dié courant wellington 468

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

9 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

9 Mei 2018

•HAAR HERKOMS 'N HOOGTEPUNT VAN LEWE

Angeline Matthys ‘n vegter vir kultuur •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Angeline Matthys is ‘n ystervrou wat haar voete stewig op die grond het, maar groot dinge droom en vermag. Hierdie ma, versorger en gemeenskapswerker se hart klop warm vir haar mense, haar wortels en haar dorp. Angeline se lewe van diensbaarheid het reeds net na skool begin toe sy haar eerste werk by Silwerkruin gekry het. “Ek het net ‘n passie vir oumense, kinders, siek mense en gestremdes. Vir my het daar nog nooit iets bestaan soos om mense se behoeftes raak te sien en niks daaraan te doen nie. Ek glo elke mens het ‘n doel hier op aarde en myne is om te woeker om iets te doen aan die behoeftes wat ek rondom my raaksien,” sê sy. Haar passie om mense te help is egter nie die enigste ding wat in Angeline se hart brand nie. Haar herkoms en wortels is ook iets wat haar nog altyd geïnteresseer het. “My ma het altyd gesê dat sy ‘n Korana-vrou is, maar ons het nie veel van haar stories en herkoms geweet nie. Dit het my altyd bygebly en laat wonder oor die bloed in my are,” vertel Angeline. Hierdie nuuskierigheid het haar in 2005 by die Khoisan Kingdom laat aansluit. As lid van hierdie groep het sy ‘n samekoms in Kimberley bygewoon en mense ontmoet wat haar familie aan haar ma se kant ken. “Ek het vir oom Dawid Kruiper ontmoet en besluit dat ons mense bymekaar moet kom om mekaar se stories oor ons herkoms te deel,” sê sy. Hierdie behoefte het Angeline laat besluit om ‘n toer vir die Kalahari se San-mense te reël. Sy het, met karige bronne tot haar beskikking, ‘n toer vir 55 mense van Upington tot in Wellington gereël. “Ek het die Colibri-saal gekry vir die mense om in oor te slaap. Die munisipaliteit het ook vir ons ‘n bus beskikbaar gestel waarin die mense hier in ons vallei vervoer kon word. Selfs die brandweer het ons gehelp met matrassies vir almal. Die toergroep het vir twee weke lank in Wellington gebly en ons het op verskeie uitstappies gegaan en nagte om stories gesels en interessante dinge oor ons herkoms gedeel. Dit was ‘n baie groot hoogtepunt in my lewe,” vertel Angeline.

‘n Ou foto van Angeline saam met die kinders wat sy gereeld op uitstappies neem. Sy het hul tradisionele uitrustings uit ‘n ou sonsambreel en een van haar jasse se pels gemaak. In 2012 het sy besluit dat sy ‘n platform vir die bevordering van haar Khoisan-herkoms wou skep. Vir hierdie doel het sy die Boesman Khoi Development Organization (BKDO) gestig. “Ek het gevoel dat ek op die 'drop-outs' in ons gemeenskap wil fokus om vir hulle weer ‘n sin van behoort gee. "Daar is so baie kinders wat die skool verlaat en ek wil iets dóén aan die euwels rondom ons. Dit help nie ‘n mens praat en kla oor dinge, maar jy doen niks daaraan nie. As kinders weet waar hulle vandaan kom, wat hul voorouers gedoen en vermag het, hul kultuur eer en konstruktief besig gehou word, sal baie dinge in ons gemeenskap beter wees,” sê sy. Angeline het begin om die BKDO, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie, te gebruik om kinders bymekaar te kry om smiddae ou kinderspeletjies te speel, rieldanse te oefen en sommer ook hul huiswerk te doen. “Ek oefen hier langs my huis in die stof of in die pad voor die huis met die kinders. Dan doen ons sommer ook huiswerk agterna,” sê sy. Buiten die werk wat Angeline in die BKDO doen, is sy ook die Wes-Kaap se hoofvrou van die Kei !Korana Transfrontier-organisasie. Sy het onlangs, in haar hoedanigheid as hoofvrou van

hierdie groep, ‘n spesiale parlementêre sitting tydens die begrotingsrede vir tradisionele leiers bygewoon. Sy was ook die spreekbuis vir hierdie groep tydens 'n onlangse byeenkoms van die Drakenstein Munisipaliteit waar provinsiale afgevaardigdes van tradisionele groepe vergader het. Angeline se BKDO-groep van 213 kinders het al aan talle aktiwiteite deelgeneem. Hulle het die plaaslike museum in tradisionele klere besoek en die 5km by die Safari Halfmarathon in tradisionele drag kafgedraf. Haar rieldansgroep het ook die afgelope naweek by die Stasiefees opgetree. Angeline was boonop by die Breytenbach-sentrum se “Break a Leg”-dramagroep in talle produksies betrokke. “Vir Vrouedag gaan ons uniforms aantrek en die oumense in ons gemeenskap ‘n bietjie mooimaak en hulle hare en voete doen,” vertel sy entoesiasties. Ten spyte van baie uitdagings, ‘n tekort aan fondse, ‘n behoefte aan hulp met die kinders se huiswerk smiddae en die feit dat talle van die kinders by BKDO sonder skoene, rugsakke of komberse klaarkom, beur Angeline onverbete voort met die opbouende aktiwiteite wat sy by die BKDO aanpak. “Ons leuse is: ‘our gift will make room for us’. Daar is nooit ‘n verskoning om nié die behoeftes in ons gemeenskap aan te spreek nie,” sê sy. Belangstellendes en mense wat by die BKDO betrokke wil raak, kan Angeline by 084 296 1695 kontak.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.