440 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

4 Oktober 2017

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 440

4 Oktober 2017

•KEER TERUG NA BOLANDSE TUISDORP

Gabler nou eerste in stryd om titel •Jaomi Zeeman Heinrich Gabler, voormalige leerder van Hugenote Laer- en Hoërskool en tans onderwyser by Hugenote Laerskool, is iemand wat passievol daaroor is om ‘n verskil te maak. Hy het verlede jaar vir die eerste keer aan die Mnr. Suid-Afrikakompetisie deelgeneem en baie goed gevaar deur onder die top-vyf-finaliste te eindig. Heinrich het, met die aanmoediging van sy vriende en familie, besluit om hierdie jaar weer aan die Mnr. SA-kompetisie deel te neem. Volgens hom wil hy graag ‘n platform bou waarmee ‘n verskil in meer mense se lewens kan maak. “Aangesien dit verlede jaar my eerste jaar was wat ek aan so ‘n groot kompetisie deelgeneem het, het ek vir myself sekere doelwitte gestel, naamlik om ‘n finalis vir Mnr. SA te word. Ek het daardie doelwit bereik danksy al die mense wat my so baie ondersteun en gemotiveer het. "Die aand van die finaal het ek besef ek het soveel meer potensiaal en ek het te klein gedroom. Om die titel te wen is hierdie jaar my doelwit,” verduidelik Heinrich. Hy het vanjaar weer vir die kompetisie ingeskryf - iets wat hy met die nodige ondervinding, insig en doelgerigtheid gedoen het. “Ek het al my vriende en familie laat weet en op Facebook geskryf: ‘Your dream doesn’t have an expiry date. I am going to take ‘n deep breath and try again’,” vertel hy. Heinrich het intussen verskeie uitdagings suksesvol voltooi waarop hy bepunt is. Die publiek se stemme vir die inskrywings dra ook tot die aanwysing van die finaliste by. Hy lê op die oomblik algeheel eerste op die ranglys volgens stemme en die finale 12 finaliste word aan die einde van Oktober aangekondig. “Ek het regtig baie moeite gedoen met elke uitdaging en my mentor, Pieter Visser, en sy vrou Lizel het my ongelooflik ondersteun, asook my

Heirich Gabler neem vanjaar weer aan die Mnr. SA-kompetisie deel en lê tans eerste op die stemlys. Regs is Heinrich saam met sy rugbyspan die van Hugenote Laerskool.

familie en vriende,” verklap hy die geheime wapens in sy sukses tot dusver. Heinrich glo dat, indien hy onder die top-drie kan eindig voor die finaal, dit sy kanse om met die kroon weg te stap, kan versterk. As deel van sy uitdagings as finalis, moet hy nog een laaste groot projek suksesvol aanpak en afhandel. Hierdie projek behels dat hy fondse vir kinders met kanker moet insamel. “Ek is baie opgewonde oor my laaste projek, omdat ek ‘n groot liefde vir kinders het, veral as hul hulp nodig het. Ek het ‘n paar groot borge wat bereid is om ‘n geldelike bydra te maak vir my betrokke organisasie. By Hugenote Laerskool, waar ek tans ‘n onderwyser is, wil ons graag die kinders bewus maak van die CHOC (Childhood Cancer Foundation of South Africa) en dan ook die leerders ‘n geleentheid gee om geld in te samel vir die organisasie,” vertel hy oor sy planne rondom hierdie uitdaging. Hoe kry Heinrich dit reg om voltyds te werk, sport af te rig, self aan sport deel te neem en nog by al die verantwoordelikhede van die kompetisie uit te kom? Volgens hom is alles wat hy doen vir hom ‘n passie. “My werk kom altyd eerste. Ek is baie lief vir sport en kinders, so die sportafrigting is die lekkerste deel van my dag. Om terug te gee vir die gemeenskap is vir my van kardinale belang en dit kom vir my natuurlik. Dit gee my moed en maak my opnuut opgewonde vir die volgende dag. As ek iets goed vir iemand anders kan beteken, maak

Foto: La'Ane Photography

dit my hart baie bly. Ek glo ‘n betrokke persoon is ‘n gelukkige persoon - daarom is om self aan sport deel te neem oor naweke vir my die kersie op die koek!” verduidelik hy hoe hy al die balle in die lug hou. Die feit dat Heinrich onlangs na Wellington teruggekeer het, is vir hom ‘n droom wat waar geword het. “Ek wou nog altyd terugkom Wellington toe om ‘n positiewe verskil in die kinders van die dorp se lewens te kom maak. Dit is vir my ongelooflik lekker om terug te wees - dit voel of ek nooit weg was nie. Die platteland is maar net anders,” sê hy. Vir Heinrich is sy deelname aan die Mnr. SA-kompetisie ‘n geleentheid om sy lewensverhaal met soveel mense moontlik te deel - iets wat hy glo vir duisende mense hoop kan gee. “My droom is om uiteindelik my eie nie-winsgewende organisasie te skep sodat ek kan teruggee aan die gemeenskap - veral ten opsigte van sporttoerusting aan minder bevoorregte kinders,” sê hy. “As ek die kompetisie wen, sal ek nog steeds doen wat ek elke dag doen. Dit is om mense te inspireer en te motiveer. Dit sal dan net op ‘n groter skaal kan plaasvind.”

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
440 dié courant wellington by DieCourant - Issuu