c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Bergrivier
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Mei 2019
54.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 519
22 Mei 2019
Classic Clashes:
Die eerste netbalspan van Hoërskool Piketberg het die naweek in die FNB Classic Clashes-kragmeting teen die span van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury te staan gekom. Piketberg het geseëvier met 34-31. Sien nog foto's agter.
•LIONSKLUB EN BOERE STEEK HAND UIT
Tonne voer vir Garies
Die plaaslike Lionsklub op Porterville én boere van die omgewing het die afgelope naweek hul harte oopgemaak toe meer as sewe ton se voer al die pad na die droogtegesteisterde gebiede in die Noord-Kaap gestuur is. Jaco Visser, voorsitter van die plaaslike Lionsklub, sê daar is al voorheen ondersteuning gebied vir droogtehulpprojekte. Verlede Saterdag was egter die eerste keer wat lede van die klub die voer help vervoer het. Boere van die omgewing van Porterville het voer soos gars, lupiene en hawer geskenk wat vroeg Saterdagoggend deur altesaam 13 bakkies met sleepwaens én ‘n vragmotor na Springbok aangery is. Hoewel enige voertuie die voer mag help vervoer, het die klub saam met die Wes-Kaapse Amarokklub gewerk om die projek ‘n sukses te maak. Meer as sewe ton se voer is uiteindelik aan boere oorhandig. Volgens Visser was dit ‘n emosionele ervaring toe voer aan dié Noord-Kaapse boere oorhandig is. “Die boere kry bitter swaar. Hulle het die skenkings baie waardeer,” voeg hy by. Die Lionsklub is reeds besig met ‘n volgende droogtehulpprojek om boere in nood te help en by te staan in die voortslepende droogtegeteisterde gebiede. Van links staan Rassie Bothma, Kobie Visser, Ernst Myburg en Jaco Visser van die Lions Club op Porterville.
NUUS • NEWS