dié courant 15 julie 329

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

dié

1

15 Julie 2015

Uitgawe 329

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die Rugby Performance Centre buite Riebeek-Wes is 'n gewilde plek vir rugbyspanne om bietjie te slyp, finale afronding en spanboue te doen. Alan Zondagh, eienaar, het verlede week aan dié courant gesê hy gaan nog twee rugbyvelde byvoeg. Met ons besoek was die Pumas se Cravenweekspan, wat vandeesweek op Stellenbosch speel, asook die Sharks se o.21-span daar om te oefen. Hier is die jong Sharks saam met Zondagh (derde van links), die Swartlandse boorling Johan du Toit (middel) en Zondagh se seun AB (naaslinks), wat ook by die Sharks afrig. By hulle staan Retief Marais, Chris de Beer, Loftus Pretorius en Rowan Gouws.

Haaie oefen in Vallei

Vasbyt:

Links roei Gert Coetzee tydens verlede jaar se 'Berg' en onder geniet sy seun, Izak, die sonnetjie ná nog 'n skof.

• SPAN REG VIR WATER-UITDAAG

Pa en seun pak Berg Vir hulle gaan dit oor absolute uithouvermoë. Só vertel Hannaleen Coetzee van haar man, Gert, en seun, Izak, se deelname aan die `Berg’. Dan voeg sy by: “Hulle maak my sommer vies omdat hulle nie oefen nie. Gert is nie meer ‘n kind nie en dié marathon kos bloedsweet. Ek hoop hulle maak klaar.” Gert neem vanjaar aan sy 15de Bergrivierkanomarathon deel, Izak aan sy derde. Hulle boer buite Aurora. Maandagoggend het dié courant die lang pad aangedurf Aurora toe om dié pa en seun te gaan ontmoet. “Nee wat, hulle is op die lande, gee kunsmis,” verduidelik Hannaleen. Die 'Berg' begin mos eers Woensdag. Hannaleen en haar skoonsuster, Helena Acker, is die

ondersteuningspan vir dié avontuur. Izak is pas getoud. Monique, sy vrou, het ander verpligtinge en sal maar van die kantlyn die aksie moet volg. Hannaleen vertel van die koud, die nat en veral die wind wat kan lol op dag vier. Tog is die opwinding en avontuurlus duidelik in haar stem. “Ek het Gert kom kry met dié roeiery, maar toe die kinders klein was, het ek nie saamgegaan nie,” verduidelik sy. Gert het ook ná sy tiende 'Berg' ‘n ruk opgehou met deelneem. In 2011 het die gogga egter weer gebyt en die laaste drie jaar roei Izak saam. Hulle behoort aan die Simonstad-klub, maar plaaslike belangstelling neem elke jaar toe.

NUUS • NEWS

15 Julie 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.