die courant 7 maart 2012

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 163

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

7 Maar t 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Swartlander begin windlaaiers bou

Twee “kleinerige modelle” beplan

Benewens die sonplaas en biogas-aanleg waaroor daar in vorige uitgawes berig is, kry Malmesbury nou ‘n fabriek waar wind-turbines vervaardig gaan word. Koos van Wyk het vir drie jaar gewerk aan die ontwikkeling van wind-turbines vir kleiner verbruikers se behoeftes en gaan vandeesmaand begin om dit plaaslik te vervaardig. “In 2008, nadat ek afgetree het, het ek begin toetse doen om ‘n windlaaier te bou om elektrisiteit op te wek. In Februarie 2009, op my 67ste verjaardag, het ek die eerste selfgeboude windlaaier se rem los gemaak. Daar was baie “groeipyne” aangesien die werklikheid altyd bietjie verskil van die teorie en drome!” vertel Van Wyk. “My windlaaiers moet maklik herstelbaar wees as daar byvoorbeeld weerlig- of stormskade kom.” Sedertdien het hy reeds agt verskillende modelle gebou en verkoop en toe besluit om twee kleinerige modelle kommersieël te bou. Nou, ná baie navorsing, gaan Van Wyk twee modelle bou en bemark wat onderskeidelik 1 KW en 1.5KW elektrisiteit kan opwek. Die wind-turbines gaan onderskeidelik ‘n 3m en 4m-deursnit lugskroef hê. “Alle komponente vanaf die 3 fase-’alternator’, asook die metaal raamwerk, lugskroef-lemme en die elektriese laaibeheerpaneel word reeds op klein skaal op Malmesbury vervaardig. Alle metaaldele van die windlaaiers is gegalvaniseer om die lewensduur te verleng. Die ‘alternator’Koos van Wyk dele is in epoksie gegiet en met 2K verf gespuitverf om dit teen ultra-violetstrale te beskerm en die elektriese komponente is beskerm teen reënen ystoestande. Die windlaaier-lemme (albei modelle het 3 lemme) is van glasvesel gemaak met ‘n epoksie/glasdoek kombinasie.” Van Wyk vertel hy het oor die afgelope drie jaar al heelwat van die wind-turbines verkoop aan huishoudings op plase in Namibië en die Noord-Wesprovinsie. By Yzerfontein in die Jacobuskraal omgewing lewer een van hierdie wind-turbines ook elektrisiteit vir ‘n huishouding.

“Sweet 16” vir Drieling Spuit saam vir Kansa in Shavathon-week Die Malmesburyse drieling Alretha, Adriaan en Elandri Labuschagne vier volgende week hul sestiende verjaardag. Om dié groot dag te vier, het hulle Maandag hul stemme dik gemaak vir die shavathons wat vandeesweek in die Swartland gehou word ter ondersteuning van die kankervereniging (Kansa). Dié lewendige drie van Lappies en Huibrecht Labushagne is graad 10-leerders van Hoërskool Swartland. Op die foto is hulle besig om behoorlik te baljaar met die spuitkannetjies vir Kansa. Drie shavathons word vandeesweek aangebied: Op Malmesbury word die shavathon Donderdag by Malmesbury Toyota in Voortrekkerweg gehou vanaf 8:30 teen R20 per kop. Skakel Dirk van Zyl (022-4822 961) of Hester Smit (022-482 1111). Vrydag word die shavathon op Moorreesburg in die NG Kerksaal gehou van 7:30 tot 15:00. Skakel Carla Sheffler met u navrae by 022-433 8305. PPC op Riebeek-Wes bied ook Vrydag hul shavathon aan vir hulle personeel. Van Wyk beplan om teen die einde van 2012 ook ‘n 3KW wind-turbine te vervaardig met ‘n lugskroef-grootte van 6m. ‘n Maspyp van 10 meter, met ankerkabels of ‘n vrystaande toring kan ook saam met so ‘n windturbine gelewer word. “Laasgenoemde sal teen ‘n windsnelheid van 7 tot 8 meter per sekonde sowat 1200 eenhede per maand lewer. Elektrisiteit sal in alle gevalle in spesiale batterye geberg word sodat ‘n konstante 220 volt kragvoorsiening beskikbaar sal wees,

ongeag of die wind waai en of die son skyn,” het Van Wyk aan die courant gesê. Die windturbines kan saam met sonpanele in die behoeftes van klein tot medium huishoudings voorsien en veelvuldige eenhede kan in groter behoeftes voorsien. Dié stelsel behoort omtrent soveel as ‘n gesinsmotor te kos.” Van Wyk se huidige perseel is groot genoeg om tot een wind-turbine per dag te vervaardig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 7 maart 2012 by DieCourant - Issuu