Die courant 11 nov 2015 346

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

11 November 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 346

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Wyn(r)ewolusie stoom voort

Die 6de Swartland Revolution die afgelope naweek op Riebeek-Kasteel word as die beste een nóg beskryf. Twee baanbrekers in die aweregse aanslag wat die laaste jare oor en deur die Swartland die internasionale wynwêreld inspoel, Adi Badenhorst en Eben Sadie, glimlag tussen proeë. Bo: Jan Boland Coetzee, oud-Bok en eienaar-wynmaker van Vriesenhof, skink een van sy wyne (Piekenierskloof Grenache 2013), wat John Platter uitgesoek het vir die volgende proe. Links lei Tim James (3de van regs) van Grape een proe met wyne van plaaslike kelders verteenwoordig deur Chris en Andrea Mullineux (Mullineux & Leeu Family Wines), Adi Badenhorst (AA Badenhorst Family Wines), Tim James (Grape), Callie Louw (Porseleinberg) en Eben Sadie (Sadie Family Wines).

• Wen rompslomp-uitdaag met bouplanne

Swartland versnel Die Swartland Munisipaliteit het skoonskip gemaak in die Wes-Kaapse rompslomp-uitdaag toe hulle verlede week met die eerste prys weggestap het by die toekennings in die Bay Hotel in Kampsbaai. Die Provinsie se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het die kompetisie van stapel gestuur as deel van hul “Red Tape (rompslomp) to Red Carpet”-veldtog. Dié veldtog wil onnodige reëls en regulasies wat ekonomiese groei en werkskepping bemoeilik, verminder. Die toekenning is te danke aan die boubeheerafdeling wat ná jare se harde werk en beplanning daarin slaag om die goedkeuring van bouplanne meer vaartbelyn te maak. Alwyn Zaayman (hoof van stadbeplanning, boubeheer en waardasies) het aan dié courant gesê waar mense in 2009 sowat 73 dae gewag het vir die goedkeur van bouplanne, is die gemiddeld nou sowat nege dae per plan. Hy en Johan Steenkamp (direkteur ontwikkelingsdienste) bevestig dat dit baie voordele vir mense in die bedryf inhou en veral voordelig inwerk tot ekonomiese ontwikkeling in die Swart-

land. “Die feit dat daar vinniger gebou kan word, is ‘n finansiële inspuiting vir almal wat direk by die bouery betrokke is. "Op ‘n sekondêre vlak baat alle besighede wat deur dienste en goedere aan hierdie werksmense verskaf. “Die munisipaliteit baat uit die uiteindelike dienste wat verskaf en verkoop word en ook natuurlik die eiendomsbelasting wat op die persele gehef word.” Hulle verduidelik dat die munisipaliteit sedert 2013 gereeld met die boubedryf vergader om moontlike knelpunte te identifiseer en uit te skakel. “Wat ons nou doen, is dat enigeen wat wil bou éérs ‘n proses met die stadsbeplanningsafdeling volg. "Daarin maak ons seker dat alle stadsbeplanningsvereistes, waaronder toelaatbare gebruike en boulyne voldoen word. “Deur die proses te herrangskik en bietjie vooruit te dink, maak ons dit voordelig vir almal.” Albei het die versekering gegee dat die uitskakeling van rompslomp nie beteken dat kwaliteit ingeboet word nie. (Sien ook bl 3).

• Ekonomiese ontwikkeling was die afgelope week op almal se lippe: “Ons kan, wil en moet ‘n verskil maak in die Bergrivier,” het burgemeester Evert Manuel Donderdagaand by die stigting van die Bergrivier Ekonomiese Forum, gesê. ‘n Konsep-dokument is aan rolspelers uitgedeel waarin die forum se doelstellings en oogmerke verduidelik word. Die hoofdoelwit is om die Bergrivier Munisipaliteit se Plaaslike Ekonomiese Ontwkkelingstrategie van stapel te stuur, te mobiliseer en vol te hou. (Sien volledig berig op bl 6). • Entrepreneurskap en ekonomiese ontwikkeling was ook verlede Dinsdagaand onder die loep by die Wesbank Besigheidsforum se byeenkoms in die stadsaal op Malmesbury. Suzanne Ackerman-Berman was die hoofspreker en het gesê mense moet ‘n paradigma-skuif maak: “Ons moet vergeet daarvan dat ons geregtig is op sekere goed. Ons het meer transformasie nodig en ons sal die skuif self moet maak.” Sy raak opgewonde oor entrepreneurskap: “Hierdie is die beste tyd vir entrepreneurs. Moenie sit en wag dat iemand jou werk aanbied nie, begin werk vir jouself.” (Sien ook bl 4).

NUUS • NEWS

11 November 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.