op Kaapstad se groot verhoë ten toon gestel toe hul aan die fees se koorkompetisie deelgeneem het. Dertig kore van regoor die Wes-Kaap het aan die kompetisie deelgeneem. Die Oakdene Plaaskoor het almal uitgestof en is as die algehele wenners in die afdeling vir plaaskore aangewys. Volgens die koorleier en voorsitter van die koor, Johanna Small, is hulle baie trots op hierdie groot prestasie. “Ons voel baie gelukkig oor hierdie prys wat ons gewen het. ‘n Mens maak soms baie opofferings en dan is dit lekker as jy die goeie vrugte daarvan kan pluk. Ons doen nie wat ons doen vir pryse nie - ons kompeteer met onsself en probeer elke keer verbeter op wat ons doen. Die prys is net ‘n lekker bonus,” sê sy. Johanna werk al vir 29 jaar op die Oakdene plaas. Sy is haar lewe lank al ‘n Wellingtonner en het haar skoolloopbaan by die Agter-Groenberg Primêr, voorheen die Beatrix Plaasskool, afgeskop. Vandag is sy ‘n algemene werker en oorsiener op Oakdene en sy is ook deel van die Plaasforum. Dié ma van twee seuns en ouma van twee kleinkinders is van kleins af al lief vir musiek. Hierdie liefde, gekombineer met haar natuurlike aanvoeling vir harmonieë en groepsang, het haar in 2013 laat besluit om ‘n plaaskoor op Oakdene op die been te bring. “Hier was ‘n sanggroep, die Pentecostal Voices, wat uit 4 mense bestaan het, op die plaas. Die destydse burgemeester het toe ‘n kompetisie vir plaaskore begin en ek het besluit om die groep te vergroot en aan die kompetisie deel te neem. So het ons koor gegroei,” vertel Johanna. Die Oakdene Plaaskoor tree sedertdien gereeld by sangaande en begrafnisse op en neem ook elke jaar aan die plaaslike kompetisie vir plaaskore deel. Vandag is die koor ‘n hele 23 lede sterk. Die ouderdomme van die koorlede wissel van mense in hul 20’s tot mense in hul 60’s.
“Ons is maar ‘n eenvoudige groep, maar ons is lief vir mekaar. Ons praat ons harte uit teenoor mekaar en ons luister na elkeen se opinie. Ons is soos ‘n familie en die koorlede voel soos my eie kinders,” sê Johanna. Die koor oefen elke Maandag- en Donderdagaand. Nie een van hulle het enige musiekopleiding nie en niemand kan musiek lees nie. Wat hul doen, kom uit hul harte en hul verwerkings ontstaan uit die wysies en harmonieë wat hul in hul koppe hoor. “Daniel van der Ross begelei ons op sy kitaar. Ons het nie dinge soos bladmusiek nie. Ons hoor ‘n liedjie waarvan ons hou, en dan skryf ons die woorde neer en maak copies vir elke koorlid. Met die musiek gaan ons net op ons gehoor. Ons het sopranos, tenors, basse en tweede stemme en ons werk elke stem se wysie uit soos ons aangaan,” verduidelik Johanna. Alhoewel die koor ‘n hele rits liedjies ken en kan sing, kon hul slegs twee liedere vir die Suidoosterfees se kompetisie inskryf. Hulle het op die geestelike lied, “Draw me close to you”, en die gewilde “Ek verlang na jou” besluit. “Ons kon ook workshops wat die Suidoosterfees aangebied het, bywoon. Hier het hulle vir ons raad gegee oor wat ons alles in ons liedjies kan doen om dit beter te maak. Dis juis by die laaste workshop dat ons besluit het om ‘n key change in Draw me close to you te doen. Een van die judges het glad opgespring toe ons daai key change by die kompetisie doen,” vertel Johanna trots. Uit die aard van die saak het die koor soms uitgawes wanneer hulle iewers moet gaan optree. “Ons is nie mense wat net vra of wil kry nie - ons woeker. Ons hou braai-aande en fondsinsamelings om ons kostes te dek,” sê Johanna. Hulle was bevoorreg om borge vir hul spesiale uitrustings vir die Suidoosterfees te kry. “Meneer Koos Malan het die vroue se rokke geborg en meneer Niel Ennis van Oakdene het die manne se klere geborg. Ek het laas Vrydag een uur vroeër by die werk uitgeval om die mans se hemde te gaan koop. Ons het baie netjies en baie mooi gelyk,” sê Johanna dankbaar. Volgens haar is die feit dat hulle selfvertroue het wanneer hulle op die verhoog klim, een van die belangrikste bestanddele van die koor se
Bo: Die mans van Oakdene-plaaskoor uitgetof in hul koordrag. Links: Johanna Small, koorleier en -voorsitter, met die sertifikaat wat hul eerste plek by die Suidoosterfees se koorkompetisie bevestig.
sukses. “Jy moet dít wat jy doen met oorgawe en selfvertroue doen. Ons sukkel soms, maar as ons op die verhoog klim, verbaas ons onsself. Dan los ons alles in die hande van die Here. Ons sang het nie net ‘n uitwerking op ons eie lewens nie, dit is iets wat ook vir ander mense aanraak en iets beteken,” sê sy. Sang, musiek en harmonieë brand in elkeen van hierdie koorlede se harte. “Mary-Anne van der Westhuizen, Anne Jansen, Kayla van der Westhuizen, Erroline Rodgie, Mariana van der Westhuizen, Velecia Jansen, Mariana Marima Small, Anthea Daniels, Hendrika Daniels, Jeanetta Small, Leatitia Hendriks,
Miriam Rodgie, Daniel van der Ross, Westley van der Ross, Willie Small, Frank Luikies, Piet Dampies, Justin Small, Hilton Daniels, Christiaan Jansen, Marco Daniels, Alfred van der Westhuizen en ons kondukteur, Pieter Scheepers - dít is die mense, die familie, waaruit Oakdene se koor bestaan,” noem Johanna al haar koorlede se name. Die R3 000 prysgeld wat die koor met hul oorwinning by die Suidoosterfees gewen het, wil hulle graag terugploeg in die koor. “Ons wens is om ‘n keyboard te koop. As ons nog ‘n paar rand kan insamel, kan ons hierdie droom laat waar word,” sê Johanna.
NUUS • NEWS
15 Mei 2019
Duisende neem deel aan Safari-halfmarathon
7
Heel bo links: Duisende atlete staan gereed voor die aanvang van die 32ste Safari Halfmarathon. Bo: Dr. Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynlande Distrik Munisipaliteit, skiet die skoot vir die aanvang van die halfmarathon. Links onder: Die wenner van die halfmarathon, Rabson Chigara, nael oor die wenstreep. Links: Elvino Cupido was die eerste Wellingtonner oor die wenstreep. Tweede ry, heellinks: Mia Steytler was die eerste vrou oor die wenstreep.
Wellington was op Woensdag 1 Mei reeds vroegoggend ‘n miernes van bedrywighede toe duisende mense op ons dorp toegesak het om aan die Safari Halfmarathon, die 10km, die 5km en die veldloopwedloop deel te neem. Dit was die 32ste keer dat hierdie gewilde wedloop op 1 Mei in ons dorp aangebied word en volgens die organiseerders het meer as 7 000 atlete hul veters vir die wedlope by hierdie geleentheid gebind. Om 07:10 was die adrenalien en afwagting van deelnemers by die wegspringpunt van die halfmarathon bykans tasbaar. Die Kaapse Wynlande Distrik Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, dr. Elna von Schlicht, het die afsitterskoot vir die duisende atlete laat klap, waarna die deelnemers die roete deur en rondom ons pragtige dorp aangedurf het. Die geleentheid is weer, soos die afgelope 32 jaar, deur die samewerking van talle rolspelers moontlik gemaak. Dit is ook hierdie samewerking wat van die Safari Halfmarathon ‘n gewilde wedloop onder langafstand-entoesiaste maak. Die Safari-borge, Wellington Atletiekklub, Top Events en die plaaslike Rapportryers is die gedugte span wat hierdie wedloop elke jaar organiseer. Die wedloop is ook die Boland se vlagskip-geleentheid wat as die Boland Padwedloop
Kampioenskap dien. Atlete uit die streek kan dus hier om meer as net ‘n algemene plasing meeding. Die Hugenote Hoërskool het weer as gasheer opgetree deur hul pragtige terrein en geriewe beskikbaar te stel. ‘n Heerlike koel Wellingtonse herfsdag het verder bygedra om van hierdie 32ste Safari Halfmarathon ‘n groot sukses te maak. Ondersteuners kon hul in die verskeidenheid produkte by die talle stalletjies verlustig en vir dié wat nie die halfmarathon wou aandurf nie, maar steeds wou litte rek, was daar ‘n 5km en 10km wedloop. Die organiseerders het hierdie jaar ook vir die eerste keer ‘n veldwedloop as deel van die geleentheid aangebied. Die halfmarathon is deur Rabson Chigara in ‘n tyd van 1:06:24 gewen. Hy was ook die eerste persoon bo 40 jaar oor die wenstreep. Collen Mulaudzi het in die tweede plek geëindig en Lloyd Bosman was derde. Die 22-jarig Matie, Mia Steytler, het die vroue-afdeling in die halfmarathon gewen. Talle plaaslike atlete het ook aan die halfmarathon, sowel as die 5km en 10km-wedlope deelgeneem. Die eerste Wellingtonner oor die wenstreep in die halfmarathon was Elvino Cupido.
8
courant
dié
15 Mei 2019
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•VIER 70 JAAR
NUUS • NEWS
Bergrivier hou groot sportdag
15 Mei 2019
Goue oues neem aan gewilde Spele deel
Wellington Bejaardesorg Sentrum se deelnemers aan die Golden Games tydens die opening.
Een van Bergrivier Hoërskool se groot feesgeleenthede om hul 70ste bestaansjaar te vier het op Saterdag 4 Mei plaasgevind. ‘n Reuse-sportdag, waar talle skole se o/19 A-sportspanne met mekaar meegeding het, het op die skool se sportterrein plaasgevind. Talle leerders, onderwysers, ouers en oud-leerders het die geleentheid bygewoon. Die deelnemende skole het mekaar op die rugby- en sokkerveld, sowel as op die netbalbane en rondom die skaakborde die stryd aangesê. Talle kosstalletjies het gehelp om die deelnemers en ondersteuners se hongerpyne te stil en die gees wat tydens die dag geheers het, was een
van goeie sportmanskap en feestelikheid. Almal het met groot afwagting na die hoofwedstryd tussen o/19A rugbyspanne van Bergrivier en Westin Sekondêr, wat al die pad van Vredenburg af gekom het, uitgesien. Die toeskouers kon hul tydens hierdie wedstryd in ‘n skouspel van naelbyt-rugby-aksie verlustig. Bergrivier wat in die middel van die tweede helfte nog 14-12 agter. Met ‘n skitter-drie het hulle verby Westin geskuif en die telling het op 17-12 gestaan. Puik spel tydens die laaste gedeelte van die tweede helfte het Bergrivier met ‘n telling van 22-14 oor Westin laat seëvier.
Talle bejaardes uit die Wellington-omgewing het op Woensdag 1 Mei aan die Golden Games Byeenkoms by Boland Park in Worcester deelgeneem. Daar is net een vereiste vir deelname aan hierdie byeenkoms, en dit is dat jy ouer as 60 jaar moet wees. Hierdie jaarlikse geleentheid sluit veld- en baanitems, sowel as ‘n hele paar ander prettige aktiwiteite in. Die geleentheid word jaarliks deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid georganiseer. Deelnemers kan hier kwalifiseer om uiteindelik aan die Nasionale Golden Games te gaan deelneem. Lede van die plaaslike Bosman Adama
Bejaarde Groep, sowel as lede van die Wellington Bejaardesorg Sentrum het aan die Byeenkoms gaan deelneem. Talle plaaslike besighede, individue en instansies het skenkings gemaak om die bejaardes se deelname genotvol en gerieflik te maak. Kospakkies, gazebos en vervoer is deur plaaslike skenkers vir die deelnemers gereël. Volgens Klaas Morkel van Bosman Adama en Jean-Claude le Cordeur van die Wellington Bejaardesorg Sentrum was dit ‘n genotvolle dag vir elke deelnemer, ‘n wonderlike geleentheid om op ‘n uitstappie te gaan en die kans om nuwe mense te ontmoet - alles terwyl hulle aktief en op gesonde manier gekompeteer het.