die courant 28 Maart 2012

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 166

die

swartland en weskus

28 Maar t 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Mense bemagtig op regtedag Werkskepping en -geleenthede onder die soeklig

Die bemagtigingsdag wat verlede Woensdag op Menseregtedag in die Malmesbury Stadsaal aangebied is, het ongeveer 280 belangstellendes uit alle sektore en elke dorp van die Swartland gelok. Die sprekers het nie teleugestel nie: Direkteur John Peters van Departement van Ekonomiese Ontwikkeling het eerstens met ‘Red Rape to Red Carpet’ aangedui dat plaaslike owerhede dit moet makliker maak vir die enterpreneur deur inperkende bepalings en vereistes te verslap, waarna Rene Whiteman, Wes-Kaapse projekbestuurder van die Jobs Fund, die vereistes van dié fonds verduidelik het. Alan Winde, die provinsiale minister van Finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het respek afgedwing in sy toespraak oor ‘Plaaslike Ekonomiese Bemagtiging - Wat is my Visie?’ Ná elke spreker is vraetyd toegelaat, waartydens jan alleman se honger na werk en nuwe geleenthede duidelik sigbaar geraak het. Oor dié dag sê die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van

Essen: “Die dag was ‘n baie groot sukses en ek wil die organiseerder Raadslid Chris Hunsinger bedank vir die groot bydrae wat hy gelewer het. Ook dankie aan die amptenare van die Swartland wat hulle vakansiedag opgeoffer het, maar waarsonder die dag nie so ’n groot sukses sou gewees het nie.

“Dit was een van die eerstes in die land waar Menseregtedag so gevier is. As dit in alle munisipaliteite op hierdie manier gevier word, sal ons ‘n beter Suid Afrika hê met meer gelukkige mense.” Raadslid Chris Hunsinger, burgemeester Tijmen Sien nog berigte op bladsy 3 en 4. van Essen en minister Alan Winde.

Riebeek skop af op nuwe veld - Fokus val op Motors

166.indd 1

2012/03/27 05:45:05 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 28 Maart 2012 by DieCourant - Issuu