courant swartland en weskus
die
Uitgawe 261
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
5 Maart 2014
tel: 022 487 3221
Parsdag op Darling: Darling Cellars het Saterdag hul jaarlikse parsdag aangebied, saam met pret op kermisstyl vir die
hele gesin. Die wyn wat gebottel is ná die pars, is afgerond met etikette wat die 160 besoekers elkeen self ontwerp het. Watersport, piekniek en spitbraai, asook die ‘band’ wat ‘n liedjie spesiaal vir die parsdag geskep het, het bygedra tot die sukses van dié dag. Bo vier Nienke Veerbeek en Derk en Cristina Hoekent die vreugde van sonskyn en die druif.
•bouwerk begin nog dié semester
N7 weer onder loep
Weens die verhoogde verkeersvloei op die N7 tussen Kaapstad en Malmesbury, word die beoogde verdubbeling en opgradering van die N7, asook veilige beweegruimtes vir voetgangers vanaf Malmesbury na Malmesbury-Wes en omgekeerd, al geruime tyd ondersoek. Dié projek is reeds voorgelê aan die sakelui en eienaars in die onmiddellike omgewing, en uit die oorspronklike sewe voorstelle oor hoé die roete sal loop, is gesamentlik besluit op Plan 3, wat beteken dat die Darling-wisselaar ruimer en veiliger sal wees en dat daar eilande sal wees op die Bokomoweg/Darlingroete onderdeur die breër N7-brug. “Die bouwerk aan dié projek sal steeds in die eerste helfte van 2014 begin, sê die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen. Dié projek, wat die eerste deel van fase 3 van die N7-verdubbeling vorm, (genoem die Mal mesbury-Suidfase), sluit die Bokomoweg/Darling-wisselaar en die N7 tot net noord van Abbotsdale in. Dit word gevolg deur fase drie (deel twee), naamlik die deel vanaf die Abbotsdalewisselaar tot by ongeveer die plaas Môreson (of in volksmond Leliebloem),” sê Van Essen. “Daarby is die ingenieurs ook besig om ondersoek te doen vir die nodige toestemming van almal wat betrokke is oor Fase 2 - die gedeelte vanaf die huidige fase 1 se einde tot by ongeveer
Môreson.” Fase een van die N7 is feitlik klaar. Die voorlopige evalueringsverslag was oop vir insette deur die publiek tot 10 Februarie, waarna die finale asseseringsverslag opgestel is. Alle reaksie oor die roete is hierby in bereke ning gebring en nou is die finale asseseringsverslag te besigtig in die Malmesbury Biblioteek of by die CCA webtuiste www.ccaenvironmental. co.za vir ‘n verdere 30 dae, vanaf 28 Februarie tot 31 Maart - en dit sluit een addisionele dag in om die vakansiedag op 21 Maart te akkommodeer. Ná 31 Maart sal alle reaksie op die finale verslag deurgestuur word na die departement van omgewingsake. Alle geaffekteerde en geregistreerde partye sal daarna kennis ontvang vanaf die betrokke departement. Eers dan sal die bou- en opgraderingswerk aan die N7 kan begin. Faktore wat met die verdubbeling van die N7 mee rekening gehou moet word, is die Diep- en Platteklipriviere wat periodiek teenaan die N7 lê, asook bestaande dreineringstelsels. Die groot behoefte aan veilige padkruisings vir voetgangers sal ook aangespreek word met brûe vir voetgangers. Vier privaat toegangsroe tes na bestaande privaat-eiendomme sal ook gesluit moet word en sal vervang word met veilige aansluitingsroetes ná onderhandelinge met elke eienaar.
“Die roete is ontwerp om so veilig as moontlik te wees, met eilande op die Darling/Bokomo-pad om te voorkom dat motoriste wat in verskillende rigtings ry, voor die verkeer indraai en opont houde veroorsaak. Die aansluiting vanaf die N7 na die Darlingweg sal ook so veilig moontlik gemaak word, Die huidige afrit uit Bokomoweg na die ligte nywerheidsgebied bly ook onveranderd. Die eilande sal ook bydra tot voetganger-veiligheid, omdat voetgangers langer op die eiland vertoef voordat hulle die pad kruis.” Die feit dat voetgangers die N7 gereeld kruis, is ‘n groot veiligheidsrisiko en sal aangespreek word, aangesien geen voetganger die N7 as dubbelbaan mag kruis nie. Die twee gewildste krui sings is suid van Malmesbury en by die Darlingwisselaar. Die kruising tussen die Schoonspruit industriële area en Saamstaan sal moontlik beveilig word met ‘n formele op- en aflaaiplek. Veilige voetganger-brûe bo-oor die N7 word ook beoog. Tegniese en finansiële oorwegings sal egter altyd ‘n rol speel en die finale besluite hier oor moet nog gemaak word, sê die verslag wat tans in die biblioteek ter insae lê. Die water, plantegroei en geraas-besoedeling sal beperk word tot die konstruksiefase. Verder sal daar maatreëls getref word om die bedreigde renosterveld te beskerm.