Dié courant wellington 400

Page 1

courant

1 Wellington

dié

14 Desember 2016

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 400

14 Desember 2016

Hugenote gee om:

Hugenote Hoërskool se leerlingraad vir 2017 het sommer vroeg al hulle staal gewys deur ‘n paar projekte te loods waar hulle ‘n verskil in die gemeenskap kan maak. Hulle het geskenkpakkies, wat hulle met insamelings vanuit die die hele skool saamgestel het, gemaak en aan Huis Lizelle en Silwerkruin oorhandig. Die Matrieks van 2016 het ook hul skoene by die skool gelos. Hiermee kon verdienstelike leerders uit Hugenote self gehelp word. Daar kon ook ‘n groot skoenskenking aan leerders by Ihlumelo Junior Sekondêr in Mbkweni gemaak word. Die leerlingraad het ook skryfbehoeftes by Wellington Primêre Skool afgegee. Volgens Johann Enslin, bemarker by Hugenote Hoërskool, was al die inisiatiewe ‘n spanpoging. “Ons is dankbaar vir elke leerder, al die ouers en die onderwysers se bydraes,” sê hy.

•WATERVLAKKE STEEDS ONDER DRUK

Hou by beperkings, vra Drakenstein •Jaomi Zeeman

Die watervlakke van die damme wat vir die watervoorsiening in die streek verantwoordelik is, het gevaarlike lae vlakke bereik en ‘n moontlike watertekort blyk eersdaags ‘n waarskynlike realiteit te wees. Volgens Deon Louw, uitvoerende bestuurder: infrastruktuurdienste van die Drakenstein Munisipaliteit, is daar inligting beskikbaar wat vooruitskouend aandui hoeveel water in die damme oor is en hoe lank dit sal hou as dit nie reën nie. Hierdie inligting word ook op vier borde binne die munisipale area weergegee. Een van hierdie borde is by die munisipale kantore op Wellington.

Teen die huidige tempo van verbruik, ‘n minimum kapasiteit van 5% en geen reënval, sal die meeste van die streek se voorsieningsdamme waarskynlik teen die einde van 2017 leeg wees. Volgens hierdie beramings sal die Bergrivierdam teen Augustus, die Theewaterskloofdam en die Voëlvleidam teen Junie, die Wemmershoekdam teen April en die Kaapstad Metro-damme reeds teen Mei 2017 leeg wees. Die vooruitskouende data toon reeds ‘n beduidende groter persentasie waarmee die watervlakke gesak het, sedert die warmer weer wat die area se somermaande kenmerk, aan die einde van November begin het. In die week tussen 28 November en 5 Desember het al die damme se vlakke met ‘n

beduidende persentasie gesak – en dit slegs in een week. Volgens die nuutste statistieke is die Voëlvleidam 58.8% vol en die Wemmershoekdam se vlak lê op 48.4% in vergelyking met verlede week se 50.6%. Die Theewaterskloofdam het van 45.4% tot 44.2% gedaal en die Bergrivierdam vanaf 66.5% tot 64%. Inwoners word gemaan om streng by die waterbeperkings te hou en sodoende tot laer waterverbruik by te dra. ‘n Gesamentlike poging tot die voorkoming van ‘n waterskaarste, tesame met die hoop op beduidende reënval, is waarskynlik van die belangrikste faktore wat hierdie tekort kan help afweer.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.