dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

9 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

9 Mei 2018

•VANG HAAR AAN DIE VOET MET EEN HAND

Karwag red meisie (8) by sentrum Alida Buckle Dit was nie hy nie. Hy is maar net ‘n swak man, dit was God wat hom krag gegee het. Dít is Jean-Claude Niyongabo (31) se opinie oor die voorval waar hy ‘n Donderdag 3 Mei by die Weskus Mall 'n jong inwoner se lewe gered het. “Hy is ‘n engel,” het Liza Pereira (42) van Langebaan gesê oor die motorwag wat soos ‘n wafferse superheld haar dogter, Anne (8), aan haar voet gevang, toe sy agteroor, kop eerste uit ‘n winkelwaentjie geval het. Dit was egter nie so eenvoudig nie. Claude het terselfdertyd ‘n reuse-winkelsak van sowat 35kg in sy hand gehad, wat hy besig was om vir Liza in die kattebak te laai. Dit was aankope vir die Sabatskerk waaraan Pereira behoort. Anne, in die trollie, was op daardie oomblik in die pad van die sware sak, waarop Liza dit uit die pad wou trek, min wetend dat Anne nie meer vashou nie. Anne het agteroor uitgeval. Toe Liza oor die skok kom, het Jean-Claude

daar gestaan met die swaar sak in die een hand, Anne se voet in sy ander hand, en sy skoen as buffer tussen Anne se kop en die teerpad. “As Anne op haar kop geval het, was haar nek gebreek of sy sou gesterf het aan kopbeserings,” daarvan is Pereira oortuig. Liza het vir hom gesê sy is so bly dat sy vir hom ‘n huis sou gekoop het as sy kon. “Die hele ding was eintlik vir my bonatuurlik.” Ná Liza se plasing van die gebeure op die Vredenburg Nuus/News-groep op Facebook, het mense Claude oorval met gelukwensings. Hy het later soos ‘n glanspersoonlikheid begin voel, maar hou vol dat dit nie hy was nie. Dat hy daar is om God te dien en dat God daardie dag deur hom gewerk het. Vir die Pereira-gesin is Claude beslis ‘n ster wat helder skitter. • Anne was in die winkelwaentjie, omdat sy op hulle ma-en-dogteruitstappie weer “Mamma se baba” wou wees.

Wiskunde-onnies swaai stokke in Nam Twee hoërskool Wiskunde-onderwysers het met hul gholf vernuf deurgedring na die SuidAfrikaanse eindrondte van die Windhoek Lager Internasionale Pare Toernooi in Junie vanjaar, in Windhoek, Namibië. Dit is ‘n klubkampioenskapreeks en die twee spelers is amateurs. Paul Haricombe (48), wat Wiskunde en Besigheidstudies by Hoërskool Diazville gee, en Mario Prins (50), wat Wiskunde by Hoërskool Weston gee, is nog verstom oor die onverbeterlike spel wat hulle vroeër vanjaar in die streeksuitdunrondte op Kuilsrivier gespeel het. Hulle het met ‘n sege van een punt deurgedring na dié gesogte toernooi. Hulle ding van 22 Junie tpt 24 Junie in Windhoek mee teen die ander 25 Suid-Afrikaanse streekswen-pare. Al die geaffilieerde gholfklubs in Suid-Afrika het eers op klubvlak ‘n uitdunrondte gehou, waarna daar op streekvlak gekompeteer is. Die formaat vir die eindronde is 'n 36-putjie Beterbal Stableford-kompetisie en die wenners sal die tweemanskap met die hoogste punte wees. Die algehele wenners van die klubkampioenskapreeks word as die Windhoek Lager Klub Pare

Kampioene bekroon en saam met die paar wat tweede eindig, uitgenooi om Suid-Afrika in die wêreldeindronde in Portugal te verteenwoordig – met betaalde reis en verblyfkoste. Haricombe en Prins se oë blink as hulle praat oor die moontlikheid, dat as hulle sou wen hulle in Portugal sal kan gaan deelneem. “Dit sal ‘n groot eer wees”. Die tweemanskap is al vriende van jong studentedae af en vul mekaar goed op die gholfbaan aan. “Ons ken mekaar se goeie en slegte punte”. In ‘n pare-kompetisie word net die beste punt by elke putjie getel. Gholf is nogal ‘n ingewikkelde sport, met parabole, afstand, windspoed, die soort putjie en nog meer wat vir elke hou in gedagte gehou moet word. Vir twee Wiskunde-onnies kom dit egter natuurlik. Vir ouens wat gewoonlik net Saterdae ‘n tydjie afgeknyp kry om te oefen, is dit ‘n groot prestasie.

Links: Paul Haricombe en Mario Prins.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.