courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 145
die
swartland en weskus
12 Oktober 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
MKB verkoop straks gedeelte aan Senwes Struktuur kan nou ná 80 jaar verander
Christusfees lok weer baie Die Christusfees op Porterville die naweek was weer ‘n groot sukses. Kunstenaars soos Juanita du Plessis en Riana Nel het die verhoog geneem. Bo is Nadine Blom met ‘n groepie Portervilleondersteuners. Links is Juanita du Plessis en regs is Minette Burger en Hettie Britz. Die volgend fees word vanaf 9 tot 11 Maart 2012 gehou. Foto’s: Pierre Hollander
Die Moorreesburg Koringboere, werkgewer van meer as 300 personeellede, is tans in gesprekvoering gewikkel met Senwes, gesetel in Klerksdorp en een van die mees winsgewende agribesighede in SuidAfrika. Die Moorreesburg Koringboere (MKB) bedryf tans die bestaande dienspunte te Koperfontein, Moorreesburg, Koringberg, Velddrif, Langebaan, Berg-rivier, Morawia, Citrusdal en Leliedam, as lopende besighede. Dit sluit in ses silo-komplekse, vier LandMark-handelswinkels, drie saadaanlegte, twee OK Grocer-winkels, ‘n hondekos-aanleg (PFC) op Moorreesburg en ‘n versekeringsafdeling met twee kantore, ‘n meganisasie-afdeling en die hoofkwartier op Moorreesburg. “Tans is gesprekvoering tussen die twee partye nog aan die gang. Daar
is egter nog geen ooreenkoms nie en gevolglik is dit onvanpas om oor enige moontlikhede wat daaruit mag voortvloei, te filosofeer,” sê Eugene Koekemoer, besturende direkteur van MKB. “Alle belanghebbendes, personeel ingesluit, se belange word deurgaans beskerm,” het Koekemoer bygevoeg. MKB (vanjaar 80 jaar oud) se omset vir die boekjaar 2010 tot 2011 het bykans R450 miljoen beloop. Koekemoer het verder gesê dat daar op deurlopende basis deur die direksie en bestuur gekyk word na MKB se voortgesette winsgewendheid en volhoubaarheid, asook na enige strategies voordelige geleentheid wat mag opduik. Tans hou Graanboere Groep Beperk, die houermaatskappy, alle uitgereikte aandele in MKB.