die courant 09 Mei 2012 172

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 172

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

9 Mei 2012

Só kan Mbury oor ses jaar lyk ... ‘n Park met straatkafees, historiese winkels, piekniekareas, wandelroetes en ‘n hangbrug oor die Dieprivier om meer toeriste te lok, word deur die burgemeester, Tijmen van Essen, in sy toekomsvisie vir Malmesbury in die vooruitsig gestel.

Hy het gisteraand op ‘n sakekamerbyeenkoms in die stadsaal sy langtermyn-visie vir die ekonomiese ontwikkeling van die dorp met sakelui gedeel. Benewens ingrypende vernuwings wat vir die dorp se infrastruktuur beplan word, veral in Bokomoweg en die noordelike deel van Malmesbury, het Van Essen sy visie vir toerisme-moontlikhede voorgehou. Van Essen se voorgestelde Dieprivier-ontwikkeling sluit die gebiede rondom die Dieprivier vanaf Smutstot by Rainierstraat in en sluit die ou huise in Riebeeken Loedolfstrate in. “As ons die area vanaf Bokomoweg tot by Piet Retiefstraat kan omskep in ‘n park met straatkafees, byvoorbeeld in Riebeekstraat en weerskante van die rivier, met mooi areas vir piekniek, ‘n speel- of pretpark, ‘n hangbrug oor die rivier, wandelroetes, historiese winkels en ‘water features’, kan dié ou deel van die dorp in ‘n bate omskep word. “Hier is só baie bates in die Swartland, watter klomp voordele kan dit nie vir ons almal inhou nie!” het hy gesê. Van Essen meen dit sal goed inpas by die gastehuise wat reeds aan die oostekant van die rivier bestaan. Indien die sakelui hierdie idees aanvaar en ‘daarop inkoop’, kan die Duineveldslaghuis op die hoek van Loedolfstraat en Bokomoweg gesloop en die ruimte daarvoor verder vir die beplande ontwikkeling benut word. Die oop ruimte regoor die Herehuis in Loedolfstraat kan parkeerruimte bied. “Loedolfstraat kan ‘n doodloopstraat raak. Dan gebruik ons die Dieprivier tot voordeel van die hele gemeenskap,” het Van Essen gesê. “Dit hoef nie alles dadelik te gebeur nie, maar as ons dit so geleidelik oor ses jaar kan infaseer, soos die droom oor die nuwe rioolwerke ses jaar geneem het om te realiseer... “Hierdie is dinge van die voorgeslagte in die historiese kern wat ons kan benut, as bates aanwend, sodat dit weer vir ons nageslag bewaar kan word.”

hugenotestraat 24, malmesbur y

Olyffees in beeld

Moedersdag is ... blomme en drukkies

Sondag is dit Moedersdag en die nuwe junior burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Leighton Jansen en sy niggie Chantelle Herman, bederf voortydig hul ouma, Gloria Timotheus, met blomme. Sien ook storie op ons Moedersdagblad.

SMS vir Piketberg - Dorp van die Jaar-finalis - Moedersdagkompetisie

KFC

opening soon

Malmesbury (022) 487 1271

www.kfc.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 09 Mei 2012 172 by DieCourant - Issuu