die courant 7 augustus 2013 234

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 234

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

7 Augustus 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Rooivleis en kuddes in fokus

Pieter Solomons van Tomis Abattoir by Hermon tydens die Malmesbury Skaapstudiegroep se kuddedag. Hoffie van Blerk (onder) het op die kuddedag met die trofeë vir die kampioen slaglam asook beste vordering in die kuddekompetisie weggestap. Sien fokus op die dag en die rooi-vleisbedryf op bladsye 8-11.

•Bergrivier-Kiesers na stembus

Wyk 5 vandag betwis Die kiesers in wyk 5 in die Bergrivier-munisipaliteit, met sy hoofkantoor op Piketberg, gaan vandag na die stembus om ‘n nuwe raadslid aan te wys. Die tussenverkiesing in wyk 5, Wittewater en Goedverwacht, is tussen Dirk Adams van die ANC en Danny Smith van die DA . Die wyk is voorheen deur ‘n DA-raadslid verteenwoordig en die vakature het ontstaan as gevolg van sy bedanking uit die party. Adams, voorheen van die DA, het na die ANC oorgeloop. Daar is ses stempunte in wyk 5 waar kiesers hul kruisies kan gaan trek. Dit is die Stawelklip Primêre Skool op Piket Bo Berg, Wittewaterkerksaal, Genadenberg-kerksaal, Goedverwacht kuns- en kultuursentrum, Karookop Primêre Skool, en die ou Kliphoek Primêre Skoolgebou, het adv Hanlie Linde, munisipale bestuurder van Bergrivier, aan die courant gesê. Die wyk het tans 3 805 geregistreerde kiesers. In die vorige verkiesing in die wyk in 2011 het Dirk Adams van die DA 931 stemme gekry, Amos

Dirk Adams van die ANC (links) en Danny Smith van die DA (regs). Claassen van die ANC het 741 stemme op hom verenig en Cope se Adam van Wyk 151. Dit beteken die DA het destyds met ‘n meerderheid

van 190 stemme gewen. Vandag se verkiesing sal dus onder meer aantoon of kiesers meer neig om vir die party of eerder vir die kandidaat te stem. Die stempunte open vanoggend om 7:00 en sluit vanaand om 21:00. Geregistreerde kiesers kan hul ID-nommer na 32810 sms om na te gaan of hul registrasiebesonderhede reg is. Altesame 21 wyke word vandag landwyd in vyf provinsies betwis. Altesame 79 kandidate van 14 partye en 11 onafhanklike kandidate sal sake uitspook, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Bergrivier het tans ‘n burgemeester, onderburgemeester en 13 raadslede, van wie ses van die DA, vyf van die ANC en een van Cope is, volgens die Bergrivier-munisipaliteit se webwerf. Daar is sewe wyksraadslede en ses raadslede wat proporsionele verteenwoordigers is. Die gebied sluit die dorpe Aurora, Eendekuil, Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif in.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 7 augustus 2013 234 by DieCourant - Issuu