Die courant 10 julie 2013 230

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 230

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

10 Julie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Nog ‘n “Spiere” druk op C’week Die volgende “Spiere”, Johan du Toit van Hoërskool Swartland op Malmesbury, druk ‘n drie Maandag tydens die Cravenweek in die Boland se sege oor hul eweknie van die Blou Bulle. Johan is die kleinseun van die oud-Springbok Piet ‘Spiere’ du Toit van Kloovenburg, RiebeekKasteel en jonger broer van Pieter-Steph wat vroeër vanjaar vir die Springbokke gekies is. Foto: Gallo Images/Duif du Toit

•eerste in die swartland

Nuwe Astro beplan

Omdat die hokkie-wêreldbeker volgende jaar in Holland plaasvind, word baie astro-bane daar opgerol sodat daardie wedstryde op splinternuwe bane kan plaasvind. Op dié manier kan Hoërskool Swartland (HSS) op Malmesbury bes moontlik nou sy eie astro-baan bekom. Só vertel dr. Gert van Staden, hokkie-ouer en ondervoorsitter van die skool se beheerliggaam. Die groeiende behoefte aan ‘n astro-baan vir vir Swartland het daartoe gelei dat HSS se hokkieouers reeds drie Lotto-aansoeke vir dié doel ingestuur het, by Helen Zille as Wes-Kaapse premier gaan draai het, basaars en pannekoekverkope geloods het ... en nou baie moontlik ‘n goeie tweedehandse astro-blad van Den Haag af gaan invoer. “Ons herhaalde pogings van die laaste twee tot drie jaar begin nou tot ‘n punt kom,” sê Van Staden. Dit blyk dat die huidige astro-bane in Holland oorwegend sandbasisse het en met waterbasisastro-bane vervang moet word ter wille van die wêreldbyeenkoms daar. Omdat die leerders uit die Swartland gereeld benadeel word wanneer hulle as grasveldspelers by groot byeenkomste en proewe opdaag, raak die druk vir ‘n eie astro-baan toenemend groter. As leerders by hokkieproewe opdaag, ondervind

hulle pro­bleme met dié veel vinniger oppervlak, waarmee hulle dan nie vertroud is en word dikwels nie vir spanne in ag geneem nie. Weens dié probleem het die hokkiespelers al selfs op die veel kleiner netbalbane gaan oefen om die vinner speelveld gewoond te raak. Volgens Van Staden het hy en sy gesin al in die verlede gaan kuier in Holland, waar sy dogter Anine, met vergunning gaan oefen het op die astro-baan daar. Só het hy bewus geraak van die tweedehandse mark wat nou vir astro-bane in Holland ontstaan, waarop hy by sy tuiskoms dié moontlikheid verder ondersoek het. “In Holland gebruik hulle dieselfde astro-bane vir hokkie en vir sokker. Dit word dus baie beter benut as wat ons sou doen met net hokkie. Holland gaan gróót met die vervanging van tuingras met sintetiese gras, selfs in hul tuine. “Toe ons begin somme maak het, het ons besef dat wanneer ons R40 per m² vir ‘n tweedehandse astro-baan betaal, die ongeveer 6 000 m² wat ons moet koop, veel goedkoper sal uitwerk as die aanvanklike bedrag van twee en ‘n halfmiljoen rand vir dieselfde grootte nuwe astro-baan. “Ons moet egter byvoeg dat die voorbereidingsfase vir die astrobaan ook baie geld gaan kos.” “Selfs al moet ons dan die tweedehandse baan

ná ses of sewe jaar vervang, het ons intussen kans gekry om geld daarvoor te genereer, met dié voordeel dat die basiese voorbereiding vir die lê van ‘n tweede baan dan reeds gedoen is,” het Van Staden bygevoeg. Hy het ook verwys na die Maties se astro-baan wat 11 tot 12 jaar oud is. “Dis ‘n sterk bewys dat astro-bane wel vir lang jare bruikbaar is – ook in Suid-Afrika.” Gevra oor die uitdaging dat ‘n astro-baan wat ontwikkel is met die oog op ‘n terrein in die noordelike halfrond, die warm Swartlandse so­ mers moet deurstaan, het Van Staden gesê: “Die bane word maar almal dieselfde gemaak. In Holland is daar weer baie meer reën op die bane, met ander uitdagings en verweer wat dit meebring.” Tydens ‘n onlangse vergadering van die hokkie-ouers van HSS, het die meerderheid ouers die besluit gesteun om dié opsie te ondersoek. Die saak is vir goedkeuring terugverwys na die Beheerliggaam van die skool. Indien dit daar goedgekeur word, sal die pro­ ses glo deur ‘n Hollandse vriend bemiddel word. “Joggie Scholtz, die voorsitter van die beheerliggaam, is reeds besig met die opstel van ‘n sakeplan vir die aankoopproses – ons kan nie aansoek doen vir die aankoop as ons nog nie die geld het daarvoor nie,” het Van Staden gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.