courant
tel 022 487 3221
Uitgawe 208
die
swartland en weskus
6 Februarie 2013
Swartlandse perd wen Met
hugenotestraat 24, malmesbury
Die Swartlandse perd Martial Eagle, met Aldo Domeyer in die saal, storm op die wenpaal af met ‘n beskeie wedsyfer van 50/1, vir ‘n verstommende sege in die afgelope Saterdag se J&B Met-wedren in Kaapstad. Op die inlas bo vier Yogas Govender, afrigter van Martial Eagle, die oorwinning saam met sy jokkie. Die perd se eienaar is Sabine Plattner, eienaar van Sabine Racing Stables naby Yzerfontein. Lees berig op bl. 2.
•Swartlandse skoolfondse heelwat minder
Sóveel kos skole nou ‘n Blitspeiling onder Swartlandse hoër skole het getoon dat jaarlikse skoolgeld wissel van Hoërskool Swartland se R9000, Hoërskool Dirkie Uys se R7800 en Hoërskool Porterville se R7000, tot die Ilingelethu Sekondêre Skool in ‘n township van Malmesbury wat geen skoolgeld vra nie. By Schoonspruit Sekondêr in Wesbank, Malmesbury betaal ouers R800 per jaar en by Wesbank Sekondêr in dieselfde woonbuurt R600. Die tabel hiernaas toon die resultate van die courant se blitspeiling onder Swartlandse hoër- en laerskole die afgelope week, asook vergelykende syfers van ander bekende skole in
Suid-Afrika ten einde konteks te verskaf. By Landbouskool Boland kos dit R15 480 per jaar, by Paarl Boishaai R19 500 en by ‘n private rykmanskool soos Bishops in Kaapstad sal ‘n jaar jou ‘n astronomiese R88 800 uit die sak jaag. In die peiling is bevind dat die twee private laerskole in die Swartland, dit is die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) en Darling Kollege se skoolgeld oor die R22 000 per jaar is. Laerskool Swartland se tarief is R5350 en
Laerskool Riebeek-Kasteel R7500, teenoor Riebeek-Wes Primêr se R300, Laerskool Darling se R2300, St. Thomas Primêr se R200 en Liebenberg Primêr, in Wesbank, Malmesbury, wat ook geen skoolgeld vra nie. Die bedrae wat hier vermeld word geld vir ouers en voogde wat oor die finansiële vermoë beskik om dit wel te betaal. Diegene wat dit nie kan bekostig nie, kan by hul onderskeie skole aansoek doen vir verminderde skoolgeld of selfs kwytskelding daarvan.