8 Mei die courant 2013

Page 1

courant swartland en weskus Uitgawe 221

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

tel: 022 487 3221

hugenotestraat 24, malmesbury

8 Mei 2013

25 000 besoek Riebeek se Olyffees

WEN: pryse vir Moedersdag

Darling kollege stel hoof aan

Saaityd in die Swartland: Lida

Lesch van Dassenheuwel het verlede week hierdie besondere saaifoto van Gideon Smit, haar en Kobus se seun, André, en Japie Maarman, op hul plaas geneem met die Winterhoekberge agter.

•SWARTLAND OP VSA RAKKE MET SEVEN SISTERS

Walmart koop 5 wyne

Ná die eerste bestelling vir Swartland Wynkelder se wyn onder die handelsmerk van Seven Sisters sal die eerste besending vir die winkelrakke van die kleinhandelreus Walmart oor 14 dae na die VSA verskeep word. Die Seven Sisters-wynreeks, wat reeds sedert 2005 nou met Swartland Wynkelder saamwerk, bestaan uit sewe wyne waarvan vyf aanvanklik deur Walmart aangekoop sal word. Dié supermarkgroep - die grootste in die wêreld - het 10 700 winkels in 27 lande onder 69 verskillende vaandels. Die Seven Sisters-wyne, wat volgens ooreenkoms uitsluitlik deur Swartland Wynkelder voorsien word, sal aanvanklik slegs vir die mark in die VSA bestem wees, met “baie uitbreidingsmoontlikhede”. Aan die woord is Vivian Kleynhans, tans aan die stuur van die Seven Sisters-handelsmerk van die 7 Brutus-susters van die Weskus. “Ons eerste besending is sewe ‘containers’ met 1 200 kiste (12 bottels) elk, maar dit is net die begin. Walmart het gesê ons moet sorg dat ons aan die vraag kan voorsien. Dit beteken ons sal moet sorg dat daar genoeg wyn op die water

is en genoeg wyn in die store aan daardie kant. “Dit is waarom ons gesels het met Swartland, wat sedert 2005 die hele pad saam met ons gestap het. Hulle moet seker maak dat as die vraag groei, hulle daarin sal kan voorsien en ook van elders inkoop as dit nodig is. Die handelsmerk, wat reeds ‘n paar jaar in Amerika is, groei in gewildheid by ander winkels en restaurante waar dit beskikbaar is,” het sy bygevoeg. Kleynhans was vroeër vanjaar by die groot konferensie vir Walmart se voorsieners in Orlando, Florida. “Ons het ook ‘n ooreenkoms gesluit met een van die wêreld se grootste wyn en spi­ritualieë-verspreiders, Southern Wine and Spirit,” het sy gister aan die courant gesê. Die vyf wyne wat aan Walmart gelewer sal word, is Moscato, Bukettraube, Rosé, Pinotage/ Shiraz-versnit en Cabernet Sauvignon. Kleynhans sê Suid-Afrka word nog nie genoeg as ‘n unieke streek in eie reg beskou nie. “Daarom het wyne soos die Pinotage, wat eie aan ons land is, nog baie potenisaal met die nodige bemarking en ontwikkeling in die buiteland.” die courant het vir Morné le Roux, hoofbestuur-

der van Swartland Wynkelder, gevra wat die Walmart-transaksie vir Swartland beteken. “Dit is ‘n geweldige eer omdat Walmart ons genader het vir hierdie Seven Sisters-reeks. Dit is ‘n deurbraak, want die Amerikaanse mark is moeilik en ons werk reeds lank daaraan om daar in te kom. Suid-Afrika word nog nie in die VSA as ‘n groot rolspeler gereken nie. Met die groei in aanvraag, is ek optimisties oor die voordele wat dit vir ons volumes kan inhou,” het hy bygevoeg.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
8 Mei die courant 2013 by DieCourant - Issuu