c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
22 Mei 2019
54.6%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 519
22 Mei 2019
ArtHSS:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Woensdag weer hul mooistes vir die jaar gekroon. Le-Lue, Grant Johnson en Anna Kearney het as beoordelaars opgetree, met Minki van der Westhuizen as aanbieder en Quintin Prinsloo (inlas) as kunstenaar. Chrismarie Malan en Aldo Walters is as vanjaar se Mej en Mnr Hoërskool Swartland gekroon. Op die foto is Willbur Jasson (2de prins), Jonathan Young (1ste prins), Chrismarié Malan (Mej Hoërskool Swartland), Aldo Walters (Mnr Hoërskool Swartland), Grant Johnson, Thea Nel (1ste prinses) en Liezel van der Merwe (2de prinses).
•PREMIER ZILLE BY OPENING VAN SENTRUM
Geleenthede wag •Charlotte Lesch Die toekoms lyk nou blink, gevul met hoop wat op die horison wag vir baie jeugdiges ná die opening van die Swartland Gemeenskapsportsentrum op Malmesbury. “Dit is alles en meer wat ons gehoop het dit sal wees," het Jeff Spinks, verteenwoordiger van die Britse stigting, Hope Through Action, gesê kort voor die amptelike opening van die spoggerige sportsentrum. Hope Through Action SA, ‘n Britse stigting wat in 2008 tot stand gebring is met die doel om lewens deur sport te verander, het hande met die Swartland Munisipaliteit gevat om ‘n derde sportsentrum op Malmesbury te open. ‘n MOU (Memorandum of Understanding), is in 2018 deur die plaaslike owerheid en Hope Through Action tydens ‘n spesiale burgemeestersvergadering onderteken, hoewel daar reeds sowat vyf jaar gelede met onderhandelings begin is. Dít kom ná R22 miljoen aan die binnenshuise sportsentrum, as deel van die RSEP-program (regional socio-economic programme) deur dié stigting aan die SM toegestaan is. ‘n Verdere R6 miljoen is deur die SM vir die ontwikkeling gegee, asook R2 miljoen deur Afrisam. Philip Green, stigter van Hope Through Action, was vol lof vir hul samewerkingsooreenkoms met die SM. Dit is nou byna tien jaar sedert die opening van hul eerste sportsentrum in Mbekweni buite
die Paarl. Die tweede sportsentrum is sowat vier jaar gelede op Franschhoek geopen. Sowat 7000 jeugdiges se lewens word maandeliks geraak en verander deur die bestaande twee sportsentrums alleen. Green is opgewonde oor die feit dat meer as 10 000 kinders se lewens nou deur Hope Through Action geraak sal word deur gestruktureerde programme met die opening van hul derde sportsentrum. “Dit gaan nie net oor sport nie, maar die ontwikkeling van lewensvaardighede deur sport,” sê Green. Die afwagting is nou verby met die openingseremonie wat die afgelope Vrydag by die sportsentrum plaasgevind het. Helen Zille, voormalige premier van die Wes-Kaap wat by die vorige opening van die sportsentrum op Franschhoek betrokke was, het ook die geleentheid bygewoon saam met onder meer sportpersoonlikheid en ambassadeur, Ryk Neethling, plaaslike internasionale krieketskeidsregter, Marais Erasmus, minister Anton Bredell én die uitvoerende burgemeester rdh. Tijmen van Essen, onderburgemeester, Maude Goliath en mede-raadslede en direkteure van die Swartland Munisipaliteit. "Hoewel die ontwikkeling van die sportsentrum verlede jaar begin het, is die terrein vir dié fasiliteit reeds sowat nege jaar gelede deur die SM geïdentifiseer," sê Van Essen. Die ontwikkeling is boonop betyds en binne
die begroting voltooi, voeg Green by . Dit was ook Zille se laaste verskyning as premier. Die sportfasiliteit wat deur Hope Through Action moontlik gemaak is, sal nou bestuur word deur ‘n internasionale nie-winsgewende organisasie, Score, wat fokus op die ontwikkeling van ‘n gemeenskap deur middel van sport. “Dit is nie net ‘n sportsentrum nie. Dit gaan daaroor om lewens te verander,” sê Spinks. Volgens hom is die die platform daargestel om die minderbevoorregte jeug te help om die regte keuses en lewensbesluite te maak. "Die sportsentrum is ook nie noodwendig daar om suksesvolle sportmanne van die jeug te maak nie, hoewel daar baie talent in ons midde is wat al die leer van sukses in sport by die ander twee sportsentrums geklim het,” voeg hy by. Die sportsentrum bied ‘n veilige hawe waar die jeug hul passie soos dans kan uitleef. Dié sportsentrum verskil ook van die ander bestaande sentrums. Terwyl die ander sentrums se binnenshuise sportveld uit 'n astroveld bestaan, het plaaslike inwoners aanbeveel dat die oppervlak eerder uit beton bestaan vir praktiese doeleindes waar baie meer sportsoorte beoefen kan word. “Die ontwikkeling van die ander sportsentrums het die ruimte vir verbetering gegee met die ontwikkeling van die derde sportsentrum,” voeg Spinks by.
NUUS • NEWS