die courant 7 desember 153

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 153

die

swartland en weskus

7 Desember 2011

hugenotestraat 11, malmesbur y

Die somershitte is hier en oral het jonk en oud na ‘n bietjie lafenis gesoek. Baie wend hulself na die swembad vir ‘n bietjie koelte. Links is Lara Coetzee, Mieke Smit, Heike du Plesses, Annelet van Heerden, Karla Smit, Van der Bijl Blake en Renelda Scholtz.

Dis uitspantyd

Nuwe waardasies laat wenkbroue lig

Die algemene waardasieproses van eiendom in die hele Swartland is pas afgehandel en dit dui op tendense van dalings in sekere gebiede en stygings in ander areas. In reaksie op die nuwe waardasies het baie inwoners reeds by die munisipaliteit en eiendomsagente aangeklop oor die ‘redelike groot’ verskil tussen nou en vorige jare. Eiendomsagente met wie die courant gesels het, het aangedui dat baie huiseienaars by hulle om raad aanklop. “In die RiebeekVallei het die bedrae nogal woes gestyg,” het ‘n agent verklaar. Hy het ook verwys na die verskynsel dat ‘n huis wat in April vanjaar vir R1,6 miljoen verkoop is (op ‘n 1 533m²-erf, met ‘n groot, stewige huis en uitsig na drie kante toe en ‘n boorgat) nou vir R1,889 miljoen gewaardeer is. “Maar ‘n kleiner huis op ‘n 867m²erf wat vir R1,02 miljoen verkoop is, word nou vir R2,026 miljoen gewaardeer. “Die nuusbrief wat die Swartland Munisipaliteit saam met die Oktober-rekeninge uitgestuur het, het ‘n goeie uiteensetting hieroor gegee,” sê Johannes Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste van die SM. Hy sê ook dat ‘n styging in die waardasie nie noodwendig dieselfde styging in eiendomsbelasting impliseer nie. Die markwaarde word bepaal deur ‘n vrywillige koper-verkoperbedrag, dit hang af waar jy woon en van die marktendense in jou omgewing.

“Die pryse op Moorreesburg hét effens gedaal, maar eerstens moet elke persoon homself afvra of die nuwe waardasiebedrag dalk ‘n ideale verkoopprys sal wees. Plase word ook geklassifiseer volgens hul infrastruktuur, hul groepering in terme van wat daar verbou word en die marktendense in die omgewing.” Volgens Steenkamp moet aansoekers wat herevaluasies aanvra, geldige redes noem, soos tendense in die omgewing en nie bloot omdat jy ‘voel’ die bedrag behoort anders te wees nie. Swartlanders word daarop gewys dat die tyd om aansoek te doen vir die herevaluering van hul eiendomswaardasie, nou min raak. Die sperdatum vir die indien van besware is 15 Desember en elke dorp se aansoeke moet by sy eie munisipale kantoor ingedien word. Die vorms waarop die aansoeke ingevul moet word, is by elke kantoor beskikbaar. Selfs indien iemand verkies om die vorm op internet te kry, moet die vorm uitgedruk en fisies by die munisipaliteit ingedien word. “Die waardeerders kán ‘n herevaluering doen, maar maak asseblief seker daarvan dat die redes wat u invul, geldige redes is,” beveel Mari Lourens van die Swartland Munisipaliteit aan. Sy voeg by dat die ekonomie sedert die vorige waardasies aansienlik verander het, dus behoort die veranderde waardasie-bedrae beslis nie as ‘n verrassing te kom nie.

Op Malmesbury het agente ook aangedui dat mense kla oor stygings: “Elke persoon moet nou self aansoek doen vir herevaluering, want dié bedrag wat nou vasgestel word, is die vertrekpunt vir die volgende algemene

waardasies, wat elke vier jaar moet geskied.” Diegene met internet-toegang kan www.swartland.org.za besoek en klik op die skakel “documents” en volg dan “valuation roll” en dan “objections”.

Op Riebeek-Wes het Tania Dreyer en Rodney Budd by die spreekkamer van dr. Wilna Oosthuizen ook deel van die projek geword en pakkies versamel.

Kersfees vir Kinders Laatslapers wat wil deelneem aan die courant en die verskeie Spar-winkels op Malmesbury, Riebeek-Wes, Moorreesburg en Darling se Kersfees vir Kinders-projek, kan nog net tot Sondag

hul Kerspakkies in die winkels se houers plaas. Die geskenke sal vanaf Maandag uitgedeel word by die onderskeie afsetgebiede. Vir meer inligting, skakel Sarie Nell by 022 487 3221.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.