520 dié courant Wellington

Page 1

courant

dié

Bergrivier 11Swartland Swartland •• Bergrivier Wellington Wellington

• Free •• Free Gratis • Gratis Wes-Kaap se #1 Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus Bou saam met goeie nuus

29 Mei 2019 12 September 2018

Uitgawe 520 Uitgawe 486

•PROJEK REEDS 13 JAAR AAN DIE GANG •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM

29 Mei 2019 12 September 2018

Duvet-projek gee Moderne vrou se rol in samelewing ekstra warmte

•Jaomi Zeeman Die Drakenstein Sakekamer het, in samewerking met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread Communications, ‘n spesiale inligtingsessie vir plaaslike sakevroue aangebied waar die voordele en gevare van sosiale media en die kuberruim onder die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie het op Dinsdag 4 September by die Boschenmeer Landgoed plaasgevind. Talle plaaslike besigheids- en sakevroue het die geleentheid bygewoon en groot baat gevind by die interessante praatjies. Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, ‘n spesialis op die gebied van die suksesvolle aanwending van sosiale media in die besigheidswêreld, het die dames oor die voordele van die gebruik van die kuberruim in die werkplek ingelig. Volgens Anine kan sosiale media platforms baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordeel van besighede benut word. “Sosiale media platfoms soos facebook, instagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel om jou besigheid te adverteer en netwerke met ander besighede en moontlike kliënte te bewerkstellig. "Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen verbruikers, 80% van verbruikers volg besighede op hierdie platform en 30% van verbruikers koop produkte wat hulle op instagram gesien Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en Helét Borchardt van Sanhet,” hetvan sy gesê. Koos der Merwe van die Amos bediening, Marlene Meinlam. Anine het hierdie platform ook as ‘n plek tjies, Mavine Paulse en Zizipho Mzazi van die Drakenstein waar besighede se hulSosiale kreatiwiteit kan uitbeeld, gesê. gemaak het, gegee. Munisipaliteit Dienste. ‘n besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan Hy het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. duvet-projek het sy oorsprong gehad toe Wellington verteenwoordig, ‘n totaal van 1945 •Jaomi Zeeman handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, oor Die “Wanneer jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Elsa Giliomee in 2002 vir haar kleinkind ‘n laslap- duvetslope, meesal laslap, gemaak en in die pro‘n Projek waar duvets met die aanvang van die voorgehou. Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligting en data nie beskerm nie. Kuberkrakers winter aanhaar behoeftige kinders word, pie-duvet vir haar poppe gemaak het. Dit het ses amper 8km materiaal gebruik. Volgens is Twitter nog ‘nuitgedeel goeie platform die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op Die ontvangers van hierdie duvets het deur het vanjaar reeds vir die 16de keer vir warm aan Elsa die idee gegee om ‘n projek te begin om wat deur sakevroue gebruik kan word. selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels die jare hoofsaaklik uit Wellington se plaasarbehoeftige kinders warm te laat slaap. harte en lywe in Wellington se winterkoue “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. beidsgesinne, die ACVV Wellington, crèches en Sy en haar man, Gielie, het ‘n afspraak met gesorg. wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie en restaurante besigheid doen talle voordele, Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en nasorgsentrums van Mfesane en Cross Roads en die Wellington-Oos Gemeente se predikant, Hierdie projek, wat al in 2013 deur die Welis en 76% van verbruikers wat handelsmerke maar ook talle gevare in. “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkoaan die Weskus, kinderhuise in die Paarl, WelNJ van As, en sy vrou, Karen, gemaak om hul lingtonner Elsa Giliomee geïnisieer is, is deur die hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. lington en Robertson, Ruiterwacht se gemeenmening oor die moontlikheid van so ‘n projek te jare deur ‘n groep ywerige vroue in stand gehou. kragtige instrument in enige besigheid,” het sy en kuberkrakers verwys. Besighede se digitale voetspoor en die skap en individuele gevalle in die Drakenstein vra. Die voorstel het byval gevind. Altesaam 200 duvets met oortreksels en kusgesê. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. area bestaan. In 2003 is die eerste duvetslope by ‘n Vrouesingslope is hierdie jaar aan verteenwoordigers Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professioDie wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien Hierdie jaar is die duvet-oortreksels nie met van die Amosplatform. Projek, die plaaslike ACVV, die diensbyeenkoms geknip. Vrywilligers het aangenele, ernstige nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is die hand gemaak nie, maar met die hulp van bied om die lasen aanmekaarstikwerk te doen Drakenstein Munisipaliteit se Sosiale Dienste, “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. skenkings uit die dorp se gemeentes aangekoop. en so is 42 slope van oorskietmateriaal gemaak. die Moederkerk, die Wellington-Oos en Wellingvan werwers is op hierdie platform om kandi- geskerts. Die dames wat die sessie bygewoon het, het Marlene Meintjies, wat deesdae die dryfveer Gemeentelede het duvet-binnekante geskenk en ton-Noordgemeentes, sowel as aan Ruiterwacht date te vind. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom agter hierdie verdienstelike inisiatief is, is dankdie duvets is aan die plaaslike ACVV oorhandig. in "Dit die Kaap oorhandig. Hierdie instellings en is die effektiefste sosisale media plat- verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten baar vir die nalatenskap van Elsa Giliomee en Die afgelope 16 jaar het hierdie klein groeorganisasies sal die duvets versprei waar daar form vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel. pie vroue, wat al drie die NG-gemeentes in soveel vasvat-vroue waarop sy kan voortbou. nood is.

NUUS • • NEWS NEWS NUUS


2

NUUS • NEWS

29 Mei 2019

•DU PLESSIS: WELLINGTONNER LEEF SY PASSIE UIT

Musiek bruis deur Sterren se are

Die Wellingtonner Sterren du Plessis is ‘n man met ‘n kop vol deuntjies en ‘n hart vol musiek. Hierdie plaaslike sanger en musikant is reeds sedert sy jongdae lief vir musiek en hy tree gereeld by verskeie funksies, restaurante en gesellige geleenthede op waar hy mense met sy talent vermaak. Alhoewel Sterren al in sy lewe ‘n paar wye draaie oor die land gegooi het, het hy as jong seun op Wellington gewoon. “Ons het van De Doorns af Wellington toe getrek en ek was van standerd 1 tot standerd 3 in Hugenote Laerskool,” onthou hy. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan die Hoër Seunsskool in die Paarl voltooi. As een van vier musikale broers onthou hy hoe musiek van kleintyd af deel was van sy lewe. “Ons vier broers moes altyd saans op die plaas by De Doorns die skottelgoed was. Die FM-radiotjie het dan op die vensterbank gestaan en speel en ons het almal saamgesing. As ons gaan bad het, het ons van oud na jonk in die bad geklim. Terwyl die oudste broer eerste gebad het, het die ander gesit en kitaar speel en sommer dromme op die toiletsitplek gespeel terwyl ons saam gesing het. Wanneer die volgende een in die bad geklim het, het ons instrumente geruil. So was musiek maar nog altyd deel van my verwysingsraamwerk,” vertel Sterren. Hy het homself leer kitaar speel en toe hulle na Wellington getrek het, het sy broers ‘n “band” begin. Sy pa het die plaas Olyvenbosch gekoop en hy onthou dat daar altyd kitare, dromme en klankversterkers in hul huis was. Dit het daartoe gelei dat Sterren op 10-jarige ouderdom as deel van sy broers se orkes en musiekgroep by die destydse Concorde restaurant, wat deur ‘n Duitser besit is en op die eerste vloer bokant die huidige Shoprite in Wellington geleë was, begin speel het. “Ek het vir vier of vyf jaar lank elke Vrydagaand daar saam met my broers vir die studente gespeel. Ek was op dromme en my broers op die kitare,” onthou hy. Sterren het later ook Vrydag- en Saterdagaande as deel van sy broers se orkes, CASA, wat die voorletters van hul name was, by die Drie

Gewels in Stellenbosch gespeel. Aan die einde van 1970 het hul familie ‘n groot terugslag beleef toe hul plaas, Olyvenbosch, tot op die grond toe afgebrand het. Hulle het na die De Hoop Steenwerke in Dal Josaphat getrek, waar sy pa gehelp het om die Steenwerke op die been te bring. Toe Sterren in Klein Boys High in standerd 5 was, het die hoërskool hom reeds gevra om as deel van hul interskole-orkes dromme te speel. In 1974 moes hy vir drie maande uit die skool bly toe hy en sy ouer broer saam met die Amerikaanse country-sanger, Johnny Rando, wat Suid-Afrika besoek het, getoer het. Later, toe hy self in Boys High se hoërskool was, was hy steeds as kitaarspeler deel van die interskole-orkes en het hy ook die snaardrom in die kadetorkes gespeel. Hy het ook die skuiftromboon in die skool se “brass band” gespeel. Hy onthou dat sy destydse musiekonderwyser mnr. Hekkie du Toit, wat later ook by Hugenote Hoërskool skoolgegee het, was. “Toe ek na skool my diensplig doen, was ek deel van die weermagorkes. Daar loop ek sowaar weer vir mnr. Hekkie du Toit raak, wat eers later sy diensplig gaan doen het, en so speel ons twee toe saam in die weermagorkes,” vertel Sterren. Wanneer hy ookal die kans gekry het, het hy musiek gemaak. Tydens vakansietye het hy in Gordon’s Baai en die Strand musiek gemaak. Hy het onder andere ook by die Da Gama Hotel, die bekende Palm Grove restaurant en die Majestic Hotel opgetree. In die weermag het hy ook ander lede ontmoet wat ‘n orkes, Clearwater, gehad het. Hy het deel van hierdie orkes geword en hulle het elke naweek die hele Noord-Kaap vol gespeel. Uiteindelik het Sterren permanent by die weermag aangesluit. Nadat hy in 1986 teruggekeer het na die Paarl, het hy saam met die destydse voorsitter van die KWV se seun, Gerhard Theron, begin musiek maak. Hulle het ses aande per week opgetree en het selfs ook op televisie verskyn. Hy het in hierdie tyd ook by die destydse Versailles restaurant in Wellington, wat op die perseel van die huidige Gecko restaurant was, sowel as

die Paarl Hotel, die Saddles restaurant en Papa’s Pizza opgetree. In Desember 1990 het Sterren Potchefstroom toe getrek. Daar het hy vir 24 jaar lank in die bekende Elgro Hotel gesing. Hy het ook as ‘n ontwikkelaar in die boubedryf begin werk. Hy het in hierdie tyd voor talle internasionale gehore opgetree toe die Wêreldbeker in Boogskiet, sowel as die Vlieghengel en Gewigoptel Wêreldkampioenskappe daar aangebied is. Hy het boonop vir 10 jaar lank elke jaar by die Aardklop Kunstefees opgetree. “Ek het ook na ‘n lewensveranderende ervaring sangbediening gedoen en in ‘n gospel band gespeel,” sê Sterren.

Dit is juis by die Elgro Hotel waar hy sy vrou, Tania, tydens sy optrede by die Avroy Shlain funksie ontmoet het. In 2014 het hulle Wellington toe getrek. Deesdae sing Sterren by die Bourbon Street Restaurant in Robertson en by verskeie restaurante in Franschhoek. Hy sing ook by die plaaslike Val du Charron restaurant en by die Windmeul en Bovlei Kelders. Alhoewel hy sy repertoire deur die jare baie aangepas het, wil hy altyd bly sing. “Ek sal nooit ophou sing nie. Solank as was ek asemhaal, wil ek sing. Dit is net iets wat joy en satisfaksie bring - vir my en vir ander mense,” sê hy.


NUUS • NEWS

29 Mei 2019

Bettina se nuwe boek bekend gestel

Hugo Rust hou Koorfees

3

Die gaskunstenaar, Jan-Hendrik Fourie, het ‘n uithaler-vertoning gelewer.

Bo: Karin Brynard in gesprek met Bettina Wyngaard oor haar nuwe boek. Onder: Die Wellingtonner Annelise Heydriks het haar boek by Bettina laat teken.

Die aktivis, sosiale kommentator en skrywer, Bettina Wyngaard, se nuutste boek, Jagter, is op Donderdag 16 Mei tydens ‘n byeenkoms van die Breytenbach Boekklub in Wellington bekendgestel. Die Bôrdienghuis Teater was stampvol met Wellingtonners wat na die gesprek tussen Bettina en Karin Brynard gaan luister het. Francois Lötter, bestuurder van die Breytenbach Sentrum, het vir Karin en Bettina verwelkom. “Bettina het op 16-jarige ouderdom in Grabouw gematrikuleer, op 19 jaar haar BA-graad en daarna haar LLB-graad behaal. Sy word die eerste vrou wat ’n regspraktyk op Grabouw begin en word op 29 jaar die jongste JCE (Justice Centre Executive) ooit van die Regshulpraad in Grahamstad in die Oos-Kaap. Later word sy die nuwe direkteur van die Women’s Legal Centre in Kaapstad. Sy het regsberoep uiteindelik vaarwel toegeroep en word voltyds skrywer en koördineerder van die gender-kantoor van die Anglikaanse Kerk op Somerset-Wes. Tans woon sy weer op Grabouw terwyl sy voltyds skryf,” het Francois haar curriculum vitae opgesom. Karin Brynard, wat self ‘n gerekende skrywer is, het Bettina oor haar nuwe boek uitgevra. Sy het Bettina gevra om met ‘n voorlesing af te skop, waarna sy haar oor die klaarblyklike teenstrydigheid van haar eerste boek, Troos vir die gebrokenes, en die aksiebelaaide, 007-styl van Jagter gepols het. “Nadat ek met my eerste boek pryse gewen het, het ek gedink dat mense sal verwag dat ek weer iets skryf. Ek het intussen baie ander skryfwerk gedoen, maar het met Jagter besluit dat ek lus is om iets anders te probeer. Ek het pret gehad met die skryf daarvan,” het Bettina gesê. Volgens haar het sy met die skryf van ‘n speurverhaal ‘n ander lesersgehoor bygekry. “Mense wat speurverhale lees, is meer entoesiasties en minder pretensieus,” is haar mening.

Karin het Bettina ook oor haar skryfproses, die navorsing wat sy vir die boek moes doen en karakters in die boek uitgevra. Volgens Bettina was die egtheid en geloofwaardigheid van haar karakters nog altyd ononderhandelbaar. Haar skryfproses het sy as “van agter af vorentoe” beskryf en erken dat sy eers die einde van die boek bepaal, waarna sy die storie terugwerk na die begin. Die navorsing vir die detail in die storie en die geloofwaardigheid van haar karakters, is deeglik gedoen. “Die waarheid is soms vreemder as fiksie. Alhoewel die storie aksiebelaaid en vol drama is, kom dit nie naby wat regtig in die werklikheid gebeur nie. Ek begin by die einde, dan weet ek waarheen om te werk. Die navorsing is ook lekker en baie belangrik. As ek oor ‘n speurder of iemand soos ‘n entomoloog skryf, moet só iemand wat die storie lees, hulself daarmee kan vereenselwig,” het Bettina verduidelik. Vir Karin was die feit dat, die brutaliteit en aksie in die storie ten spyt, daar geen enkele vloekwoord in die boek gebruik word nie, ‘n verrassing. “Niemand sê eers ‘mapstieks’ in die boek nie,” het sy geskerts. “Ek self vloek glad nie. Dit is maklik as jy emosioneel oor iets voel om na vloek as ‘n uitlaatklep te gaan. Ek voel egter dat daar baie meer interessante maniere is om dinge steeds op ‘n geloofwaardige manier te sê,” was Bettina se antwoord. Op Karin se vraag oor hoe sy haar werk as skrywer, aktivis en bydraer op Litnet alles ingepas kry, het Bettina verklap dat sy drie-uur soggens opstaan en tot agtuur skryf. Daarna begin sy met haar werk vir die kerk. Die gehoor het ook ‘n kans gekry om vrae aan Bettina te stel. Sy het onder andere laat hoor dat sy reeds met haar volgende boek, Lokval, besig is en dat dit ‘n opvolg op Jagter sal wees. “Al die los drade sal in die volgende boek bymekaar getrek word,” het Bettina verklap.

Die Hugo Rust Laerskool se jaarlikse Koorfees het op Donderdag 23 Mei plaasgevind. Talle laerskoolkore het saam met die sanger Jan-Hendrik Fourie voor ‘n stampvol skoolsaal opgetree. Skoolhoofde en verteenwoordigers van die onderskeie deelnemende skole, beheerliggaamlede, sowel as ander eregaste is vooraf tydens ‘n keurige onthaal getrakteer terwyl die gehoor Hugo Rust se allemintige skoolsaal volgepak het. Die verskeie skoolkore het in verskillende klaskamers opgewarm en met groot afwagting na die vertoning uitgesien. Die kore wat aan hierdie fees deelgeneem het, was Hugo Rust se eie Junior- en Seniorkoor, Laerskool La Rochelle se Junior- en Seniorkoor, sowel as Klein Boys High se Junior- en Seniorkoor. Die gehoor kon, buiten die lewendige vertoning van die kore op die verhoog, die skouspel ook op grootskerms in die saal gade slaan. Die kore het vir groot vermaak gesorg met die verskeidenheid liedjies uit hul repetoires. Van volksliedjies, bekende kinderliedjie en slaapliedjies tot bekende liedjies uit flieks en tradisionele Afrika-liedere het die gehoor gaande

gehad. Alhoewel Herman Kleinhans aanvanklik as gaskunstenaar sou optree, het onvoorsiene omstandighede veroorsaak dat hy nie by die Koorfees kon optree nie. Jan-Hendrik Fourie van “Die Kontrak”-faam het uiteindelik as gaskunstenaar opgetree en was die ster van die aand. Hy het met sy openingslied, ‘n akoestiese weergawe van Bohemian Rhapsody, die gehoor met sy uitmuntende kitaarspel en veelsydige stem bekoor. Liedjies uit sy eie pen, staaltjies uit sy eie ervaringswêreld, sowel as sy verwerking van bekende gunstelinge soos The Story van Brandi Carlile het vir ‘n meesleurende vertoning gesorg. Die Koorfees is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe Jan-Hendrik die bekende liedjie “Ek sweer” van Herman Kleinhans en Maria Rademan se musiekgroep, Twee, saam met ‘n massakoor, bestaande uit al die kore wat die aand opgetree het, gesing het. Die oorgawe waarmee die honderde kinders van Hugo Rust, La Rochelle en Boys High saam met Jan-Hendrik gesing het, was tekenend van die gees waarin die hele Koorfees verloop het.


4

29 Mei 2019

NUUS • NEWS

Padlangs Vars blik op sensuur in nuwe kunsuitstalling

Ons almal ken die uitbeelding van die “breede” en die “smalle” weg wat jare gelede in sommige huise gehang het. Die meeste mense ken ook van kruispaaie en afdraaipaaie. Daar is kronkelpaaie, snelweë, grondpaaie en vier-by-vier-roetes wat almal al moes aandurf. Soms moet ‘n mens selfs soos ‘n wafferse ontdekker ‘n pad uitkap waar daar nog nie een is nie. Partykeer dwaal ons van die pad af. Soms moet ons ons eie pad vind. Snaakse dinge kruis party dae ons pad. Soms word ons in die pad gesteek en voel ons of ons sommer die pad wil vat. Die dinge wat oor ons pad kom, besaai dit met rose óf kan in die pad van ons geluk staan. Hoe die pad na jou hart ookal mag lyk, daar sal seker altyd maar ‘n padvark iewers opduik. Gelukkig is daar padkaarte en padkos, en gewoonlik darem iewers rusplek en ‘n mooi uitsig langs die pad. In Wellington stap mense al vir eeue lank ‘n spesiale pad. Ons vroegste voorgangers het ‘n pad ná aan die natuur gestap. Een van die grootste pad- en pasbouers het met die bou van die Bainskloofpas ‘n pad van die Kaap na die Noorde oopgemaak. Die vroegste padvervoer, waens, is sinoniem met ons dorp se geskiedenis en daar is sekerlik nie ‘n verniet ‘n liedjie met die woorde “my voete stap na Wellington” nie. Hier wil ‘n mens nie sommer padgee nie. In Wellington is mense, ten spyte van afdraaipaaie, ompaaie, moeilike paaie en opdraendes ook reeds vir eeue lank al besig om koersvas groot en goeie dinge so padlangs te doen en te vermag. Die duvet-projek wat ‘n groep dames reeds vir 16 jaar lank in Wellington bedryf, sowel as Ma’s vir Wellington se sweetpakprojek, sorg elke jaar dat die winter nie té ‘n moeilike pad vir minderbevoorregtes is nie. Die bekende sangeres, Zolani Mahola van Freshlyground, het onlangs tydens ‘n besoek ons dorp as ‘n “onontdekte juweel” beskryf. Haar voete sal definitief weer die pad na Wellington vind. Hugenote Hoërskool se leerders wat provinsiale kleure in netbal behaal het en hul onderwysers wat op provinsiale vlak op die sportveld presteer het, is ‘n bewys van die pad van uitnemendheid wat dié skool al vir baie jare stap. Tydens die Vriende van die Museum se onlangse Algemene Jaarvergadering het die diep spore wat Italiaanse krygsgevangenes in ons dorp getrap het, onder die soeklig gekom. Húl gedagtes se voete stap steeds, na baie jare, gereeld terug na hul tyd in Wellington en die merk wat ons dorp en sy mense op hul lewenspad gemaak het. Die kunsuitstalling oor sensuur wat tans by die Breytenbach Galery te sien is, werp ‘n vars blik op die lang pad van onderdrukkende praktyke wat die mense van ons land al gestap het. Met die gereelde boekbekendstellings wat elke maand by die Breytenbach Boekklub gedoen word, word dorpenaars se lewenspad verryk en word die belangrikheid van stories op ons padkaart beklemtoon. Die lang pad wat die Wellingtonner Sterren du Plessis met sy musiek geloop het, is eweneens ‘n bewys dat dié dinge wat in mense se harte brand, dikwels die aanwysers langs hul lewenspad word. Dit is sekerlik nie toevallig dat talle gedigte en liedjies oor paaie gaan nie. “The long and winding road”, “Take me home country road”, “On the road again”, “Goodbye yellow brick road”, “Hit the road Jack” en die meer plaaslike “Pad na my hart” en “Aanstap rooies, die pad is lank en swaar” bevat almal waarhede oor wat die mensdom al padlangs wysgeraak het. Mag elkeen se pad hierdie week met ‘n paar rose besaai wees.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.

Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, Anthony Harris van Ceramic Matters, die openingspreker, Pierre de Vos, Gerhard Swart van Ceramic Matters, Jaco Barnard-Naudé, mede-direkteur van die Sentrum vir Retoriekstudie by UCT en David Robbins. In ‘n tyd dat daar uit talle oorde “Wolf!” geskree word ten opsigte van sensuur, lewer ‘n vars blik op hierdie onderwerp uit kunsgeledere miskien waardevolle kommentaar. ‘n Kunsuitstalling met hierdie tema het op Saterdag 18 Mei by die Breytenbach Galery geopen. Die openingspreker was die regskenner en aktivis, Pierre de Vos. Die kunswerke in die uitstalling is deur die kunstenaars Frans Mulder en die duo Gerhard Swart en Anthony Harris van Ceramic Matters. Talle kunsliefhebbers, belangstellendes en kunstenaars het die opening van die uitstalling bygewoon. Met die tema “Sensuur: verbied, verban” word die kwessie van die konserwatiewe sensuurwette uit die Apartheidsera, sowel as die meer gekompliseerde implikasies van onderliggende vorme van sensuur in die hedendaagse leefwêreld in hierdie uitstalling bekyk. Alhoewel wetgewing drasties sedert die Apartheidsjare verander het en ons nou ‘n Grondwet het wat hierdie voormalige onderdrukkende praktyke ondenkbaar maak, het De Vos tydens sy toespraak daarna verwys dat die kwessie van sensuur in die hedendaagse Suid-Afrikaanse konteks effe meer kompleks geraak het. “Ons kan vandag ‘n uitstalling soos hierdie hê sonder die moontlikheid dat dit verban kan word, gereguleer kan word of dat die kunstenaars in hegtenis geneem kan word. Hedendaagse sensorskap is egter meer gekompliseerd. Dit gaan nou meer oor besprekings of Willie Bester se kunswerke in die biblioteek van ‘n universiteit moet wees en of Shakespeare in ons skole voorgeskryf moet word,” is sy mening. Die afwisseling tussen die meer eksplisiet-uitdagende keramiekkuns van Ceramic Matters, teenoor die suggestiewe pastel- en houtskoolkunswerke van Frans Mulder wat by die uitstalling te sien is, is volgens De Vos tekenend van die destydse sensuurraad se mistasting rondom hierdie onderwerp. “Die benoudende effek van sensuur het nie altyd tred gehou met die mag van mense se verbeelding nie. Die sterretjies op strategiese plekke in die Scope tydskrifte is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Dit gaan oor bedekking en ontbloting. Dit laat my dink dat die sensorraad

nie regtig verstaan het wát wellus en passie kan aanwakker nie. Hulle het nie verstaan dat, wanneer iets nie eksplisiet gewys of gesê word nie, dit soms juis meer eroties en suggestief is omdat dit die verbeelding stimuleer,” het hy gesê. De Vos het ook die destydse wette wat spesifiek met sensuur te doen gehad het, bespreek. Volgens hom was daar baie wette wat mense se spraakvryheid aan bande gelê het. Party was polities, soos die Wet op die Onderdrukking van Terrorisme en die Veiligheidswetgewing. Daar was egter ook wetgewing wat spesifiek uitgereik het na die kunste, musiek, films, kunswerke en boeke. “Daar was veral twee wette wat spesifiek hierop van toepassing was, naamlik die Wet op Onsedelike of Onwelvoeglike Fotografiese Aangeleenthede van 1967 en Artikel 20 van die Wet op Seksuele Misdrywe. Deur eersgenoemde is jy verbied om enige fotografiese materiaal wat as onsedelik of onwelvoeglik beskou kan word, in jou besit te hê. De Vos het die voormalige Artikel 20 van die Wet op Seksuele Misdrywe as een wat met “wellus en passie” te doen gehad het, bestempel. Hy het ook na die beperkende rol wat die destydse Publikasie Wet in in Suid-Afrikaners se toegang tot kuns gedurende die Apartheidsjare gespeel het, verwys. Volgens De Vos kan ‘n verskil in menings soms beter op die gebied van idees, kreatiwiteit en verbeelding besleg word. “As iemand by hierdie uitstalling inkom en sê: ‘Nee, jirre, dit kan nou nie,’ sou ek dink dat dit juis ‘n voorbeeld van vrye spraak is. Dit is ‘n geleentheid vir betrokkenheid en gesprek en dit beteken dat die kunswerk sy werk gedoen het. Dit ontlok ‘n reaksie en dit laat ons dink aan wat aanvaarbaar is, wat normaal is en wat die reëls regtig is. Die kunswerke daag ons uit om buite die reëls wat ons ken te dink en met dinge wat miskien nie maklik ontrafel kan word nie, gekonfronteer te word. Ten spyte van ‘n onderliggende woede, is dit speels - iets wat die verbeelding prikkel eerder as om dit te onderdruk,” is sy mening. Die uitstalling duur tot 19 Junie 2019. Vir navrae kan belangstellendes Anne-Ghrett Erasmus by 021-964 2988, 083 415 0002 of galery@breytenbachsentrum.co.za kontak.


NUUS • NEWS

29 Mei 2019

SA Leer Akademie nou tuis VLV kuier by Linton Park in ou Leerlooiery

5

Frik van Jaarsveld help een van sy studente met haar leerwerk. Wanneer ‘n mens “leather training” op Google se soekenjin intik, is die eerste trefslae wat gelys word dié van die South African Leather Academy (SALA). Hierdie internasionaal-bekende akademie het onlangs ‘n nuwe tuiste in die ou Mossop’s Western Tannery, of die “Old Tannery” soos dit deesdae bekendstaan, gevind. Volgens Frik van Jaarsveld, stigter en eienaar van SALA, is dit vir hom betekenisvol dat die akademie hierheen verskuif het. “Wellington is ‘n wonderlike plek met ‘n ryk erfenis. Alles word hier herwin. Die ou Klavierfabriek is vandag ‘n woonstelkompleks, die Ou Meule is ook nou verblyfeenhede. Dit is asof daar oral nuwe lewe in ou geboue geblaas word. Die feit dat die Old Tannery tans gerestoureer word en die nalatenskap van die leerbedryf wat hier opgesluit lê, maak dit die perfekte plek vir SALA. Ons bou vandag op gister se nalatenskap,” sê hy. Frik het SALA in 2007 in Vanrhynsdorp op die been gebring. Die Akademie het uit die voormalige “Leatherclassics”, wat in 1983 in Gauteng gestig is, gegroei. Teen die einde van 2016 het die Akademie na Joostenbergvlakte verskuif en vanaf 1 April word dit vanuit die Old Tannery bedryf. SALA se hooffokus is om die vervaardiging van handgemaakte leerprodukte en -werktuie in Suid-Afrika te bevorder. Sedert 2007 is daar reeds meer as 500 leer-werkers opgelei, waarvan talle sedertdien voltyds in die handgemaakte leerbedryf werksaam is. Volgens Frik lei hulle ongeveer 6 studente per maand op. “Al die gereedskap wat ons gebruik, is ook handgemaak. Vir hierdie doeleinde het ons begin om voertuie se ou valves, afvalmetaal en rockers te begin herwin om goeie kwaliteit te verseker,” sê hy. Talle oorsese studente, onder andere uit Dubai, België, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Brasilië, Rusland, die VSA, Engeland, Nigerië en Nederland, het ook al hul vaardigheid by SALA kom slyp. Een van die studente wat tans ‘n kursus hier doen, is van plan om dit as ‘n basis te gebruik vir haar verdere leerwerk-opleiding in Italië. Frik het self ‘n dik handleiding, wat die basiese beginsels en inligting rondom handgemaakte leerwerk, vir die kursus geskryf. Hy het ook ‘n gevorderde handleiding, wat vir ‘n kursus in die antieke restourasieproses van leer bedoel is, geskryf.

“Vir die antieke restourasiekursus kry elke student ‘n ou leer-artefak wat ek byvoorbeeld op ‘n vlooimark gekoop het. Dit word dan geassesseer, skoongemaak en volgens die regte beginsels en metodes gerestoureer. Tydens hierdie kursus werk die studente ook vir een week in ‘n klein museum waar hulle leeritems moet restoureer. Hierna kan hulle selfs oorsee gaan werk, aangesien daar ‘n groot leemte in kundigheid in hierdie veld is. Die nuwe geslag is meesal kommersieel opgelei en die ou handwerkvaardighede is besig om al hoe skaarser te word,” verduidelik hy. Die ander kursusse wat by SALA aangebied word, sluit ‘n basiese eendag-kursus, wat ‘n inleidende kurus in handgemaakte leeritems is en die maak van lyfbande en klein items behels, sowel as ‘n gevorderde twee weeklange kursus in. “In die gevorderde kursus leer studente alles wat nodig is om hul eie tuisgebaseerde leerbesigheid te begin. Hulle kry ook ‘n basiese stel gereedskap en maak onder andere ‘n lyfband, klein leeritems, ‘n handsak en ‘n reissak. Alles word met die hand gemaak en geen masjiene word gebruik nie. Die studente kry ook inligting aangaande verkope en bemarking, sowel as verskaffers en kwaliteitsbeheer,” sê Frik. Hy is die enigste internasionale moderator vir handgemaakte leerwerk en het al baie werk vir internasionale kliënte gedoen. Alhoewel hy ‘n hele rits grade, onder andere ‘n doktorsgraad in sielkunde, agter sy naam het, is leerwerk sy passie. Frik het homself in die leerkuns bemagtig en het Suid-Afrika al deurkruis. Hy het onder andere al op De Rust, Uniondale en Vanrhynsdorp gewoon, vanwaar hy oral sy leerkuns beoefen en kursusse aangebied het. Frik het groot planne vir SALA se perseel by die Old Tannery. “Buiten die lokaal wat vir opleiding en kursusse ingerig is, beplan ek ook ‘n juweelwinkel en ‘n slumping-eenheid waar ek glaswerk wil doen,” sê hy terwyl hy na ‘n hele paar interessante ringe wat hy uit patroondoppies en ou munte gemaak het, wys. Met die opening van SALA in die Old Tannery, kan dié ou gebou en plaaslike baken se eertydse nut en betekenis nou herleef. Frik se kennis en passie vir handgemaakte leeritems is net so ‘n groot teenwoordigheid soos die reuk van leer wat nou weer hier in die lug hang.

Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection

Tel: 021 870 1898

20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za

Die plaaslike VLV-tak het tydens hul laaste vergadering op Donderdag 16 Mei by die Linton Park Wynlandgoed gehou. Die dames het vroegoggend reeds in gelid in die pad geval vir hierdie spesiale vergadering. By Linton Park is die lede op ‘n uitstappie na die renosterveld-area op die plaas geneem, waar hulle meer oor die werk wat op die plaas gedoen word, die rehabilitasie en instandhouding van die renosterveld, sowel as oor die agtergrond van die plaas vertel is. Met hul terugkoms by die proelokaal en

restaurant is hulle op heerlike eet- en drinkgoed getrakteer. Hulle kon ook meer oor die geskiedenis van die plaas, die erfenis daarvan in Wellington se breër plaasgemeenskap en die planne en projekte van die huidige eienaars te wete kom. Daar is ook ‘n spesiale wynproe van al Linton Park se wyne vir die dames aangebied terwyl die dames meer oor die Landgoed se betrokkenheid by renosterbewaring kon leer. Agterna kon almal heerlik saamkuier en gesellig verkeer langs die lowergroen grasperke van Linton Park.


6

29 Mei 2019

Hugenote se personeel behaal top-prestasies

Drie van Hugenote Hoërskool se personeellede het die afgelope tyd besondere prestasies behaal deur hulself nie net as uitstekende afrigters van die skool se sportspanne te onderskei nie, maar sélf ook op die sportveld of as skeidsregters en afrigters van provinsiale spanne uit te blink. Elizmé Burger, die afrigter van die skool se eerste netbalspan in 2017 en 2018 afgerig het en nou die o/14 A- en B-spanne afrig, is aangestel as die afrigter van die Weskaap O/17 Willows-netbalspan wat 15-22 Junie aan die Nasionale All Ages-toernooi in Gauteng gaan deelneem. Sy het ook onlangs haar Netbal Suid-Afrika-skeidsregtersgradering ontvang en is nou deel van die SA Netbal Skeidsregtersvereniging. Niel Smit, die afrigter van Hugenote se eerste dogtershokkiespan, is gekies vir die WPCD (Western Province Country Districts)-Manshokkiespan. Hul gaan die komende Junie-vakansie aan die SACD-toernooi in Johannesburg deelneem. Jeanri Naudé, die afrigter van die skool se o/16A dogtershokkiespan, is gekies vir die WPCD (Western Province Country Districts)-Dameshokkie A-span. Hul gaan die komende Junie-vakansie aan die SACD-toernooi in Pretoria deelneem. Hierdie drie onderwysers staan ook hul plekke in die klaskamer vol. Niel gee Ingenieursgrafika- en ontwerp, Jeanri onderrig Biologie en Skeinat en Elizmé is ‘n Geskiedenis-, Geografieen Lewensoriënteringonderwyseres. Al drie van hulle is reeds sedert hul jongdae by sport betrokke. Niel, wat oorspronklik van George af kom, speel al van graad 3 af hokkie. Jeanri het in Bethal, Mpumalanga, grootgeword en haar pa het al vir haar op 6-jarige ouderdom ‘n hokkiestok gemaak waarmee sy saam met die ouer kinders wat haar ma afgerig het, geoefen het. Sy het ook provinsiale hokkie vir Mpuma-

langa gespeel. Elizmé, wat aan die Hoër Volkskool Heidelberg gematrikuleer het, is na skool weermag toe en het ook tydelik aan die Pukke sielkunde studeer. Sy het die SANDF op nasionale vlak in netbal verteenwoordig. Vandag speel Niel en Jeanri vir die Paarl Klub hokkie. Elizmé het verlede jaar as een van slegs 4 netbalafrigters ‘n Vlak 2 afrigterskursus by Netbal Suid-Afrika gedoen. “Dit gee jou dan die geleentheid om provinsiaal af te rig. Jy doen aansoek by die Wes-Kaap Skole Netbal en dan sif hulle alle aansoeke. Dis voorwaar ‘n groot voorreg, want ek werk met 10 van die beste netbalspelers in die Wes-Kaap. Daar word altesaam drie spanne per ouderdomsgroep gekies en die drie spanne staan as die Willows, Cedars en Oaks bekend. Ek is aangestel as die Willows se afrigter,” sê Elizmé. Vir Jeanri was dit nog altyd ‘n droom om vir die WP hokkie te speel. “As jong provinsiale speler van Mpumalanga was dit altyd ‘n droom om eendag die WP-logo oor my kop te kan trek, maar ek het nooit gedink dat die droom bewaarheid sal kan word nie. Vandag is ek gelukkig genoeg om te kan sê dat dit nou ‘n realiteit is,” sê sy tevrede. Jeanri, Niel en Elizmé wil graag die kennis en vaardighede wat hulle nou met hul blootstelling aan provinsiale en nasionale deelname, afrigting en skeidsregting bekom, in hul skoolspanne terugploeg. “Ek dink die vlak van afrigting by die WPCD en hoër is van ‘n baie hoë gehalte en dit bevat baie meer detail wat maak dat ons as spelers na ander dinge moet kyk en hoe ons moet verander vir die spel van die opponent. By my afrigting gaan dit my baie help om beter voor te berei vir ander spanne en ek leer nuwe maniere om sekere aspekte van die game af te rig, wat dit

ook dan makliker vir die leerders maak om te verstaan wat ek van hulle verwag,” sê Niel. “Ek glo die beste manier om te leer, is deur iets prakties te doen. En watter beter manier is daar as om self te speel? Die vlak van hokkie het al so baie toegeneem by skole dat ‘n mens al amper dieselfde strukture met ‘n skoolspan kan speel wat vir ‘n senior provinsiale span gebruik word. Ek glo ek gaan die kennis en oefeninge wat ek leer op en voor my toer kan deel met my dogters, en dit ook vir hulle so aanpas dat hulle dit op hulle vlak nuttig kan gebruik,” is Jeanri se mening. Sy beoog ook om volgende jaar ‘n hokkiekliniek vir beide hoër- en laerskoolleerders te

NUUS • NEWS

begin waar sy hulle wil help om hul hokkievaardighede te verbeter. “Niemand is ooit te oud om te leer nie, selfs nie ek nie. Ons het al by die laerskool begin om daar te help met afrigting. Ek help my mede-afrigters by die skool met die implementering van ou en nuwe tegnieke en so leer ons by mekaar en pas toe wat werk. Positiewe motivering is ook ‘n groot sleutel tot sukses en om elke speler so te ontwikkel om dan gesamentlik ‘n span te kweek met goeie spandinamika. Ek het ook van ons eie personeel begin mentor in skeidsregting. Ons kan spog dat al ons afrigters nou gegradeerde skeidsregters is,” sê Elizmé.

Ma’s vir Wellington sweetpakprojek weer geloods Die plaaslike nie-winsgewende organisasie, Ma’s vir Wellington, loods elke jaar ‘n sweetpakprojek met die aanvang van die winter. Hierdie jaar maak hulle weer so en wil graag elke kind in hul sorg vir die winter met ‘n sweetpak toerus.

Die gemeenskap kan betrokke raak by hierdie projek deur ‘n skenking van R150 vir ‘n sweetpak en sokkies te maak of self ‘n sweetpak en sokkies vir ‘n 3 tot 6-jarige seun of meisie koop en dit voor 3 Junie by die Ma’s vir Wellington kantore

in Blignautpark gaan afgee. “Enigeen kan help om ‘n kindjie warm te hou deur ‘n sweetpakkie en sokkies te koop. Die sweetpak hou die lyfie warm op koue dae, maar dien ook as warm slaapklere,” sê die organiseer-

ders van hierdie projek. Belangstellendes kan Ma’s vir Wellington in verband met hierdie projek by admin@masvirwellington.co.za vir meer inligting of vir bankbesonderhede kontak.


NUUS • NEWS

29 Mei 2019

Vriende van die museum Zolani kuier op Wellington hou jaarvergadering Die plaaslike Vriende van die Museum Vereniging het op Saterdag 25 Mei hul Algemene Jaarvergadering in die Museum gehou. Alhoewel sulke vergadering dikwels as styf of vervelig beskou word, was hierdie geleentheid propvol interessanthede. ‘n Verwelkomingsdrankie het die koue oggendlug verdryf terwyl Bill Robson op die Goodnow Saal se gerestoureerde klavesimbel musiek gemaak het. Die formaliteite is op ‘n gesellige wyse afgehandel. Thys Odendaal het almal welkom geheet en met ‘n Afrika-drappeersel na die betekenisvolheid van Afrika Dag, wat ook op Saterdag 25 Mei gevier is, sowel as die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa verwys. Hy het ook vir Bill Robson, wat die Goodnow se brandbeskadigde klavesimbel gerestoureer het, aan die gaste voorgestel. Bill, wat die klavesimbel oorspronklik gemaak het, het meer oor dié instrument en die restourasie daarvan vertel. Bill, wat eintlik ‘n elektroniese ingenieur is, het 51 jaar gelede die ingenieursbedryf vaarwel toegeroep en voltyds musiekinstrumente begin vervaardig. Hy is die enigste persoon in Suid-Afrika wat klavesimbels maak en het die een wat vir dekades al in die Goodnow Saal is, as een van slegs ses van dié soort, in 1972 gemaak. “Ek het nie die tradisionele roos in die klankbord vir hierdie een gemaak nie, maar dit met ‘n wawiel vervang om dit ‘n spesiale Wellington-kenmerk te gee. "Alhoewel die instrument baie sleg tydens die brand by die Goodnow beskadig is, kon ek dit gelukkig heeltemal restoureer en pryk dit nou weer in sy volwaardige glorie,” het Bill gesê. Die die notule van die vorige vergadering is deur Chris Pienaar voorgelees. Die voorhou van die finansiële verslag deur die tesourier, Shandré Morris, het die deeglike boekhouding, oordeelkundige besteding en gesonde finansies van die instansie weerspieël. Tydens Christine Siebrits, voorsitter van die Vriende van die Museum, se voorlesing van die Algemene Jaarverslag, het sy die museum as

plek wat ons almal se geskiedenis weerspieël, bestempel. Sy het ook na al die museum se bedrywighede, projekte en planne verwys en almal wat die afgelope jaar ‘n bydrae tot die museum gelewer het, bedank. Johann von Wielligh het die verkiesing van die nuwe bestuur behartig, waarna Olivia le Cordeur, kurator van die museum, meer oor die Winnie Rust Stigting vertel het. “Die Winnie Rust Stigting is ter nagedagtenis van Winnie Rust deur haar familie op die been gebring. "Buiten die talle bydraes wat die Stigting tot verdienstelike sake lewer, is Wellington ook gelukkig om vroue uit ons gemeenskap met die Winnie Rust Toekenning wat jaarliks gemaak word, te bemagtig. Hugenote Hoërskool is ook ‘n begunstigde van die Stigting deurdat daar elke jaar ‘n Winnie Rust Prys vir kreatiewe skryfwerk aan een van die leerders toegeken word,” het sy gesê. Isadene Pienaar het die gasspreker by die geleentheid, die Wellingtonner Anna-Rita van die Westhuizen, aan die gaste bekendgestel. Anna-Rita het meer oor die Italiaanse krygsgevangenes wat na die Tweede Wêreldoorlog op Wellington se plase gewerk het, vertel. Volgens Anna-Rita het sy nog noue bande met die krygsgevangene, Sabbatino Libratti, wat destyds op hul plaas by haar pa gewerk het. Sy het die verhaal van hoe “Sabbi”, soos hulle hom genoem het, uit die oorlog op hul plaas beland het, vertel. Sy het ook meer oor die leefwyse en aard van die Italiaanse krygsgevangenes vertel. Anna-Rita is besig om ‘n boek wat Sabbatino oor sy ervarings geskryf het in Afrikaans te vertaal. “Dit is ‘n storie wat nodig is om gehoor te word. Wanneer ek klaar is met die vertaling van die boek, sal ek dit aan die Museum skenk. Die Italianers is ydel en robuuste mense, maar hulle is ook hartlik, vriendelik en familievas. Daar is baie wat ons by hulle kan leer,” het sy gesê. Herbert Sills het ter afsluiting die bedankings gedoen, waarna almal gesellig rondom heerlike sop en broodjies gekuier het.

Die bekende hoofsangeres van die internasionaal-gerekende musiekgroep, Freshlyground, het die afgelope naweek in Wellington gekuier. Zolani Mahola en haar gesin het die gasvryheid, pragtige omgewing, heerlike wyne, produkte en kos, sowel as die talle aktiwiteite wat ons vallei bied, vir twee dae lank kom geniet. Zolani, wat die groep Freshlyground in 2002 saam met ses ander musikante begin het, se musiekloopbaan was tot dusver baie suksesvol. Sy het onder andere in 2006 saam met die Britse popsanger, Robbie Williams, tydens sy Suid-Afrikaanse toer gereis en as openingsitem by al sy konserte opgetree. Tydens die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi het Zolani, Freshlyground en Shakira die amptelike FIFA Wêreldbekerlied, Waka Waka, regoor die wêreld laat weerklink. Sy is ook tydens die 2011 Glamour Women of the Year Toekennings as die “Ikoon” van Suid-Afrikaanse vroue aangewys. Tydens Zolani se besoek aan Wellington was daar egter geen sweempie van haar roem en bekendheid te bespeur nie. Sy, haar man, Nicholas, en hul twee seuns het soos ‘n doodgewone gesin in ons restaurante geëet, ons wynplase besoek en ons omgewing besigtig. Haar kinders het op haar skoot geklouter terwyl sy, soos enige ma, toegesien het dat hulle tussen die spelery deur ook eet en nie te veel soetgoed inkry nie, met haar man gesels het én self ook tussenin ‘n hap kon vat. Met die dorpenaars wat haar herken het, het sy innemende geselsies aangeknoop. Tydens haar en haar gesin se besoek aan ‘n bekende plaaslike koffiewinkel, het sy selfs ‘n Wellingtonner wat daar ‘n verjaardag gevier het met ‘n reël of twee uit “Happy Birthday” bederf. Volgens Zolani was sy al vantevore in Wellington. Sy het verlede jaar saam met Fres-

7

hlyground by Diemersfontein se Pinotage on Tap geleentheid opgetree. “Ek het egter nie toe tyd gehad om die omgewing te verken en alles te sien wat hier te doen is nie. Ek is bly dat ons nou vir ‘n hele naweek in hierdie pragtige dorp kan kom uitspan,” het sy gesê. Zolani en haar gesin woon in Kaapstad en as gevolg van haar besige program is dit nie altyd vir haar moontlik om sommer net vir ontspanning weg te glip nie. “Wellington is eintlik so naby ons en ek was nooit bewus van al die dinge wat ‘n mens hier kan geniet en doen nie. Dit is heerlik om my kinders na die platteland te bring vir vars lug en ruimte en boonop die ongelooflike gasvryheid van julle mense te ervaar,” het sy gesê. Haar besoek aan ons dorp het nie ongesiens op sosiale media verbygegaan nie. Zolani het meer as 25 000 volgelinge op Instragram en meer as 54 000 volgelinge op facebook. “Dit is raar om ‘n stil oomblik weg van die stad te vind. Om saam met my familie by ‘n vuur te sit en musiek te maak, musiek te vind en deur musiek uit te druk, is wonderlik. Ek is dankbaar. Dankie dat julle ons hier gehuisves het,” het sy op haar Instagramblad oor haar besoek aan Wellinton geskryf waar sy ‘n video van haarself, voor ‘n vuur met haar kinders wat agter haar rondhardloop, geplaas het.


8

courant

dié

29 Mei 2019

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

29 Mei 2019

Netbal: Die o.13 A netbalspan van Hillcrest Primêr spog met splinternuwe netbaldrag.

Hierdie pragtige netbalrokkies is deur raadslid Christephine Kearns van Wyk 10 aan die skool geskenk. Tydens die oorhandiging van die rokkies het raadslid Kearns dit as ‘n voorreg bestempel om die skool op hierdie manier te ondersteun. “Hillcrest Primêr val in my Wyk en dit is wonderlik om ‘n bydrae te kan maak tot die skool se trots en die ontwikkeling van sport onder die kinders. Hulle is deel van ons gemeenskap en ons is trots op hulle,” het sy gesê. Bo: Raadslid Christephine Kearns saam met die o.13 A netbalspan van Hillcrest Primêr, die skoolhoof, die netbalafrigter en die sportorganiseerders.

Berg attracts early entries

As the first rains of the winter drench the Western Cape, paddlers have started entering the 2019 edition of the Berg River Canoe Marathon which will be raced from 3 to 6 July, with younger elite racers throwing their hats into the ring early on. As the early bird entry process closed at the end of April over thirty entries had been processed, but, as the rules allow, there were few clues about teams and partnerships likely between the individual entries. The Berg River Canoe Marathon started an innovative team racing format last year that saw the top elite paddlers pairing up and racing under team tactics for the four days and 240km from Paarl to Velddrif, a race that was won by local stalwart Graeme Solomon and his Hungarian partner Adrián Boros. After the positive feedback from the debut of the team racing format, the same rules will determine the competitive categories for the upcoming Berg, and a year after its introduction, the elite racers are far wiser to the subtleties of team racing tactics. Solomon embraced the team format last year and after scooping the Hungarian as a partner, they set out to dominate the race from the get-go. He said that the unique demands of the ultra-endurance canoeing event forged special relationships in the heat of competition. “The fact that people are going to create bonds through this format is one of the great things about it,” said Solomon after the dramaladen opening stage that saw him have to wait

for Boros after he got stuck in one of the many tree-blocks that lace the Berg River. “You have to look after each other all the time. It is a totally different dynamic in that when we were coming through a tricky section and I would hear Adrian’s paddle hit a tree I would check to see if he was OK! “But in previous years I would be celebrating quietly if he was stuck so it is a bit strange but I think that it has been a great change,” Solomon said. A significant trend in the early entries for the race was the number of Under 23 paddlers keen to take on the challenge, including Orange River Marathon champion Alan Houston of Maties, Anders Hart, Zach Preyser and Tracey Oellerman. While the racers vie for the honours and podium places in the team competition, the Berg has a loyal core of paddlers that thrive on the solo challenge, reflected by the quick entries from some of the race’s evergreen veterans and masters like Taxi Kotze, Rene Boehm, Brian Whiteford, Ralph Teulings, Franscois Loedolff and Gordon Laing, it was also little surprise to see the names of Edgar Boehm and Giel van Deventer on the list of confirmed entries after the close of the early bird process. Edgar Boehm set the record for the most consecutive Berg finishes at 45 when he completed last year’s race, while Giel Van Deventer extended his own record of the most Berg medals to 48. Normal entries are now being taken until Wednesday 19 June.

Hugenote se eerste netbalspan se verdedigende paar, die baldiewe Jesse Arendse en Louisa Lottering, is albei opgeneem in Weskaap-spanne wat gedurende die Junie-vakansie aan die All Ages Toernooi gaan deelneem.

Wiskunde: Nalene Visser (Gr.7) van die Laerskool Hugo Rust is aangewys is as een van die Wes-Kaap se Top-20 leerders van Netwerk 24 se Wiskunde Olimpiade.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.