courant
gratis
Uitgawe 168
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
11 April 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Boland kom oefen voor groot stryd
Kavalier Adam Barlow van Abbotsdale
Kavalier Neil Papier van Darling
Kavalier Milroy Isaacs van Abbotsdale
Malmesbury en die Swartland is slaggereed vir die groot slag van Wesbank Saterdag wanneer die Boland se Kavaliers die Natalse Haaie op die Wesbank Sportgronde aandurf. Die Kavaliers het gister op Malmesbury kom oefen en sal môre weer op Wesbank se sportterrein deur hul passies gaan. Intussen laai die spanning ook op vir al die ander bul-kragmetings vir Saterdag wat as’t ware ‘n superderbydag word met wedstryde tussen Wesbank en Never Despair, Malmesbury en Abbotsdale, Coronations (Kalbaskraal) en Die Dorings (Malmesbury)/Young Eagles (Dassenberg) asook die skolewedstryde tussen Wesbank en Schoonspruit en dié tussen St Thomas en Liebenberg. Sien volledige program op agterblad
Fokus op eiendom Raadslid Philander gesels oor jeug Langasems draf Twee Oseane kaf
SM gee R81milj vir uitbreiding Drie nuwe reservoirs en ‘n substasie vir die Swartland Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), raadsheer Tijmen van Essen, het in sy toespraak tydens die munisipale raadsvergadering, die volgende oor water en elektrisiteit aangekondig: “Naas elektrisiteit, gaan water die volgende groot knelpunt in Suid-Afrika word en Swartlanders sal alles in die stryd moet werp om dié risiko so laag as moontlik te hou.” In die lig hiervan beplan die SM om oor die volgende vyf jaar meer as R21 miljoen te spandeer aan onder meer nuwe reservoirs vir Koringberg, Riebeek-Wes en Chatsworth. “Daarby sal daar dringende aandag aan chlorinering gegee word om sodoende drinkwater van hoogstaande gehalte aan die gemeenskap te kan voorsien en Swartland se bloudruppel-punte te verhoog,” het Van Essen gesê. Die kapitaalbegroting vir die volgende vyf jaar sluit ‘n bedrag van meer as R4 miljoen in om dié oogmerke te
bereik. Om dit te bewerkstellig, moet die watertariewe met ongeveer 15% aangepas word “Die SM sien die bedryf van goeie en betroubare elektrisiteitsnetwerke as een van die belangrikste dienste om die totale Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling te bevorder”, het Van Essen ook gesê. “Daarom het die SM R66,3 miljoen vir die volgende vyf jaar begroot aan kapitale werke, wat insluit die opgradering van bestaande elektriese netwerke, kabels en substasies, soos vereis word deur NERSA. “Groot nuus is ook die nuwe substasie wat aan die noordelike kant van Malmesbury gebou sal word, waarvoor die SM reeds R15, 1 miljoen aan Eskom oorbetaal het. Hoewel Eskom sy verkooptarief aan sy eie verbruikers met 16% verhoog, sal die SM sy eie verkooptarief na verwagting met slegs 11,03% opstoot. Hierdie verhoogde tariewe sal vanaf 1 Julie van toepassing wees.