c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
24.8%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
10 Februarie 2016
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 356
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Maandag
Só lyk Voëlvleidam
Vol in 2014
Waterskaarste: Die Voëlvleidam, die Swartland se hoofbron van
water, se vlak is bo sigbaar laag in vergelyking met die inlas van 18 maande gelede. Nuwe besparingsmetodes sal vandag in die Swartland Munisipaliteit se raadsaal bespreek en afgekondig word. Sien berig op bladsy 3. (Inlasfoto: MRP)
• alle paaie lei die naweek na môreson
Ekspo beloof pret Die derde kykNET Buite-ekspo word dié naweek op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied. Splinternuut op die program is Kobus "Superman" Potgieter wat pas die Dakar-veldren voltooi het, en wat Saterdag die ekspo sal bywoon. Potgieter het gedurende Desember aan die uitmergelende Dakar deelgeneem wat vir bykans 30 jaar deelnemer en masjien tot die uiterste beproef. Potgieter (50) het vir twee weke en 9000 km op sy motorfiets deur die mees onherbergsame gedeeltes van Suid-Amerika gery. Hy woon in die Bo-Kaap en is ’n skeepsargitek. Hy vertel sy liefde vir motorfietse het vroeg reeds op hul familieplaas op Franschhoek ontstaan en sedert 2012 het hy aan langafstand-
Buite-ekspo nou hier!
veldrenne begin deelneem. Op sy KTM 450-veldfiets het Potgieter die laaste weke voor die tydren sy eie mini-Dakar in sy agterplaas gehou. Hy wou vir 13 agtereenvolgende dae niks minder nie as 730 km grondpaaie in die warmste dele van die land ry. Die roetes is nooit beplan nie en sy afstande het tot 900 km per dag gegaan. Hy het van Atlantis, Darling, Elandsbaai, Wuppertal tot die Tankwa-Karoo verken. Volgens hom was die moeilikste aspek van die Dakar die hoogte bo seespieël. In Bolivië was dit sowat 4750m bo seespieël. Vanjaar het Trio Events besluit om hulle ondersteuning te bied aan Die Breyton Paulse Foundation wat dan ook op terrein sal wees ge-
Boetes vir waterverbruik
durende die ekspo. Hulle sal met die "Tag Rugby Association" saamspan om Saterdag ‘n ‘Tag rugby’-kliniek en kompetisie aan te bied saam met Breyton Paulse. Pret-aktiwiteite sal ook die adrenalien laat pomp. André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis Amarok 4x4-ritte aan; dan is daar ook veldren- en helikopter ritte vir die avontuurlustiges. Nog ‘n eerste die jaar is die ‘quad’- en motorfietsvertonings wat deur die Western Cape OffRoad-klub aangebied word. Die jongspan sal hul vernuf met die Bulletjie Braaier-kompetisie wys. Johan Badenhorst sal Vrydagmiddag praatjies aanbied met die tema ‘Op reis met Johan Badenhorst deur Afrika en Ysland’. Vir meer inligting, besoek www.ekspo.co.za.
N7 se opradering vorder goed
NUUS • NEWS
10 Februarie 2016